Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 32
Woorde van Bemoediging
"Dierbare Kind, dit is Ek, Meester JaHshua. Jy het lank en hard gebid en Ek het My Gees in `n groot mate in jou en om jou uitgestort. Ek het jou na My Gewyde Berg toe gebring en terug na die Boom van Lewe, waar Ek jou gevoed het. Nou Kind, jy sit by my lessenaar in My aangewese Kamer; en onthou, dat Ek jou inniglik liefhet, want Ek het jou geroep en jou uitverkies; en Ek het jou opgevoed en jou afgerig.
Ja, ek het baie gekies vir spesiale wandelings in My en My weë. Want hierdie is die laaste dae en My engel staan gereed met die ramshoring (basuin) teen sy lippe.
Kind, moet nie bekommerd wees oor die kritiek, verwerping en die afsydigheid wat jy van ander ontvang nie. Ek is aan die stuur van jou skip. Moet op niemand vertrou vir geestelike krag nie, want almal sal jou op `n sekere tydstip verlaat, ja, maar net vir `n kort seisoen. Maar Ek, wat in beheer is, sal jou op enige gegewe tydstip voorsien van dit wat jy benodig. Jy voel deurmekaar gemaak omdat ander die begrip verwerp dat daar vroue-apostels is. Moet nie daaroor bekommerd wees nie. Kyk voor jou na dit wat geskryf is, wat op die Tydlyn verskyn. Lees dit en neem dit af."
"My Meester, dit is wat geskryf is: Tussen julle is daar vroue-apostels en om hulle te verontagsaam is verkeerd, want Ek roep wie Ek wil."
"Kind, jy het gesien en geskryf wat Ek getoon het. Wees nou gemaklik hierin en hef jou oë op, want Ek is voor jou op My Gewyde Berg en ek bring vir jou vrede, prag en vreugde."
"My dierbare Meester, ek sien U bokant my en U skitterende glansrykheid verlig alles. Ek is so dankbaar om U glorie te aanskou. Ek het U met my hele hart lief."
"Ja Kind, Ek het vir jou die Kroon van die Lewe gegee. Laat sommige jaloers wees as hulle wil, maar hierdie kroon is vir almal wat volhard in My werke te midde van groot beproewinge. Ja Kind, Ek sal hierdie Kroon vir almal gee wat My eerste plaas en wat My hul lewe maak. As sommige hierdie Kroon verwerp; of as hulle jaloers is daaroor, laat dit so wees. Want min het van hulle tyd en lewe aan My gegee so aandagtig as wat jy gedoen het en Ek eer jou liefde en gehoorsaamheid. Gaan jou gang, Kind, en voltooi die tweede boek. Ek stuur vir jou hulp met die publikasie van hierdie werke. Ek is JaHshua, Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde.
Soos getuig, gedikteer en opgeskryf op hierdie 27ste dag van Februarie 1998,
Linda Newkirk