Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 28

Meer Rampe vanaf die Bladsy van Tyd

 

"My uitverkore kind, Ek het jou na nuwe hoogtes in My Boonste Vertrek gebring. Ja, in hierdie kamer is daar `n diepte van My Gees wat jy nie voorheen geken het nie. Want omdat jy getrou is, het Ek jou meer en meer Gees gegee; en Ek het nuwe dimensies bygevoeg by dit wat jy alreeds het. Kind, reik uit en voel die suiwer krag en vrede; en skryf soos gegee en gesien."

"My Meester, hierdie groot krag is definitief nuut en ek weet nie wat om daarvan te maak nie; dit is koel, tog warm. Ek vind dat ek in eerbiedige vrees is en nie die regte woorde het om dit te beskryf wat ek ervaar nie."

"Kind, sit by die lessenaar en skryf van die tydlyn af. Jy het al baie keer daarvan afgeskryf, maar nou is jy in `n nuwe ruimte. `n Nuwe deur is oopgemaak, sien jy?"

"Ja My Meester, ek is bewus dat ek in `n nuwe en groter dimensie is. Ek sit by die lessenaar en selfs sonder om enige Lewenswater op die tydlyn te plaas, sien ek duidelik hoe die gesig van Saddam Hussein op die bladsy verskyn. Onder sy gesig staan geskryf: ‘Oorlog, 1998.’

Hussein vervaag gou en ek sien vir koningin Elizabeth met haar danstabberd hoog opgetrek, wat `n kousband op haar regterbeen ten toon stel. Sy neem geld vanuit die kousband en gee dit aan Clinton. Daarna staan sy op, sy neem sy hand en die twee meng met die ander terwyl hulle dans. `n Groot teken langs hulle lui: ‘Dans vir die Elite’, en onder die teken is `n flitsende rooi lig teken wat lui: 'Geen Geheime Hier nie!'

Skielik raak Clinton se voet in die koningin se rok verstrengel; en hy sukkel om sy balans te behou, sy skoen skeur `n gat in haar koninklike drag. Dit is verbasend om `n groot mes in sy skede aan haar linkerenkel te sien. Op die mes is die woorde, ‘stout Seuntjie Sindroom’. Te midde van die flou lig op die dansbaan, vang die hef van die mes die lig pragtig, omdat dit van platinum en goud gemaak is. As gevolg van die geskeurde rok, kan die koningin nie meer langer dans nie en sy loop weg met die geskeurde stuk wat agter haar aansleep. `n Blik van naderby aan hierdie geskeurde stuk toon die woorde, ‘geen Falkland-Eilande meer nie'!

Skielik begin die koningin se neus te bloei; en die bloed vloei vrylik oor haar gesig en op haar klere. Sy vang die bloed op met `n sakdoek genaamd, ‘ek bloei vir jou’! Wanneer dit met bloed deurdrenk is gee sy dit aan Clinton. Hy gryp dit gretiglik en sit dit in sy linker jassak wat met plastiek uitgevoer is, maar Clinton kan die bloed nie van sy hande afkry nie.

Binne `n kort rukkie, ruik `n bloedhond, genaamd ‘Rothschild tot op die been’ die bloed uit en staar strak na Clinton se hande. Skielik verander die hond in Robin Hood; en hy skiet baie pyle in die enkels van Clinton in. Ten minste lyk dit soos pyle, maar van naderby blyk dit messe te wees. Clinton probeer loop, maar die messe skuur voortdurend teen mekaar met hulle gestamp en geklingel; en binne `n kort rukkie veroorsaak die wrywing `n vuur.

Assistente, kongreslede en sekretaresses drom rondom Clinton in Washington saam en fluister, ‘ons gaan hom verloor. Ons gaan hom verloor’! Maar Clinton sien dat hulle na die messe kyk en hy hoor die gefluister; en hy breek die messe gelyk af met die vleis. Clinton loop effens mank, maar is nog in staat om tennis te speel. Op die tennisbal in sy hande staan geskryf, ‘ek is die wenner’!

Bill Clinton gaan na `n rivier genaamd ‘korrup tot op die been’ toe en gaan sit op sy wal. Hy glimlag en lag met sy dogter genaamd ’Skaakmat’, maar hy weet nie dat ‘Die Russiese Reusebeer’ besig is om hom dop te hou nie. Agter die beer is Saddam Hussein met die rooi vlag met die ster en die halfmaan daarop.

Clinton baai in sy blydskap en hy is onbewus van die toeskouers. Hulle het `n groot mol gestuur; dit is so groot dat dit soos `n bewer lyk; en dit tonnel ondergronds en sny die gebied onder Clinton en sy dogter weg. Gou word hulle alleen op `n klein eiland gelaat, genaamd ‘Onsekerheid en Verwarring’, maar Clinton is in sy eie wêreld vasgevang en merk nie op dat hy en sy dogter geïsoleer is nie.

Skielik staan die beer met `n groot breë skaakbord op en sê: ‘Speel jy skaak, Mnr Clinton’? ‘Sekerlik’, sê Clinton. Maar onmiddellik neem die reusebeer `n reusagtige hamer en kap die bord in baie stukke. Mnr Clinton kyk met verbasing na die versplinterde stukke. Daarna rek die beer homself baie lank uit en slaan vir Clinton oor die kop met die groot hamer. Clinton sien sterre, maar hy probeer opstaan. Gou-gou besef hy dat sy voete op die eiland van Onsekerheid en Verwarring vasgepen is.’

In die tussentyd kom baie honde uit die meer op en gaan soos laggende hiënas tekere. Hulle lag en spot met Clinton en hy word so kwaad dat die rook by sy ore uitkom. Sy oë peul uit van woede en hy swel op terwyl hy grom. Die swart beer vlug in die woud in, maar gaan nie ver nie. Ek sien Augustus 1998. Clinton probeer om te loop, maar hy kan nie, omdat hy nie van die eiland kan afkom nie. `n Vliegtuig vlieg bo-oor met `n banier wat lees, ‘gee op, Clinton’, maar Clinton wil nie en kan nie beweeg nie, omdat hy op die eiland vassit. Hy roep na die vliegtuig en sê, ‘ken julle vir moeder Teresa? Sy is nou weg, maar ek het `n bietjie hulp nodig’.

Die vliegtuig vlieg om en om Clinton en laat hope mis op hom val. Groot miskoeke val op sy kop en tref hom oral oor sy liggaam. Op elke miskoek is `n woord geskrywe; en hierdie is sommige van die woorde wat ek gesien het: ‘Selfaanbidding; onreine hart; groot kop; trots; ydel; bedrieglik’ en soortgelyke woorde. Maar vir Clinton het die mis soos minnelekkers (valentines) gelyk en hy het elke stuk opgetel en dit teen sy hart gedruk. ‘Dankie God, ek het dit nodig gehad’, sê hy.

Clinton sit daar op sy eiland en begin sy verknorsing besef. Hy roep toe Die Reserwemag en Die Nasionale Wag in en hy roep nuwe rekrute op. ‘Maak gereed vir oorlog’, het hy gesê. ‘Ons sal diegene aanvat wat dit gedoen het’. Dit is November 1998; en Clinton moes sy mond toegehou het. Voordat hy kon beweeg, het die beer sy bondgenote in die nag georganiseer en teen Clinton beweeg wat alreeds omsingel was."

"Kind, jy ken die res. Dit is deel van die drama wat jy voor jou eie oë sal sien ontvou. Kyk uit in Augustus en November 1998. Ek is JaHshua. Ja, JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 30ste dag van Januarie 1998,
Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX