Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 8
Die Moses dokumente - Deel 1
"Dierbare Kind, geseënd is jy onder die vroue, want jy het My lief, jy het die waarheid lief en jy het My weg lief. Jy sal binne `n paar dae kragtig geseën word op wyses wat jy nie ken nie. Maar wanneer hierdie seëninge kom, sal jy sê: Ja, JaHshua Self het dit vir my gesê. Inderdaad het Ek jou weer op My Gewyde Berg gebring waar die lug suiwer en die energieë glansend is. Ja, jou siel is verfris en die gevoel van siekte is alles weg.""Ja my Meester, net dertig minute gelede, voordat ek begin het om te bid, het ek baie siek gevoel. Ek het geglo dat dit die koolsap en raapwortels was."
"Ja dit is sterk, maar dit maak goed skoon. Hou aan met die vas totdat Ek jou laat ophou. Ek sal jou vul met My Gees en alle honger wegneem."
"My Meester, ek weet dit is waar en ek dank U hartlik dat U die siek gevoel weggeneem het. Ek smeek U om hierdie vas te eer vir groter geestelike krag en rigting."
"Kind, dit is bekend en word geëer."
"Kom in My gewyde binnevertrek in."
"My Meester, ek kom in en ek sien iemand, uitgedos in `n oorknoop baadjie met goue knope en wit kniebroek. Sy kop is versier met `n wit pruik, soos iemand uit die George Washington era. Ek kyk na sy gesig en ek word bewus van `n haaslip, andersins is sy voorkoms onbesproke. Hy bied my iets op `n skinkbord aan, maar ek wys dit af, aangesien ek het geen idee het wie dit is of wat hy aanbied nie. Die items op die skinkbord is in vierkante gesny en hy het een op `n strykmes wat hy in my rigting uithou. Wat sal ek doen?"
"Neem `n vierkant in jou hand, want alles is nie soos wat dit lyk nie."
"My Meester, ek het een ding van hierdie visioene geleer: dit is selde dat dinge werklik is soos wat dit lyk. Ek neem die vierkant in my hand en skielik verdwyn die man. In sy plek sien ek `n bruinhaar kind wat van agter die oop flappe van `n klein tentjie uitloer. Die kind sê: Kom in. Ek is huiwerig, want dit is `n bietjie snaaks."
"Gaan in, Kind."
"My Meester, ek gaan die klein tentjie binne en die kind sê: 'Kry `n sitplek. Ek is die kind van Israel. Ek sit in `n kind se stoel, maar skielik verdwyn die kind en ek is alleen in die tent. `n Trek kom in beweging en die temperatuur begin vinnig daal. In `n oogwink verdwyn die tent en ek word deur `n winter wonderland van sneeu omring, waar ek alleen in die kind se stoel sit. `n Ou man verskyn met `n lamp en `n klein tafeltjie en hy sê: 'Sit by die tafel.
Terwyl hy na die klein lantern kyk, sê hy: 'Ek sal die lig groter stel en dit sal groot hitte veroorsaak. Die hoeveelheid lig sal jou aanvanklik verblind, maar jy sal vinnig aanpas, want dit is jou roeping. Daarna reik hy af langs my en neem `n vel vanaf die knipbord wat die Moses Dokumente bevat. Onthou, die Ster van Dawid is aan jou gegee en jy is deur ons Meester JaHshua en Moses gesalf om hierdie woord te dra. Die krag van die Lig van God sal alles duidelik maak. Moet nie vrees nie; suiwer geloof jaag alle vrees weg.
Skielik is die ou man weg en ek sien vier engele rondom my in wit getooi, almal met goue hare en oë van wit vuur. Elkeen dra `n magtige swaard. "My Meester, ek is in diepe eerbied; dit is diepgaande."
"Ja Kind, maar raak die Ster van Dawid op jou bors aan. Kyk en voel sy uitstraling. Jy is nie verlaat nie, maar jy het groot ondersteuning. Nou, lees en skryf soos wat geskryf is en onthou: Jy is onder `n kragtige salwing van My."
"My Meester, ek sal my bes doen. Aan die bokant van die wit papier wat soos `n boekrol opgerol is, is `n goue handskrif. Hierdie bladsy straal met so `n glansende wit lig, dat my oë moeilik aanpas!"
"Ja maar jou oë is gesalf en so ook jou ore; en as jy hierdie woorde sien; sal jy hulle ook hoor."
"My Meester, die titel is: 'Kamer van Stilte en dit lui as volg: Neem My hand en laat Ek jou deur die Kamer van Stilte dra. Want dit is in die kamer diep binne-in die siel van elkeen wat geïgnoreer word, verlore en vergete. Raak jou hart aan en maak die deur oop na die Kamer van Stilte. Neem die goue sleutel van JaHshua, ons Messias. Want dit is die enigste sleutel wat die Kamer van Stilte kan oopsluit."
"My Meester, ek sien `n goue sleutel, dartelend voor my oë."
"Neem dit Kind, en maak die deur oop."
"My Meester, ek het die sleutel en steek dit in die middel van die Ster van Dawid reg binne-in my hart."
"Maak die Kamer oop."
"My Meester, ek maak hierdie Kamer oop en ek sien `n deur wat binne-in `n biblioteek ingaan. Daar is net een tafel en een stoel; en die rakke agter die tafel is vol ou boeke, almal gebind en getitel. Die binding aan die bokant van die boek is `n donker skakering van rooi en binne die rooi gebied die titel van elke boek. Daar is baie stof in die klein kamertjie, asof daar vir `n sekere tyd niemand in was nie, tog is die lug vars en skoon. Ek sien woorde van helder lig, omring in `n glaskas bokant `n boekrak en dit flikker soos `n neonlig. Klein wit duifies sirkel in die rondte in die glas omhulsel, maar kan nie uitkom in die kamer in nie. Die flikkerende woorde sê: JaHshua Lewe Hier."
"Ja Kind, hierdie duiwe kan nie uit nie, maar die sleutel van die Kamer is vasgemaak aan die gordel van jou kleed en dit is joune om te hou vir `n lang tyd. Kom nou terug na die tafel en gaan voort."
"Ek gaan voort om te lees: Hierdie binnekamer is verlore vir die Huis van Israel, want hierdie oorblyfsel staan as `n nasie, want toegang kan alleenlik verkry word deur hierdie sleutel wat sê: 'JaHshua, Heerser van die Aarde"
"My Meester, hulle sal dit nie wil aanvaar nie."
"Nee Kind, nie op hierdie tydstip nie, maar met verloop van tyd. Ja, want alles sal openbaar gemaak word. Dan sal hulle weet dat My wette die waarheid is en hulle sal hulle daarby neerlê. Gaan nou voort."
"Ek lees as volg: 'Klop aan die deur van My binnekamer, sê die Meester, en hierdie binnekamer sal met verloop van tyd vir jou oopgemaak word. Baie wag op die wat hierdie sleutel vind baie waarheid, baie liefde en baie eerbied onder mense. Want min vind hierdie sleutel, of weet wat om daarmee te doen."
"Maar my Meester, is dit nie waar dat baie hierdie sleutel gevind het nie; en dat dit Uself is nie?"
"Kind, daar is `n paar; want baie soek, maar min sal vind."
"My Meester, ek voel so laag en onwaardig."
"Nee Kind, want as jy onwaardig was, sou jy hierdie sleutel nie gehad het nie. Lees verder."
