Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 7

Moses se boodskap


"Dierbare Kind, jy ken die geluid van My stem en die teenwoordigheid van My Gees. Ek is Meester JaHshua, ja, Heerser van die Aarde. Jy het gekom met `n groot soeke, ja, `n groot verlange om My Gees, My Woord te vestig en ook om My krag in jou te vermenigvuldig. Kyk rond, want jy sweef deur My Gees bo-op My Berg. En ja, die deur na My innerlike gewyde binnevertrek is oop vir jou.

Kyk ver na onder na die verskillende vlakke en kyk na die ander, soos wat hulle kom om in My stoel te sit. Hulle kom om nuwe geestelike hoogtes te bereik, of om te struikel en om te val na laere vlakke op My Berg. Kind, dit is `n ernstige rol en min is genoeg toegewy om dit dag na dag, week na week, jaar na jaar na te volg. Hierdie reis is `n ernstige verhouding tussen My en die een wat geroep is; en dit kan nie bereik word as gevolg van die ondersteuning van ander nie. Geen hoeveelheid menslike ondersteuning kan iemand op hierdie berg hou nie, …slegs `n groot innerlike begeerte om My werk te doen. Dierbare Kind, jy was afgemat sedert ons laaste ontmoeting hier."

"My Meester, dit is die gewig van die Ster van Dawid en die vrees dat ek nie waardig sal wees nie, of dat ek iets van lank gelede het wat ek nog nie bygelê het nie."

"Kind, jy is gewys dat toe die priesterskap van jou weggeneem is (As Aäron), het jy op die Berg Hor gesterf. In jou dood het jy groot hartseer geken. Jy het nie gelukkig gesterf nie; en hierdie gewig was nog altyd op jou."

"My Meester, asseblief, asseblief, genees my hiervan sodat ek vorentoe kan gaan."

"My Kind, jy het gesien wie vir jou gewag het."

"Ja my Meester, ek sien dat dit Moses was."

"Kind, gee aandag aan Moses, want hy het meer gebede en seëninge vir jou."

"Ja my Meester. Moses, ek smeek jou vergifnis vir die wyses waarop ek jou gefaal het en die manier wat ek my aansien voor ander verloor het. Bo alles, bedel ek vergifnis van ons Meester, dat hierdie gaping van lank gelede nou toegemaak sal word, dat dit sal genees. Ek is op gebuigde knieë voor jou Moses, om te bedel vir vergifnis vir enige skuld aan jou."

"My Kleintjie, ons het mekaar gefaal en ons het God gefaal. Ons groot moeite oor baie jare het ons nie by ons bestemming uitgebring nie, want as leiers het ons die Huis van Israel gefaal. Maar kyk na die gaping. Dit is toegemaak; afgeseël met die stralende Lig van God; en dit bestaan nie meer nie. In ons swakhede, in ons menswees, het ons gestruikel, maar ons is vergewe. Nou het ek seëninge en gebede vir jou."

Moses beweeg nader aan my en plaas een hand op my voorhoof en plaas die ander hand op die bokant van my kop. ‘Sit regop sodat ek kan bid’, sê hy. Ek sit regop op my knieë en te midde van die getik van sy horlosie, is dit die woorde wat ek hoor wat hy gebid het:

"Kleintjie, ons staan voor God Almagtig, in die teenwoordigheid van ons Meester, JaHshua die Messias en ek uiter hierdie woorde: Ek stort hierdie seëninge oor jou, dat in jou tyd van nood jy gesterk sal word deur my woorde; dat jy bemagtig sal word deur die Gees van Apartheid, dat jy nie onder teëspoed sal verloor nie, maar dat jy deur ons Meester in sterkte sal toeneem; dat jy met verloop van tyd nog `n groter hulp sal kry; `n groter deel van die krag van God; en dat die krag van die profete en hulle wysheid vir altyd by jou sal wees.

In die Naam van ons Meester, JaHshua, die Messias, seën ek jou met die krag wat aan my gegee was in my dag. Ek seën jou met die krag van my staf, dat dit deur jou hande sal vloei, deur jou stem, deur jou gees en liggaam. Ek seën jou met oorvloedige wonderwerke en die vermoë om `n verlore volk deur hierdie geskrifte bymekaar te bring, om hulle op die pad van God te plaas en om hulle daar te hou. Ek seën hierdie geskrifte en die hande wat dit skryf, die oë wat die visioene sien, die ore wat hoor wat gespreek en gegee word. Ek seën jou hart met suiwer erbarming en kragtige liefde soos gegee deur die Gees van ons Meester. Ek seën jou om volkome gesondheid te handhaaf, `n kragtige sterk liggaam, `n skoon wakker verstand en emosies, om `n standvastige voet op hierdie Berg en op die aarde te hê as jy haar bewandel. Ek seën jou, dat waar jy gaan, jy die Gees van Apartheid met elke tree sal saambring; dat die wêreld versterk sal word deur jou wandel. Ek seën jou met bemagtiging wanneer jy deur duisternis wandel, dat geen bose ding of energie enige houvas op jou sal hê, solank as wat jy die aarde bewandel nie. Wanneer jou tyd aanbreek, mag die krag van die Gees van Apartheid jou omvou en totale vrede en vreugde vir jou bring, want jy sou hard gewerk het en het geestelike waarhede aan groot getalle gebring, waarsonder hulle verseker verlore sou gewees het. Ek seën jou om miljoene na JaHshua te bring deur die krag van hierdie woord en die waarheid van hierdie woord.

