Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 2

Die Grotbewoner en die koms van Lucifer opgeklaar

"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Jou noodkrete word gehoor. Selfs tot in die diepte van jou siel bedel jy vir die hoogste goed vir ander, dat hulle nie verlore moet raak nie. Kom in My Stralende Boonste Kamer in en ontmoet My engele wat gereed staan om jou te groet. Jou energieë is laag, maar Ek sal jou hernu. Steek jou hand uit en neem die vrugte van die skinkbord. Eet dit, Kind, en skryf soos gegee en gesien."

"My Meester, ek neem hierdie vrugte wat my herinner aan die vrugte van die Boom van Kennis, maar dit het geen uitsteeksels nie. Dit smaak soet soos druiwe, maar het `n reuk van amandels. Terwyl ek kou, swel dit in my mond en dit lyk asof dit deur my tong, my wange, my tande en opwaarts tot in my kop geabsorbeer word as suiwer, stralende energie. Hierdie vrugte gaan soos `n vloeistof deur my keel en dit wil voorkom asof die vloeistof `n eie intellek het, ietwat soos water wat na sy eie plekke soek. Ek sien klein wit sterretjies wat regdeur my liggaam begin vorm. Hulle begin om te ontplof, soos individuele klapperstokke ('sparklers'), elkeen reik uit om mekaar te raak en veroorsaak `n uitgebreide ontploffing van lig reg deur my en vul baie klein holtetjies in my siel.

Die hemelse nektar van hierdie vrug loop oor my hande en hardloop teen my klere af en veroorsaak `n glansende ligskittering. Ek het die hele vrug geëet en is verbaas om te sien dat dit geen kern of sade het nie. `n Ander vrug verskyn op die skinkbord voor my en ek gryp dit hongerig, want dit vul `n honger in my siel soos niks wat ek al voorheen geëet het nie. Ek vertroetel dit saggies in my hande en verslind die sagte, sappige vlees. Die vrug se goddelike uitstraling baai my siel, genees my wonde en herstel my met goddelike lig. Ek verorber hierdie een en reik uit vir `n ander een en verslind dit net soos die vorige een. Die vrugte het in my uitgesit en vervul my en ontplof binne-in my met `n gevoel van bevrediging, vreugde en vrede. Reg rondom my is daar klein sterretjies van wit lig wat flikker en hulle bots met mekaar, om `n ontploffing van wit lig te veroorsaak wat binne-in en om my brand met `n suiwer hemelse melodie. Wat `n onverklaarbare vreugde! Dankie, my dierbare JaHshua. U het groot vreugde in `n siel gebring wat moeg was van die verdriet van die wêreld. My Meester, ek is diep verootmoedig en dankbaar sonder woorde. Verduidelik asseblief wat gebeur het."

"Kind, jy het geëet van die Boom van die Lewe. Hierdie kragtige vrug het jou versterk, het jou hernu en jou na `n baie hoër energievlak gebring. Dit het jou gesond gemaak, dit het vir jou balans en gemoedsvrede gebring. En dit het jou met `n groter lewenskrag bekragtig. Hierdie salwing is `n geskenk van My af."

"Alle lofprysinge aan U, dierbare Meester! U liefde vul my tot oorlopens toe! As ek rondom my kyk, lyk dit asof my gees ver buite sy normale grense strek en ek is vervul met groot lig."

"Kind, jy is nie aan so `n sterk krag gewoond nie, maar jy moet leer om daaraan gewoond te raak, want dit is net die begin."

"Dank U, my Meester, met hierdie krag bid ek vir die vinnige druk van hierdie boeke; en ek sien met verloop van tyd word al die ‘Vanaf die Berg’ boeke gedruk.

Nou my Meester, het ek `n vraag. In Junie van hierdie jaar (1997), het U my vertel dat Rusland binne vyf maande teen die VSA gaan draai, maar ek het dit nog nie gesien nie. U het gesê dat ek U moet uitdaag oor dit wat U gesê het. Dus: Hier is dit!"

"Kind, dit is goed dat jy my uitdaag op hierdie boodskappe, Ek verwag dit. Kyk ver benede na Rusland. Rusland het definitief vyf ander lande wat deel is van `n geheime Sowjet alliansie wat met verloop van tyd bekend sal word. Jy sal meer van hierdie Rooi Alliansie hoor teen die einde van November 1997. Die dae van Boris Yeltsin is waarlikwaar getel."

(Nota: Hierdie vyf maande tydperk sou byna tot op die dag verloop, netsoos JaHshua gesê het. Rusland, Sjina en Frankryk het saamgestem met die Arabiere in Geneva teen die streng beleid van die VSA teenoor Irak in November 1997. Vanaf hierdie datum, wat Julie 1998 is, is daar wyd verspreide teenkanting teen Yeltsin in Rusland, met sprake van `n klagstaat. Die Russiese ekonomie stort na benede met baie, baie in die regering wat vir maande nie betaal is nie. Die ekonomie van Rusland, sê hulle, het in duie gestort en Rusland soek meer lenings van die Internasionale Monetêre Fonds. Die VSA is die vet koei, gesetel suid van die hongerige beer en almal behoort baie bekommerd te wees hieroor!)

"U het my vertel dat Yeltsin deur Moslem faksies vermoor sal word."

"Kind, jy sal alles sien gebeur. Die kommuniste raak gereed om te beweeg. Baie is al heimlik gedoen en die kaarte val vinnig in plek. Die hardebaarde sal die ondergang van Yeltsin sien en dit sal eerder vroëer as later wees. Kyk vir `n baie swart winter vir Rusland gedurende 1998. Hierdie swart winter sal lei tot groot interne chaos waar `n tyd vir hulle sal aanbreek om die beheer oor te neem."

"Die profesie van die 17de Junie 1997 sê dat Rusland teen die VSA standpunt sal inneem en dat hulle weer rooi sal word."

"Kind, gaan terug en gaan dit weer na. Ek het gesê dat Rusland binne vyf maande teen julle sal standpunt inneem en dat die regering weer ‘rooi’ sal word. Baie vind plaas wat julle nie kan sien nie, want julle media word so beheer. Sterk anti-Amerikaanse sentimente heers in Rusland en in baie ander plekke in die wêreld. Die kommuniste bou baie haat op teenoor julle; die rooi gety is besig om te styg en julle is `n oop teiken. (Nota: Binne hierdie tydsbestek, sien ek dat die Russiese Parlement `n wetsontwerp voor hulle het wat Amerikaners verhoed om Russiese kinders aan te neem, duidelik een aanduiding van die stygende rooi gety.)

"Ek sal dus teen die einde van November 1997 sien dat Rusland standpunt teen die VSA inneem?"

"Jy sal dit sien, want Ek sal dit oor jou pad bring. Maak `n nota hiervan, want julle is vertel dat Rusland `n standpunt gaan maak." (sien bostaande nota oor die standpunt van Rusland.)

"My Meester, Ek het `n paar vrae oor die boodskappe van gister. Laat ons begin met die groot grotbewoner. Wat is die ster op sy linkerkantse voorste tand?"

"Die ster op sy linkerkantste tand is Lucifer."

"Maar waarom die linkerkantste tand?"

"Hoekom nie?"

"Ek weet nie."

"Kind, Ek is die regte weg, Ek sit aan die regterkant van die Vader. Lucifer, aan die ander kant, is die teenoorgestelde van die regte weg. Hy reik ver uit, ver na links, so ver van regs as wat hy kan kom."

"Wat stel die gekraakte regterbeen voor?"

"Kind, Duitsland loop op twee bene, Oos en Wes en Oos-Duitsland dra die kraak. Hierdie kraak is baie voor die hand liggend as jy daarheen gaan en hierdie kraak sal die reus op sy weg dreineer."

"Hoe so?"

"Iemand met `n gekraakte been het moeite om vinnig en regop te loop. Weet dat die kraak probleme gaan bring."

"Vertel my van sy rugprobleme."

"Kind, kyk na die werwelprobleem wat genoem word, ‘glibberige olm’ (slippery elm). Wat is die ‘glibberige olm’?"

"Glibberig?"

"Dis waar."

"Maar hoe kan dit verband hou met die reus?"

"Kind, dit wat glibberig is, kan nie vasgehou word nie, want dit val aanhoudend uit `n persoon se greep."

"Dit is dus die slanggedeelte van hierdie man? Sy glibberige natuur veroorsaak dat hy probleme het om regop te loop.

"Sy glibberige natuur veroorsaak dat hy aansien verloor en met verloop van tyd sal hy nie in staat wees om tussen ander regop te loop nie. Want alles sal gesien word en bekend gemaak word."

"Vertel my aangaande die brandende strepe."

"Die tien lande wat hom gaan navolg."

"En hulle is?"

"VSA, Kanada, Denemarke, Pole, Engeland, Frankryk, Spanje, Portugal, Italië, (O ja, Italië!) Sisilië."

"Wat van België?"

"Met verloop van tyd sal jy nog baie sien en hoor van hierdie klein landjie. Kind, pleeg hulle bedrog met Hussein en sy mense?"

"Ja my Meester."

"Is hulle die enigste tien?"

"Hulle is die tien strepe."

"Ek hoop dat ek reg gehoor en korrek geskryf het aangaande hierdie tien lande."

"Kind, jou vrese is bekend."

"Wanneer Lucifer die stroom oorsteek, neem hy die liggaam van die Siriër aan?"

"Ja inderdaad!"

"My Meester, verduidelik die skaakspel aan my."

"Dit is `n spel waar Irak die pion is, tesame met Iran, Pakistan en enigiemand anders wat dink dat hy hierdie een ore kan aansit."

"Wat is die brandstof?"

"Kalksteen."

"Kalksteen?"

"Ja Kind, dit is so."

"Wat beteken dit?"

"Kind, wat is kalksteen vir jou?"

"Dit is `n baie poreuse rots wat algemeen in die aarde se substrata voorkom. Omdat dit baie poreus is, los water dit maklik op en veroorsaak baie dikwels grotte en holtes onder die aarde. Maar hoekom kalksteen?"

"Hy stort vernietigende, poreuse materiaal reg rondom die randgebied van die woestyn uit en enigeen wat dalk verbygaan, sal opgelos word, net soos wat water kalksteen oplos."

"Is dit `n vernietigende bestanddeel wat hy gebrou het?"

"Ja inderdaad."

"Maar nog nie aan die mens bekend nie."

"Ja inderdaad."

"Baie onskuldiges word dus doodgemaak?"

"Presies, want dit lyk soos fyngemaakte kalksteen."

"En wat van die vlieënde pierings?"

"Hulle sal hierdie bestanddeel deur strale van lig aktiveer."

"Is dit soos `n radioaktiewe bestanddeel?"

"Dit lyk soos fyngemaakte kalksteen, maar dit straal `n gifstof uit, `n toksiene wat kan voortsweef."

"Wat se soort diaboliese gemors is dit?"

"Dit is diabolies."

"Dit is dus die brandstof?"

"Ja inderdaad."

"Vir watter ster wag hulle?"

"Dit is hy, Lucifer, wat met `n flits van lig kom. Hierdie flits sal oor die woestyn sigbaar wees; en hy sal sy teenwoordigheid bekend maak wanneer hy oorneem, aangesien daar baie onverklaarbare verskynsels sal wees. Sommige sal juig, maar baie sal in hulle skoene bewe, want hulle sal nie `n idee hê van wat sal gebeur nie. My eie sal nie hierin juig nie omdat hulle My en My Woord ken; en hulle sal weet dat hierdie vertoning tot in die kern Luciferies is."

"Ek het hierdie ‘Darth Vader’ spieelbeeld masjien twee keer gesien. Verteenwoordig dit die Arabiese Alliansie? As ek sou geweet het, het ek vergeet."

"Onthou jy die manne in swart, die klone, …die swaarde van lig wat hulle gebruik, verteenwoordig lasers. Hulle gebruik hoë tegnologie om groot segmente van staande weermagte uit te wis, om hulle letterlik met hierdie lasers te laat verdamp. Dit mag soos ‘Star Wars’ lyk, maar dit is nie. Dit is suiwer Luciferies."

"Hy val dus die Arabiere aan, dan die Sjinese en hulle almal kom in lyn?"

"Hy wil dit graag dink. Inderdaad is hulle kragteloos teen sy gesofistikeerde masjien. Hulle is in `n toestand van skok, ….gehipnotiseer."

"Vertel my van die valse profeet."

"Kyk hoe hy (Lucifer) hom uit `n doodskis uittrek? Hy is soos `n slapende speelgoed soldaatjie wanneer Lucifer hom afstof en hom `n dubbele dosis van sy krag gee. Hierdie een sal binne `n paar weke na die verskyning van die Antichris verskyn. Kyk uit hiervoor, want hy gaan baie dinge doen wat julle sal glo wonderwerke is, selfs om siekes gesond te maak. Maar moet nie mislei word nie, want Ek het julle voor die tyd gesê wat om te verwag."

"My Meester, dit lyk soos wetenskap fiksie. Dit is so ongewoond."

"Kind, Ek sien jy word moeg. Ons sal meer op `n later tyd doen. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 5de dag van November 1997,
Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX