Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 27
Vlak Drie van die Boom van die Lewe
"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Ek bring jou na die hoogtes van My Berg op die vlerke van My Gees en in My Innerlike Gewyde Plek. Eet van die derde vlak van My Boom."
"My Meester, ek dank U omdat U my hartgrondige gebede verhoor het en omdat U my weereens na hierdie Berg gebring het. Ek is nou hier op `n ander vlak van hierdie boom en sien nuwe dinge. Rondom die Boom is glansryke, trillende kleure van blou en pienk, maar die Boom dans met die suiwerste van skitterende, wit lig. `n Mees deurdringende geur van jasmyn omspoel my saggies. Glansend van hierdie stralende kleure van pienk en blou, tree ek nader aan die Boom en elektriese sterre flikker helder alom. My Meester, mag ek van die klein stralende vrugte eet?"
"Kind, Ek het jou hierheen gebring om te eet maar, pasop; alles is nie so soet as wat dit ruik nie."
"My Meester, ek pluk `n enkel vrug wat stralend is, maar dit is swaar, soos lood. Ek probeer om `n hap te neem, maar die buitekant van die vrug is so taai soos leer. Stadig breek die skil van die vrug en laat die inhoud daarvan los in my mond. Die vlees van die vrug is donker blou en smaak bitter soos kina (Vertaler: kom voor in tonikum water en sekere malaria medisyne). O, My Meester, om hiervan te eet is eerder soos `n straf."
"Ja kind, dit mag so voorkom, want dit dra bitterheid soos wat jy nog nooit geken het nie."
"My Meester, waarom het U my hierheen gebring om iets so uiters bitter te eet?"
"Kind, jou siel is gereed."
"My Meester, ek voel asof ek gaan siek word."
"Nee kind, dit sal jou nie siek maak nie, maar sterk. Want dit sal in ringe in jou siel insink, ja in lae, soos wat jy nog nooit ervaar het nie. Dit skep nuwe vlakke van My in jou."
"My Meester, hierdie is `n verborgenheid."
"Kind, soos die taaiheid van die vrug, omstrengel dit jou met taai senings; en omdat dit donkerblou is, graveer dit `n verborge boodskap in jou siel in."
"My Meester wat is die verborge boodskap?"
"Dit is verborge; en wanneer jy dit die minste verwag, sal dit homself self bekend maak. Dit is `n nuwe dimensie van My in jou; en wanneer jy dit sien, sal jy dit weet. Kind, jy dink daaraan om nog een vrug te eet. Eet altesaam vyf."
"Goed, My Meester. Ek pluk die tweede vrug. Dit is ook taai soos leer en daaruit sypel `n ryk indigo lewenskrag, maar wanneer ek by die senter kom, proe dit soos grondboontjiebotter. "
"Ja kind, dit proe soos grondboontjiebotter, maar dit is ver van grondboontjie botter af. Met verloop van tyd sal jy meer begrip hiervan hê."
"Nou My Meester, eet ek die derde stuk wat ook so taai soos leer is en daaruit sypel die bitter donker kleur; en sy senter bevat `n ronde bal met `n slymerige bedekking. Wanneer ek probeer om die slymerige bal te eet, beweeg dit in my mond rond."
"Ja kind, sluk die bal in."
"Nou My Meester, tel ek die vierde vrug op. Ek kou deur die taai buitekant en `n vloeistof spuit in my mond in en was al die oorblyfsels van die vorige vrugte weg. Die blouheid het in geheel verdwyn en ek sien helder, stralende water uit die reste van die vrug in my hande. `n Wit vuur begin in my mond te brand en bedek my hande; dit groei vinnig en oorweldig my hele liggaam in glorie en vryheid."
"Kind, eet die laaste vrug."
"Ek neem die laaste vrug, byt deur die taai buitekant en proe iets soet, soos piesangs. Hierdie dik pulp warrel in my mond en beweeg vanself. Dan beweeg dit vinnig in my keel af en ek het nie nodig om te sluk nie. Die wit vuur is steeds binne-in my, dit druk na buite en skep `n volmaakte, glansende kragveld. My Meester, ek kan dit nie verstaan nie, maar ek weet U kan en my bede is dat ek waardig sal wees om te kan verstaan."
"Kind, jy sal binnekort weet, want Ek sal `n ander deur oopmaak en jou wys waarvoor Ek jou voorberei; en jy sal verbaas wees oor die baie dinge wat jy dan sal sien en weet.
Ek het jou twee weke gegee vir innerlike rus, sodat jy innerlik kan voorberei vir die baie besige tye wat voorlê en vir jou groot lotsbestemming in My. Jy het nie gefouteer om hierdie breuk te neem nie; dit was vir jou gegun.
Kind, `n groot trein is op pad. Jy sal saam met jou man op hierdie trein klim en julle sal My Woord uitstrooi. Maak gereed hiervoor. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, Allerhoogste God van die Aarde."
Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf op hierdie 4de dag van Januarie 1998,
Linda Newkirk.
Ek het elke bietjie krag nodig gehad om hierdie drie boeke geskryf en getik te kry. Dit was so `n oorlog. Die duiwel het my om elke hoek beveg deur middel van diegene wat ek ken en deur totale vreemdelinge. Mense het teen my gedraai, hulle wat ek wou probeer help; en Satan het elke oomblik benut om hierdie werke van my te verdruk. Ek moes voortdurend sataniese aanvalle op my en my gesin se gesondheid hanteer, maar JaHshua is groter en die krag van God oorkom alles.
So lank as wat ons leef, sal ons moet veg. Ons is in `n oorlog vir die siele van mense en Satan sou almal wou vang as hy kon. Eer aan ons Dierbare Vader, Hy wat ons lewe gee; en aan Sy Dierbare Seun, Hy wat verlossing vir ons gebring het. Laat ons altyd vir ons kosbare geskenke dankbaar wees en laat ons, ons oë hou op JaHshua. Hy is Ons Weg. Daar is geen ander nie.
My man en ek het op die geestelike trein geklim. Ek het die boeke ontvang en hy het onverpoos gewerk om die Internet Webtuiste te skep en om die boeke te publiseer. God het hom op `n magtige wyse bekwaam met die vermoëns om hierdie werke uit te kry. Lofprysinge aan God, Ons Vader. Hy is alwetend en Almagtig. Eer aan Sy Naam!