Ek seën húlle wat hierdie werke lees, om hierdie krag wat deur hulle kom, te herken en te aanvaar, dat boosheid wat hulle sal aangryp, sal wegval; en dat die waarheid van die gesproke woord hulle sal aangryp en ten goede `n groot verandering in hulle siele sal aanbring. Ek raak hulle deur hierdie geskrifte aan; en ek, Moses, seën hulle met die krag van die Gees van Apartheid om te weet dat JaHshua die Messias is. Ek raak hulle siele en hulle totale wese deur hierdie gebed aan en ek beveel hulle om die gebooie van God weer van nuuts af uit te lewe, sodat hulle waardig bevind kan word sodat die Gees van Apartheid in hulle sal woon. Ek daag ieder en elkeen wat hierdie gebed lees, om op die vloer te val, om JaHshua te smeek vir vergifnis vir hulle verkeerde dade, sodat elkeen waardig bevind mag word om die Gees van Apartheid te hê as `n magtige, wonderlike metgesel en vriend. Ek daag almal uit om JaHshua, die Messias, te erken as Meester van hierdie Aarde, ja, die enigste een wat julle siele kan red van `n besliste dood. Ek daag almal uit om voor JaHshua te buig en om in Geregtigheid te wandel, want dit is nou die tyd van sifting. ‘Kom terug, klein skapies, na die kudde toe, want die wolf drup bloed van sy tande en hy is op die punt om julle aan te val’."

Ek daag almal uit om opreg te loop, minuut na minuut, dag na dag, week na week, jaar na jaar. Ek daag julle om sterk te staan in die aangesig van die bose, want die een wat regverdig is, is geen lafaard nie. Die regverdige deins nie terug vir die bose nie, maar beroep hom op die krag van God vir leiding. Op hierdie manier moet jy met boosheid handel; en op hierdie manier sal julle gelei word om die regte besluit te neem.

Jy dink aan geduld en lankmoedigheid, Kleintjie. Ja, dit word van almal verwag. Maar nooit kompromitteer jy `n stukkie geregtigheid vir `n stukkie boosheid nie. Want met hierdie tipe van kompromieë kry die bose een `n toon in, dan `n voet, dan `n been in een se lewe. Nee, staan sterk voor die aangesig van boosheid; en julle sal in die krag van God groei.

Ander profete en ek is met jou, Kleintjie, op jou weg. Moet dit nie vergeet nie, want ons is hiertoe verorden deur ons Meester, JaHshua. Jy is nie alleen, soos wat jy dikwels glo nie, want `n lang ry van ons staan gereed om jou te help. Op hierdie Berg, in die binnekamer van ons Meester, sal jy ons van tyd tot tyd sien, want ons Meester JaHshua sal ons hiernatoe bring.

Kleintjie. Ek seën jou met krag, krag, krag van die Gewyde Een, ons Meester JaHshua en ek seën jou met die krag en wysheid van die profete. Dit is my belofte, my geskenk aan jou, dat jy nie te kort sal kom in jou tyd van nood nie, maar dat jy versterk sal word om te op te tree teen die aanslae van die teenstander as hy en syne kom om aan te val. Ja, jy sal alles teen hulle hê wat jy nodig het, totdat die tyd vervul is; dan sal jy jou lewe aflê.

Jy het meer vrae oor die Ster van Dawid omdat jy nie die volle impak hiervan besef nie. Met verloop van tyd sal jy `n taak verrig met Israel. Jy sal tussen rabbi`s sit en jy sal bid, maar nie uit eie keuse nie. Kyk na die kragtige engel bokant jou; kyk na die vuur van God; dit sal jou daarheen neem. Hierdie seëning aan jou is soos geen ander nie, want jy en ek gaan lank terug, selfs tot voor die grondlegging."

"Moses, ek is verpletter! Ek weet nie wat om te sê nie, behalwe dankie uit die diepste van my hart. Ek dank jou vir jou gebede en die seëninge en vir die geskenk van die Ster, selfs al is dit baie swaar."

"Maar nie vir lank nie, binne `n kort tydjie sal dit baie skitterend wees en sal dit jou na baie plekke dra met die Woord."

"My geliefde Moses, hoe kosbaar is jy!" En ek staan en omhels Moses en hy ween en ek ween. Sy trane val op my skouer en my brandende trane bad my wange. Binne `n oomblik is hy weg en ek bevind my alleen in die Bokamer. ‘My Meester, ek voel `n diep hartseer omdat hy weg is, want ek het nou net `n groot vriend aanskou"

"Kind, dit is so, maar Moses het `n stel dokumente agtergelaat."

"My Meester, ek sien dit by my voete. Wat is dit?"

"Ons sal dit gedurende die toekomstige reise na die Berg bespreek. Maak eers Boek 2 gereed vir publikasie. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde.

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 10de dag van November 1997, Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX