Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 14
Die Moses Dokumente - Deel 6
"Kind, inderdaad, jy is magtig geseën onder die vroue sodat jy My werk kan doen in die laaste dae. Ja, jy kom onder die beheer van My Gees na die kruin van My mees Glansryke Berg. Die deur na My innerlike Gewyde plek is oop vir jou. Kom in, Kind, en geniet van die Boom van die Lewe sodat jy van dag tot dag geestelik sterk kan bly.""My Meester JaHshua, ek gaan U Bokamer op die vlerke van U Gees binne en is bewus van my profetekleed wat in die wind wapper. Aan die onderkant van die kleed is daar `n verbleikte kol bloed wat as `n getuienis staan dat U ons genoeg liefgehad het om `n aaklige dood te sterf om ons op die Hoër Weg te bring. Die afgryslikhede waardeur U vir ons moes gaan, maak my hart swaar en dit bring trane in my oë. Die bose wat daardie tyd en ook nou los is, skeur die siele uitmekaar van so baie wat in duisternis verlore is."
"Ja Kind, en die bose sal nog vererger in die nagenoeg sewe en `n half jaar voor My wederkoms. Soos wat Ek dit voorheen aan jou gestel het, inderdaad het julle nog niks so angswekkend gesien soos wat die Antichris oor julle sal bring nie. Dit is belangrik dat almal sal weet wat voorlê, sodat julle nie so bevange word dat julle julleself daaraan sal onderwerp net om te oorleef nie. Elkeen van julle moet die voorbeeld onthou wat Ek voor julle gelê het en onthou dat Ek niks minder van hulle wat My liefhet, verwag nie. Julle moet in vrede gaan, nie oorlog nie. Moet nie doodmaak as julle sien dat daar om julle doodgemaak word nie. Nee, moet dit nie doen nie. As julle `n pad van geweld kies, sal julle dieselfde wees as hulle wat geweld liefhet. Behou julle geloof in My en Ek sal julle dra totdat julle tyd aanbreek, want dit is die toets. Want hulle wat gewelddadig is, sal gewelddadig word. Maar My skape sal nie gewelddadig wees nie. Nee, julle moet nie `n hand teenoor `n ander in geweld oplig nie, maar Ek sal sorg dat baie sal sterf wat `n hand op My geliefdes lê. Ek is die Herder en julle is My skape. Die Herder waak oor Sy skape en beskerm hulle op ongekende maniere, want die skape het nie die volle prentjie nie.
Dierbare Kind, as jy jou lewe moet gee sodat die profesieë in vervulling moet gaan, gaan dan in vrede en eer vir My Woorde. Ek gebied dit van jou. Nou, dierbare Een, sit onder die Boom en eet van die vrugte, sodat jy versterk kan word."
My Meester, hierdie kosbare Boom het `n tak voor my laat neerbuig wat swaar gelaai is met die suiwer glinsterende vrugte van die Hemel. My siel is honger vir hierdie volmaakte nektar en ek drink dit gulsig op. Sy uitstraling baai my siel en hernu my op allerhande maniere. Een na die ander vul hierdie stralende vrug my en dit streel my innerlike dele; en `n glorieryke lig bou op in en rondom my. Die reuk van vanilla vul die lug en miljarde wit skoenlappertjies fladder heen en weer en vul die ruimte langs my. Die ligte gefladder van hul vlerke kielie my soos wat hulle in vinnige opeenvolging verbybeweeg. Een vir een land hulle op my arms en bene en maak reguit lyne. Saggies gaan hulle voort om hulle vlerkies in vinnige bewegings te beweeg, `n betowerende skoonheid! My Meester, vertel vir my van hierdie skoenlappertjies."
"Kind, onthou jy die sprankelende energieë van wit lig wat deur die vrugte veroorsaak word? Aanvanklik was jy intens bewus daarvan, maar nou is dit `n algemene ding en jy neem dit nie meer so intens waar nie."
"Ja, my Meester."
"Jy neem hierdie sprankelende energieë waar as skoenlappertjies, maar hulle is nie. Hierdie stralende energieë dans rond en kom uiteindelik tot rus op jou arms en bene waar jy dit sal absorbeer."
"My Meester, my aandag word weggetrek van hierdie Boom af, want daar is verwarring daaronder in die kamer rondom my liggaam."
"Ja Kind, dit is bekend. Maar ander moet meer bedagsaam wees oor My werk wat deur jou gedoen word. Gaan aan, Kind."
"Ja my Meester."
"Tel die Moses Dokumente op en lees Deel 6."
"Ek het die Dokument en bo lees dit as volg:
Vertroosting vir die verlorenes.
Geliefde Kinders, swakheid ten opsigte van geestelike dinge oor `n verloop van tyd kan `n mens se siel bring tot `n staat van totale vernietiging. Soos wat die hond sy stert jaag, sal die een wat die materiële najaag, ook sy eie stert jaag tot in alle ewigheid in. Die een wat die materiële liefhet, bring algehele verwarring in sy eie lewe en in die lewens van ander om hom.
Kinders, kry julle harte reg. Skoffel selfsugtigheid, jaloesie, disharmonie, haat, arglistigheid en alle ander negatiewe gevoelens uit julle lewens uit, want dit trek julle in die putte in so vinnig as wat `n klip in `n meer sal sink. Julle wat geen respek vir julle ouers het nie en wat verwoesting in julle huise saai, steel nie net die vrede van julle eie siele nie; julle steel dit ook uit die siele van ander. Julle gedrag is van die slegste soort en julle gaan `n magtige prys betaal.
Stop die disharmonie deur gehoorsaam te wees aan God se wette. Die Tien Gebooie en die Wette van Liefde is aan julle gegee: maar julle spog met julle rebelsheid in die aangesig van die reëls. Hierdie rebellie is `n gruwel voor God, die Vader en ook dit sal julle na die putte dra so vinnig as wat `n klip sink na die bodem van die water.
Koester mekaar. Wees lief vir mekaar. Wees geduldig en lankmoedig in die aangesig van struikelblokke. Reik uit na die wat verlore en moeg is en rig broederskap tussen julle op. Ja, julle het so onafhanklik geword dat julle dink dat julle niemand anders nodig het nie.
In die komende jare sal baie sterf as gevolg van hierdie selfsorgsame houding. Julle sal dit nie deur hierdie harde tye maak sonder die hulp van ander nie. Julle moet leer om te gee, te neem en om die minder bevoorregtes te help en dan sal julle oorleef en in die aangesig van teenstand floreer. Ek is Moses.
"Dierbare Kind, gaan in My en My krag, op hierdie dag en onder die salwing van My Gees van Apartheid. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde.
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 23ste dag van November 1997,
Linda Newkirk.