Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 23
Die Kroon van volharding"Dierbare kind, Ek het jou op die vleuels van My Gees gebring na die glansryke kruin van My Berg. Kom in My Bokamer in en kom sien My Dierbare Dienskneg wat gereed is om jou te groet."
"Ja My Meester, Ek weet dat hy die Apostel Petrus moet wees."
"Dit is ek," sê Petrus; en hy plaas `n kroon op my kop.
"Hierdie kroon is `n geskenk vir jou", sê Petrus.
"My Meester, ek weet nie waarom ek dit ontvang nie. Die laaste paar dae was so uiters moeilik gewees en ek voel dat so min vordering gemaak het."
"Ja kind, maar jy het volhard, selfs te midde van voortdurende aanvalle deur Satan. Sommige van die wat jy deur die Internet ontmoet het, het gebid om jou te laat ophou, om te veroorsaak dat jy deur Satan gebind word. Hulle het veroorsaak dat jy deur demoniese entiteite aangeval word, wat kettings om jou bene en om jou gewrigte geplaas het terwyl jy geslaap het, selfs om jou keel."
"Ja My Meester, Ek het hulle hierdie oggend gedurende gebed gesien en het deur U Dierbare Gees gewerk om hulle te verwyder. Ek het emosioneel te swaar belaai en versonke gevoel."
"Ja kind, maar die krag van My Gees was jou metgesel in die oormeestering. Jy het opgemerk dat jou regterbeen heel nag gepyn het; dit was omdat geestelike kettings in jou been ingevreet het. Raak met jou regterhand aan hierdie deel van jou been en al die pyn sal weg wees."
"My Meester, ek doen soos wat U sê en die laaste van die pyn verdwyn onmiddellik."
"Nou, kind, kyk na die kroon en jy sal sien dat dit oud is."
"Ja My Meester, ek sien dit."
"Kind, hierdie is `n Kroon van Volharding wat vir jou deur groot beproewings krag sal gee. Hierdie was en sal My belofte wees en wat in die kroon ingeweef is. Jy sien dit nou, maar dit sal vinnig van jou bewustheid wegkwyn. Onthou net dat die kroon met jou is en wanneer jou lewe moeilik raak, onthou My belofte deur hierdie kroon. Onstabiele, diaboliese tipes sal van alle rigtings af teen jou aankom, maar Ek sal jou versterk om hulle teë te staan. Kind, Ek versterk jou met groter krag van God af, met meer van My Gees en met groter insig."
"Ja kind, jou hart is beswaard oor een wat vir profesie geroep is en wat die duiwel en sy demone ignoreer. Jy het die waarheid met hom gepraat aangaande jou gevegte met die boosheid. Maar hy het ook die waarheid gepraat toe hy met jou gepraat het en gesê het dat jy jou oë op My gerig moet hou. Jy streef daarna om jou oë op My gerig te hou en jy werk hard vir My, veel harder as die meeste. En Ek het jou in groot geestelike gevegte gelei sodat jy op die kruin van My Berg kan kom om My Woord te ontvang.
Baie wat vir profesie geroep is, sal nie hierdie vlak bereik nie. Jy het met hierdie man gepraat oor My belofte van My Berg wat vir hom wag, maar net as hy die vermoëns het om op hierdie Berg te bly. Hy verwys na My swaard wat aan jou gegee is as `n denkbeeldige swaard, maar jy weet van beter, want, jy het met hierdie swaard menige gevegte teen die boosheid geveg.
Kind, met hierdie kroon verhoog ek jou krag om weerstand te bied en daarmee kom magtiger wonderwerke. Demone wat gestuur word om jou te ontspoor, sal sidder vir My krag wat deur jou werk, maar hulle sal steeds kom."
"Ek hoor jou gedagtes, kind en jy is reg. Wanneer Ek afteken as JaHshua, ja JaHWeH, Allerhoogste God van die Aarde, bespot baie dit. Hulle glo nie dat God, die Vader en Ek Een is nie; en hulle glo nie dat Ek heerskappy oor die Aarde gegee is nie. As hulle dit nie glo nie, sal hulle nie glo dat Ek sal terugkeer om die Aarde te regeer nie. Hulle is verlore. Sien jy dit, kind?"
"My Meester, hierdie bespotters glo dat U die Seun van God is. Dit is dit."
"Ja vir baie hou dit daar op. Maar as jy dit bepeins dat die Vader die Boom is en Ek is `n tak van die Boom, hoe kan jy My skei van die Boom? Want, die Boom en Ek is een. Ek doen die wil van die Boom. Sien jy dit? Die Vader en Ek is Een, Hy in My en Ek in Hom."
"Ja My Meester, ek verstaan, maar baie sien nie hierdie verbinding nie."
"Kind, hulle hoef dit nie te sien nie, maar hulle moet besef dat elke werk wat Ek doen, `n werk van ons Vader JaHWeH is wat deur My werk. Ek kan Myself nie van Hom skei nie; Ek is `n uitbreiding van Sy wil, Ek in Hom en Hy in My."
"My Meester, ek weet dit is waar. Mag ek waardig wees, My dierbare Meester, om `n klein fraksie van U werke te doen."
"Kind, jy sal doen soos wat Ek gedoen het en nog meer. Jy sal baie wonderwerke doen wat jou sal verbaas. Want Ek stuur die Gees van God om My Skape te bemagtig. Kind, julle is My kosbare skape, omsingel deur wolwe. Sou Ek julle nie die gereedskap gee om julleself mee te verdedig nie! Hoe dit ook al sy, moet nie van My verwag om te doen wat julle self kan doen nie. Sal julle ooit groei as Ek dit sou doen?"
"Nee, My Meester."
"Dan, kind, moet julle julleself dissiplineer en julle moet mekaar liefhê, maar moet mekaar nie volg nie. Julle mag eindig soos die blinde wat die blindes lei. Volg My. Ek is JaHshua. Ja, selfs JaHWeH, die Allerhoogste God, spreek deur My tot jou."
Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf op hierdie 20 ste dag van Desember 1997,
Linda Newkirk.