Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 5
Die twee komende Profete van Israel en meer ...
"Dierbare Kind, tel die pen op en skryf. Jy het My lank en ernstig in gebed gesoek en kragtig deur My Gees gespreek. Jy het lank uitstaande toestande tot `n einde gebring wat gesmeek het om afgesluit te word; jy het leuens verhoed en jy het veroorsaak dat My Gees ware lewende water voortgebring het waar dit nodig was. Op wyses waarvan jy nie geweet het nie, het jy wonderwerke voortgebring en op die weë van die boosdoeners het jy bestraffing gebring. Nee Kind, die boosdoeners sal nie standhou nie, maar sal soos stoppels brand in die laaste dae. Wee aan die boosdoeners en aan hulle wie se liefde koud is teenoor my. Hulle is in die kloue van Lucifer en My voet is op hulle.Nou Kind, kyk om jou, want jy is in My Bokamer van My Berg. Inderdaad, alles is glansryk as gevolg van My glans. Dit is die Sabbat, `n dag van rus in My. Maar regdeur die wêreld is daar so min wat rus in My. Inderdaad, in hulle harte is My plek gereduseer tot `n aandenking en hulle liefde vir my is koud. Ek is uitgedruk deur die aanloklikheid van die illusie van materialisme, maar nie vir lank nie. Want deur teenspoed sal Ek `n plek in die lewens van baie smee . Baie wat My te midde van gemak uitgedruk het, sal op gebuigde knieë kom, te midde van oproer en verwoesting. Maar in hulle tye van oorvloed het hulle My nie geken nie. Sal Ek haastig wees om te reageer teenoor hulle wat die materie bo My liefgehad het? Nee, dit sal nie so wees nie. Baie sal by `n droë put kom, want Ek gaan hulle vir `n tydperk verlaat."
"Maar my Meester, U is dan alles vergewend."
"Kind, dit is so. Ek sal vergewe wanneer die hart en gees ryp is vir vergifnis; baie van hulle sal egter vir `n lang tyd moet gaan voordat hulle ryp is vir vergewing. Kind, jy was daar, jy weet. Dit neem `n baie lang tyd om die drade van duisternis te verwyder van iemand se gees, van sy liggaam, van sy menswees. En bose demone sal diegene met hierdie drade bekruip. Het jy dit nie gesien nie?"
"Ja my Meester."
"Kind, baie sal voor My kom met donker, bose drade in hulle samestelling en met gedagtes en harte wat `n miserabele klein bietjie vir My dra. Sal Ek hulle met My Gees verlig? Nee, Ek sal nie daar inwoon nie, maar sal inwoon in `n hart, `n liggaam, `n verstand, `n siel wat totaal gebreek is, verneder in diepe droefheid. Die meerderheid sal nie diepe droefheid ken nie, want hulle het `n huigelagtige bestaan gevoer, gefundeer op `n leuen, die leuen dat hulle My al die tyd liefgehad het. Nee, hulle het dikwels op verdraaide predikers van die wêreld vertrou om vir hulle die waarheid te bring. Ja, hulle het vertrou op die verlorenes om die verlorenes te voed. In hulle groot dag van nood, sal hulle in `n warrelwind van hulle eie maaksel opgevang word. Kind, Ek het deur die monde van My profete `n vloek op die VSA geplaas en dit sal vir `n baie lang tyd van krag wees."
"Hoe lank, my Meester?"
"Hulle oorblyfsels sal vir 250 jaar op die grondgebied wees. En alhoewel die Millennium tevoorskyn sal kom en My Lig hierdie planeet sal beskyn, sal baie wat in die VSA woon, worstel, want julle is `n hardnekkige nasie wat eens geseënd was, maar nou vervloek is. Julle het die gedagtes van die kinders deur prostitusie onteer en julle het sedeloosheid en ontug in die huise van onskuldiges regoor die wêreld ingedra! Ja, julle het `n skuld; en selfs in die aangesig van oorvloed regoor die wêreld, sal die VSA agterbly."
"My Meester, dit is yslik. U moet asseblief barmhartigheid toon aan hierdie mense wat moet kom. Ek smeek dit!"
"Kind, jou versoeke is bekend. Maar My inval in die denke van die nakomelinge sal stadig wees en tot diep in die Millennium in alvorens groot voorspoed weer geken gaan word. Die VSA sal tot puin gereduseer word. Sien dit weer sprankel in 350-Post Millennium. En dit sal weer floreer tot naby die einde van My Millennium heerskappy, waarna dit weer ondergang sal ken."
"Wat van die boosdoeners in Duitsland en die Siriërs?"
"Selfs hulle lot sal nie vergelykbaar wees met die van die VSA nie, want julle het die wêreld vir dekades besoedel. Hulle sal miljoene doodmaak, selfs biljoene, maar julle was eens op `n tyd My uitverkorenes, My geseëndes en julle het My as `n nasie verlaat as gevolg van julle liefde vir Satan. Deur julle liefde vir hom, het julle miljoene in sy kloue gebring. Ja, dit wat julle gedoen het is yslik, want julle het My plek in hulle harte gesteel en het hulle ryp gemaak vir verwoesting. Kind, julle ken nie die dieptes waartoe julle as `n land gegaan het nie, maar dit is diep, baie diep. Het jy ander vrae."
"Ja my Meester, ek het vrae rakende die twee profete wat gedurende die laaste paar jaar van VVO-regering oor Israel sal profeteer."
