Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 18
Terug na die Bladsy in Tyd
"Dierbare Kind, ek het jou na die toppunt van My Berg op die vlerke van my Gees gebring as gevolg van jou groot gebede. My Bokamer is oop vir jou, kom in en eet van die Boom van die Lewe sodat jy versterk kan word.""My Meester JaHshua, ek is so dankbaar dat ek weereens op U Berg kan wees en in die teenwoordigheid van hierdie genesende boom. Dit herstel my siel en gee my lewe. Ek sal `n rukkie neem, my Meester, om met hierdie boom te verkeer om myself te voed met sy rare en volmaakte voedsel. Weereens eet ek hierdie nektar en weereens is ek verwonderd oor die uitstraling wat my tot volledigheid toe opvul. Dankie, my wonderlike Meester, dat ek te midde van sulke suiwer genot en skoonheid toegelaat word. My Meester, U is my lewe en ek jubel in U. Lofprysinge aan U kosbare Naam; glorie aan U kosbare Gees. Ek het U met my hele hart lief, my Meester, lei my in alle dinge volgens U suiwer wil."
"Kind, Ek het jou gekies as gevolg van jou liefde vir My en Ek sal jou nie verlaat nie."
"My Meester, gee my krag om die aanvalle van die bose een te beveg. Was dit hy wat my die afskuwelike droom gegee het oor iemand wat my wil doodmaak?"
"Kind, sit in die stoel by hierdie lessenaar in My Bokamer. Die droom was van My, want daar is iemand wat begeer om jou dood te maak; en dit is Lucifer wat in die denke en harte van ander werk. Hy begeer om almal dood te maak wat My liefhet."
"My Meester, in die droom was `n toets vir my gegee. Aanvanklik was dit net ek en `n ander persoon. Die wiskunde was maklik genoeg maar ek het geweet dat ek besig was om die toets te druip."
"Kind jy was getoets met baie probleme, veral finansieel. Jy het dikwels gedink dat jy sal faal, want jy moes nommers verdraai, maar het jy die toets gefaal?"
"My Meester, ek glo dat ek sou gefaal het, maar U het iemand gebring om my te wys hoe om met al die probleme te werk en ek het alles in die droom met hulp voltooi."
"Dit is reg, Kind, jy sal alle finansiële probleme oorkom. Jy sal hulp hê."
"My Meester, die laaste probleem in die toets was `n profesie probleem en ek het dit reggekry."
"Ja kind, met die krag van My gewyde Gees het jy die profesie probleem reggekry."
"Maar my Meester, die profesie is dat iemand begeer om my dood te maak."
"Ja Kind, dit is waar, soos jy vertel was. Lucifer, wat deur die denke van mense werk, begeer om alle profete, alle apartes en almal wat My liefhet, dood te maak. Maar jy het gesien dat hy vir nou gebind is. Hy is in die tronk en soos wat jy in die droom gesien het, kan hy nie meer vir lank aangehou word nie."
"My Meester wat was die hoofrede vir hierdie droom?"
"Daar is twee redes; 1. Om jou te antwoord op jou navraag rakende `n finansiële seëning; 2. Om jou te waarsku vir wat voorlê."
"My Meester, ek verstaan en ek vra U net vir `n oorvloed van U Gees. Antwoord hierdie, my Meester; verduidelik aan my waarom ek vandag so lank moes bid om U Gees te ontvang?"
"Kind, julle word oor en oor beproef en getoets. Sal julle vir lang tye bid totdat julle My Gees sien om julle hierheen te bring? Sal julle op die vloer op julle gesig gaan lê? Sal julle werk om elke entiteit te bind, groot en klein, en om hulle uit te dryf? Sal julle volhard. Dit is die aard van die uitvoering van My werk. Almal moet volhard, aangesien tye moeilik gaan word."
"My Meester, ek verstaan."
"Kind, gaan na die bladsy in tyd, want Ek wil dinge aan jou toon wat moet gebeur."
"My Meester, ek is hier op die bladsy; en ek neem die gansveerpen en plaas `n enkele druppeltjie Lewende Water op die bladsy. Terwyl ek dit doen, skiet daar `n wit lig vanuit die bladsy. Te midde van die wit lig is koddige dansers wat nou begin verskyn. Verseker is hulle die Illuminati."
"Kind, soos julle sê: 'So reg soos reën."
"Die dansers skop nou hulle hakskene op die verhoog omhoog; en by nadere ondersoek sien ek dat hulle so lelik soos die nag is. Hulle lyk soos mans in vroueklere, geklee in balletrokkies. Sommige het baarde en sommige het selfs Arabiese hooftooisels. Wat `n vreemde mengsel! Tussen hulle is Yeltsin, Clinton en koningin Elizabeth; en agter die gordyne kruip die bose Rothschild man weg. Selfs Hussein is in op die aksie, met hardloopskoene aan sy voete, wat soos die aan die tenks lyk.
Oorhoofs sien ek `n papegaai wat die dansers intens dophou. Die naam op die papegaai is Verenigde Nasies. Nou en dan sê die papegaai: Goeie dans, manne, skop hulle hoog. Hussein skop hulle hoog; en Clinton probeer om te dans, maar gly en glip rond omdat die bose R man gedurig piesangskille onder sy skoene ingooi. Die koningin staan op stelte met haar neus in die lug, duidelik bo die ander. Saoedië Arabië en Kuweit dans teenoor mekaar. `n Groot, slymerige, swart, wit en rooi slang seil tussen die dansers se voete deur, maar hulle sien dit nie raak nie. Op die rug van die slang is geskryf: 'Lucifer tot op die been. Die slang krul homself dan om hierdie een se voete, dan om daardie een en byt elkeen op en af langs die bene, maar niemand blyk die slang raak te sien nie en almal hou aan om te dans.
Van die agterkant van die verhoog af kom `n string tromspelers, gevolg deur verskeie fluitblasers. Op die tromme is die woorde: 'Kaïro Egipte, Kaïro Egipte, Kaïro Egipte. Die fluitspelers speel dieselfde deuntjie oor en oor, prettig, prettig, prettig, die lewe is net `n droom. Op die agterente van die fluitspelers staan daar geskrywe: 'Duitsland het julle vir `n gek gevang.
Die bose R man luier in die agtergrond en omhels `n swart kis. Hy maak die swart kis oop wat genoem word: 'My Donker Geheime, en die groen gees van boosheid spring daaruit. Meester, sal ek u dien? Ja, sê die R man vir die bose gees. Kry vir my `n sakdoek. Ek sal my agterstewe moet afvee. En `n kis verskyn voor die bose R man wat die sakdoek neem en sy agterstewe afvee wat vol stinkende ontlasting is. Daarna gooi hy die ontlastinggelaaide sakdoek voor Clinton neer.
Buk af daar, sonny boy, ruik `n bietjie, grynslag hy vir Clinton. Daarna val Clinton op `n piesangskil, genoem: 'hinderlaag en vryf sy neus in die stinkende sakdoek wat genoem word sabotasie. Ek het jou, grom die R man. Clinton probeer om regop te staan, maar die vloer was so glad van al die piesangskille, dat hy nie kon nie. Die stinkende sakdoek sit aan die punt van sy neus vas, maar hy kan dit nie verwyder nie, omdat sy hande so klewerig is met die slym van die piesangskille. Hoe harder hy probeer om die stinkende sakdoek van sy neus af te kry, hoe meer sit dit vas en hoe meer smeer dit. Hy probeer om op te staan, maar hoe meer hy probeer, hoe meer onmoontlik word dit. Hy gaan voort om te gly en te glip op die piesangskille en hy is op die vloer en kan nie meer regop nie! Maar die verspotte dansers gaan egter voort om te dans. Hulle skop hulle hakskene hoog en blyk nie veel aandag te gee aan Bill Clinton wat nie meer in staat is om te dans nie. Hmmmm, sê die koningin, dit is sy verdiende loon. Hy moes sy hande vir homself gehou het.
Die bose R man neem `n gryphaak en sleep vir Clinton van die dansvloer af. Teen hierdie tyd het Clinton se broek tot op sy enkels. Afgeval. Hy het piesangskille oor sy knieë, voete en elmboë; en die ontlastingbesmeerde sakdoek sit nog steeds aan sy neus vas. Clinton sien die bose, groen monster opdoem uit die swart kis en sê: 'O, alweer jy. Ek moes geweet het jy sit hieragter. Die bose gees kyk na Clinton en sê uiter: 'Dis reg, sonny boy, en ek is hier om te bly.
Die bose R man neem sy groot, swart skoen, met sole soos `n tenk en hy skop Clinton totdat hy bewusteloos is. Bring die opruimafdeling in ('mop Squad'), beveel hy! En die opruimafdeling kom binne met `n dweil (Mop), `n besem en `n groot stofpan. Hulle vee vir Clinton en die gemors saam met hom op en hulle gooi hom in `n stortwa. Op die wa is geskryf: Iran is die oorwinnaar. En die stortwa snel weg met Clinton binne-in die wa.
