Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 15
Die Moses Dokumente - Deel 7 en `n waarskuwing om voor te berei "Dierbare Kind, op die vlerke van My Gees sweef jy na die hoogtes van My Berg, waar jy in My en My krag versterk is. Jy dra My merke van genesing, want genesing sal `n groter rol in jou lewe begin speel. Die deur van My Bokamer is oop vir jou; gaan in en skryf soos gesien en gegee."
"My Meester JaHshua, die aanbruisende geluide van U Gees vul my siel terwyl ek hierdie Bokamer binnegaan en ek word begroet deur U kosbare Boom van die Lewe. Ek is so dors vir die genesende nektar van hierdie aanloklike vrug. Mag ek sit en nog `n keer daarvan eet?"
"Kind, neem deel. Hierdie vrug word vir jou gegee sodat jy in jou geestelike wandel versterk kan word."
"My Meester, ek reik uit na die glinsterende Boom en vertroetel `n volmaakte vrug in my hande. Hemelse reuke van suiwerheid baai my siel soos wat ek die helende nektar van die vrug suig. Binne-in my kop maak die bewegende energieë van die vrug sagte warrelende geluide wat my te kenne gee dat ek met hierdie vrug diep binne-in my kommunikeer en ek neem sy lewenskrag in my op. Na `n kort tydjie bedaar hierdie sagte geluide soos wat hulle my siel voed en dit bring my siel na hoër hoogtes van lig, liefde en krag. Dit wat van die Boom is, is nou in my. Met elke vrug word ek voldoende met die suiwerheid van gewyde krag en liefde versadig en `n volkomenheid van skoonheid oorval my. `n Sagte vreugde baai my siel en my hart sing van ekstase. Ek sit onder die Boom en verorber die een vrug na die ander totdat ek `n ruimte van suiwer lig en skoonheid bereik. Dankie, dierbare Meester, omdat U weereens hierdie ervaring vir my toegelaat het. U is werklik my Lewe. Skielik dryf `n stukkie papier na my toe af; en soos wat ek uitreik om dit op te tel, sien ek dat dit die sewende is in die reeks van die Moses Dokumente. Dit is die woorde wat op die papier geskrywe staan:"
Die goeie kom na hulle toe wat God se Wette navolg
Geliefdes, hou styf vas aan die Wette van God en onderhou Sy Gebooie. Wandel op die reguit en nou paadjie. Versaak jou liefde vir die materiële dinge en kom terug na die gehoorsaamheid aan Sy Wette. Eer die Meester, julle God, en wees lief vir Hom bo alles. Hy sal Sy beloftes aan jou hou en Hy sal jou op die laaste dag oplig as jy Hom liefhet en Hom eer met alles wat jy is.
Maak jou pad eenvoudig sodat jy nie verward raak nie; en hou jou weg reguit. Wyk nie na regs of na links af nie, maar bly op jou Meester en God gefokus. Hulle wat aan Hom getrou sal wees, sal baie wonderwerke in die laaste dae sien, want Hy is getrou aan Sy Woord dat hierdie laaste dae soos geen ander is nie.
Voed julle gees met die Lig van God sodat dit nie verduister en afsterf nie. Voed dit daagliks met die Gees van Apartheid, sodat julle die krag kan hê om te oorwin. Wees waardig om hierdie Gees te besit deur die beoefening van liefde, vergewensgesindheid en onderdanigheid aan God se Gebooie en hou vir JaHshua elke dag in gedagte, sodat julle nie deur Satan en sy glorie gevang word nie. Geliefdes, hou julle lewe eenvoudig en kleef met julle hele hart aan JaHshua vas. Hy is die Weg en die Waarheid en die Lig en die Lewe. Ek is Moses.
"Dierbare Kind, dit is deur My verordineer. Ek weet dat sommige neerhalende dinge sal sê oor hierdie boodskappe van Moses, maar ignoreer almal. Jy mag negatiwiteit geen plek in jou denke gee nie. Nou, dierbare een, jy is bekommerd oor wêreldgebeure"
"Ja my Meester, ek het baie bekommernisse en die volk het baie. Spreek asseblief hierdie bekommernisse aan."
"Kind, baie is bekommerd oor die finansiële sy en hoe hulle sal oorleef. Hierdie is sommige van My aanbevelings:
· Verkoop en gaan uit die stede uit vir ten minste `n 100 myl (160 km) ver van enige militêre fasiliteit, kernkragsentrale of militêre bergingsplekke.
· Bou ondergrondse skuilings ten minste ses voet diep, maar verkieslik tien.
· Stoor ten minste een jaar se voedsel en watervoorraad, maar verkieslik twee.
· Stoor mediese voorrade, insluitende antibiotika`s, verkieslik `n swael basis tipe.
· Stoor vitamines, genesende kruie en groen voedsel voorraad, soos gedroogde garsblare;
· Stoor gedroogte voedsel wat in digte water bestande emmers verseël moet word.
· Stoor watersuiweringsprodukte en landbouvoorraad (sade van alle tipes).
· Hou `n draagbare kragopwekker byderhand en `n kortgolfradio met `n groot voorraad batterye.
· Maak `n plan met die verwydering van menslike afval ondergrond.
· Hou julle planne en lokaliteit geheim. Familie sal teen familie draai en vriend teenoor vriend. Lospryse sal op die hoofde van baie Christene geplaas word.
· Bly te alle tye naby My, sodat julle My stem in tye van nood kan hoor.
· Ignoreer die ander wat julle aansê om dit of dat te doen. Die duiwel besit die denke van die meeste mense.
Baie wat in skuld is, sal `n verligting binne die volgende ses maande ervaar. Kind, jy vra of die aandelebeurs binne die volgende ses maande gaan val. Maak die deur voor jou oop. Wat sien jy?"
"My Meester, dit is `n swart deur wat aan die bokant sê: 'Wall Street. Mense hardloop rond, sommige krap hulle koppe en ander is verbyster. Ek sien hope van die ou tipe opneembande oral oor die vloer en masjiene hou aan om nog meer orals uit te spoeg. Bokant die vloer sien ek ligte in rooi wat lees, Aandelebeurs val. My Meester, wat sal met dié gebeur wat in die skuld is?"
"Kind, regoor die wêreld sal groot maatskappye begin val, om hulle deure toe te maak. Baie gemiddelde mense sal alles verloor. Hulle sal nie in staat wees om hulle skulde te betaal nie en dit sal oornag gebeur!"
"Hier kom `n ander visioen. Ek hoor `n harde bonsende geluid. Dit is donker en ek sien hewige golwe wat teen die kuslyn breek. Bote word van hulle ankerplekke losgeruk, hulle bons teen mekaar en bots teen die kuslyn. Die yslike golwe gaan gemaklik oor die dyke op die strande en stroom in die stad se strate af. Ek hoor die woorde: 'Hong Kong."
"Ja Kind, jy hoor, Hong Kong. Jy sien Hong Kong, want `n groot ineenstorting daar sal die res van die wêreld in `n draaiduik plaas."
"Maar my Meester, hoekom sal daar in Hong Kong `n ineenstorting wees?"
"Kommunistiese regering, Kind. Kommunistiese regering. Kyk hoe die ysterhand van kommunisme sy stempel plaas op kapitalisme. Dit is wat gebeur. Maatskappye regoor die wêreld het groot beleggings in Hong Kong, maar nie meer vir lank nie. Die ystervuis sal alles konfiskeer. Hierdie soort ekonomie sal nie in die aangesig van kommunisme kan bestaan nie.
"Maar my Meester, U het gesê dat die Duitsers die skrik sal aanjaag en sal bydra tot die val van die Aandelebeurs in die VSA."
"Die bose Duitsers wat julle geldsisteem in `n valstrik het, sal hierdie klem verstewig wanneer Hong Kong val. Hierdie greep sal julle kragtig afpers en hulle op Wall Street sal rasend word. Hulle sal in `n toestand van skok verkeer en hulle sal die een na die ander toe hardloop en uitroep: 'Wat sal ons doen, wat sal ons doen? Die omvang hiervan sal onverhoeds wees. Julle televisie sal dit uitskree. Julle koerante sal dit uitskree: 'Dit was onverwags, dit was onverwags. Maar Kind, nie vir hulle agter die skerms nie. Hulle wat Lucifer dien, weet vooruit hiervan. Julle is oop teikens voor die Rooi Gety! Julle is die blinde reus!
Luister na My, Kind, dit is aan die kom. Moet nie mors op Kersfees nie. Gee hierdie oorlewingsboodskap aan ander en vertel hulle wat op julle wag! Laat dit `n Kersfeesgeskenk wees. Dit is tyd vir elkeen om wakker te word en verantwoordelikheid te aanvaar vir sy eie lotsbestemming. Hierdie besigheid om meer skuld te maak deur Kersfeesgeskenke te gee wat `n las mag wees, of wat nie waardeer word nie, moet staak. Gee dit wat van My is. Gee dit waarvan Ek jou vertel het, sodat ander kan voorberei.
Kind, weet dat Ek met jou is. Ek sal toesien dat beide van julle uit die skuld kom sodat julle kan voorberei. Dit is My belofte aan jou. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde. Wees geseënd Kind, want jy is een van My uitverkorenes. Jy sal baie wonderwerke sien voordat jou tyd aanbreek."
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 24ste dag van November 1997,
Linda Newkirk.