Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 6

Moses en die ster van Dawid


"Dierbare Kind, jou kragtige gebede het jou na die hoogtes van My Berg gebring, selfs tot by My heel hoogste kruin. Ja, jy staan op die kruin van My Berg, uiters suiwer en glansend. Kind, neem hierdie glansende bal van wit lig; doop jouself daarin en word in My vernuwe."

"My Meester, soos wat ek hierdie bal van wit lig in my hande neem, sit dit uit en omvou dit my liggaam. Onmiddellik voel ek `n hoër energievlak, meer krag, en algehele vrede en kalmte. Hoe koester ek nie hierdie plekkie nie!"

"Kind, kom in My Bokamer in, want hierdie deur is oop vir jou."

"My Meester, iemand groet my met stralende blou oë wat skyn met suiwer wit lig. Hy het `n lang, wit baard en is aangetrek in `n wit kleed met `n kappie, maar die kappie is teruggetrek en vertoon sy kop met glinsterende wit hare. Hy staan voor my, sy voete het sandale aan. My Meester, ek glo dat dit Moses, die groot profeet is."

"Kind, dit is so, want jy ken Moses goed; jy het verskeie kere gedurende hierdie lewe met hom gepraat."

"Om my ou vriend en broer te sien, bring die besef van sy vervloë woede teenoor my, want ek het hom gefaal. Ek was dwaas!"

"Ja Kind, maar laat hierdie herinneringe gaan en ontvang nou jou familielid. Want julle is van lank, lank gelede verbind en dra `n liefde wat oor tyd span."

"My Meester, hy dra `n glansende horlosie en hy wys na die tyd. Die uitstraling wat van die horlosie af kom, is byna verblindend, maar ek kan uitmaak dat dit `n paar minute voor twaalf is."

"Kleintjie," sê Moses, "Onthou jy hoe ek in 1991 na jou toe gekom het. Jy het gesmeek vir `n onderwyser en het daagliks om 4:00 vm. gekom en gebid, of dit nou gereën het of die son geskyn het. Ek het toe na jou gekom, en ek kom nou weer na jou toe, om jou taak te herbevestig, om te sorg dat jy groot stappe sal neem, om oor eilande en oseane te spring. Want daar is baie om te doen en daar is so min wat waardig is."

Ek val op die vloer voor Moses en begin ween. "Maar Moses, van almal is ek miskien op so baie maniere die minste waardig."

"Ja die minste sal die grootste wees en die laaste sal die eerste wees."

"Hoekom is jy hier, Moses?"

"Om dit vir jou te bring."

"Dit is `n Ster van Dawid, vasgemaak aan `n lint."

"Kleintjie, dit is nie `n gewone Ster van Dawid nie en hierdie lint is nie `n gewone lint nie."

"Ek kyk na dit wat jy om my nek gehang het en ek voel `n Ster van Dawid. Dit gloei met `n wit vuur en sit aan my bors vas. Wanneer ek aan die Ster raak, sit dit aan my vingers soos `n blokkie gevriesde ys vas. Inderdaad is dit koud met aanraking. Die lint van groen, rooi en wit het in my skouers en nek gesmelt en het verdwyn. Hierdie Ster van Dawid klou aan my en wil nie van my bors af loskom nie. Dit is vreemd dat dit koud voel, tog straal dit sulke lig uit, maar soos wat my vingers daarop rus, word dit warmer en warmer, totdat dit in my hande warm is. Stoom begin opstyg. Wat gaan aan? Ek is bang dat ek gebrand gaan word."

Ek is op gebuigde knieë voor Moses, wanneer hy sy hande op my kop plaas. Sy regterhand is op my voorkop en sy linkerhand is op die bokant van my kop. Die klanke van die tikkende horlosie vul my ore wanneer Moses begin praat. `n Onbekende taal vloei van sy lippe, maar die Gees van Apartheid vertaal onmiddellik: "Pyn wat oor `n tydperk gekweek is, moet genees word en vrygelaat word. Wees vry van die pyn van die verlede van ons tyd, sodat jy meer bekragtig kan word in die teenswoordige tyd. Ou wonde hou vir lank, maar in die hande van JaHshua, kan `n hart weer heelgemaak word."

