Vanaf die Berg, Boek III

 

Hoofstuk 35

`n Opsie word gegee

 

"Dierbare kind, Ek is Meester JaHshua, ja Heerser van die Aarde, aan wie hierdie heerskappy deur die Vader gegee is. Op hierdie dag het jy `n spesiale salwing van My af ontvang en van hierdie dag af sal jou wandeling nooit meer dieselfde wees nie. Want jy sal wandel met die lieftalligheid van engele en met liefde en suiwerheid van My Hart. Ja, in alle dinge sal jy met nederigheid wandel, `n ware dienskneg vir jou broers en susters.

Op hierdie dag word ook aan jou die bygevoegde keuse deur Ons Vader gegee om op die 2de Maart 2002 te sterf of om aan te hou leef tot by My wederkoms. As jy dood kies, sal dit nie teen jou gehou word nie, aangesien jy baie moeg sal wees. As jy kies om te volhard tot by My wederkoms, sal jou man ook leef tot by My wederkoms en jy sal saam met `n groep van sewe profete gaan, waarin jy ook `n apostel sal wees. Twee van die ander mag dalk ook apostels gemaak word, afhangende van hulle volharding.

Jy sal gelei word in lewensvoorbereidings en jy sal nooit gebrek lei so lank as wat jy leef nie. Ook sal die wat saam met jou is, ook nie gebrek lei nie, want Ek sal oorvloedig voorsien. So lank as wat jy kies om te lewe, sal magtige oorwinnings oor die bose vir jou gegee word en jy sal `n groot seer in die sy van Lucifer wees. Want Hy sal jou met groot raserny soek, maar sal nie in staat wees om jou te vind nie, want Ek sal jou bedags onder `n groot muur van vuur wegsteek en snags sal ek jou onder `n leërmag van engele verskuil.

Op hierdie dag het Moses amptelik sy staf aan jou oorhandig. Niemand sal dit ooit weer hê nie. Luister nie na hierdie een of daardie een wat sê dat Moses dit aan hulle gegee het nie. Dit is nie so nie, dit is onsin, gespreek deur die verstand van `n (menslike) wese. Kind, Ek het jou afgesonder vir `n taak soos wat aan geen ander gegee is nie. Jy wat eens Aäron was, was al lank gelede vir hierdie werk uitverkies; en jy het gekies om vanuit die hemel daarbo terug te kom vir hierdie moeilike rol, saam met die res van die 144,000. Baie van julle sit ledig en wag vir My om krag aan julle te oorhandig, of om dit of dat vir julle te gee. Wat doen julle vir My? Die grootste aantal is verlore, kind, aan hierdie of daardie saak. Die sprankel van die materiële wêreld het `n houvas op sommige van die wat Ek die meeste liefhet.

Bid vir hulle, kind. Vas vir hulle, veral in die tyd van die Jubileum, want dit is deel van die aankondiging van My wederkoms. Ja, dit kondig die laaste sewe dae (sewe jaar) aan, maar gedurende die laaste vyf sal My tekens en wonderwerke oral oor die wêreld verskyn. Jy begin nou net om sommige daarvan te sien.

Moet nie in die illusies van ander verstrik word nie. Kom na My toe vir bevestiging in alle dinge. Kind, Ek is jou Meester, jou Onderwyser en ja, Ek het gisteraand in `n droom na jou jou toe gekom en gevra om met jou te trou en om jou na die Rivier toe te bring. Kind, Ek het `n verloofring vir jou en my sekretaris, Moses, het jou per telefoon geskakel om jou daaraan te herinner. Maar jy was bang en het gesê dat jy vanweë die oorlog moet vlug. Kind, jou drome is vol werk, werk, werk, waarvoor jy gevra het. Maar Ek sal aan jou drome gee van prag, hoop en glorie en jy sal verheug wees daarin.

In jou droom verlede nag, het jy jouself bevind waar jy besig was om die uitwerpsels van `n kind skoon te maak. Dit was deur een van My kinders agtergelaat en jy weet watter een dit was. Nogtans het jy nie gekla nie, maar dit skoongemaak. Kind, dit is My Weg en hierin seën Ek jou.

Ek het jou drie dae van intense fokus op My gegee. Gister het Ek jou die groot, reuse demone laat sien, hulle wat probeer het om jou van ver af te beheer. En Ek het ook aan jou gewys dat Ek `n demoon toegelaat het om die vrou te beset, sy wat gekom het om jou enigste skaduboom af te kap. Ek het toegelaat dat dit met hierdie vrou gebeur, sodat jy die duisternis kan sien wat besig is om op jou toe te sak. Kind, Ek het ook toegelaat dat hael op jou huis val, sodat jy sal soek. Ek het jou dit alles laat sien en nog meer, sodat jy meer van My sou soek; en die bygevoegde krag sou hê om hierdie geestelike oorloë te veg.

Omdat jy gehoorsaam was en tyd ingeruim het vir kragtige geestelike werk, het Ek hierdie dinge aan jou getoon. Ek het jou grootliks gesalf en die krag voorsien wat jy benodig om te oorwin. Jy het gewonder waarom jy in die oggend wakker word en die kettings sien wat deur Lucifer daar geplaas is. Jy breek hulle deur My Gees en die volgende dag is hulle terug. Jy het week na week hierdie afskuwelike verdrukking gevoel. Kind, Ek het gesorg dat jy hulle sien en het vyf dienende engele vir jou gestuur wat tot jou diens sal wees solank as wat jy leef. Jy sal andere sien wat deur die Teëstander gebind is en hierdie engele sal deur jou bevele werk om hulle te bevry.

Jy sal ander sien wat deur Lucifer ingeplant is en jy sal die vermoë hê om hierdie diep hegtings deur die vuur van My Gees te verbreek. Maande gelede is aan jou gesê dat jy hierdie gawe sou ontvang en jy het geweet dat dit nie waar is nie.

Hierdie dag het Ek weereens vir jou die datum laat sien wanneer die VSA sal brand en jy het die 12 de Desember 1998 gesien. Gister was jy na die ryk van die Hemele gedra, waar jy die Apostel Petrus, die Geliefde Een, gesien het. Ons Vader JaHWeH het jou magtig geseën toe jy vir ‘meer’ gevra het, hy het jou tot op die grond met meer belaai. Dit wat jy gevra het, kind, dit sal jy ontvang. Sluiers is van die hemele geskeur sodat jy meer kan sien, meer kan ontvang, meer kan weet en meer gewig kan dra vir die Vader. Om hierdie rede het Hy aan jou die keuse gegee om jou lewe te verleng. Kind, jy is uitverkies en jy is geseënd. Moet nie toelaat dat `n ander profeet, of selfs `n apostel, aan jou voorskryf nie. Ek skryf aan jou voor, die Vader dikteer aan jou, maar niemand anders nie. Moet nie in die slagyster val om te leef volgens andere se begeertes en verwagtings nie. Ek maak jou vry en jy is vry in My. Ek is JaHshua. Ja JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."

Soos waargeneem en gedikteer op hierdie 17 de dag van April 1998,
Linda Newkirk.

 

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX