Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 25
JaHshua se Boodskap oor Profete
Ek was die afgelope paar weke so geseënd om `n aantal van God se profete deur middel van die Internet te ontmoet. Wanneer ek van julle weë lees, herken ek dikwels soveel van my eie weg. Ek ken julle vreugdes, julle pyne en julle hartseer. My hart is swaar belaai, want ek het die bestemmings gesien van baie wat die wit klede dra.Terwyl ek vanoggend met JaHshua gepraat het, het Hy my `n paar woorde gegee oor die roeping van `n profeet. Ek deel dit met julle, omdat ek aangewys is om so te maak. Wat hierin vervat word, mag ou nuus wees vir baie van julle. Vir ander mag dit baie vreemd voorkom. Ek vertrou dat dit op `n manier `n seëning vir julle sal wees.
Lank gelede het ek geleer om deur te druk met dit wat ek gesê is om te doen, dit maak nie saak hoe eienaardig dit vir my op daardie tydstip mag lyk nie. Hier gaan ons dus met my boodskap:
"Dierbare kind, jy het met `n afgematte siel na My toe gekom, omdat andere jou as `n New Age- en `n kristal werker afskiet. Laat almal staan, omdat hulle woorde met `n kragtige byt na hulle toe sal terugkom. Want Ek sal hulle brand met hulle eie woorde.
Weinig is daar wat so toegewyd is soos jy, wat dag vir dag kom, soekend na My waarhede sodat almal insig mag hê. Hierdie een in Kalifornië wat voortgaan om leuens te versprei sal `n groot tragedie beleef, omdat hy nie geluister het na My waarskuwings om op te hou om jou naam te beswadder nie. Ek sal hom slaan soos belowe.
Nou, dierbare een, Ek het jou gebring na nuwe hoogtes, ja na nuwe vlakke, na nuwer en onbekende vrugte van hierdie Boom."
"Ja My Meester, ek het nie geweet dat hierdie Boom (van die Lewe) verskillende vlakke en ook verskillende soorte vrugte het nie."
"Ja kind, Ek het jou vertel dat daar baie op hierdie Berg is wat jy nog nie gesien het nie.
"Ja My Meester en elke keer wanneer ek iets nuut sien, voel Ek so heeltemal ootmoedig om te dink dat ek gedink het dat ek ooit iets geweet het. Want U verborgenhede is so groot."
"Ja kind, jy wonder oor hierdie tweede vlak en waarom jy vrugte in geskenkpakkies van die Boom sien hang. Wanneer jy die pakkie met sy vrug binne-in eet, is die vrug bitter, suur of skraps."
"Ja My Meester, ek wonder hieroor."
"Kind, dit is deel van die aard van die bitter beker. Hoe meer jy ontvang, hoe meer loop jy alleen, en hoe bitterder word jou beker. Want minder en minder bereik hierdie vlakke op hierdie Berg. Minder en minder sal weet waarvan jy praat of sal kan getuig van die profesieë se waaragtigheid, behalwe as dit deur My Gees is.
Selfs baie profete wat in hierdie laaste dae deur My geroep is, sal nie in staat wees om sommige van dit wat jy sien, te verifieer nie. Want dit sal vreemd wees vir hulle verstande en deur hulle verstande sal sommige van hulle jou visioene verwerp, .... nie My Gees nie, maar hulle verstande. Aangesien baie op Die Weg nuut is, sal hulle aanvaar dat hulle interpretasies reg is.
Kind, kyk dan vir die volgende in `n gesoute profeet:
Hierdie een hoor My stem deur My Gees en weet dat Ek Hy Is, wat gestuur is om julle te red. Almal moet hierdie kennis hê, andersins kan hulle nie profete wees nie.
Hierdie kennis is deurdringend en sluit kennis in van die waaragtigheid van dit waaroor My Gees spreek. Baie van die jonger profete sukkel hiermee, kind. Praat bemoedigend, omdat jy alreeds daar was, maar moet hulle nie na hoogmoedigheid lei nie; wat maklik is vir die beginner; want so een kan homself as spesiaal sien voor My, en dan mag hy nederigheid vergeet.
Aanvanklik sal My profete slegs My stem hoor en sal aangesê word om voort te gaan met My boodskappe. Ek verwag hierdie gehoorsaamheid. Alles is op gehoorsaamheid gebou, want profesie is `n reis.
Deur dissipline open Ek die visuele kanale. Jong profete sal oorlaai word as hulle dadelik groot visioene sien. Baie min kry dit. Kind, jy weet dat dit die waarheid is.
Met groot dissipline oor `n verloop van tyd, bring Ek alle profete terug na My Gewyde Berg toe. Wat hulle toegelaat word om op hierdie Berg te sien, hang van hulle dissipline teenoor My af met verloop van tyd. Soos jy weet, is daar baie vlakke op hierdie Berg.
Ek sal alle profete toelaat om te eet van Die Boom van die Lewe, soos wat hulle oorwin. Nogtans, om te oorwin (om tot hierdie vlak op die Berg te vorder) is `n groot stryd.
Jy kan nie oorwin, tensy jy `n gesoute kryger is wat groot geloof het nie.
Kind, jy weet dat die aard van hierdie reis een van groot stryd is. Jy beveg die duiwel op elke hoek.
Julle groot geloof as profete sal vir julle menige wonderwerk aanbring. Soos wat julle julleself met verloop van tyd dissiplineer, sal Ek julle seën met meer en meer van My Gees.
Kind, soos wat jy dit ervaar het, sal Ek My Gees in julle verseël en Ek sal legioene engele stuur, soos wat jy al gesien het.
As profete sal Ek julle nie versaak nie, want Ek is julle konstante metgesel. Ja, Ek is julle Lig, julle Lewe, julle Waarheid en julle Weg. Dit is die kennis van die profete wat van dag tot dag binne-in julle uitgebrei word.
Ek is die Wonderwerk-bewerker wat deur julle gemanifesteer word in verhouding met julle getrouheid tot My.
Kind bemoedig die profete wat op jou weg kom. Stuur dit aan hulle, sodat hulle op `n manier gehelp kan word. Ek is JaHshua. Ja JaHWeH, die Allerhoogste God."
Ons het so baie om te doen en so min tyd. Ek koester die weg van ieder en elkeen van julle.
In JaHshua se Dierbare Naam, Linda Newkirk.