"Moses, ek is nie bewustelik bewus van ou wonde nie; ek het slegs daarvan gelees. Maar as ek dit het, smeek ek vir JaHshua om dit op te los en om my vry te stel, sodat ek hierdie donker kolle kan vul met Sy Krag en Lig. My wens is om geen kwade gevoelens teenoor enigiemand te koester nie."

"Dan Kleintjie, laat dit so wees, laat ou gewigte gelig word, in totaliteit opgelos word. Want ek kom om te help, om julle die weg aan te wys in hierdie laaste dae. Ja, al die profete wat geroepe is in hierdie laaste dae het nodig om terug te val op die ondervinding van hulle wat al weg is. Want dit is hierdie kollektiewe wysheid, hierdie kollektiewe kennis, wat toeganklik is. Want aan julle is die wysheid van die profete gewaarborg."

"Dan smeek ek jou en ek smeek my Meester JaHshua, dat ek waardig gevind sal word om die wysheid van die profete te dra, om hierdie wysheid aan te wend, hierdie krag, vir die hoogste goedheid, om die wil van ons Meester JaHshua uit te voer. Mag ek waardig bevind word."

"Kleintjie, dit is `n moet, `n vas, selfs `n vars vrugtevas, toegewy aan ons Meester, twee tot drie dae per week, `n groot gebed en `n vasdag elke Sondag, `n spesifieke versoek aan ons Meester wat herhaal word vir hierdie kragte, hierdie wysheid. En berei jou voor om hierdie krag te ontvang. Verwag dit en jy sal sien en doen wat ek gedoen het, ja, selfs die verdeling van waters. Maar jy moet dit soek en aan jou sal dit gegee word. Dit is my belofte aan jou. Ek is Moses en ek kom onder die rentmeesterskap (Opperhofmeester) van ons Meester en Verlosser, JaHshua, die Messias. Alle laaste dae profete het hierdie selfde toegang. Baie sal nie arbei om dit te kry nie en baie sal ons nie hoor of sien nie. Dit verander nie hierdie belofte nie. Dit is deel van die seël van die Gees van Apartheid van Beloftes. Dit is deel van die belofte dat jy die hoogte, die wydte en die diepte van die Gees sal ken. Daar is baie gereed, gewillig en deelnemend in die werk van ons Meester, agter die skerms, waarvan jy niks weet nie; en almal doen `n kragtige werk. Ek sal nou eers gaan. Maar dra hierdie seëning."

"Moses, wat is die karakter van die Ster van Dawid?"

"Kleintjie, dit sal met verloop van tyd na jou toe kom en jy sal dit ten volle verstaan. Wees nou ingelig dat jy geseënd is met die krag van die Ster van Dawid. Waar jy ookal sal gaan, dra jy die Ster van Dawid. Dit is aan jou gegee en geen ander profeet het dit op hierdie tydstip nie. Jy sal baie sien ontvou wat hierdie Ster betrek en jy sal verstom wees. Let op. Jy sal jou mond oopmaak en jou mond bedek met jou hand. Daarna sal jy sê: 'Ek is verstom!’ En jy sal hierdie gesprek onthou."

"My Meester, Moses is weg en ek is diep verootmoedig as gevolg van sy verskyning. Ek begin om met hierdie Ster rondom my nek op te staan en ek voel baie swaar, asof ek glad nie kan loop nie. Ek voel asof ek van lood gemaak is."

"Ja Kind, met verloop van tyd sal dit veroorsaak dat jy drywend sal voel. Dit sal jou na plekke toe dra waar jy nog nooit vantevore was nie, in jou slaap en wanneer jy wakker is. Maar vir eers sal dit jou swaar laat voel. Onthou om te doen soos jy vertel is, want jy het nou hierdie toegevoegde dimensie van Die Belofte."

"My Meester, ek sal."

"Laat ons dan vir vandag ophou, Ek is jou Meester, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 9de dag van November 1997,
Linda Newkirk.

 

Hierdie vasse is die moeilikste ding om te doen, maar hierdie dag, 17Julie 1998, het ek `n nuwe verbintenis aan ons Meester en aan Moses gemaak om meer pligsgetrou te wees in vas.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX