Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 30

Die Tydlyn onthul

 

Dierbare Kind, Ek, Meester JaHshua, het jou weereens na die hoogtes van My Berg gebring; en jy het van die sewende vlak van die Boom geëet. Terwyl jy op die Tydlyn sit, weet jy dat die tyd vir die VSA uitloop. Julle skandaalbesmette president, wat voed op seksuele perversies en wat duistere geheime, leuens en misleiding omhels, sal plat op sy gesig val. Saam met hom sal die VSA ook val, want Ek het jou in 1992 gewaarsku oor die gevare van hierdie man en van die lot van die VSA, indien hy verkies word.

Julle demonstreer julle militêre mag se spiere en wek die gramskap van die rooi Reuse op; en julle sal julle alleen bevind teen baie. Julle is die dwaas, want julle veroorsaak die een katastrofe om die ander te verberg. Hoe misleidend! Julle kan nóg die son nóg die Seun met julle hande verberg, want Ek sal julle vyande druk om julle plat te laat lê.

Kind, bly weg van baie wat vir profesie geroep is. Hulle was geroep en hulle dink dat hulle alles weet, maar onthou dat hulle My ore en mondstukke is solank as wat hulle nederig bly. Ek rig nie profete op om in oordeel oor ander te sit nie. Ek rig hulle op om in nederigheid te wandel. Ja Kind, selfs die apostels wandel in nederigheid, of hulle is nie langer apostels nie.

Kind, jy het My kruis op jou skouers gesien soos wat jy my las dra. Ja, die las van die wêreld is swaar, maar My las is lig. Jy vra my weer of jy `n Apostel is soos wat Ek jou so flussies vertel het. Ja Kind, Ek het jou as `n Apostel geroep. Jy is net soveel `n Apostel soos enigiemand anders wat alles versaak het om My te volg. Jy het My kruis opgetel en jy volg My. Baie wil die Apostels as slegs manlik etiketteer, maar dit is `n fout. My Apostels is hulle wat alles versaak en My kruis optel. Hulle het `n groot verantwoordelikheid en almal luister na My en doen My werk. Baie breek nuwe terrein in waar daar geen grense en limiete is nie. Dikwels gaan hulle alleen, aangesien hulle vir `n eensame werk gekies is. Hulle word nie gevoed deur groepe of massas nie, maar het groot innerlike krag wat kom vanweë `n in diepte bediening vir My. Kind, moet nie bekommerd wees oor die las van My kruis wat jy nou net gesien het nie. Dit is al vir `n geruime tyd met jou.

Ek het jou gekies om hierdie boodskappe as `n profeet en Apostel te dra, want jou siel is gereed; en Ek sal ander bring om met hierdie werke te help. Ek het die profeet, Doug, gebring. Hy is getrou, Kind, en Ek het meer vir hom. Hy sal in baie gebiede versterk word.

Kind, terwyl by My Tydlyn sit, let op en skryf."

"My Meester, ek sien die datum ‘Oktober 1998’ en baie soldate. Hulle het hulle gesigte swart gesmeer, geëts met swart; en ek glo dat hulle seesoldate is (marines). Sommiges sit hier en daar gehurk binne-in skuilgate (foxholes) met masjiengewere. Skielik flits die woord ‘Irak’ regoor die Tydlyn in groot, vet, rooi letters; en `n groot vraghelikopter kom in sig en hang bokant die soldate wat in een van die gate lê. `n Touleer val vanaf die helikopter en swaai heen en weer wanneer een van die soldate daarna gryp en hy klim uit die gat uit. Binne die helikopter grynslag Clinton van oor tot oor en sê: 'Nooit weer nie! Ons is klaar met Irak’!

Onder hoor ek `n klein groepie Duitse soldate wat fluister, ‘Ons sal hom in die nag aanvat, wanneer hy ons aanval nie verwag nie; en hy sal nooit weet nie, want hy slaap.’

Terug by die huis sien ek dat Clinton se gewildheid styg, soos wat ek mense in die strate sien juig. Ek sien dat daar `n skielike prysdaling op `n grafiek of kaart was, want die kaart toon dit is tot op die bodem. Die nommers was baie laag, maar as gevolg van die oorlog, het die nommers op die kaart weer begin te styg. Op die bopunt van die kaart is die letters: 'NYSE’ (New Yorkse Aandelebeurs). Klokke lui reg deur die New Yorkse strate en mense juig. Clinton word geprys: 'Jy het hulle gestop’, skree hulle, ‘Jy het Irak gestop’! Maar alles is nie soos wat hulle glo nie. Daar is `n ronde tafel bespreking wat in die woestyn met President Arafat en die leier van Egipte plaasvind, die leiers van Iran, Saoedië Arabië en andere. In alles is daar sewe lande verteenwoordig. ‘Ons sal hom stop’, sê hulle.

Dan sien ek `n militêre trok met `n Duitse Rooi Kruis aan die agterkant; en dit ry oor `n stamperige woestynpad. Die trok is met ammunisie gelaai en bo-op die ammunisie is daar `n paar oë. Toe ek navraag doen, ‘wie hieragter sit’, kom die woorde te voorskyn: ‘Iran sit hieragter’. Die trok stop by die hekke van die ‘Midde Oosterse Delegasie’ en word afgelaai; en dan kyk ek in die verte agter die trok verby, ek sien `n ry militêre trokke, so ver as wat ek kan sien.

In die volgende visioen sien ek `n Iraniër op die telefoon met Yeltsin. Yeltsin sê, ‘Ons is met julle'! Daarna bel die Rus die Sjinese diktator wat sê: 'Jy het ons samewerking.’

`n Prentjie van `n Switserse bank verskyn nou en daarin is baie goud. Goud word uit `n groot houer in `n ander houer uitgestort. `n Lopersleutel wat genoem word, ‘ek steel van jou’, word in die slot aan die hek gedruk en soos wat die hek oopswaai, word die houer met die goud agterna gebring en binne-in `n gesluite kluis in. Op die goue stawe is die woorde: 'Gesteel van die VSA.’ Ek weet nie wie hieragter is nie, maar as ek in die groot houer met wiele kyk, sien ek, ‘Verenigde Nasies.’

"My Meester, wat `n gemors!"

"Kind, dit is. Maar alles moet tot `n einde kom in `n regering wat tot op die been korrup is. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde.

Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 13de dag van Februarie 1998,
Linda Newkirk.

 

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX