Vanaf die Berg, Boek III
Hoofstuk 36
Deur die vuur van teenspoed
"Dierbare kind, dit is Ek Meester JaHshua. Ja, jy is deur groot beproewinge. Lucifer het met `n woede teen jou opgekom en hierdie teenspoed het probleme in jou huis, met jou gesondheid en in die lewens van andere rondom jou veroorsaak. Hy het die swak skakels in jou lewe aangeval, of dit nou mense, plekke of situasies was. Kind, jy is deur die vuur van teenspoed, maar jy het daagliks in gebed gekom, selfs wanneer jy te siek was vir enigiets anders. Jy het gesien hoe sommige van jou sogenaamde vriende met wraak teen jou draai; selfs familielede het met ontblote tande teen jou gedraai, maar kind; alles het gebeur met `n doel vir die hemele. Ja, dit was `n tyd van suiwering, van afbreek, van vorming en van sifting; en jy het volhard. Ek is nie kwaad vir jou omdat jy Boek 3 nog nie klaar getik het nie. Ja, jy het met tye elke laaste bietjie energie nodig gehad om te oorleef, maar kind, neem kennis dat Ek alles sien en dat Ek alles weet. Met tye kon jy meer gedoen het, maar Ek weet nie van een onder julle wat volmaak is nie.
Ja, Ek het aan jou die droom gegee van die profesieë wat in stoomrollers verander en Ek het aan jou gesê om die boeke te verkoop. Jy het voorbehoude om My Woord te verkoop, maar laat vaar hierdie voorbehoude. Ek beveel dat die boeke verkoop moet word en met verloop van tyd sal Ek die beste weg voorsien. Verkoop hulle intussen deur die Internet. Kind, plaas die werke eerste en alles sal by jou toegevoeg word. Maak dit `n prioriteit om Boek 3 te voltooi. Die wêreld is vol van diegene wat net wil neem, neem, neem, maar min is bereid om die prys te betaal. As hulle die profesieë wil hê; wat hulle toekoms uitspel, laat hulle betaal. Kind, jy het `n groot prys betaal om hulle te ontvang.
Jy wonder nou oor die Aandelemark. Ja, dit het in Junie geduik soos wat Ek dit in Desember vir jou voorspel het. Dit sal aanhou daal en baie wat daarop dobbel, sal die ineenstorting nie sien kom nie, totdat daar binnekort op `n dag paniek sal wees. Die waarheid, dat hulle president `n leuenaar, `n bedrieër, `n dief is en seksuele afwykings het, sal hulle brand; en hierdie probleem sal julle Aandelemark laat swaai. Wanneer julle vyande julle val sien, gaan hulle die geleentheid aangryp. Kind, jy is bekommerd oor hoe almal van julle deur hierdie beproewing gaan kom, maar weet dat Ek nou alreeds besig is om `n weg voor te berei. Vertrou op My. Ek sal julle nie teleurstel nie.
Ja, daar was `n gevaar om die sproeier op julle dak te laat loop, en Ek het `n engel gestuur om die aansitklep op die pyp te breek. Water het in die oop drade in julle muur gekom en het byna `n brand veroorsaak. Kind, Ek hou jou in die palm van My hand. Berus in My en weet dat Ek jou liefhet en uitreik na jou toe; selfs in jou slaap. Kyk nou voor jou en kyk na die helder deur."
"My Meester, ek sien dit."
"Klop drie keer."
"Ek maak so, My Meester en met die derde klop gaan die deur oop. Ek sien myself as `n klein kind en voor my is Moses."
"Ja dit is Moses."
"Moses tel my op en sit my op sy knie. Hy is vol liefde en goedheid en trane stroom oor sy wange."
"Kind," sê Moses, "JaHWeH het jou baie lief en die engele van die hemel hou wag oor elke beweging van jou. Hulle moedig jou aan en hulle huil oor jou groot beproewings. Onthou dat ek my staf aan jou gegee het wat die volle krag van God dra. Ek is lief vir jou en ek versoek JaHWeH gereeld namens jou. Ek self het Hom versoek vir `n uitgewer vir hierdie werke en vir finansiële seëninge vir almal van julle. Kom gereeld bymekaar in vas en gebed voor JaHshua en Ons Vader. Ons is in ooreenstemming om hierdie werke te versprei, sodat baie siele daardeur verlos kan word. Ek omhels jou met liefde, kind, want jou beproewings is baie. Hierdie weg is steil, maar daar is geen ander nie. Moet nie ontmoedig word nie, want baie sal voortgaan om hierdie profesieë af te maak totdat julle ingeval word. Daarna sal hulle luister. Plaas die een voet voor die ander en gaan voort.
Dennis gaan `n droom ontvang wat hom op baie maniere gaan verander. Jy sal sien, kind. Onthou dat jy grootliks geliefd is en dat baie, baie in hierdie geesteryk bewus is van hierdie taak en dinge doen om jou te help. Ek seën jou, kind, met helder visie, onverskrokkenheid en krag in God. Wees geseënd. Ek is Moses."
"Kind, Moses is jou innigste vriend. Hy het jou baie lief, want jy is die enigste een met wie hy in hierdie laaste dae gepraat het en met `n rede. Ons Vader het hom gestuur, want jou werk is baie moeilik. Nou, kind, wees sterk en soek My in alle dinge. Vrede vir jou. Ek is JaHshua. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God van die Aarde."
