Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 13

Die Moses Dokumente - Deel 5


"Dierbare Kind, jy ken My Gees en jy ken my Stem; Ek is Meester, JaHshua en jy sien dat My Gees jou weereens na My Gewyde Berg gebring het, na baie soeke en gebede van jou kant af. Ja, Kind, jy is onder die beheer van My Gees, net soos die ou antieke profete. Want tye verander, maar My waarhede verander nie. Ek is inderdaad gister, vandag en môre dieselfde. Baie het die lesse van die ou Israeliete oorboord gegooi tot hulle eie ondergang. Want dit wat veroordeling in daardie tyd gebring het, bring ook vandag veroordeling. Nou Kind, kyk na jouself bo-op die vlerke van My Gees, Ja, vrede omvou jou; dit rol jou toe en bring jou terug na `n ander tyd waar baie van julle hierdie berg geken het, veral hulle van die 144 000, wat geken en uitverkies is voor die grondlegging van die aarde. As jy `n moeilike tyd in hierdie lewe gehad het, is dit gedeeltelik toe te skryf aan die herinnering aan volmaaktheid wat na die oppervlak kom in jou wakker- en slaaptoestand. Jy het na volmaaktheid gestrewe en het die reëls van die kerke vergelyk met daardie veraf herinneringe, maar jy het nooit geluk in enige kerk gevind nie, want jy het die absurde voorstellings voor My gesien. Jy het teen hierdie speletjies in opstand gekom en het `n geestelike alleenloper geword, soekende om jou eie sterk aansluiting met My deur onderdanigheid te bou. Dit was `n baie moeilike pad, maar jy het nooit opgegee nie, maar het dit nagevolg ten spyte van baie versperrings. Ja, jy het die materiële opgegee, behalwe dit wat jy benodig om van te leef. Dit is die enigste weg, anders word jy gevang in die materiële illusies, die valstrikke van Satan. Nou, dierbare Een, kom in My Bokamer, My Innerlike Gewyde Plek, want dit is vir jou oop. Let op dat jy My sleutel dra wat baie deure oopsluit. Kind, skryf soos gegee en gesien."

"My Meester, ek gaan deur hierdie deur op die vlerke van U Gees, Haar bruisende klanke beweeg deur my en streel my hare. `n Pragtige vrede lig my op bokant die duisternis daaronder; dit versag my vrese en bad my siel met vreugde. Ek ry liggies op die vlerke van U Gees na die Boom van die Lewe. Saggies laat Sy my op die basis van hierdie lieflike boom neer, waar ek vasgevang word deur die ritseling van die stralende blare."

"Eet Kind."

"My Meester, die Boom is lewendig met U Woord. Weereens buig daar `n tak en dit streel my arm saggies. `n Stukkie stralende vrug wink en ek is gretig om weereens van hierdie genesende nektar te eet. Ek sit met gekruiste bene onder die kosbare boom en bak in sy glorie. Prys U, dierbare Meester! Glorie aan U dierbare Naam. Ek byt saggies aan hierdie sappige vrug wat terselfdertyd solied en vloeibaar is en met elke byt baai sy sap my siel met die vryheid van sy uitstraling en druk alle duisternis weg soos wat dit my verlig. Lewende waters van die vrug wel in my op, dit hernu en herstel my. `n Ligtende poeletjie van suiwer, wit lig vorm binne en rondom my soos wat die stralende vloeistof van die vrug swel soos `n bergstroom in die lente. Sy soetigheid is soos niks anders nie, met smake van amandels, kaneel, vanilla en piesangs, die geure verander gedurig."

"Ja Kind, dit is soos niks anders nie; en daar is min wat van hierdie boom eet. Ja, in die laaste dae sal al my gesalfde profete hiervan eet. Want Ek sal julle nie na die geveg stuur, na die boosstes, sonder dat julle op die hoogste wyse deur My bekragtig is nie."

"My Meester, my siel dors so na die vrug van hierdie Boom en ek het alreeds tien stukke geëet. Ek leer `n bietjie oor die eet van hierdie vrug. Dit is nie regtig nodig om van die vrug te eet nie, al wat nodig is, is om die vloeibare nektar uit te suig. Dit is buigbaar en as ek dit teen my lippe druk en daaraan suig, dan volg die sap sy eie koers, soos `n stroom. Ek het aangehou om te eet totdat ek vyftien geëet het en ek is geswel met `n groot wit lig, maar ek is nie swaar nie. Hierdie vrug het my met vreugde vervul en ek voel om te dans en om vir U prysliedere te sing. Glorie aan God. Kosbaar is die Naam van JaHshua! Rondom my is daar veelvuldige stralende skoenlappertjies wat oral rondvlieg en my verlig. Ek voel asof ek te midde van die heerlike reuke van die Boom kan lê en `n rukkie in sy glorie kan rus."

"Ja Kind, dit is bekend, maar daar is baie werk wat gedoen moet word. Kyk na die Moses Dokumente aan jou regterkant. Tel dit op sodat ons kan aangaan."

"My Meester, ek tel die volgende papier van die Moses dokumente op en dit lui;

‘Geseënd is hy wat die Meester, JaHshua met al sy mag liefhet, want die Meester sal hierdie een in Sy liefde beskut. Ja, die Meester ken die opregte van hart en sal nie die tweede beste wees nie. Hulle wat liefde vir Hom bely, moet ware toewyding toon; hulle moet die Meester in eenvoudigheid en nederigheid volg.

Baie min sal die materiële in die aangesig van oorvloed opoffer. Hulle wat oorvloed ken, staan die grootste kans om verlore te raak. In die aangesig van oorvloed sal hulle klou aan die materiële en die valse gevoel van vreugde en sekuriteit wat dit hulle bied. Ja, hulle sal die vinnigste verwar word.

Was Salomo nie die wysste onder die Konings van Israel gemaak en magtig geseën met die materiële rykdom en skatte nie? Maar tog het hy God se wette verlaat. Hy het hoere en hulle met heidense gelowe agterna gejaag, selfs tot by die bou van plekke van aanbidding van heidense gode!

Ja, die een met baie druk God die heel vinnigste uit sy lewe uit en raak die vinnigste verlore en ken geestelike verderf die eerste. Onthou dit: Ons God word tot gramskap geroer wanneer hulle wat Hy geseën het, teen Hom draai om ander gode te dien. Wanneer Sy gramskap aangeblaas word, sal hy toelaat dat donker magte die oorhand kry oor hulle wat hy eens geseën het. Ja, Hy laat hierdie verwoesting toe. Hy stook die boosdoeners op om hulle te oorwin en te oorval wat Hom versaak het.

Ja, julle sê ‘God is liefde’, maar Hy is `n jaloerse God; en Hy vereis streng gehoorsaamheid aan Sy Wette of Hy sal van jou af wegdraai. Maar tog is Hy `n barmhartige God; en wanneer hulle wat geseën was en weggedraai het, weer terugkom, word hulle van vooraf geseën. God reageer nie op die huigelagtiges van hart nie; Hy reageer op diegene wat hulleself nederig voor Hom hou en wat Hom bo alles in hulle lewens plaas, nie net `n klein gedeelte nie. Hy wil hê dat almal gedurigdeur net aan Hom moet dink en tot Hom moet bid, die hele dag en elke dag, nie net op Sondae nie.

Hy seën hulle wat hom ten volle liefhet. Hulle is diegene wat opgeraap gaan word. Baie is dronkgeslaan oor die oprapingsproses, want hulle glo die leuenagtige predikers van die wêreld wat hulle langs die breë weg lei (‘primrose road’). Hulle wat opgeraap gaan word, is die suiweres van hart wat God en Sy geliefde Seun totaal in eerbied en onderdanigheid liefhet.

JaHshua is streng en vereis dat God se geestelike wette gehoorsaam moet word. Wanneer jy in gehoorsaamheid wandel, dan eer jy Hom en die Vader wat hom gestuur het. In alle dinge moet jy liefde aan ons Vader en aan Sy geliefde Seun betoon, en netso moet jy jou broers liefhê. Ek is Moses."

"Dierbare Kind, hierdie van Moses is deur My verorden. Onthou dat jy en hy selfs tot voor die grondlegging teruggaan. Wees nou op hierdie dag geseënd, wees opgehef en genees. Ja Kind, die kanker in jou bors is vinnig besig om tot niet te gaan. Dit verdamp van jou liggaam. Jy sal hiervan genees word, soos wat Ek jou vertel het. Ek is die Groot geneesheer. Ek is JaHshua, Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 22ste dag van November 1997,
Linda Newkirk.

 

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX