Vanaf die Berg, Boek IV

 

Hoofstuk 30

Tydige Advies vir Almal, en die Laaste van die Seerower se Boekie

“My dierbare kind, Ek is jou Meester JaHshua. Geseënd is jy, My kleintjie, want jy het volhard teen groot hindernisse om tot by die finale hoofstuk van hierdie boek te kom. Min weet of verstaan die groot innerlike stryd wat jy moes trotseer en die groot geestelike oorloë wat jy dag vir dag moes veg. Min besef die aard van hierdie groot oorlog wat op hande is en die groot mate van geestelike dissipline wat jy nodig gehad het om aan te gaan met hierdie werke, te midde van siekte en groot veranderinge. My kind, ek is terdeë bewus van jou liefde vir My en jy moet weet en verstaan dat My liefde vir jou sonder grense is; en so is dit vir almal.

My kind, jy weet dat Ek jou nie in die midde van wolwe gegooi het sodat hulle jou kan verslind nie. My kind, Ek het My Gees vir jou gestuur, wat verseël is aan jou. En Ek het baie engele gestuur wat voortdurend vir jou veg. Lank gelede sou Lucifer jou soos kaf uitgesif het, maar My kind, hy het dit nie gedoen nie, want Ek het jou deur die deure gestoot wat Ek vir jou oopgemaak het, van voor die grondlegging van die wêreld af. Ja My kind, so lank gelede was hierdie groot dag bekend. En My Getroue Krygsliede was bekend, uitverkies en opgelei, selfs toe al. My kind, jy het die waarheid van hierdie tyd vir so baie lank al geken, en toe jy My stem gehoor het, het jy dit herken. Kyk, My skape hoor My stem en hulle ken dit. En so is dit, My kind, regoor die wêreld. Ek het Myne van hulle werk afgeroep, van hulle speelplekke en van hulle skole af. Ek het Myne geroep; en hulle het gehoor. Hulle hoor My, en hulle besef die erns van hierdie tyd, want dit was diep in hulle siele ingeprent. En nou, My kind, soos `n herder sy horing blaas om sy skape te versamel, maak Ek My finale oproep aan Myne om te ontwaak, om te luister en om terug te kom. Want die roofgierige wolwe dwaal in groot troppe; en daar is geen veiligheid buiten dit wat Ek verskaf nie. Verstaan jy?”

“Ja, my Meester, ek verstaan dit nou meer as ooit tevore. En ek was nog nooit meer bekommerd oor die siele van so baie nie. Want so min gee om vir enigiets behalwe om `n goeie tyd te hê, nog `n fliek, nog `n aand uit. En op geen manier kan hulle insien hoe verlore hulle is nie.”

“Kind, dit is die groot misleiding, en dit het op die verstande van die mense geval. Hulle kan nie hoor en hulle kan nie sien nie, want hulle het die wêreld lief, en hulle het My nie lief nie. My kind, hulle is deur die betowering van die wêreld verblind en hulle is deur haar skor geluide verdoof. En as gevolg van hulle liefde vir die wêreld, is hulle vasgevang in die stroomversnellings van die donker rivier wat na die land van duisternis vloei. My kleintjie, hierdie getalle is in die biljoene.”

“My Meester, ek is so bedroef hierdeur dat ek dit skaars kan verdra. Sommige vir wie ons lief is, was so wreed en wou elke greintjie vrede in ons lewens steel. Ek is so diep, diep bedroef oor dit wat nou gaan ontvou.”

“My kind, hierdie is `n waarskuwing vir almal: Hou julle oë op My gerig, want Lucifer sal ander familielede gebruik om julle van die fokuspunt af te stamp. Dan sal hy inkom en julle emosioneel in flarde slaan. Bly weg van hulle wat opstandig is. Dit maak nie saak of hulle hulleself familie noem nie. Onthou, Ek het gesê dat my Moeder, en My broer en My suster diegene is wat die wil van God doen. Die opstandiges doen nie God se wil nie. My kleintjies, hulle steel julle vrede. Bly weg van die opstandiges. Bewaak julle vrede en bewaar die liefde in julle huis. Stel grense op wat bepaal wat toelaatbaar is en wat nie toelaatbaar is nie. Hierdie, “alles is aanvaarbaar” houding het families vernietig. Dit het stede vernietig en dit het regerings vernietig en sal selfs die hele wêreld vernietig. “Alles is gangbaar”, is opstandigheid. Julle Vader is streng oor wat aanvaarbare optrede is en wat nie is nie. En hulle wat liefde vir My en julle Vader bely, sal oor en oor beproef en getoets word. Elkeen van julle sal julle liefde en eerbied vir My en julle Vader oor en oor deur julle optrede en dissipline moet bewys. Julle sal moet bewys dat julle sal staan vir wat reg is deur die keuses wat julle maak. Julle sal beproef en getoets word om te sien of julle opreg is. As julle die toets faal, sal julle `n ander toets gegee word, en die een mag dan moeiliker wees as die vorige. En My kind, selfs te midde van al hierdie toetse moet elkeen van julle in staat wees om te kan vergewe en dit te laat vaar, want die grootste toetse sal kom van hulle in julle onmiddellike familie. Ek sê, elkeen van julle moet vergewe en die seerkry laat vaar sodat julle kan aangaan, en onthou dat julle slegs die Aardse Sfeer besoek, so laat vaar enige ontsteltenis soos wat `n kind `n speelding in die oseaan laat vaar. Laat dit net los en beweeg soos `n gehoorsame kind voort in julle Vader se werke.

Met tye wanneer die lewe so moeilik word en julle nie weet of julle kan aangaan nie, gaan op julle knieë en bid, bid, bid. Vas en bid. Kontak die opregtes en toegewydes om vir julle te bid. Dit is wat julle almal moet doen. Bly weg van die opstandiges en hou hulle uit julle huise uit. Stel julle huise apart, maak julle harte gewyd, en doen dit nou, want julle is besig om uit tyd uit te hardloop. Die hamer is op die punt om op die VSA neer te kom. Verstaan jy?”

“Ja, my Meester.”

“My Meester, ons het een deel oor dan sal ons klaar wees met die seerower se boekie.”

“Ja My kind, en hierdie tiende deel is die kolkende, swart gat. Het jy enige idee wat dit voorstel?”

“My Meester, ek glo dat dit die finale bestemming is vir hulle wat tot op die been duister is.”

“Presies.”

“Soos die bose Nuwe Wêreldorde tipes, wat Lucifer vir `n lang tyd gedien het, wat op `n sekere tyd in hierdie kolkende duisternis ingestuur sal word, waar hulle siele deur die krag van hierdie gat uitmekaar gesuig sal word.”

“Presies. Sommige glo dat hulle `n ewigheid het om in opstandigheid voort te gaan; maar dit is nie so nie. Aan elkeen is `n spesifieke hoeveelheid tyd gegee en net julle Vader weet hoeveel tyd Hy sal toelaat. Dit is baie belangrik dat elkeen van julle dit sal verstaan, tog verstaan net `n paar dit. My kind, weet net dat die kolkende swart gat `n sekere aantal siele op `n sekere tydstip, wat baie naby is, sal ontvang.”

“En diegene wat daarheen gaan, het nie `n idee nie...”

“Nee My kind, hulle het nie. Min verstaan die konsep dat julle Vader `n harde taakgewer is. My kleintjie, wat die moeite werd is om te hê is die moeite werd om voor te werk. En almal wat saam met My en julle Vader wil lewe, te midde van die skoonheid wat Ek voorberei het, sal daarvoor werk. Geen welsyn nie. Verstaan?”

“Ja, my Meester; maar baie sal sê dat werke nie saak maak nie.”

“Ja My kind, hulle wat `n aalmoes verlang, hulle wat die maklike weg wil hê, sal dit sê. Maar Ek sê vir julle dat geloof sonder werke die dood van die siel is.”

“My Meester, ek is bevrees dat ek verkeerd gehoor het aangaande die opstandiges. Want almal van ons het hulle in ons families en selfs ten spyte van hierdie opstandigheid, het ons hulle nog steeds lief.”

“Ja My kind, maar Ons het die punt bereik waar die siele uitgesorteer gaan word. En as julle verstande, julle harte, en julle emosies, selfs julle liggame en siele vasgevang is met die bekommernisse en verwarring van die opstandiges, sal julle My stem nie hoor nie. Julle sal blind wees vir My en My doelstellings as gevolg van die verwarring wat sal heers. My kind, Ek sê vir julle om julle huise en julle lewens te bewaak teen hulle wat lief is vir die wêreld, en teen hulle wat in opstandigheid vasgevang is. As die opstandiges julle vervolg en julle allerhande name noem om My Naam ontwil, weet net dat julle vooraf gewaarsku is dat dit so sal wees. Want Lucifer het `n houvas op die opstandiges en sy demone is in beheer van hulle. Verstaan jy?”

“Ja, my Meester.”

“Ek beskerm My Getroues soos wat `n hen haar kuikens beskerm.”

“Ja, my Meester; en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek het `n vraag oor die opgaar van voedsel. In die Skrif sê U aan ons dat ons soos die voëls van die veld moet wees en dat ons nie moet bekommer oor wat ons sal eet of aantrek nie.”

“Ja, My kind, Ek het dit vir julle gesê. Maar Ek het julle ook gesê dat die wêreld nog nooit tye so verskriklik gesien het, soos wat hierdie tye sal wees nie. Daarom is dit goed om voor te berei. Maar wees ingelig dat die bose hordes beplan om al julle voedsel en julle huise weg te neem en om elkeen van julle dood te maak. Niemand sal vir lank sonder My en julle Vader kan oorleef nie. Julle moet dus julle geloof in My plaas, nie in dinge nie. En weet dat Ek vir elkeen van julle sal voorsien totdat dit tyd is om huis toe te kom.”

“Maar my Meester, die meeste het nie die geestelike onderskeiding om U stem te hoor nie.”

“Nee kind, maar deur drome kan Ek met een en almal praat. En Ek sal dit doen vir hulle wat My met hulle hele hart soek. Verstaan?’

“Ja, my Meester.”

“Maar kind, Ek het almal gewaarsku. Geen geweld nie! Moet nie geweld met geweld beantwoord nie. Bly weg van die gewelddadiges en die onbekeerdes. Verstaan jy?”

“Ja, my Meester.”

“Gaan hierdie dag in vrede, My kind, en weet dat Ek JaHshua is. Ja JaHWeH, die Allerhoogste God.”

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 5de dag van Mei, 1999, Linda Newkirk.

 

Die Kroon van Dorings

“My dierbare kind, Ek is Meester JaHshua; en op die vleuels van My Gees roep Ek jou terug na My Gewyde Berg, omdat Ek `n paar finale woorde vir jou het om in Boek 4 te plaas aangaande hierdie Gewyde Berg. Kyk, jy staan hoog bo-op My Berg; en die wind van My Gees waai sagkens oor jou kleed. My kind, ontvang hierdie dag van My krag, voel as dit jou omvou en jou en jou huishouding versterk. Voel sy genesende strale en ken sy totale vrede en kalmte. Aangesien jy Boek 4 voltooi het, kyk na Boek 5 voor jou; en sien jou nuwe plek op My Berg wat groei soos wat jy in My werk voortgaan. Nogtans moet jy verstaan dat soos wat jy in My werke groei, Lucifer se aanvalle toenemend feller sal word op jou. My kind, neem die sleutel wat sê, ‘JaHshua is die sleutel’, en gaan in deur die deur aan jou regterkant. Skryf dan soos gesien en gegee.”

“My Meester, ek maak die deur met U sleutel oop en onmiddellik word ek deur `n helder wit lig oorspoel. Ek loop deur hierdie deur, deurspoel met U glorie, omvou in U vrede, liefde en sulke vreugde. Reg voor my is `n klein huisie wat ietwat soos `n igloe lyk, maar dit is van stralende glas gemaak. Ek weet dat ek hierdie huis moet binnegaan en ek gaan sit op die glimmende bank. Voor my is Moses, en hy neem my swaard en gee my `n swaard van groter lig en krag. Hy neem sy staf van my af en gee my `n groter staf met groter krag.”

“Wanneer ek die swaard en die staf neem, begin ek oraloor te ruk en te bewe. Dit voel asof `n aardbewing deur my liggaam beweeg. Stoom begin uit my oë en ore te kom en die kamer word met stoom gevul. Maar net so skielik as wat die stoom begin het, hou dit op en die vuur van God kom donderend deur hierdie klein huisie, en slaan dit aan die brand. Skielik sien ek vir U, my Meester, waar U in U glorie voor My staan, en ek val op my gesig neer in ontsag en bewing, want my menslike tekortkominge storm oor my en ek voel uiters onwaardig. Dit lyk asof elke fout van my baie kere vergroot is; en ek kan nie ophou ween nie, want ek is met soveel liefde omring.”

“My Meester, ek is so verontrus vir die wat verlore is. Ek is diep bedroef met hulle keuses. En ek ween, want U het groter verantwoordelikhede gegee, terwyl ek soms ontoereikend voel om die take wat op hande is, uit te voer. Hoe kan ek meer dra? Ek is die minste van die minste wat uit die duisternis gebring is slegs as gevolg van U barmhartigheid en guns.”

“Hierdie diepe droefheid skeur my uitmekaar en ek voel so magteloos. ‘My dierbare Meester, neem hierdie droefheid, want dit is so groot!’ En selfs terwyl ek hierdie woorde sê, voel ek hoe die droefheid verdwyn totdat dit heeltemal weg is.

“Staan op, My kind, en ontvang My Kroon van Dorings. Ja, My kind, baie sal hierdie kroon soek, maar min sal dit ontvang; en die meeste wil dit nie hê nie, want dit kom saam met `n gewigtige prys. Maar My kleintjie, dink nie aan die prys nie, want die hemelse beloning is groter as enige prys wat jy op hierdie aarde moet betaal. Verstaan jy?”

“Ja, my Meester. Vertel my van hierdie kroon.”

“Dit is `n gawe van My aan My Getroues, soos wat Ek besluit om dit te gee. My kind, die prys wat hiervoor betaal is, is vir groot lyding; tog het Ek reeds die prys daarvoor betaal. Die voordele wat jy sal oes, is meer van My gesindheid in jou, meer van My Gees in jou, meer van My Geloof, moed, en hoop in jou en meer van My hart in jou. Dit, My kind, gee Ek vrylik, want jy het vrylik gegee. Maar soos wat jy `n prys betaal het om te ontvang, so sal die ernstige van hart hierdie prys moet betaal om hierdie geestelike seën te kan ontvang. Dit is die som van geestelike dissipline met verloop van tyd.”

“Nou My kleintjie, ontvang hierdie blommekrans vanaf die Apartes van die Allerhoogste. Absorbeer dit in jou liggaam en word genees.”

“My Meester, terwyl U dit sê, sien ek hoedat die blommekrans in my liggaam geabsorbeer word. En skielik is ek terug in die woonkamer van ons huis.”

“Dit is so, My kind. Voltooi nou vandag die tik van Boek 4 en Ek sal binnekort die diktering van Boek 5 begin; wat jy deur die pos moet stuur soos wat Ek jou gewaarsku het; en onder die voorwaardes wat Ek daargestel het.”

“Ja, my Meester.”

“Ek is JaHshua. Ja, JaHWeH, die Allerhoogste God.”

Soos getuig, gedikteer, en afgeneem op hierdie 6de dag van Mei, 1999, Linda Newkirk.

 

As gevolg van die blomme, is ek genees van `n pyn wat my maande lank gepla het.

Aangaande die Kroon van Dorings..... In die voorafgaande weke het `n familielid met my gepraat aangaande die Kroon van Dorings. Hy het my vertel van sekere geestelike seëninge wat verbind word met die kroon en my aangeraai om die Meester hierin te soek. Ek het oor so `n kroon gebid, want ek het nooit gedink dat enigeen dit sou ontvang nie, want ons Meester het nie voorheen met my hieroor gepraat nie. Ek weet dat Hy dit hier geopenbaar het, sodat julle sal weet van hierdie kroon, sodat julle dit kan ontvang wanneer julle siele gereed is.

 
 
  Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX     BOEK X