Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 22

Clinton se ondergang, die Waarheid oor die moord op Prinses Diana en meer


"Dierbare kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Sien dat Ek jou op die vleuels van My Gees na die hoogtes van My Berg gebring het, maar eers nadat jy met innige en opregte gebed gekom het. Kind, jy het jouself gedissiplineer en jou gebede is geëer. Kom in My Bokamer in en eet van Die Boom soveel as wat jy wil."

"My Meester, hoe dankbaar is ek nie! Hierdie singende boom elektrifiseer my siel. Weereens pluk ek van hierdie sappige vrugte en hongerig verslind ek hul geurige goedheid. Een na die ander vul ek myself met die soet nektar van volmaaktheid en my siel skreeu van vreugde. Ek is opgevang in U glorie, My Meester en ek baai in die teenwoordigheid van U Dierbare Gees.`n Groot vorm, soos die van `n diamant vorm in my mond van die nektar van hierdie vrug en ontplof binne-in my soos `n vulkaniese uitbarsting van wit lig. Met elke stukkie wat ek eet, sien ek `n baksteen wat op `n muur gaan."

"Ja kind, met elke stukkie wat jy eet, bou jy groter geestelike krag wat bestendig is. Hierdie vrugte is nie sonder rede die Boom van die Lewe genoem nie. Dit voeg geestelike krag vir jou by en vergroot jou geestelike krag wat jy so dringend nodig het in hierdie dag, menigvuldige kere. Jou werk dreineer jou sielkundig, emosioneel en fisies, maar Ek gee jou krag en Ek gee jou vreugde."

"Ja inderdaad, My Meester, ek is vervul met vreugde stralende blydskap!"

"Dit is hoe dit moet wees. Nou kind, laat ons voortgaan met `n verduideliking van die visioen van 11 Desember 1997."

"Ja My Meester, ek het vrae."

"Sit by die lessenaar, kind en ons sal voortgaan."

"My Meester, wat is die rooi flikkerende ligte in Korea?"

"Kind, sien jy die woord, ‘gevaar’ op die ligte geskryf."

"Ja My Meester, maar vertel my meer omtrent die geel lig rondom die kante."

"Kind, sien jy die woorde, ‘skeer net gek’, op die geel lig geskryf."

"Vertel my omtrent die duisternis wat oorneem."

"Kyk na die woorde, ‘ernstige skuld’ op die duisternis geskryf."

"Ek verstaan dit nie."

"Nee, maar jy sal, want alles is nie soos wat dit in Noord-Korea voorkom nie. Onthou kind, dat diegene wat die wêreld bestuur, baie situasies skep wat soos gevaar lyk, maar nie is nie."

"Maar, dit lees ‘groot skuld'."

"O, daar is groot skuld, maar dit wat die gevaar aanblaas is die ware gevaar, nie die skuld nie."

"En dit is?"

"Julle Nuwe Wêreld Orde wat daarop uit is om die finansiële markte een vir een uit te haal totdat net een oorbly, die van die Nuwe Wêreld Orde. Kind, hierdie konkelaars besit genoeg oor die wêreld dat hulle enige mark kan laat tuimel deur dit net eenvoudig te manipuleer. Die paaie word geplavei vir julle eie ineenstorting. Kind, jy het gevra of hierdie sal plaasvind binne die volgende ses maande of so, Ek sê: ‘Kyk vir `n val wat binne ses maande sal begin. Dit sal `n gemanipuleerde opset wees wat `n kettingreaksie sal veroorsaak; en dit sal in die pers ontplof. Hulle beskou julle as varke wat gekontroleer en ter slagting gelei moet word. Sien jy dit?’

"Ja My Meester. Maar waarom gaan VSA-geld in Noord-Korea in?"

"Om julle eie belange te bevorder. Waarvoor anders? Julle besighede is besorg oor buitelandse arbeid en uitvoere. Begryp jy? Hulle aan die stuur grinnik, lag en klink glase met mekaar, omdat alles volgens plan verloop. Hierdie is net die begin van hulle bose komplotte."

"Kyk hoedat die swart weer na rooi verander?"

"Ja inderdaad. Dit is rooi wat die Noord Koreaanse ekonomie deur en deur vasgryp."

"Vertel my omtrent die simboliek van die ruiker."

"Dit is groen en wit. Dit is VSA geld."

"Wat van die magasyn met die patroon wat weg is?"

"Kind, wat is op die magasyn geskryf?"

"Dit lees, ‘kommunisme môre’."

"Kind wat is op die patroon wat weg is?"

"Ek sien dit in Clinton se sak en daarop is die woorde, ‘Ek spioeneer op jou.’ Maar waarom plaas die Koreaanse leier hierdie magasyn in sy sak?"

"Hy is mislei."

"Vertel my meer."

"Kind, wat lyk soos verlossing, is `n uitnodiging om te oorwin. Jy sal dit sien."

"Hoe so?"

"Is Clinton vooruitstrewend?"

"My Meester, hy is so manipulerend soos wat kan kom."

"Dit is so en wat goed lyk is eintlik selfmoord in wording."

"Wat van die vergadering oor die Geneefse Banksisteem."

"Praat Clinton van die gate in die sisteem?"

"Ja My Meester. Het die vergadering die herstel van die gate ten doel?"

"Nie op hierdie tydstip nie, kind. Daar sal selfs meer gate wees voordat alles afgehandel is."

"Vertel my omtrent Clinton se ondergang."

"Val hy omdat sy voete in goud geketting is?"

"Ja My Meester. En die goud is?"

"Kind, kyk op die slot en lees."

"My Meester, die slot lees, ‘Tik-tak, Tik-tak. `n Ontploffing kom.’ Beteken dit dat daar `n ontploffing oor Clinton se goud sal wees?"

"Dit gaan jy nog sien."

"Wie gaan dit veroorsaak?"

"Jy bedoel, ‘wat’."

"Dus wat?"

"Kind, die Rots van Gibraltar. Gee dit nie vir hom `n ganseier op die kop en `n aantasting van die regteroog nie?"

"Ja My Meester, maar ek verstaan dit nie."

"Kind, die gans het die eier op sy kop gelê."

"En wie is die gans?"

"Die een wat die goue eier op sy kop gelê het is die koningin van Engeland."

"Vertel my meer van die Rots."

"Kind, dit is die albatros om sy nek wat deur jou gesien word as die Rots van Gibraltar, waaroor hy sal struikel en val."

"Is daar meer oor hierdie rots as wat die oog sien?"

"Kyk, kind: "Koverte, Geheime Wapen Transaksie."

"Ek sien dit, My Meester, maar waarom wink hy?"

"Kind, kyk hoe hy wink en wink en wink met sy regteroog..."

"Ja My Meester, ek weet dit, maar waarom?"

"Kind wat stel die regteroog voor?"

"Ek weet nie."

"Dit stel belasting ontwyking voor."

"Hy wink dus vir belasting ontwyking."

"Elke keer wat sy regteroog knik."

"Waarom die regteroog?"

"Is die regteroog nie die regte weg nie, die beproefde en ware weg nie?"

"My Meester, ek weet nie, maar as U sê dat dit so is, glo ek dit."

"Dit is so."

"My Meester, hy wink dus vir die regte weg omdat hy nie op daardie weg gaan nie."

"Kind, hy is daarop uit om almal te mislei, maar hy sal nie almal mislei nie. Want hy het vyande in hoë plekke wat begeer om sy ondergang te sien. Het jy dit nog nie uitgewerk nie?’

"Ja My Meester, ek het dit gesien en hy moes dit ook uitgewerk het want hy is om elke hoek vervolg."

"Ja kind, maar hierdie Switserse Bank Transaksie sal die deur oopmaak vir die wolwe en die jakkalse."

"Wie is die wolwe?"

"Die Russe."

"En die jakkalse?"

"Die Duitsers."

"Vertel my meer, My Meester?"

"Kind, sy onderduimsheid en sluheid is deeglik deur die wolwe en die jakkalse gesien en hulle sal sy ondergang bewerkstellig."

"En die koningin het deel hierin?"

"Vanaf die begin."

"Nogtans wil sy anders voorkom?"

"Kind, vir `n ruk sal haar rol nie bekend wees nie. Nogtans is sy deur en deur boos; en almal sal dit binnekort uitvind."

"My Meester, is Prinses Diana vermoor?"

"Kind, sy is vermoor, net so seker as wat die Pous vir Lucifer aanbid."

"Wie het dit georkestreer?"

"Wie se naam het ons so pas genoem in verwysing na Engeland?"

"Die koningin? Maar My Meester, die lyfwag was dan dronk."

"Nie, so dronk as wat julle gelei is om te glo nie. Diegene in hoë plekke het dit laat plaasvind. Diegene in hoë plekke wat in `n geheime verstandhouding saamwerk, het dit laat gebeur en die volle waarheid sal nooit bekend word nie. Onthou kind, diegene met genoeg geld kan enige resultaat kry wat hulle wil hê. Jy het genoeg ondervinding met laboratoriums om te weet hoe hulle kan lieg. Verstaan dat sy vermoor is as gevolg van die vyandskap tussen die koningin en Dodi se pa. Dit was beplan en goed uitgevoer op `n geheime bevel van die koningin. Die wit kar wat die oorsaak was, is in `n skrootwerf, opgesny in stukke op `n hoop, reg om gesmelt te word. As jy aan Diana se dood dink, kyk nie verder as die koningin nie. Diana was voorwaar geseën om solank te oorleef as wat sy gedoen het."

"My Meester, terug na die visioen van die 11de: Waarom het die "Naval Reserve" vir Clinton aan die anderkant van sy kop geslaan?"

"Kind, ons het gepraat van die ganseier aan die regterkant..."

"Ja My Meester."

"En, die "Naval Reserve" gee hom `n hou aan die linkerkant. Is dit oor geld?"

"Inderdaad is dit."

"Waarom het Clinton dan gevra wat dit was?"

"Wink Clinton altyd?"

"Ja My Meester."

"Kind, dan weet hy mos."

"Maar waarom het sy assistent vir hom (Clinton) gelieg?"

"Kind, Clinton begeer dat daar vir hom gelieg word. Hy bevorder andere om vir hom te lieg. Hy sien net dit wat hy wil en glo ook net dit wat hy wil. Verstaan?"

"Ja My Meester, maar vertel my van die Saoedië byt."

"Hap dit hom in die agterstewe soos `n klein katjie?"

"Ja My Meester."

"Dit sal so gebeur."

"Op welke manier?"

"Deur olie inkomstes."

"Wat van die olie inkomstes?"

"Hy sal bedrieg word, kind. Nogtans sal hy dit nie sien nie, omdat hy begeer het om dit nie te sien nie. Verstaan?"

"Ja my Meester. Vertel my meer van die aapstreke."

"Kind, wie is die aap?"

"Saddam Hussein."

"Dan vind die aapstreke plaas met Hussein. Sien jy hoedat Clinton se aandag hierdeur afgetrek word?"

"Ja My Meester, die aap lei sy aandag af. Is dit regtig so."

"O, hy word werklik deur die aap verwar, omdat dit sy begeerte is om verwar te word."

"En, hier kom die Kongres aan en skop vir Clinton in die maag."

"Definitief."

"Wat beteken die gedeeltes, ‘Siek van Jou’, en ‘Cul de Sac’."

"Kind, julle Kongres sal elke reg beskikbaar hê om ondersoek te doen na beskuldigings teen Clinton. Want hy is `n leuenaar op elke front en `n bedrieër. Die Jones-regsaak sal nie help nie en sy ander immorele transaksies sal net meer brandstof wees om hom verder te laat verbrand."

"Clinton sal dus in `n toestand van verwarring wees en Rusland sal uit op die roof wees. Nogtans sal Clinton aan die slaap wees en hy sal glo dat die Russe sy vriende is. Hy kyk na die engel van die dood en het geen benul nie."

"Kind, hierdie engel van die dood sal baie miljoene van julle kom besoek, nogtans sal Clinton aan die slaap wees."

"Wie is die Sinterklaas wat die piekel agterlaat?"

"Die Sinterklaas word genoem, ‘alles in jou kop’, en die piekel word genoem, ‘taai tye vorentoe'.

"En die beelde in die piekel?"

"`n Film van sy lewe wat voor sy gesig sal afspeel. Want hy sal die boosheid wat hy gedurende sy hele volwasse lewe gekondoneer het insien; en hy sal nie instaat wees om dit te eet nie. Julle sal in julle Kersseisoen aangeval word soos vertel. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, Allerhoogste God van die Aarde."


Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 14 de dag van Desember 1997,
Linda Newkirk.

 

Terwyl ek hierdie profesieë in Augustus 1998 tik wat aan my baie maande gelede gegee was, was ek verstom oor die aantal dinge wat alreeds gebeur het. As gevolg van die droom waarin die Groot Geneesheer my toegelaat het om drie bladsye van sy dagboek te lees, het ek die moeilikste tyd gehad om terug te gaan na Boek 3 en om dit te tik. Hierdie was drie groot blaaie en wanneer ek die laaste een klaar gelees het, het groot duisternis om my toegesak. JaHshua, die Groot Geneesheer het gesê: 'Jy sal dink dat Ek jou verlaat het, maar dit sal net vir `n klein tydjie wees.’ In my hart ter harte, het ek gevrees om hierdie boek voltooi te sien, as gevolg van die duisternis wat daarna sou kom, maar ek het geweet dat dit gedoen moet word. Terwyl ek so voorttik, is ek verbaas oor die baie dinge wat besig is om te ontvou, of wat reeds gebeur het. In die profesieë wat tot datum gegee is, sal u hierdie dinge lees wat reeds gebeur het en moontlik andere waarvan ek nie bewus is nie;

Die Noord Koreaanse mark het geval en as ek reg onthou was daar `n finansiële reddingsgordel. Op die Televisie, ek dink dit was 60 Minute, is gewys dat dit so sleg was dat niemand hulle voertuie kon ry nie, omdat hulle nie die brandstof kon bekostig nie.

Die VSA Aandelemark het in Junie 800 punte geval, maar `n profesie wat in Boek 2 gegee was, toon dat dit in Oktober onder 2000 sal wees. Kyk uit, mense! Die VSA gaan in chaos wees en baie mense gaan hongersnood in die gesig staar!

Net gister bring `n vriend vir my `n uitgawe van die 'World News' en dit praat van `n groot ineenstorting wat vir die Aandelemark in Oktober van 1998 voorspel word. Ook meld dit in hierdie artikel van die banke wat in Switserland ineengestort het en dat die mense in in die strate in opstand is. Het ons dit gemis op die sesuur nuus? Soos voorheen gewaarsku, skaf vir julle `n kortgolfradio aan om die waarheid op die aandnuus te hoor.

 

 

Hussein het met sy aapstreke voortgegaan, in weerwil van die Verenigde Nasies en Clinton. Hy gaar wapens van massa vernietiging en biologiese en chemiese wapens op in groot ondergrondse fasiliteite. (Hierdie is in vorige profesieë getoon); Maar dit sal nooit gevind word nie, omdat Duitsland agter die skerms met Rusland en Sjina in samewerking is. Hussein weet dat die Verenigde Nasies se oorhoofse oogmerke net `n bose grap is!

Selfs nou al praat die koerante van die ondersoek na Clinton. Hy sal nie voor die oorlog verwyder word nie, maar hierdie praatjies sal die geloof van mense ernstig knou rakende Clinton se vermoë om te regeer. Die Aandelemark, wat op die oomblik goed daar uitsien, sal `n byna fatale ineenstorting beleef.

Ek het nooit besef, tot sowat drie of vier maande gelede, dat daar `n sterk bank in Gibraltar is nie. Ek het op die televisie inligting daaroor gesien, naamlik dat dit skielik vanuit onbekendheid groot geword het. Ek glo ook dat ek dit op die 60 minute kanaal gesien het. Dit blyk dat hierdie bank een van die magtigstes in die wêreld is. Geen twyfel daaroor dat dit een van die banke is waar die magtiges hulle geld in wegsteek nie. U sal meer van hierdie bank hoor! Hy gaan ook ly wanneer die Een Wêrelders die geld gaan manipuleer.

Ons het die sewe jaar periode van beproewing ingegaan. Dit maak nie saak of u dit glo of nie. Ons is daarin. Ook maak dit nie saak of u dink dat u weggeraap gaan word en dat u nie deur hierdie beproewings hoef te gaan nie. Die waarheid is dat solank u leef, sal u hierdie rampspoed nie vryspring nie, naamlik dit wat oor ons sal kom vanweë die bose persone wat hierdie tafereel bedryf. My advies aan u is om u koppe uit die sand uit te haal en om God te soek met u hele hart. Kyk na God en God sal voorsien. Daar gaan nie `n vroeë wegraping plaasvind nie. JaHshua het gely en `n wrede dood gesterf. Sy uitverkore apostels en profete was vervolg en baie is gedood. Dink u dat u beter is as JaHshua of sy Uitverkorenes? Word wakker en berei u voor vir dit wat op u wag. Leuenagtige en verlore predikers het baie mislei met hierdie idee van `n vroeë wegraping. Dit gaan nie gebeur nie. Julle is voor gelieg; en baie gaan wegval as gevolg van hierdie rede. Word wakker!

Baie gaan teen God draai oor hierdie leuen! Moet nie een van hulle wees wat as gevolg hiervan gaan wegval nie. Lees die Boek van Openbaring en u sal sien dat die saliges vermoor is en dat die profete vermoor is. Mense, ons gaan tye tegemoet soos wat daar nog nooit voorheen was nie. Die enigste manier waarop u sal oorleef is wanneer u in staat sal wees om God te hoor. As u God nie kan hoor nie, het u nodig om na diegene te luister wat Hom kan hoor. Hy stuur Sy profete uit om te adviseer en te waarsku. Word wakker! Daar is so min tyd. JaHshua is ons Weg, ons Lewe, ons Lig en ons Waarheid. Besef dit met u hele hart. Soek JaHshua in alle dinge! Hy is die erfgenaam van die Aarde en Hy sal reageer op die Opregte van Hart se oproepe.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX