Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 20
Nog `n kykie na die Bladsy van Tyd
"Dierbare kind, jy ry op die vlerke van My Gees na die Bokamer van My Berg. Kom in, kind en eet van die Boom sodat jy vernuwe kan word.""My Meester JaHshua, nederig bedank ek U omdat U my toelaat om van hierdie boom se vrugte te eet. Daar is so `n oorvloedige glansrykheid hier, vergeleke met die Aarde daaronder. Die boom gons met lewe en ek eet gretiglik van die vrug se vlesige vesel, met die heerlike smaak van kaneel, vanilla, piesang en appelkoos. Hierdie soetigheid baai my siel met `n wit vuur wat soos glansende diamante in my mond verskyn en ontplof. Hierdie straling vernuwe my en gee my vrede in my gemoed, siel, liggaam en emosies, `n ondervinding so groots dat dit onmoontlik is om te beskryf."
"Kind, jou opregte hart is bekend en word erken."
"My Meester, my aandag is gevestig op my liggaam wat in die huis daaronder rus. Ek is op hierdie tydstip bewus daarvan dat `n bose entiteit ons huis binnegegaan het en naby my liggaam staan. Ek het `n oomblik geneem om van die Berg af te daal, om die entiteit te bind en om dit uit te werp, tesame met sy duistere bagasie. Versterk U skerm van beskerming rondom my, ons huis en die eiendom rondom ons woonplek. My Meester, wat het hierdie ding in ons huis ingebring?"
"Kind, dit was aan jou gestuur."
"Deur wie?"
"Deur iemand naby aan jou."
"Waarom?"
"Kind, hy is verlore en die duiwel het hom aan die kort hare beet en gebruik hom om toegang tot jou te kry. Jy het hierdie persoon lief alhoewel hy verlore is."
"My Meester, ek weet wie dit is en ek het hom selfs meer lief omdat hy verlore is."
"Hy is `n kind van God, verlore in boosheid soos so baie. Hy beter `n greep op sy eie lewe kry, want binnekort gaan hy `n prys betaal."
"My Meester, help hom asseblief. Besny sy hart en spreek tot sy verstand. Help hom om die liefde vir die bose te versaak en om aan U vas te hou, my Dierbare Meester. Ek is so bekommerd oor sy siel."
"Jou gebede word gehoor en sal aan hom die saligheid bring wanneer hy dit die minste gaan verwag. Nou kind, jy is terug in My Innerlike Gewyde Plek; gaan na die Bladsy van Tyd."
"Ek sit voor die Bladsy van Tyd en ek neem die veerpen en plaas `n enkele druppel Lewende Water op die Bladsy. Dit plof, kraak en spu `n rooi en geel vuur uit. Vanuit die midde van die vuur kom `n rooi duiwel met `n gepunte stert uit. Hy huiwer `n oomblik en duik dan kop eerste in die vuur in, waar hy verander in tollende, konsentriese ringe van rooi en geel lig. Skielik verdwyn die duiwel en die tollende ringe van lig; en `n swart deur, gebou in `n swart muur, word die fokuspunt."
"Neem jou sleutels en gaan deur die swart deur. Jy het die vuur van My Gees en vier krygsengele."
"My Meester, `n groot sleutel skyn bokant die res en ek plaas dit in die groot, donker slot. Wanneer die deur oopswaai, sien ek die huidige Pous, Pous Johannes Paulus II. Hy dra `n wit kleed met `n klein, wit mus; en om sy nek is baie goue kettings. Die Pous sit in `n hokkie agter `n dik glasplaat wat my herinner aan die glashokkies van die kaartjieverkopers by die bioskoopteaters. Onderaan die glas, aan die agterkant van die Pous se lessenaar, is `n ronde opening in die glas uitgesny wat dit moontlik maak vir andere om hulle hande deur die glas te steek."
Die Pous het `n rol kaartjies in sy hande. Hy wen hulle af, een vir een en skeur hulle indiwidueel af. Daarna skeur hy elke kaartjie in twee en hy pons die een helfte wat hy in `n groot groen vullisblik sit. Hy sit die ander helfte in sy lessenaar se laai.
`n Baie interessante ding gebeur in die vullisblik. Onder aan die basis aan die wegkant van die Pous is `n klein deurtjie; en muise, geklee soos tekenprent karakters, gaan gedurig daardeur en vul klein waentjies met die geponste kaartjies. Haastig, trek hulle die klein gelaaide waens na wagtende houer vragwaens. Elke, klein karretjie is hooggepak met hope van die geponste kaartjies en word met sellofaan bedek wat dan styf gespan word om die kaartjies in plek te hou."
