Vanaf die Berg, Boek X

 

Hoofstuk 8

`n Droom van die Rumoerige Kinders!

07 Mei 2004

Gedurende die nag van 7 Mei 2004 het ek `n droom oor `n groep rumoerige kinders gehad. Hulle was almal vuil en almal het die voorkoms van jong jeugdige oortreders gehad. Een van die kinders het `n vliegtuig gesteel en die ander het daarvan geweet. Ek het na hierdie kind gegaan en aan hom gesê dat hy binnekort met die owerhede in die moeilikheid sal wees; en kort na hierdie woorde uit my mond uitgekom het, het `n gat in die lug oopgemaak en `n skip het in hierdie gat verskyn! `n Militêre man het van die skip af neergesweef en het die jong seun genader! Hy het hom aan die arm geneem en het toe voortgegaan om die rumoerige kinders, wat rondom hierdie seun gestaan het, bymekaar te maak! Terwyl hy hulle na `n klaskamer geneem het, het ek gevolg en langs hierdie militêre man voor in die klas gaan staan, totdat al die kinders hulle sitplekke ingeneem het. Terwyl ek oor hierdie klas gekyk het, kon ek nie verhelp om `n groot medelye vir hulle te voel nie, omdat hulle klere verkreukel en vuil was en hulle geen respek vir gesag gehad het nie. Hulle het gepraat en van die een na die ander gegil, sommige het aan mekaar gestamp, terwyl ander besig was om balle papier te gooi. My gedagtes was dat ek besig was om te kyk na `n groep gedragsversteurde kinders, kinders wat reeds op hulle weg was na `n lewe van misdaad! Die militêre man het met die kinders begin praat en so gou as wat hy sy mond oopgemaak het, het ek voor hom gaan staan en ek het aan hom gesê om opsy te staan, aangesien ek in staat was om met hierdie kinders te handel.

Hy staan toe opsy en ek het voortgegaan om met die kinders te praat. "Hoeveel van julle sal daarvan hou om `n berg te verskuif", het ek gevra? `n Paar het begin om hulle hande op te lig en ek het gesê, "Veronderstel daar was `n regte berg voor julle en dit was nodig dat dit verskuif moet word. Hoeveel van julle sou regtig die vermoë wou hê om dit te verskuif?" Toe gaan meer hande op totdat byna almal hulle hande in die lug gehad het. Toe vra ek, "hoeveel van julle sou graag wou sien hoe siek mense heeltemal genees word?" Weereens steek byna almal hulle hande op. "Hoeveel van julle wil die dooies lewendig sien word en dat hulle gesond en gelukkig sal wees?" Weereens steek byna almal hulle hande op. Toe vra ek dieselfde vraag oor "wonderwerke" en byna almal het op dieselfde wyse gereageer.

Terwyl ek na hierdie rumoerige kinders kyk, het ek geweet dat hulle nog nooit gebid het nie en nog nooit `n Bybel gelees het nie, maar ek het geweet dat ek verbied was om hulle te leer bid, vanweë die militêre man se teenwoordigheid. Ek sê toe dat ek hulle nie kan leer hoe om te bid nie, maar ek kan vir hulle wys hoedat ek bid. Luister daarom na my as ek bid en julle sal weet hoe om te bid.

Toe word ek wakker en ek onthou hoedat ek twee dae gelede ons Vader in die Hemel gevra het om Sy volk vir my te toon soos wat Hy hulle sien en deur hierdie droom het Hy dit gedoen. Die hartseer feit van die saak is dat Sy klaskamer die toestand van Sy volk regoor die wêreld toon! Hulle is vol opstandigheid. Hulle lees nie die Bybel nie en bid nie eers nie, maar hulle weet ook nie hoe om te bid nie.

Ek weet egter nou in my hart dat die meeste die wonderwerke van ons Vader in die Hemel wil sien. Hulle wil die siekes genees sien, die dooies opgewek, en hulle wil waarlik in staat wees om berge te kan verskuif. Maar, eerstens en vernaamlik, moet hulle die heel basiese dinge geleer word en die eerste ding wat hulle moet leer is hoe om te bid!

Soos waargeneem hierdie 7 de dag van Mei 2004,
Linda Newkirk,
White Buffalo Calf Woman.

 

DEEL II

`n SWAARD VAN MY OORDEEL!

"My dierbare kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Geseënd is jy, My kleintjie; want ek het jou geroep en Ek het jou uitverkies van voor die grondlegging van hierdie wêreld vir hierdie doel wat op hande is. Al brul die hemele en rol die wolke terug, sal Ek jou nooit verlaat of versaak nie. Want My hand is op jou, My kind, en hierdie dag sluit Ek `n deur van boosheid wat jou bekruip het dig toe en Ek plaas `n nuwe swaard in jou hand.

