Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 31
Die Rokende Rewolwer
"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Jou wêreld was in `n toestand van verwarring terwyl jy probeer vasstel wat om met hierdie geskrifte te doen. Selfpubliseer ten eerste. Groter lane sal tevoorskyn tree, want jy is getrou.
Rus in My, Kind, Ek sal die afval in jou verhoudings uitsuiwer. Ek sal enigeen uit die weg ruim wat na jou kant toe kom met die bedoeling om jou te manipuleer of om jou leed aan te doen; en Ek sal hulle wêreld koud maak.
Jy het gevra oor die geveg tussen Hussein en Yeltsin wat jy maande gelede gesien het; en jy wil `n verdere bevestiging daarvan hê. Kind wat jy in die visioen gesien het, is so. Hulle sal veg, maar jy sal dit nie nou glo nie. Hulle geveg sal lei tot die dood van Yeltsin, maar niemand sal die twee met mekaar verbind nie. Die wyses sal die rokende rewolwer sien; en hulle wat agter die skerms kyk, sal die Moslem verbintenis sien. Rusland gaan terug, Rooi, Rooi, Rooi toe en dit sal eerder vroeër as later gebeur. Dit sal gebeur voor die jaar 2000. Let op My Woorde.
Verwag ook meer retoriek van Hussein, meer vertragingstaktiek. Want hy is `n meester manipuleerder en Clinton is `n nar, `n groentjie in vergelyking met Hussein.
Nou terug na die situasie tussen Yeltsin en Hussein. Kind, jy bevraagteken wanneer dit gaan plaasvind. Kyk uit daarvoor voordat een en `n half jaar verloop het. Onthou dat nie een van die lande wat wêreldheerskappy wil hê, vertrou kan word nie. Niemand kan ware vriende wees nie, want hulle besit nie hierdie vermoë nie. Op hierdie stadium is Hussein die gevaarlikste man in die wêreld; en die Arabiese masjien sal baie moeilik wees om te hanteer.
Gaan in vrede in hierdie dag en met dankbaarheid. Ek is JaHshua, Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde.
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 22ste dag van Februarie 1998,
Linda Newkirk.