Soos waargeneem, gedikteer en opgeskryf hierdie 1ste dag van Julie 1998, Linda Newkirk.
Augustus 13, 1998
My dierbaarste medereisigers,
Waar ek nou hierdie laaste hoofstuk van hierdie boek tik, is ek werklik verbaas dat dit uiteindelik gedoen is. Om hierdie boek te voltooi was een van die moeilikste dinge van my lewe. `n Diepe vrees het my vir maande beetgepak elke keer wanneer ek gedink het om te tik, want ek het die droom onthou waarin JaHshua my laat lees het uit sy dagboek. In hierdie droom, het ek drie bladsye klaar gelees, toe groot duisternis op hierdie wêreld toegesak het. Ek het `n groot vrees gevoel omdat ek so alleen gevoel het in die afskuwelike duisternis. JaHshua het in die droom aan my gesê dat ek sou dink dat Hy my verlaat het, maar dat dit slegs `n kort rukkie sou duur.
Ek het geweet dat die groot duisternis sou toesak kort nadat Boek 3 afgehandel is; en deur dit te vertraag, het ek `n ietwat irrasionele denke gehad dat ek die onvermydelike daardeur kon uitstel. Gedurende hierdie tyd het ek deur groot persoonlike beproewings gegaan en ek was baie siek, maar JaHshua was met my deur alles en ek voel dat ons almal beter af is omdat ons dit verduur het.
Die dag nadat Moses die droom aan my man belowe het, het hy dit ontvang. Hy het die oggend uitgekom en gesê, "Liefling, ek het regtig `n eienaardige droom gehad." Hy het toe voortgegaan en vertel hoedat hy met sy motor gery het, toe `n hand afgekom en krapmerke dwarsoor sy voorruit gemaak het. "Ek het gedink dat ek goed kon sien," het hy gesê, "maar waar die hand oor my voorruit gekrap het, was alles helder en ek het bewus geword dat daar `n film op die windskerm geplak was. Daarna was ek deur die film gepla, omdat daar so `n kontras was tussen dit en die gebied wat gekrap was."
Ek bedank my dierbare man vir die rol wat hy in hierdie werke gespeel het. Hy het onvermoeid gewerk om die webtuiste te skep en om die boeke te publiseer. Ook bedank ek `n profeet genaamd Douglas Swaffield, wat hierdie profesieë gelees het en geweet het dat dit die woord van God was. Hy het gehelp om hierdie werke `n realiteit te maak en het gely omdat baie hom beskimp en bespot het omdat hy geglo het. God het spesiale seëninge vir diegene wat in geloof uitbeweeg. Baie kere gaan die gelowiges teen die dinge wat die massas koester en word vervolg omdat hulle standpunt ingeneem het.
Die massas glo dat hulle God se weë verstaan. Maar ek is hier om aan julle te vertel dat soos wat God meer van Homself openbaar, die wyses selfs meer nederig en bevrees word. Ons het `n ontsagwekkende God, wat inniglik liefgehê en gevrees moet word. Hy seën die Opregte van Hart, maar wee aan die valses, die tweegesigte en die wêreldlinge. As jy lief is vir die wêreld, sal God jou dit toelaat, want Hy het jou `n vrye wil gegee. Hy sal jou in jou keuses laat verdrink as hierdie keuses Hom sal uitdruk. As jy God en dit wat Hy in jou lewe aanbied verlang, beter jy begin om jou lewe skoon te maak. Gaan op jou knieë en wees eerlik met God; en kyk na Sy Dierbare Seun, JaHshua en doen jou bes om binne die Wette van God te lewe, soek Sy vergifnis wanneer jy faal en vergewe andere vir dit wat hulle aan jou gedoen het. Moet nie toelaat dat jou eie duisternis, of die duisternis van andere voortgaan om jou af te druk nie. Vergifnis is die sleutel om alle duister deure oop te maak; en liefde vee dit uit wat daaragter versteek is. Waar duisternis ookal is, daar is die Lig van God nie.
Ek seën julle in die Naam van JaHshua Messias dat so lank as wat julle Sy waarhede sal soek, julle dit sal vind. Hulle wat die waarheid liefhet, sal deur hierdie profesieë geseën word, maar hulle wat die leuen liefhet, sal vervloek wees. Dit is nou die tyd van die groot oes van groot getalle siele. Kry `n vuur in jou siel vir God en ontwaak vir die eenvoudige boodskappe van Sy Dierbare Seun. Bo alles, wees lief vir ons Vader en Sy Geliefde Seun met elke greintjie van jou krag; en vul jou dae met gebed en lofprysinge aan Hulle. Maak ons Vader JaHWeH jou lewe en Hy sal jou Lewe gee. Maak Hom jou waarheid en Hy sal jou Waarheid gee. Maak Hom jou lig en Hy sal aan jou Lig gee. Maak Hom jou weg en Hy sal aan jou die Weg voorsien. JaHshua is die Waarheid, die Weg, die Lig en die Lewe. Raak besig. Die weg is smal en min vind dit en bly daarop, want die Weg druis in teen die wêreld.
Gaan in die Lig van Ons Dierbare Meester, JaHshua; en wees in al jou handelinge getrou aan God.
JaHshua is ons Lewe,
Linda.