Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 24
Lofprysinge met Kersfees
"Dierbare kind, baie het met jou gebeur hierdie oggend tydens gebed en Ek het jou liefde en jou toewyding vir My gesien. Kind, Ek is daarvan bewus dat die bose een jou onophoudelik aanval, maar Ek het jou nie onvoorbereid in hierdie oorlog ingestuur nie. Ek het jou die grootste Kersgeskenk gegee wat jy moontlik kan ontvang. Ek het die krag van My Gees van Apartheid in jou grootliks vermeerder. Hierdie krag sal standhoudend wees en hierdie versterkte mate van Gees sal met jou na alle plekke gaan. Ek het jou huis en eiendom kragtig verskans om die laevlak entiteite uit te hou wat deur die bose een gestuur word; en Ek het aan jou krygsengele van groter statuur gegee.Jy sien dat Ek jou op die vlerke van My Gees na die hoogtes van My Berg gebring het en Ek het toegelaat dat jy van die vrug van die Boom van die Lewe eet."
"Ja My Meester en `n mees buitengewone ding het plaasgevind. Die Boom, bewus van my teenwoordigheid, het sy vrugte losgelaat en hulle direk na my mond toe gelei. Met groot ywer koester ek hierdie sappigheid. Nou en dan sluk ek baie diamante in. Baie skoenlappers van wit lig vul die ruimte om my, hulle verlig my en verdwyn dan in die glansrykheid van die Gees van Apartheid, waarin ek gebaai word.
My Meester, ek voel gedryf om van vreugde te sing. My hart is so vol dankbaarheid dat ek kan bars van sy lig. Ek wil versies sing wat ek tien jaar gelede gesing het, toe U aan my verskyn het, terwyl ek in duisternis en alkoholisme verlore was. `n Diep betekenis is aan elke woord aangeheg:
JaHshua, Ek vereer U,
JaHshua, Ek vereer U,
JaHshua, Ek vereer U.
JaHshua, ek aanbid U,
JaHshua, ek aanbid U,
JaHshua, ek aanbid U,
My Meester, ek is onder die Boom en ek val op my knieë neer, terwyl trane van vreugde oor my gesig spoel. `n Leërskare engele is voor my saam met sommige van die apostels en my Dierbare Vriend, Moses. Hulle sing almal dieselfde kore saam, maar met `n groot mengsel van volmaakte hemelse note. Die stemme van hierdie koor van volmaaktheid bereik hoë note, wat nog nooit op Aarde gehoor is nie. `n Vreugdevolle geluid vul my siel en skep `n volmaakte atmosfeer, waarin die Liefde vir U, My Meester, kan gedy.
Skielik val `n helder lig van bo af op my en ek kyk op om U te sien, My Dierbare Meester. Vanuit U hande straal lig en val daar lugtige dinge. Ek kry die reuk van rose soos wat roosblare in my hare en op my klere val en alles reg rondom my verlig."
"My Geliefde in wie Ek `n welbehae het. Jy is my bron van groot vreugde en jou liefde is veelvoudig beantwoord. Kleintjie, wees blymoedig met hierdie Kerstyd. Jy dra `n finansiële las wat binnekort afgelos sal word."
Dan vee JaHshua die trane van my oë af en Hy is weg. Ek sit onder Die Boom, gebaai in soveel glansrykheid en glorie soos wat min menslike oë al gesien het. Voor my daal `n pragtige blaar van die boom af neer. Ek reik uit en gryp dit, en sien dan `n boodskap wat daarop ingegraveer is: "Môre sal vir jou vreugde bring."
"Dierbare kind, dit is so. Ek is JaHshua. Ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 23 ste dag van Desember 1997,
Linda Newkirk.
Nota: Ons het die armste Kerstyd nog ooit gehad. Net voor Kersdag het `n finansiële noodgeval al ons spaargeld geneem. Dit was `n tyd van verdrukking omdat ons oor rekeninge bekommerd was. Op Kersdag het ons my ma se nagemaakte kersboom geleen, dit versier en Kersfees gevier met die liefde van die Gesalfde. Op Kersoggend het my dierbare man my verras met `n geskenk van parfuum wat trane in my oë gebring het omdat dit so swaar met ons gegaan het en ek geweet het dat ons dit nie kan bekostig nie.
In die boodskappe het JaHshua gesê dat ons nie skuld moet maak om geskenke te koop nie en dit is net wat ons gedoen het. Ek het Sy boodskap oor die Internet uitgestuur waarin almal gewaarsku is om gereed te maak vir oorlog en die donker getye van die aandelemark. JaHshua het bedoel dat ons Sy advies volg en ons was gedwing om so te maak. Ek sal altyd die Kerstyd van 1997 onthou en hoe ons dit met soveel vreugde en met so min gevier het.
Mag die wil van God geskied in alle dinge.
(Vertaler: Dit is duidelik dat Linda nog nie in 1997 die insig oor die ware oorsprong van Kersfees gehad het nie. Ons Vader het dit wel reggestel in 2003 / 2004 in boeke 9 en 10. Laat dit vir ons `n les in geduld wees, ons wat soms so veroordelend teenoor ons blinde broers en susters is wat nog steeds Kersfees hou, terwyl hulle dink dat dit JaHshua se geboortedag herdenking is.)