Dit is `n swaard van My grimmigheid, `n swaard van My woede, `n swaard van My oordeel. En wat Ek vir jou sê om neer te vel, vel jy neer. Wat Ek vir jou sê om op te kerf, kerf jy op! Wat Ek vir jou sê om te deurboor, deurboor jy; want hierdie is `n swaard van My oordeel. Dit is `n swaard van wraak oor die vyande van My volk.

My kleintjie, van hierdie dag af aan, is daar `n nuwe vuur op jou! Dit is `n warm vuur en dit kom direk van My troon af! Dit is die vuur van My woede en My oordeel oor `n wederstrewige, `n hoogmoedige en halsstarrige volk en wanneer Ek aan jou sê om MY vurige swaard te neem en om in die geveg in te gaan, dan gaan jy; maar op `n wyse wat jy nog nooit gesien het nie. `n Vrees, `n groot vrees, sal begin om oor diegene te kom wat jou agtervolg het, wat My werke deur jou belaster het. Want, hierdie is `n dag van My wraak teen die vyande van My geliefdes!

My kind, te lank het jy die las van hierdie sondige land gedra! Te lank het jy die gewig van `n opstandige volk gedra, terwyl dit nie eens joune was om te dra nie. My kind, nou verwyder Ek hierdie gewig van jou af en Ek plaas hierdie gewig op die rûe van die opstandiges. Hulle sal dit sien en hulle sal hoor en hulle sal die dieptes van hulle sondes ken; want hulle sal ween en kerm onder hierdie laste.

Maar jy, My kind, wat soveel gedra het, en wat vir baie jare skromelik deur hierdie boosheid belas was, sal `n verligting begin voel. Want jy het gedoen wat Ek gevra het en wanneer die massas ween en kerm oor dit wat vir hulle voorlê, sal Ek vrede in jou hart plaas, want jy het jou jare in trane en berou deurgebring oor die sondes van hierdie land. En Ek hou jou nie meer op enige manier verantwoordelik vir die booshede van hierdie land en van hierdie wêreld nie. Maar `n groot skuld is op die harte van elke onboetvaardige man, vrou en kind en hierdie skuld sal Ek van hulle almal eis!

Vir die huidige, selfs nou, is hierdie swart wolk besig om oor Amerika te vee, terwyl Ek vreemde magte gebruik om oorlog teen julle te maak. En agter hierdie swart wolk is `n rooi wolk, wat vol Russiese en Sjinese troepe is. Ja My kind, al hierdie en nog meer is oor hierdie land, want Ek het hierdie groot boosheid voor die hoogste regerende gesag van hierdie land gebring en tot op datum het hulle niks gedoen behalwe om te praat nie. Tot op datum het Ek hierdie boosheid voor die militêre leiers gebring en hulle het niks gedoen, behalwe om te praat nie.

My kind, daarom het Ek jou hierdie deur vandag laat toemaak. Ja, deur hierdie deur het boosheid jou agtervolg, maar deur hierdie deur, is daar ook `n ‘venster van geleentheid’ oopgemaak. Hierdie ‘venster van geleentheid’ het `n tydskaal voorsien waarin leiers van hierdie land iets kon gedoen het aangaande die boosheid wat in die regering van hierdie land aan die orde van die dag is. Maar hierdie tyd is nou verby en hulle het niks gedoen nie, behalwe om te praat. Nou is hierdie deur gesluit! Hierdie venster van geleentheid is toegemaak! Want Ek het hulle gewaarsku! Ek het hulle tyd gegee! Ek het aan hulle die geleentheid gegee en hulle het nie geluister nie! Nou het die swart wolk neergedaal en daar is Israeli Mossad agente en agente van buitelandse intelligensie agentskappe regoor Amerika en hulle sal gebruik word om hierdie land te gronde te rig.

Daarna kom die Sjinese, die Russe en krygswet. Wanneer dit gebeur, sal die opstandiges hulle eie laste dra. Hulle sal huil en hulle sal treur, maar Ek gaan stadig wees om hulle uitroepe te hoor. Maar jy, My kind, en `n paar getroues regoor hierdie land, sal Ek onder My vleuels beskerm word totdat die storm oorgewaai het. En selfs te midde van hierdie groot verwarring, sal Ek My vrede in jou hart plaas; want jy het die laste van die sondes van hierdie land vir baie jare gedra en vereis dit nie meer van jou nie.

Ja My kind, Ek het `n nuwe taak vir jou. Op velerlei maniere begin jou werk nou eers. Dit is nie naasteby afgehandel nie; want deur jou gaan Ek My groot krag aanwend en deur My krag in jou, gaan Ek gelowiges maak van die mees skeptiese. Vrees nie vir dit wat op hande is nie, want hierdie suiwering moet plaasvind. My kind, beweeg vorentoe met hierdie werke! Pos dit wat Ek aan jou gegee het, want hierdie waarskuwings gaan binnekort tot `n einde kom. Maar `n sekere handjievol sal jy waarsku en wanneer Ek jou aansê om met hulle te praat en om hulle te waarsku, sal jy. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 12 de dag van Mei 2004,
Linda Newkirk,
White Buffalo Calf Woman.

Gedurende die oggend van die 13 Mei 2004, net nadat ek klaar gebid het, het ek New York Stad in `n visioen gesien en rondom die stad was iets wat soos `n swart heining gelyk het. Op reëlmatige tussenposes rondom die heining was daar wagtorings en bo-op elke wagtoring was daar `n Sjinese soldaat met `n masjiengeweer! Ek het teruggegaan en begin bid om duidelikheid te kry oor dit wat ek besig was om te sien en ons Vader in die Hemel het begin om aan my groot getalle Sjinese soldate te toon wat besig was om in New York deur die hawegebied in te kom. Hulle het hulle skepe in die nag verlaat en het in tonnels onder New York Stad ingegaan, elke soldaat reeds in uniform en elkeen wat sy eie outomatiese wapen dra. Hierdie was `n groot stroom Sjinese soldate en die aantal het ek nie geken nie, maar ek het geweet dat hierdie nie `n visioen was wat `n toekomstige datum behels het nie. Dit is besig om nou te gebeur, vandag, en het alreeds vir `n onbepaalde tyd so aangegaan.

Hierdie visioen stem ooreen met dit wat ons Vader in die Hemel `n paar dae gelede aan my aangaande die rooi wolk gewys het en op die tydstip toe Hy hierdie rooi wolk aan my gewys het, Hy het ook in `n private gesprek gesê dat die boosdoeners groot terreur vir die maande van Augustus en September beplan en om hierdie Sjinese soldate los te laat in `n krygswet situasie. Ek het ons Vader gevra waarom hulle New York Stad nou teiken en Hy het aan my gesê dat wanneer New York Stad in `n krisis onder krygswet sal wees, dit vir Amerika sielkundig sal lamlê. Hy het ook aan my getoon dat hierdie komplot om massa terreur in New York Stad te skep en om krygswet in te stel, tans beplan word deur verskeie lande in die Verenigde Nasies, alles in samewerking met Rusland, Sjina en die boosdoeners wat hierdie regering beheer.

Terwyl die komplot om die Suide (van Amerika) op te blaas deur die Koningin van Engeland en haar onderdanige kriminele kom, kom hierdie komplot om New York Stad op te blaas van `n tweede groep, die Bush`e en hulle bose krygsbendes, wat deel is van beide groepe, en die eindresultaat hiervan is die vernietiging van hierdie land! Tyd is vinnig besig om vir Amerika uit te loop! Bekeer en kom terug na ons Meester en God! En bid, bid, bid dan vir die barmhartigheid van ons Meester en God oor hierdie dwalende land!

Meer terreur in die Suide en elders Ontbloot!

Neem kennis dat gedurende die naweek van die 1 ste Mei, inligtingsbronne `n komplot om `n biologiese wapen oor die Orlando Florida gebied uit te sprei, bevestig het. Hierdie selfde bronne het ook onthul dat Goewerneur Schwarzeneggar die wagte van die Golden Gate Brug onttrek het! Het hulle dit gedoen ter voorbereiding van `n georkestreerde terreur insident? Die woord het uitgelek en na berig word, het die goewerneur die wagte `n paar dae later weer terug op diens geplaas.

Meer Terreur in die Suide Ontbloot!

`n Paar dae gelede het `n nuusberig ons bereik wat beskryf het hoedat twee Israeli burgers buite Johnson Stad Tennessee gearresteer is! Hulle was blykbaar betrokke by `n hoëspoed jaagtog met die polisie, wat na berig word, waargeneem het hoedat items uit die venster van die Rider trok waarin hulle gery het, gegooi is. Hierdie items was na berig uitgeken as dele van `n missiel en `n missiel lanseerder! Vanuit die inligting beskikbaar, blyk dit dat hierdie Mossad-agente naby `n kernkrag fasiliteit was. Beide hierdie terroriste is na berig in hulle twintiger jare. Waar is die woede uitroepe nou?

Linda Newkirk

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX     BOEK X