Die Pous, wat baie besig is om te pons en te skeur, blyk nie op te merk dat die kaartjies uit die vullishouer uit verdwyn nie. Van tyd tot tyd kom een, `n seerower, uit die kelder op om `n vrag kaartjies te kry, of om `n vrag op te bring. Met sy seerowersklere, omhang met baie goue kettings, met min tande, en belaai met swart vuilheid, kom die seerower herhaaldelik met die trappe op, kug sy keel skoon en spoeg iets by die venster uit wat langs die trap geleë is.
Die seerower karwei die kaartjies na die kelder toe, waar hulle groot ronde kartonhouers tot oorlopens toe vul. Die kaartjies word geprosesseer en met `n lang vervoerband na hulle bestemmings gestuur. Werkers loop langs die donker vervoerband, terwyl hulle help om die kaartjies op te hoop en hulle korrek te versend. Nou en dan sal `n werker, wat langs die vervoerband loop, `n ghrieskol aantref. Wanneer dit gebeur, word die ongelukkige siel die lengte van die vervoerband vervoer en afgewerp. Sonder uitsondering stamp elke persoon sy of haar kop teen `n rots by die fondasie van die vervoerband en word sodoende bewusteloos geslaan.
As `n getuienis van hierdie tragedies, lê daar talle dooie en verrottende liggame aan die eindpunt van die vervoerband. Versaak en vergete, is hulle net stinkende en verrotte sakke met bene. Wanneer `n siel so aan sy einde kom, is daar geen weg uit nie, maar sake word maar net bedryf soos gewoonlik. Eienaardig genoeg, lyk dit of die arme verlore en dooie siele grotendeels uit vroue bestaan.
Buitekant arriveer groot swart wipbakvragmotors gereeld, volgelaai met vars rolle kaartjies. Die kaartjies word per graaf in die groot ronde kartonhouers gegooi wat dan in die kelder ingerol word om gestoor te word. Die Pous hou homself dag vir dag besig met die prosessering van die kaartjies; en die seerower en die muise doen wat hulle nog altyd gedoen het. My Meester, vertel my meer?"
"Kind, gaan binne-in die Pous se mond in."
"My Meester, ek kan hier binne-in verdwaal. Dit lyk soos `n groot, swart, uitgeholde grot. Eenvoudige houttrappe gaan aan die linkerkant op en reg rondom die dak van sy mond is `n reling. Ek kry `n sterk brandreuk wat uit die agterkant van die Pous se mond uitkom. My Meester, ek sien papiere daar agter wat brand, smeulend, rokend en dit gee sulke opflikkerende vlammetjies hier en daar. Ek moet hier uitkom, want die reuk slaan my asem weg."
"Kind, reik daar na agter en neem die papier wat by die vuur uitsteek."
"Ek het dit, My Meester. Dit is `n bietjie aan die kante verskroei, maar dwarsoor die bladsy is verskeie duidelike rooi merke. Binne-in hierdie rooi merke is daar woorde in wit wat lui: Daar is `n geknoeiery aan die gang tussen die Pous, Sjina, Kuba, Rusland, Engeland en meer. Goed My Meester, ek het hierdie gelees en ek is buite die Pous se rokende mond. Verduidelik dit asseblief."
"Kind, gaan na die wipbakvragmotor toe en lees wat op die vragmotor geskryf staan."
"Op die deur van die vragmotor, is `n wit teken met rooi skrif wat lui: 'Kruschev is dood, maar sy gees leef voort'."
"Kind, tel een van die kaartjies op die bak van die vragmotor op. Kyk daarna en sien die algemene draad wat daarop is en op al die kaartjies."
"Ek het een van die kaartjies en sien `n draad daarop. Die draad is op al die kaartjies en dit is wyd en goud, met `n groen strepie onderaan."
"Kind wat is hierdie samebindende draad?"
"Dit is goud verweef met die geldeenheid van Die VSA."
"Dit is waar en nog meer."
"Wat bedoel U?"
"Dit is goud, VSA-groen en die geslypte steen."
"Ek het iets gemis."
"Kind, wat is om die Pous se nek?"
"Ek sien `n groot klip."
"Dan is die rots ook `n deel van die algemene draad."
"My Meester, wat is die rots?"
"Die Rots van Gibraltar."
"Van Gibraltar?"
"Ja kind."
"U bedoel, die Gibraltar sameswering wat Clinton betrek, betrek ook die Pous?"
"Ja inderdaad kind, en die Switserse Banke."
"Vertel my meer."
"Gaan terug na die kaartjies en kyk wat doen die Pous met die klein ronde areas wat hy uitgepons het."
"Hy hou dit, want op elkeen is geskrywe, 'Myne'."
"Kind, dit is so."
"Nou, kyk na die voorkant van elke kaartjie."
"My Meester, op elke kaartjie is `n klein, gewelfde seksie van die goue en rooi konsentriese kringe waar die duiwel aan die begin van hierdie visioen ingespring het. Hierdie gewelfde seksie is gemaak om te lyk soos `n goue en rooi reënboog."
"Kind, onthou die duiwel en die konsentriese kringe op Die Bladsy?"
"Ja My Meester; en ek het die duiwel in hierdie kringe sien inspring."
"Wat is die duiwel dus besig om te doen met hierdie gewelfde seksie van die kring?"
"Hy prosesseer hierdie deel van sy bose domein deur die Pous."
"Presies. Die Pous doen sy deel; hy speel sy rol in die duiwel se werk en moet dit nooit vergeet nie. Hy is versier in wit vir sy skynvoorkoms en hy is met goud gedrapeer, besig om die duiwel se werk uit te voer."
"My Meester, wie is hulle wat gegly en op die vervoerbande gesterf het?"
"Kind, dit is hulle wat gefaal het om die Pous se bose werk te doen. Die onvermydelike vir almal wat faal om sy werk te doen, is die dood. Daar is geen weg hieruit nie."
"En die seerower?"
"Kind, seerowers steel van andere. Die Pous word gevoed deur dit wat van andere gesteel is; en hy doen net wat hy wil met dit wat hy van die goedhartiges neem."
"Vertel my van die muise en die klein trein."
"Kind, wie is die muise?"
"Ek weet nie."
"Is daar `n deur in die vullishouer gesny sodat hulle kaartjies gevoer kan word?"
"Daar is `n deur."
"Wel, hy weet. Die Pous weet dat hulle gevoed word."
"Maar, wie is hulle?"
"Kind, kyk op hulle klein ruggies en lees."
"Dit lees, Ware Diensknegte van God. My Meester, dit is baie hartseer. Hierdie dierbare siele word krummels gevoer. Dit herinner my aan die storie van Aspoestertjie en die goddelose stiefma. My Meester, wat van die groot hope kaartjies wat deur die vragmotors ingebring word."
"Kind, lees agterop elke kaartjie."
"My Meester, op die agterkant van elke kaartjie is die woorde: Ek is lief vir geld'."
"Kind, die Pous is nie dit wat hy voorgee nie en almal sal dit binnekort uitvind. Hy is swart tot op die been, nogtans hoop hy om uiterlik iets suiwer uit te straal. Hy werk hard vir die duister magte deurdat hy hulle werk prosesseer. Hulle liefde vir geld voed sy eie liefde daarvoor. Die duister magte floreer op goud en die Verenigde State betaalmiddel voed hulle almal. Die seerower bring kaartjies na die Pous toe, dit wat van baie goeie mense geroof is. Die Pous behou die helfte van dit wat hy kry vir die Pous se kantoor en hy neem selfs daarvan vir homself. Hy sit die helfte terug in die vullishouer, waar `n klein bietjie na die verarmdes teruggaan, - hulle wat My liefhet. Die Pous leef hoog. Kry jy die voorstelling van hierdie bose masjien en van hulle waarmee hy saamsweer?"
"Ja My Meester, ek weet hiervan."
"Ja kind, jy het hiervan geweet, maar iets gaan binne die volgende ses maande gebeur wat jou aan hierdie einste gesprek sal herinner."
"U bedoel. Iets negatief oor die Pous?"
"Ja die Pous. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, Allerhoogste God van die Aarde."
Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 10 de dag van Desember 1997, Linda Newkirk.
Nota: En iets het met die Pous gebeur binne hierdie ses maande tydperk. Ek skakel die nuus een dag in die lente van 1998 aan om die Pous in Kuba te sien waar hy hoofopskrifte haal waar hy openlik `n vriendskapsband met Castro smee. Fidel Castro het selfs die verklaring gemaak dat kommunisme en godsdiens goed met mekaar kan klaarkom.
Hallo! Word wakker! Is dit dieselfde Castro wat `n geskiedenis het dat hy diegene vervolg wat God liefhet? Is hierdie dieselfde een wat homself `n god onder die mense gemaak het? Ja, inderdaad, kommunisme en godsdiens kan goed klaarkom, solank elkeen Lucifer dien.
Enigeen wat hierdie vertoning tussen Castro en die Pous gesien het en dit nie opgetel het nie, is vas aan die slaap. Mense, die Pous is nie wat julle dink nie en binnekort sal hierdie bose netwerk van die Vatikaan ineenstort op hulle wat van die duisternis hou. Wee aan diegene wat vertrou op duister instellings vir hulle verbindings met God! Julle sal in die komende duisternis verlore raak wanneer wêreldwye kommunisme veg om God se Lig te verban.
Gaan in jou gebedskamer in en bou aan jou eie verbinding met JaHshua en ons Dierbare Vader. Moet nie vasgevang word in godsdienstige absurditeite wat aflei nie. Die tempel van God is binne-in jou. Gaan daarheen vir geestelike krag!