Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 9
`n Nuwe deur maak oop en die Moses dokumente - Deel 2
"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua. As gevolg van jou kragtige gebed en soeke, het Ek jou weereens na My Berg toe gebring, waar die deur van My Innerlike Gewyde plek oopmaak. Kom te midde van My stralende energieë na My Bokamer toe.
Jy het na onder gekyk en twee entiteite gesien wat nodig was om gebind te word. Want hulle het deur die TV en die Internet in jou huis ingekom: Kind, hierdie is twee van die duiwel se ingange om in die huise van die houtgerustes te infiltreer. Ja, die hekke van die hel maak oop om baie van hierdie donker demone los te laat, sodat hulle die kan vervolg wat My liefhet. Jy het die kennis, die krag en die outoriteit om hulle te bind en na die Putte te stuur, maar die meeste het nie hierdie kennis of vermoë nie, want dit is `n taak en geen `n maklike taak nie. Moses het jou vertel dat jou werk moeiliker sal word. Ja, jy sal meer aangeval word; en jy sal dikwels moet vas en bid om krag oor die demone te hê. Ek belowe groter krag aan jou met elke vas. Nou Kleintjie, kom in My Bokamer in en skryf soos gegee en gesien."
"My Meester, die deur na U Bokamer is oop en ek sweef in op die vlerke van U Gees. Alles is in groot glansrykheid en vrede gebaai. Voor my is `n stewige ou deur wat van verbleikte hout gemaak is. Skielik verskyn daar twee wit vegtende hoenderhane voor die deur. Hulle kloue is gloeiend met glansende wit lig, en hulle val mekaar woedend aan. Aan die agterkant van die hane en langs die ou deur is die Moses Dokumente, vas aan die knipbord en hulle hang aan `n spyker. `n Kennisgewing bokant die deur lees: 'Geheime Kamer'."
"Ja Kind, dit is geheim, maar jy het die sleutel."
"Ja my Meester, ek het die sleutel, maar een vraag: Wat verteenwoordig die hane?"
"Kyk op hul rûe."
"Op die rug van een sien ek `n stukkie papier wat uitsteek. Ek neem die wit papier, maar dit disintegreer in my hande. Skielik is die hane weg; en ek sien dat die deur na die Kamer `n paar duime gelig het sodat daar genoeg spasie vir my is om onderdeur te kruip. Ek sal deur hierdie opening kruip, maar die vegtende hane is nog steeds in my gedagtes. My Meester wat verteenwoordig hulle?"
"Dele van jou."
"Vertel my meer."
"Hulle verteenwoordig jou vrees vir dit wat agter die deur lê."
"Is ek bevrees?"
"Jy vrees die onbekende."
"My Meester, verwyder asseblief hierdie vrees met U Gees van Apartheid, want Ek begeer slegs om geloof na hierdie Berg te bring."
"Kind, jy vrees jou ontoereikendheid voor My, maar as jy nie waardig bevind was nie, sou jy nie hier gewees het nie. Jy is waardig om die deur met een groot beweging oop te maak, want jy het die sleutel."
"My Meester, vergewe my onsekerheid. Met tye voel ek so jonk en dwaas om te staan voor sulke wysheid en krag."
"Kind, kyk agter jou, die deur is oop en glansend, en wit lig vloei oor jou."
"Ja my Meester en die glaskas bokant die boekrak wat toe was, is nou oop. Die wit duifies vlieg rond, dig oraloor, oral oor my, in my hare, op my arms en voete. Dit is `n glorieryke, kosbare, soete tyd van vreugde en vrede. Die polsende woorde van lig wat in die glaskas was, is weg en `n venster staan oop en bring `n oorvloed van suiwer, stralende wit lig in. Hierdie lig raak die tafel en baai dit in sy suiwerheid. Die boeke het `n goue skakering aangeneem en is glansend in hierdie suiwer lig. Alle oorblyfsels van stof is weg en die tafel het van hout na glas verander en tree op as `n prisma en skei die fragmente van hierdie suiwer lig in sy skakerings van lieflike kleure. Aan al vier kante van die kamer het glorieryke vensters wonderbaarlik verskyn, almal oop, met hierdie suiwer lig wat daardeur stroom. Ek staan tussen strale van sulke suiwer lig en volkome glansrykheid wat my van al vier rigtings tref en ek voel so swak, soos `n klein wesentjie opgevang in weerlig. My Meester, mag ek waardig wees! Skielik word ek van my voete gesuig en ek swewe bokant hierdie tafel en klou die Moses Dokumente baie styf teen my bors vas. Hoe glorieryk is hierdie dag van vryheid in U, my Meester! Ek verstaan dit nie, maar ek weet dat `n nuwe dag in U geopen het, my Meester. Lank lewe die Naam van JaHshua, Meester van die Aarde! En geseënd is hulle wat hom liefhet en Hom dien'."
"Kind, onthou jy toe Ek jou na My Bokamer gebring het en jou vertel het, daar is `n ander een wat jy nog nie gesien het nie. (Vóór die eerste tog na die Bokamer het Hy my vertel daar is twee wat ek nog nie gesien het nie).
"Ja my Meester."
"Hier is dit. Sien jy die baie boeke?"
"Ja my Meester."
"Hierdie boeke sal elke vraag van jou beantwoord."
"Want dit is die Kamer waarna baie soek, maar min is daar wat dit vind. Om waardig te wees om te sien wat hierin is en om in My krag te groei, sal groot werk verg, ja, volgehoue toewyding, gebed en vas."
"My dierbare Meester, ek bid om waardig bevind te word, want U is my lewe, my lig, my waarheid en my weg. Bekragtig my, dierbare JaHshua, dat ek U waarhede na ander kan bring, dat die grootste aantal gered kan word."
"Soos wat ons verder gaan, My Kind, sal Ek jou wys wat in sekere van hierdie boeke geskryf staan. Sit maar vir nou by die tafel en lees bladsy twee van Moses se geskrifte. Let op dat die deur agter jou toemaak."
"My Meester, ek lees soos volg:
Toegewydheid en Opregtheid.
Skrap die hart van die huigelagtige van die rekords, van die boeke van God se toegewydes. Want die huigelagtige van hart sal in elke maatstaf voor God faal. Hulle sal faal in vriendelikheid en in liefde. Hulle sal faal om geestelike geskenke te ontvang. Nee, hulle sal nie die volheid van die Woord ken nie, maar sal op brokkies en stukkies floreer. Hulle sal dit nooit maak na die Berg van die Meester nie, maar sal vergaan in die donker woud van die Teenstander.
Hef op jou hande, O, opregte van hart. Hef hulle hoog op na die Almagtige Skepper, die een wat die oseane in die Aarde gekerf het en diep klowe van riviere gemaak het. Hef julle harte op na die Almagtige God wat jou na Sy Beeld geskape het, dat jy ook die gawes van Sy Magtige Gees kan ken.
Nee, Opregtes van hart, julle sal nie val nie. Julle sal nie in die laaste dag verwaarloos word nie, maar sal styg tot nuwe hoogtes in julle liefde vir julle Meester, wie JaHshua die Messias is, die Heerser van die Aarde, Een met God wat aan Hom die Heerskappy gegee het. Opregtes van hart, ploeg vasberade vorentoe en met liefde en eer vir julle Meester JaHshua. Want as julle Hom liefhet, strewe julle waarlik om die geestelike wette uit te leef wat vir julle eie beswil aan julle gegee is.
Sal `n liefdevolle kind sy ouer gehoorsaam? Ja, hy sal hom gehoorsaam, maar die rebel is ongehoorsaam. Die rebel is verlore in die donker woud van Satan en weet dit nie. Die rebelkind is nie onderrigbaar nie en word nie onder die opregtes van hart getel nie, want hy is in die sluwe weë van Satan verlore.
Kyk rondom jou. Hoeveel is opreg van hart? Nee, nie baie nie, want die meeste probeer die wêreld manipuleer om hulleself te pas. Hulle mislei, hulle lieg en trap op die gevoelens van ander om vooruit te gaan. Ja, dit is die weg van die wêreld. Kleintjies, wees in die wêreld, nie ván die wêreld nie. Neem die televisie uit julle huise uit, want dit vul julle huise met duisternis. Vaders en moeders; behoed julle kinders teen die Internet; dit is `n vangstrik; gereed om in die siel van die onskuldige kind in te grawe. So het die Internet ook baie volwassenes na booshede van pornografie verlok.
Ja, pornografie is `n binding, want om iemand anders te begeer, is om in jou gedagtes ontug te pleeg. Julle getroude mans wie se begeerlikheid na die duisternis van pornografie is; julle pleeg owerspel, en dit dryf `n wig in julle verhouding met God. Julle trek bose entiteite aan wat op julle wellus voed en hulle dryf julle sodat julle verstand beheer verloor, sodat julle daagliks in `n oorlog gewikkel is vir julle eie siele. Wanneer julle julleself in pornografie bevind, sal julle die Gees van God op geen manier besit nie. Instede vul jy jou huis en jouself met bose entiteite wat daarop uit is om jou te verwoes. Jy wat pornografie liefhet, is onkundig in jou denke deurdat jy dink dat wat jy doen, onskadelik is, omdat jy sekere geestelike wette verlaat het en weggestap het van die beproefde en ware weë. Jy glo dat jy kan doen wat jy wil met geen gevolge nie, maar jy kan nie, want elke aksie, goed of sleg het gevolge. Jy het die waarheid in die kabinette van jou denke ingedruk. Jy sal maai wat jy gesaai het. Wanneer jy jouself seermaak, maak jy ook diegene seer wat jou liefhet. Om jouself seer te maak, mag vir jou onskuldig lyk, maar jou aksies reik ver rondom jou omgewing op wyses waaroor jy nog nooit gedroom het nie. Waar jy gaan, gaan die eindresultate van jou aksies saam met jou, of dit nou `n supermark, `n skool, of telefoon is en jy ontsnap nooit wie jy is, of wat jy doen nie. Jou onregverdige gedrag vee wyd, maar net so affekteer jou regverdige dade baie. Die krag van die Gees van Apartheid gaan met die regverdige en dra heilsaamheid waar dit ookal gaan; ja, die krag van die regverdiges om blywende veranderinge te maak, is inderdaad groot. Geregtigheid bring baie voordeel.
Lank lewe die opregtes van hart, hulle wat die Meester waarlikwaar deur en deur liefhet, aan hulle behoort die Koninkryk sonder einde! Ek is Moses.
"Dierbare Kind, ons sal hier stop vir vandag. Gaan in die krag van hierdie salwing. Jy dink aan die kind met die gebreekte nek. Gaan daarheen en neem genesing van my af. Binne ses tot agt weke sal hy weer begin voel en sal hy weer loop, `n geskenk van my. Vertel dit vir hom en dat hy sy lewe moet toewy aan My, andersins sal nog slegter dinge met hom gebeur. Gaan vas en bid en jy sal My werking hierin sien. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhooste God van die Aarde."
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 15de dag van November 1997,
Linda Newkirk.