Vanaf die Berg, Boek II
Hoofstuk 26
Verenigde Volke se oorname van Israel
"Dierbare kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Jy het teruggekom na My Gewyde Berg na kragtige gebede en soeke. Jy het `n donker engel gesien wat na jou toe gekom het om met jou oorlog te maak, maar nie hierdie een of enige ander een sal oorwin nie; want Ek roep hulle terug so vinnig as wat hulle gestuur word. As die een wat vir hierdie engele bid, nie versigtig is nie, sal ek hulle op hom loslaat en hom verwar, want hy begeer sy wil bo Myne. Nou kind, kom terug na my bokamer op hierdie Berg en Ek sal jou vrae beantwoord. Skryf soos gegee en gesien."
"My Meester, ek bevind my weereens te midde van U prag van vrede en kalmte en my eerste vraag is die spesifieke datum vir die inval van Israel in 1999. Dus gaan ek na die bladsy van tyd, sit by die lessenaar, neem die veerpen en plaas `n enkele druppel Lewende Water op die bladsy. Onmiddellik sien ek baie militêre tenks om Israel en vuurpyle wat na haar toe op pad is. Ek hoor die woorde, Beirut en Irak en daar is meer wat deel is van die Arabiese Alliansie en die Verenigde Nasies, maar NAVO is besig om te ontbind. Ek sien die datum, 5 September te voorskyn kom. Dan sien ek `n wreedaardige swart gedierte wat `n lammetjie aanval. Alhoewel, hierdie geen gewone lam is nie. Dit is gemaak van `n baie harde stof, soos soliede porselein; en toe die gedierte die lam aanval, krap hy slegs die oppervlak. Aan die een kant van die lam staan daar geskryf, Israel en aan die ander kant is daar `n verborge deur wat skielik oopmaak. `n Joodse (Israeli) soldaat staan in die deur en gesels met sy bevelvoerende offisier. Die offisier roep hardop uit, Ons is tot die tande toe versterk en ons sal nie verslaan word nie. Die soldaat skud sy kop instemmend en maak die deur stadig toe. Terwyl hulle uit sig verdwyn, sien ek hierdie woorde wat op die deur verskyn, VVO hier dood; dan verdwyn die deur. Terwyl ek weereens oor hierdie aanval peins, sien ek `n flitsende datum, 5 Septenber 1999. Met sy eerste aanval op die lam, het die gedierte skaars `n krapmerk gelos, dan tree hy terug.
"My Meester, vanaf die boodskap van 30 Oktober 1997, sien ek die VVO se oorname van Israel as 15 Oktober 2001. Drie jaar vanaf hierdie datum is 15 Oktober 2004. As die heidene Israel vir 42 maande beset, gaan ons van Oktober die 15de vir nog ses maande voort en dan kom ons by die 15de April 2005. Is dit korrek?"
"Kind, jy het `n baie goeie vraag gevra, omdat jy geglo het dat jy `n fout gemaak het, maar jy het geen fout gemaak nie."
"My Meester, ek verstaan nie."
"Kind, neem die boekrol en lees dit."
"My Meester, hierdie boekrol is verblindend met `n wit lig en ek kan dit nie lees nie."
"Verstel jou Seunbril."
"Ek fokus op die geskrewe gedeelte wat lees, Julie 2001, VVO oorname van Israel, oorwinning oor Israel waarneembaar. Die oorname is dus Julie 2001, eerder as Oktober?"
"Lees verder."
"Ek sien, VVO maak gereed om te beweeg vir die algehele oorname van Israel, Augustus, September, Oktober, 2001. Die werklike datum van hierdie oorname is dus nie heeltemal duidelik nie."
"Dit is so, trapsgewys. Die lam verloor eers `n been, dan `n stuk uit sy sy, dan `n oor, `n oog ensovoorts. Israel val stadig, stukkie vir stukkie. Die werklike datum vir die VVO oorname kan geargumenteer word; maar jy het nie verkeerd gesien nie. Jy het bereken en gesien soos wat Ek aan jou getoon het."
"My Meester, ek was bekommerd dat ek `n fout kon gemaak het."
"Kind, dit is bekend. Neem nou die kruik, drink daaruit en ontvang hierdie salwing, want jy sal dit nodig hê."
"My Meester, ek het al die glansende vloeistof wat in die kruik was, opgedrink en dit baai my met `n groot vrede vanuit my binneste. Ek word in U volledige vreugde en uitstraling opgehef. U is my lewe! Dankie, my dierbare Meester!"
"Kind, jy ontvang My krag en salwing. Gaan in My sterkte; want waar jy gaan tekort kom, daar maak Ek jou heel."
"Dit weet ek."
"Ek is JaHshua, Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 31ste dag van Oktober 1997,
Linda Newkirk.
Afrikaans BOEK I BOEK II BOEK III BOEK IV BOEK VII BOEK VIII BOEK IX BOEK X