Die wa stop by `n plek wat genoem word: 'Switserse Bank Skandaal, en stort vir Clinton in die straat neer. Clinton probeer om die oorblyfsel van die sakdoek van sy neus af te trek, maar hy kry nie al die ontlasting af nie. Vinnig probeer hy homself skoonkry om homself meer fatsoenlik te maak vir `n groot vergadering in die bank, maar die piesangskille sit so stewig vas en die stinkende ontlasting wil eenvoudig nie weggaan nie. Hy lyk deurmekaar, maar neem `n sitplek in `n groot vergadersaal in. `n Groot man, geklee in swart, kom binne en bied vir Clinton `n koekie op `n skinkbord aan. Die skinkbord is hoog met koekies opgestapel en op elkeen is geskryf: 'Neem nou jou deel. Clinton reik dus uit en stop sy sakke voor en agter vol met die koekies en senuweeagtig wag hy vir die ander om te kom.
Maar niemand kom nie, behalwe `n trop laggende hiëna`s; en op hul rûe staan geskrywe, Nou is jy jammer. Die honde lag en lag en lag; en wanneer hulle omdraai om weg te gaan, is daar op hul agterente geskrywe, Internasionale Monetêre Fonds.
`n Hoer, genaamd Gibraltar kom in en besnuffel vir Clinton. Sy het gebleikte hare en oorvloedige borste; en Clinton steek sy stinkende neus tussen die hoer se borste in en sê: Ek plaas `n weddenskap op Spanje. Die hoer sit op Clinton se skoot en hoereer met hom en hulle drink sjampanje. Op die bodem van die sjampanjeglas is `n nota wat lees: Jy het die trekpas gekry, vuilgoed, Clinton staan op en sien dat die hoer dood is; en `n swart lykswa kom en karwy haar weg.
Hoe het dit gebeur, vra Clinton. Ek is geen monster nie. Dan verskyn die laggende hiëna`s weer terwyl Clinton agter die lykswa staan en sy kop krap. Ons sal jou deel neem, ons sal jou deel neem, lag die hiëna`s en flikflooi. Clinton is verward en hy gaan en sit op `n randsteen, maar hy besef nie dat daar `n rioolafvoer onder sy voete in die pad is nie, of dat die rioolafvoer na `n reeks ondergrondse tonnels ly nie. Dit is riooltonnels en vinnig bereik die stank Clinton se neus. Dowwe woorde is op die stank geskryf soos wat die golwe opwaarts dryf. Dit is alweer Rusland. Die stank is vol toksiese chemikalieë wat veroorsaak dat Clinton in `n beswyming gaan en hy gaan lê op die sypaadjie en raak aan die slaap.
Onder die sypaadjie, in die donker tonnels is daar lang rye soldate wat in swart geklee is. Hulle fluister: Hy is aan die slaap. Hy is aan die slaap. Vang hom nou. En terwyl Clinton slaap, dek die duikbote die dieptes van die donker waters om die VSA en die soldate beplan hulle strategieë. Die man in die hoë toring bokant Rusland skree: Die tyd het aangebreek. Die tyd het aangebreek. En die duikbote lyn hulleself in die donker waters op en vuur op hulle beplande teikens. Die datum wat uit die Bladsy van Tyd tevoorskyn kom, is 12 Desember 1998. Hulle planne is om die groot stede en militêre installasies aan te val. Hulle sê: 'Ons sal die hoer in een dag verwoes. Die Russe was egter nie alleen nie. Die leier van die orkes is die bose R man. Hoe soet die klank, kraai hy! `n Simfonie in perfekte harmonie. My siel is gebaai in oorwinning, die beslissende oorwinning!'
Maar dit is slegs die begin van die dekmantel volgens die Duitse manier; die bose R man sal baie vanuit die skaduwees oorwin. Op die Bladsy van Tyd sien ek dat Kanada in 1999 ingeval word. Australia word in die herfs van 2001 deur hordes Sjinese en Arabiere ingeval.
"My Meester, ek wonder oor die val van die Aandelebeurs en die probleme in die Ooste. Sal Japan betrokke wees?"
"Kind, daar sal natuurlike rampspoed in die Verre Ooste wees wat verskeie lande gaan affekteer. `n Vulkaan gaan in Japan ontplof en hulle sal aardbewings en getygolwe hê. Rampspoed in Japan gaan veroorsaak dat hulle geld uit die VSA sal onttrek; en hulle sal begin om skuld in te vorder."
"My Meester, my gedagtes is vol vrae."
"Kind, dit is bekend, maar ons sal op `n ander tyd voortgaan. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 6de dag van Desember 1997,
Linda Newkirk.