Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 1

Die Grotbewoner


"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua, Ek eer jou gebed en jou soeke na My waarhede. Kyk rond en sien dat jy in die Boonste kamer van My Berg is, want My Gees het jou hiernatoe gebring. Jy bevraagteken of jy reg gedoen het om so `n ferm stand in te neem teenoor twee wat gelieg het en wat probeer het om jou te bedrieg?"

"Ja my Meester, ek het demone in hulle gesien wat hulle beheer het."

"Jy sien en weet, want My Gees het alles getoon. Staan ferm teenoor boosheid."

"Ja my Meester."

"Kind wat jy gedoen het, was nie maklik nie, want jy het hulle lief. Ek vra jou Kind, ‘Kan hulle wat deur demone beheer word, liefde ken’?"

"My Meester, hulle kan nie."

"My Kind, hulle is verward. Maar jy het `n kragtige gebed gebid vir daardie twee en die res hang van hulleself af. Jy het demone uitgedryf wat jou gevrees en jou gelaster het; en hierin het jy My wil gedoen. Nou Kind, wees vry van enige gedagte dat jy verkeerd gedoen het, want jy het My wil gedoen."

"My Meester, om hulle wat ek liefhet, te sien jaag agter leuens en duisternis aan, was vir my baie moeilik, maar U Gees het my op koers gehou. In alle dinge, my Meester, soek ek U wil."

"Kind, met verloop van tyd sal jy `n verandering in hulle sien. Die bose demone in beheer het vir jare `n ‘direk in jou gesig’ houding gehandhaaf. Dit is tyd dat hulle hulleself voor my verneder, want Ek weet alles en Ek sien alles. Nou, Kleintjie, Ek het meer vir jou vandag. (Nota: Hierdie woorde wat deur ons Meester gespreek is oor die positiewe verandering wat in hierdie twee mense sal plaasvind, het op die 1ste Julie 1998 begin.)

Dankie Meester, laat ons voortgaan."

"Kind, kyk na die draaiende wiel voor jou. Let op dat dit baie gate het en deur hierdie gate stroom daar `n wit lig?"

"Ja my Meester, dit is voor my en ek let op dat ander wat in wit klede geklee is, rondom my sit."

"Kind, kry `n houvas op hierdie sfeer."

"My Meester, ek het dit vasgegryp, maar dit vibreer kragtig. Terwyl ek probeer om daaraan vas te hou, ontplof dit en daar staan iemand voor my wat soos `n grotbewoner lyk. Daarna verdwyn die grotbewoner en los net `n gekreukelde kleed op die grond wat na `n rukkie verdwyn. In `n oogwink verskyn die grotbewoner weer en staan agter `n groot boom en hy hou `n houtknuppel in sy regterhand vas. Agter hom is `n redelike donker woud met baie van hierdie grotbewoners wat houtknuppels vashou en hulle kyk hiernatoe.

Skielik is ek omhoog en swewe op die vlerke van U Gees. Die sagte windjie van U Gees dra my na `n gebied aan die anderkant van die woud wat goed met `n helder lig verlig is. In hierdie verligte gebied sien ek `n lae heuwel met `n kasteel bo-op. Die kasteel is goed verlig en binne-in is `n persoon wat soos `n koning geklee is. Vlieënde pierings gaan stadig in en uit vanuit die voet van die heuwel en klein soldaatjies, wat soos dwergies lyk, kom en salueer die koning.

Die koning plaas `n oogglas oor sy regteroog en kyk ver na die gebied van die rooi see. ‘Ek sal daardie hoere besit’, sê hy. ‘Ek is die koning, ek is die een wat genoeg hefkrag op hul fraai agterstewes sal sit om hulle te dwing om my te eer en te aanbid. Ek is hulle meester en hulle SAL my aanbid.’

"My Meester, sal U asseblief verduidelik wat hier aangaan."

"Kind, het jy na die Bokamer van hierdie Berg gekom?"

"Ja my Meester."

"Het jy verskeie van My engele gesien, geklee in wit wat aan beide kante van jou gesit het?"

"Ja my Meester."

"Het jy `n sfeer met baie gate gesien, waardeur wil lig deur die gate geskyn het?"

"Ja my Meester. Wat was dit?"

"Kind, is swart wit en wit swart?"

"Nee, my Meester."

"Daarom, so seker as wat swart nie wit en wit nie swart is nie, dien Lucifer nie vir My of die oorsaak van lig nie."

"Maar my Meester wat het dit dan met die sfeer te doen?"

"Kind, kyk na die sfeer. Kan jy sien dat dit heen en weer verander?"

"Ja My Meester, dit verander heen en weer vanaf die sfeer met die verligte gate na die sfeer van die aarde toe."

"Kind, hierdie draaiende sfeer met die glansende gate is die Aarde.

"Maar hoekom sou ek die aarde in my hande wou vashou?"

"Was jy deur My aangesê om dit te doen?"

"Ja my Meester."

"Dan het jy die aarde in jou hande gehad."

"Ek verstaan nie."

"Op watter wyse?"

"Ek verstaan nie wat gebeur het nie."

"Jy het die aarde vasgehou en sy het erg gevibreer. Is dit nie korrek nie?"

"Ja my Meester."

"Kind, kyk diep. Dink diep. Wees diep hierin. Jy hou die bestemming van die aarde in jou hande en sy het jou kragtig geskud, want jy het haar gate gesien."

"Ja my Meester, ek volg U hierin, maar die aarde het verdwyn en `n grotbewoner met `n knuppel het te voorskyn gekom. Verduidelik asseblief."

"Kind, gaan na die rooi motor met `n afslaankap en maak die deur oop. Wie klim uit?"

"Dit lyk soos koningin Elizabeth; alhoewel, toe sy na my toe draai, is dit duidelik nie die koningin nie, maar `n aaklige swart en rooi akkedis wat sy gesplete tong in my rigting uitskiet. Ek wonder wat is haar aanknoping met die grotbewoner?"

"Dit is groot! Kind, het jy gesien hoe die grotbewoner verdwyn en die wit kleed wat op die vloer geval het?"

"Ja my Meester, maar wat het dit met die koningin te doen?"

"Kind, wanneer die Gila monster/koningin uit die rooi afslaankap motor uitklim, wat sleep sy agter haar aan?"

"My Meester, sy sleep die wit kleed wat aan die end van die akkedis se stert vassit. Elke nou en dan verskyn die koningin en trek die wit kleed aan. Wanneer sy die kleed aanhet, staan sy voor groot skares, pluk wit kroonblare van madeliefies af en gooi dit vir die wagtende skares. ‘Ek sal die goue senters behou’, sê sy en sy plaas die goue senters van die madeliefies in die sakke van die wit kleed. Dit is baie moeilik om die koningin te skei van hierdie donker monster, want sy verander ewe vinnig vorentoe en agtertoe. My Meester, wat het die koningin met die grotbewoner te doen?"

"Kind, wie is die grotbewoner?"

"My Meester, hy is die bose ‘R’ man wat kom en gaan vanuit die grot in die berg wat eintlik die kelderverdieping van sy kasteel is."

"Kind, jy het die bestemming van die aarde in jou hande gehad en was geweldig geskud. Jy het gesien hoe die bestemming plek maak vir die werke van die grotbewoner en die een wat die wit kleed dra, die koningin. Jy het baie grotbewoners gesien wat agter die bome in die donker woud wegkruip, almal hou knuppels vas. Hoe sien jy hierdie grotbewoners?"

"Dit is ingewikkeld. Hierdie grotbewoners is dalk uitbreidings van die bose ‘R’ man en hierdie knuppels is nie werklik hand knuppels wat gebruik word om mee te slaan nie, maar is geheime organisasies van die donker woud wat Lucifer verteenwoordig."

"Kind, dit is amper, maar nie alles nie. Kyk na die grotbewoner. Wanneer hy glimlag, wat sien jy?"

