

Seëninge en waarskuwings
"Ek sal elke hand seën wat deelneem aan hierdie profetiese werk. Want dit wat
die profete van ouds gespreek het, sou julle nooit gehoor het, was dit nie dat skrywers My
Gewyde Woord kosbaar geag het nie. Ek sal almal seën wat help met die verspreiding van
hierdie werk. Ek sal julle vergoed op wyses wat julle nie ken nie en sal julle bewaar van
die plae en rampspoede wat hierin beskryf word. Aan enigeen wat hierdie profetes voed,
soos met die weduwee wat vir Elia gevoed het, se voorrade sal vermeerder word, want hy wat
`n profeet ontvang in die naam van `n profeet SAL `n profeet se beloning ONTVANG. Hy wat
hierdie profesieë misken en weerstaan, sal van hulle verskriklike bitterheid te drinke
kry. Jy weerstaan jou eie bevryding. Jy sal vergaan as gevolg van `n gebrek aan kennis.
Enigeen wat probeer om hierdie profetiese werk te vernietig, sal Ek vernietig, want dit is
geskrywe, RAAK MY GESALFDE NIE AAN NIE, EN DOEN MY PROFETE GEEN LEED
AAN NIE."
--J. Douglas Swaffield
Geroep en uitverkore, `n Profeet van God
13 Februarie 1998
"En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die Adam wees. Want soos hulle was in die dae voor die vloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die Ark gegaan het en dit nie verstaan het voordat die vloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die Adam wees.
Matthéüs 24:37-39: [Aangehaal uit die 'Boek van Herinnering]
Boodskap aan die Noags
Diegene wat lief is vir die wêreld sal die profesieë verag oor die heengaan van die wêreld. Hulle sal ween en rouklag oor die vernietiging van hulle Babilon, hulle menslike konstruksie van werke, gebou deur die menslike inspanning, deur die mens se wysheid wat van die duiwel is.
Diegene wat geen voortdurende stad op die aarde soek nie, maar een met fondamente, waarvan die Bouer en Maker God is, hulle is Abraham se ware kinders wat My guns geniet en My vriende is wat My meer liefhet as hulle eie lewe, omdat Ek die Outeur van Lewe is. Hulle verbly hulle, omdat hulle verlossing deur hierdie tekens naderkom.
Diegene wat soek om die aardse lewe te bewaar, ontken haar naderende lot. Diegene wat My en My Geregtigheid liefhet, is gegrief deur die bose en verwelkom die omverwerping van die duisternis.
Soos dit was in die dae van Noag, so sal dit wees met die koms van die Seun van die mens (adam). Want hulle het gespot en gelag totdat dit te laat was.
Ek het hierdie profesieë gegee omdat daar Noags is wat Ek wil hê moet hoor. Hulle sal hierdie Woord blymoedig ontvang en sal vrugte dra en My verheerlik. Moet nie verontrus word deur ongelowiges wat kwaad word soos wat die fariseërs kwaad geword het nie. Die Loadisensiese Kerk is opgesmuk met self vergenoegsaamheid en trots. In groot mate sal sy nie bekeer nie, maar ter wille van sekere harte daarbinne wat oop is, sal Ek klop en spreek," sê JaHshua.
Hierdie profetiese woorde sal mense verdeel, dit oordeel die gedagtes en die bedoelinge van die harte. Dit sal die geheime neigings van mense manifesteer óf hulle Mý waarlik liefhet, óf hulle eie lewe.
Alle menslike prestasies is soos niks voor My nie; alles is ydelheid onder die son. Hierdie hele stryd sal tot `n einde kom omdat Ek My nie altyd met hierdie gevalle ras sal vermoei nie. Dit is tydelik; sy dae is getel; hy was besoedel deur die vrug wat verbode is. Uit die stof het hy gekom en tot stof sal hy terugkeer. Ek het woorde van herskepping gespreek aan hierdie gevalle ras, sodat wie ook al mag glo, `n nuwe lewe mag hê. Die veroordeling is dat sommige duisternis verkies het.
Ek het in `n liggaam van vlees gekom sodat julle met `n liggaam van Gees beklee mag word. Ek het julle dood gesterf sodat julle My lewe kan kry. Ek het julle sonde gedra sodat julle My Geregtigheid mag aanneem.
Ek toets mense se harte en Ek sal hierdie profesieë gebruik om baie te beproef en om hulle siele te ondersoek, te bekeer en om verlos te word. Die inwoners van Ninevé het gehoor en het hulleself bekeer.
Baie sal verlossing vind deur hierdie woorde. Moet nie soek vir bevestiging vanaf die kerk nie, maar vir die vrugte van die "nie-Jode". Die Jode het My verwerp, maar die Nineviete het geglo en was gered.
Julle gaan `n magdom geestelike kinders hê.
My Woord wat uitgaan, sal die goeie doel behaal waarvoor Ek dit uitstuur. Dit sal `n oes oplewer, want dit is die Woord van Lewe en die waarheid sal baie vrymaak, ofskoon die leuenaars woede aanvalle sal hê."
--J Douglas Swafield.
11 Februarie 1998
Afrikaans BOEK I BOEK II BOEK III BOEK IV BOEK VII BOEK VIII BOEK IX BOEK X