"Ek lees soos volg: 'Klein verskilletjies kan baie myle skeiding weg van God af beteken. Klein verskilletjies veroorsaak misleiding en bedrog en trek jou weg van die beginsels van Waarheid en Geregtigheid. Ja, hulle wat hare kloof wat skeiding maak, veroorsaak groot klowe binne-in hulleself en skei hulleself van God af. Groot trauma word veroorsaak deur klein verskilletjies! Daar word gesê dat iemand berge van molshope maak. Nee, iemand maak klowe uit molshope, klowe tussen jouself en God. Dit word gesê: 'Vergewe die klein dingetjies, sodat hulle nie toegelaat word om te verkanker en te groei tot groter dinge nie. Ek vra, Hoeveel van julle het klein dingetjies teen julle seun, julle dogter, julle werkgewer, of julle buurman? Sal jy die Binnekamer vind solank as klein dingetjies jou afdruk? Nee, dit sal nie so wees nie. Want hierdie klein dingetjies is soos korrels sand teen `n naakte voet in `n skoen. Hulle skuur die gees. Hulle verbitter die siel en steel die Lig van God. Nee, hou niks teen iemand anders nie, want jou wrokke sal jou van God af weghou. Vergewe en jy sal die ware glorie van God ken. As jy dit nie wil doen nie, sal jy waggel te midde van selfmisleiding. Geen prediker van die Woord, of bediening van enige kerk kan jou van hierdie sand op jou siel vryspreek nie. Slegs jy kan iemand anders vergewe en as jy dit doen, sal JaHshua jou vergewe.
Dit is magtiger om met liefde te vergewe, as om `n ander een te beloon met al die goud in die wêreld. Alle goud moet met versigtigheid bejeën word, anders sal dit jou hipnotiseer sodat jy sal dink dat dit die ware Jakob is, terwyl dit net `n illusie van geluk is, geliefd deur hulle wat waarlik verlore is. Ja, goud sal die verstand bevredig, maar die siel vernietig. Kyk na julle Vader in die Hemel en na JaHshua, Meester van die Aarde, vir die ewige goud wat ewige lewe is. JaHshua is die outeur van die ewige lewe op Aarde, want Hy het in die vlees gekom en sy eie lewe gegee om alle siele te red. Ek is Moses."
"Nou, dierbare Kind, jy het geskryf soos gesien en gegee. Het jy vrae?
"Ja my Meester, wie is hierdie George Washington tipe met die haaslip?"
"Kind wat het hy jou gegee?"
"Iets vanaf `n skinkbord."
"En dit was?"
"`n Uitnodiging deur `n kind in `n tent in."
"Ja en wie was hierdie kind?"
"Ek weet nie."
"`n Versteekte deel van jouself."
"U bedoel, die Geheime Kamer?"
"Presies, maar jy vra oor die een wat getooi is."
"Ja my Meester."
"Hy is `n voorstelling wat veroorsaak dat jy vrae vra om dieper te soek."
"Wel, dit het my laat skrik, soos die beeld van die hobo-nar."
"Daar is geen rede om te vrees nie, Kind, kyk na die agterkant van hierdie man en lees."
"Dit is geskryf: '`n Ander tydperk, William Penn. William Penn het dus `n haaslip gehad?"
"Nie dat jy sal weet nie. Wat is op die haaslip geskryf?"
"Dit sê, `n Reis binne-in jouself. Dus, `n deel van my in `n ander lewe, William Penn bied my iets aan wat `n reis in hierdie kamer in openbaar?"
"Kind, jy het die kommunikasie van jou innerlike kamer gesien."
"Dit verklaar die kind en die stoel."
"Ja want `n kind is onderrigbaar."
"En die koue?"
"Die koue is ook `n deel van jou, tesame met die wit."
"Hoe so?"
"Jy moet deur die koue gaan om gesuiwer te word om by die hitte van My wit lig te kom."
"U bedoel dat elkeen van ons gesuiwer moet word van die koue van onsself?"
"Ek bedoel die absolute koue van julleself en die ruheid van die wêreld. Julle sal bitter koue moet kan deurstaan voordat julle in My lig kan kom."
"Ek het hierdie koudheid van baie teenoor hierdie profesieë gesien; en ek het groot eensaamheid deurstaan om hulle te ontvang. Ek weet dat ons kinderlik moet wees as ons een tot een met U wil wees."
"As julle kinderlik is, is julle onderrigbaar."
"Laat almal dit ontvang, my Meester en naderkom na U toe."
"Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 14de dag van November 1997,
Linda Newkirk.