"Kind. Dit sal nie enige doel dien om name te noem of om gesigte te wys nie, want hulle is My uitverkore profete. Jy vra of hulle Elija en Henog is. Ek sê; nee, hulle is nie Elija en Henog nie, maar sal net sulke groot werke doen. Jy vra of hulle as My profete in ander lewens gewerk het. Ek sê ja, net soos toe jy My profeet Aäron en ander van `n laer statuur was, was hulle profete in ander tye, net soos Samuel en Sagaria. Ja, hulle was magtige profete wat begeer het om terug te keer. Geroepe en uitverkose weet hulle wie hulle is en Ek berei hulle voor om terug te keer na Israel vanaf verskillende dele van die wêreld. Hulle was geroep na hierdie Berg, net soos jy. Kind, dit is die laaste dae en Satan het sy magtigste wat die wêreld regeer. Netso stuur Ek my getroustes om my werk uit te voer. Laat dit bekend wees dat baie valse profete in Israel sal verskyn en glo dat hulle die uitverkorenes is, maar hulle sal geredelik die pad byster raak. Die twee ware profete wat nie net verkies is nie, maar wat versoeke gerig en begeer het om die werk te doen, sal te midde van groot ruheid staan. Maar Ek is met hulle en totdat hulle tyd aanbreek, sal hulle al die mag oor die boosheid hê. Ja, Kind, hierdie is My verborgenhede wat aan my getoetste en ware dienaars openbaar gemaak word.
Jy het gister gelees dat Tony Alamo glo dat hy self een van die twee is en dat hy glo dat sy vrou uit die dood opgewek sal word en dat sy die tweede sal wees. Nee, dit is nie so nie, maar sy eie verbeelding. Kind, hy het dit nog nooit na die kruin van My Berg gemaak nie. Niemand kan diepliggende profesieë van My ontvang, as hy dit nie na die kruin van My Berg gemaak het nie. Jy het die groot opposisie ervaar wat Lucifer uitoefen om almal van hierdie Berg af weg te hou. Hierdie opposisie, duisternis en boosheid van Satan en sy dienaars het ten doel om `n ieder en `n elk te verhoed om sulke hoë geestelike hoogtes te bereik. Maar My begeerte wat in My uitverkorenes ingeplant is, is `n baie sterk krag wat aantrek en vorentoe stu. En die boosdoeners kan nie oorwin wat Ek besluit het wat moet plaasvind nie. My wil is oppermagtig en in ooreenstemming met die van ons Vader. Kind, onthou dit."
"My Meester, ek hou nooit op om verwonderd en ook nederig te wees nie. Met tye voel ek so groot soos `n klein miertjie voor sulke krag; ek voel so ontoereikend en dat ek tekort skiet."
"Kind, dit is bekend, maar My Gees bemagtig jou. Sy bring bekwaamheid, waar jy tekort skiet; en Sy voorsien Krag, Waarheid en Volheid in oorvloed vir My getroues. Jou beker loop oor!"
"My Meester wat beteken dit as U Gees aan my verseël is, soos wat U Apostels vir my gesê het toe hulle my geseën het. Ek het ook in die Bybel gelees dat U Gees verseël is aan die Efesiërs."
"Kind, soek in Openbaring en kyk waar Myne op hul voorhoofde verseël is. Hulle is die 144,000 en hulle was gekies voor die grondlegging van die wêreld. Die Efesiërs, nou wel nie groot in getalle nie, was verseël in My Gees, soos wat jy verseël is, - op die voorkop. Maar dit was voor die grondlegging bekend gewees."
"Wat is die verseëling presies en wat doen dit?"
"Dit is `n belofte, deur My gegee, dat jy die dieptes sal ken, die hoogtes en breedtes van My Woord, van My verborgenhede. Dit is `n belofte dat jy te alle tye die Gees van Apartheid sal hê om jou te bekragtig, want jy was getoets, jy was beproef en jy was waardig bevind om hierdie eer te besit. Jy weet en wys dat Ek jou eerste liefde is, jou waarheid, jou weg, jou lig en jou lewe. En jy eer My aanhoudend op hierdie wyse. Jy gaan dikwels op jou knieë om vergifnis te soek, om jou beker skoon te hou en te laat oorvloei met My lewende water, My Gees. Jy verneder jouself voor My en jy verafsku boosheid. Kind, op hierdie manier is My Gees aan jou verseël. Dit is My Gees van Apartheid van belofte; dit is My belofte. En ja inderdaad, Kind, jy onderhou My gebooie en jy verafsku `n leuen. As jy dink dit is `n moeilike pad, dan dink jy reg. Die Efesiërs het ander gehad om mee saam te wandel, maar Kind, jy wandel alleen; dit is die moeilike deel van hierdie pad. En alhoewel die Efesiërs ander gehad het om mee saam te wandel, het hulle gestruikel en het My guns verloor, want hulle het eet, drink en sosialisering voor My geplaas. Dit van die wêreld het voorrang geniet bo My en My Gees. Dit is hoekom Ek iets teen hulle gehad het. Die Griekse vertaling is hier korrek, want Ek het iets teen hulle gehad."
"Hulle was dus tussen die 144,000, gekies voor die grondlegging. Is sommige van hulle nou terug?"
"Kind, baie is terug en op My Berg. Lees Openbaring en jy sal die 144, 000 op My berg sien. Hulle is maagde; hulle beker is suiwer, dit loop oor van My Gees; en My Gees is aan hulle verseël. Hulle is onbesmet deur die liefde vir die materie, want hulle het My deur en deur lief."
"Maar my Meester, is sommige van die 144,000 wat saam met U op U Gewyde Berg verskyn, in gees?"
"Kind, sommige is in gees, maar word deur hierdie gemeenskaplike draad gebind: Hulle was uitverkies voor die grondlegging. Jy vra of almal weet wie hulle is. Sommiges weet wel, maar hulle is min. Kind, laat ons vir vandag ophou. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 8ste dag van November 1997,
Linda Newkirk.