Gedurende die nag van 26 April 1997 het ek `n droom gehad waar ek alleen by die voet van `n berg gestaan het. In my hande was die profetiese boeke bo-op mekaar gestapel. Vanaf die kruin van die berg kom die magtige stem van JaHshua wat sê: "Ek is baie tevrede met hierdie werke."Vanaf die Berg
Boeke vertaal in Afrikaans.
BOEK III
InleidingEk tree verbaas terug toe die boeke skielik in `n magtige stoomroller verander wat deur een of ander onsigbare hand of krag gelei word. Dit rol voort en sny groot stroke koring af wat in lande tussen hoë geboue gegroei het.
Skielik bevind ek myself tuis, maar dit lyk nie soos die nederige plekkie wat ons huis noem nie. In hierdie baie groot kamer was daar geen meubels nie, behalwe `n lessenaar. Ek het agter die lessenaar gestaan en die magtige stem gehoor wat van die Berg afgekom het. JaHshua het gesê: "Verkoop die boeke."
Op daardie selfde oomblik kom iemand met `n stormram deur die deur gebars. Hy was van die wetstoepassers en het saam met hom baie hippievriende saamgebring wat gerook en dronk was. Hulle het deur hierdie eenvoudige kamer in `n pasgang geloop en toe hulle versoek word om te gaan, wou hulle nie.
Die man van die wetstoepasser sê: "Jy moet liewer gladnie hierdie boeke verkoop nie. Daar is `n baie ryk man `n ent in die straat af wat nie daarvan gaan hou nie." Maar ek het hom vertel dat ek nie vir hierdie man bang was nie en dat ek hierdie boeke sou verkoop! Toe beveel ek hom en sy hippie`s uit ons huis uit. Hulle weier toe om te gaan en ek vertel hulle dat ek tot my Vader in die hemele sal bid vir wonderwerke teen hulle, as hulle sou weier om te gaan. Een vir een het hulle in `n pasgang uitgeloop en ek het gekyk soos wat die laaste een by my verbyloop met sy rooi oë as gevolg van alkohol en dwelms.
Nie lank nadat ek hierdie droom ontvang het nie, is `n profesie vir `n ander profeet gegee dat hierdie werke `n stoomroller gaan wees, maar hy was nie vooraf ingelig oor my droom nie. Hierdie profesieë is waarlik besig om siele te oes, dit sny die koring (en die onkruid). Dit beproef die harte van hulle wat dit lees.
Die wetstoepasser agent met baie demone het kom kuier. Na `n paar weke het ek my man gesê dat hy sal moet gaan en uiteindelik het die wetstoepasser kant gekies saam met hulle wat hierdie profesieë verwerp.
Ek vertel julle van hierdie droom om julle te help om profetiese drome te verstaan. Hierdie droom was `n raadgewende, leersame, waarskuwende en voorspellende droom gewees. Ons het Boeke 1 en 2 gepubliseer en ons hoop om Boek 3 binnekort uit te hê. Alle boeke sal verkoop word, want dit is beveel. Ek bid dat die profetiese woorde van hierdie boeke julle sal help om die korrekte geestelike besluite te maak aangaande julle toekoms en dat julle hierdie boeke sal deel met ander sodat hulle ingelig kan word.
JaHshua het byvoorbeeld in Desember 1997 gesê dat die aandelebeurs binne ses maande `n afwaartse draai sal maak. Die mark het `n hoogtepunt van 9311 bereik op 4 Mei 1998. Op die 16de Junie 1998 het dit gedaal na 8524. Baie is nie gepla oor die afwaartse draai nie, maar hulle wat waaksaam is, sal wees. Die aandelebeurs sal tot groot laagtepunte val voordat die jaar 1998 verby is. Hierdie jaar begin waarlik die sewe jaar verdrukking.
As jy `n geestelike draadsitter is, dra jy `n geestelike blinddoek. Jy mag dink dat jy sien, maar jy sien nie. Jy leef in `n illusie en jy word mislei. Binnekort gaan jy jouself bevind waar jy gewelddadig na die ander kant toe gegooi gaan word. God sal die geestelikheid wat jy het, neem en jy sal jouself in algehele geestelike duisternis bevind. As jy `n liefde vir God bely, maar die materiële liefhet, sal jy oorgegee word aan die materiële illusie. Jy sal nie wil glo dat jou materiële goue koei binnekort sal opdroog nie.
Wanneer jy in jou materiële wêreld sal sterf, sal jou materialistiese afgod jou uit die duistere putte uithou? Wat is jou afgod? Jou werk? Televisie? Jou stokperdjies? Dwelms? Alkohol? Seks? Sal jou afgod jou kan weerhou om in hierdie sfeer as `n verlore siel te swerf nadat jy gesterf het?
Tydens die dood, net soos tydens die lewe gaan baie voort en soek dieselfde soort dinge wat die oorsaak was dat hulle in hulle liggame verlore was. Hulle sal nie dit uitlos wat hulle die meeste plesier gegee het nie. Mense, ontliggaamde geeste is in groot getalle hier onder. In die dood, net soos in die lewe gaan hierdie siele voort om die materiële te kies bo God, want hulle het die materiële liefgehad toe hulle liggame gehad het en het nie vir God liefgehad en gedien nie. Klink dit vreemd en ongelooflik? Ja, as jy hulle nie kan sien nie.
Hou jy jou kop in boeke begrawe of is jy vasgenael voor die televisie? Vul jy jou tyd met enigiets en alles, sodat jy nie jou eensaamheid voor God hoef aan te kyk nie, sodat jy nie berou hoef te hê nie en nie verantwoordelik hoef te wees vir jou dade nie? Hou op om die geestelike werk wat vandag gedoen moet word, uit te stel tot môre toe. Jy mag dalk nie more die kans kry nie! Stel reg aan diegene wat jy seergemaak het en wat jy uitgesluit het! Kry julle koppe lank genoeg uit die rekenaars uit, sodat julle daagliks kwaliteit tyd saam met God kan deurbring. Koop vir jou vrou blomme of spandeer kwaliteit tyd saam met jou man en jou kinders! Moenie dat die komende katastrofe jou vang met geen geestelike verbindings met jou Vader en Sy dierbare Seun nie. Soek God se wil in alle dinge in jou lewe en onthou ...
JaHshua is ons lig,
Linda Newkirk.
Afrikaans BOEK I BOEK II BOEK III BOEK IV BOEK VII BOEK VIII BOEK IX----