"Ek sien dat hy tande het wat baie wit is vir `n grotbewoner. Dit is groot, sterk tande, met `n enkele goue ster aan die linker-voorste tand. Sy vingernaels is gekrom en dik en as hy loop, grou sy gekrulde, dik toonnaels in die grond en dit gee hom stukrag. Sy fyn gehoor laat hom toe om die geringste geluid te hoor. Sy knieë is van hout, soos die van `n houtpop; en sy regterbeen is gekraak en verswak daardeur. Hy hoor elke tik van die horlosie en wag sy tyd baie versigtig af. Hy loop met die treë van `n reus en wanneer hy loop, bewe die aarde, maar hy het rugprobleme. Een van sy werwels wat genoem word ‘glyerige olm’ (slippery elm) hou aan om van kant tot kant te gly. Maar ten spyte van `n magtige wind van voor af, gaan hy vorentoe en hy steek vure in sy pad aan. Hy klim tot bo-op `n berg en van ver af kan sy magtige gebrul gehoor word, dit klief deur die lug soos die van `n grusame beer.

Ek kyk van naderby en sien dat die voete van die grotbewoner aan die koning van die heuwel vasgeketting is. Hierdie koning neem `n kragtige sweep en slaan die grotbewoner oor die rug totdat dit strepe begin wys. Die sweep byt in die rug van die grotbewoner: Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege, tien kere klap dit. Die strepe brand warm en vlamme verskyn op die grotbewoner se rug. Te midde van die woede van die vlamme, brul die kwaai grotbewoner en hy storm vorentoe en tel spoed op as gevolg van die hitte van die vlamme. Maar binnekort begin die vlamme van die strepe te taan, en laat niks agter nie, behalwe die verbrande strepe. ‘Pole’ is die laaste brandende streep wat moet val en toe dit gaan, val die Grotbewoner gesig eerste in rooi modder. Daarna gooi die koning van die heuwel `n vuurhoutjie op die grotbewoner en verbrand hom tot as.

‘Ek is die Koning van die berg’ sê die een bo-op die heuwel; en klein dwergies dans aan sy voete. ‘Kry hulle gereed, manne’, skree hy vir die dwergies. ‘Die goeie ou dae begin nou net!’ Daarna steek hy `n groot krakende vuur in die reusagtige leefarea van sy paleis aan, dan begin hy die paleis stukkie vir stukkie skoon te maak en hy gooi alles in die siedende vuur. Hy bewe in sy stewels, maar is versigtig dat die dwergies dit nie sien nie. Wanneer al die besittings verbrand is, vlieg hy by die kasteel uit op die vlerke van sy koningskleed. Agter hom gaan die kasteel in magtige vlamme op.

‘Gaan oor die stroom. Meester, gaan oor die stroom’, roep een van die dwergies uit aan die sogenaamde koning. ‘Dit is op die punt om op te droog en nie meer as `n straaltjie sal oorbly nie!’ Dan gee die sogenaamde koning een sprong en hy spring oor die stroom. Hy vertoef `n wyle ongesiens en hou `n skaakspel in die woestyn dop. Hy raak gou verveeld met hierdie skaakspel, want alles beweeg te stadig. ‘Giet die brandstof oor die buiterand uit’, beveel hy! En die dwergies gooi brandstof uit al op die buiterand van die woestyn. ‘Staan wag’, blaf hy! Dan verskyn daar vlieënde pierings en staan wag op die buiterand van die woestyn. ‘`n Ster is gebore’, sê hy, ‘`n Ster is gebore! `n Ster is gebore!’

Die selfaangestelde koning is so wys soos `n uil, geslepe soos `n jakkals en glibberig soos `n slang. ‘Gaan dadelik in die koepelgebou in! Dit gaan gebeur! Ek gaan dit laat gebeur!’ grom hy. Onmiddellik neem `n persoon in swart wat soos ‘Darth Vader’ in ‘Star Wars’ lyk, `n swaard van lig en slaan dit oor `n groot staande weermag. Vinnig begin die soldate te val totdat slegs `n derde oor is. Daarna gaan die na-aper koning agter die Rooi Perd wat die rooi vlag met die ster en die halwe maan dra. Hy beveel die ‘Dart Vader’ spieëlbeeld om `n bal van wit vuur in die midde van die Rooi Perd te gooi en dit veroorsaak `n groot verbranding van vleis. ‘Wis hulle met kernwapens uit tot in die vergetelheid in’, beveel die koning. En hulle van die Rooi Perd word met kernwapens aangeval. Hulle is die Sjinese.

Kind, jy word moeg. Maar dit is nie al nie. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie dag van die 4de November 1997,
Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX