Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 1

 

"Die Geheime Merk"


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel. Geseënd is jy op hierdie dag, My Kind en geseënd is diegene wat My woorde lees en My woorde met suiwer harte ontvang, omdat hulle My kinders is. Ja My Kind, die diep dinge roep die diep dinge en diep is My woorde in Boek Sewe. Ek het jou dae lank al vertel dat Boek Sewe binnekort `n aanvang gaan neem en gister het Ek vir jou gesê dat Ek vandag sal begin dikteer, maar in werklikheid het Boek Sewe alreeds op 7 Junie 2001 begin. Dit het begin op My dag en My nommer, want My woorde, wat geopenbaar sal word in hierdie boek, is groot. My kind, Ek weet dat jy wil weet hoe hierdie boek versprei sal word. Dit sal vryelik op die Internet beskikbaar gestel word. Diegene wat `n geskrewe kopie verlang, sal $25.00 moet aanstuur, wat genoegsaam behoort te wees vir die koste van die boek en posgeld. Persone buite die VSA sal $20.00 ekstra moet stuur vir addisionele posgeld. Alhoewel die koste om die boek van die VSA na sekere dele van die wêreld te pos, meer as $20.00 kan wees, sal alles aan die einde balanseer."

Geliefde Een, Ek weet dat jy wonder waaroor Ek kan praat wat so majestueus, so groot en so vol van My wonders kan wees, aangesien hierdie boek My nommer, die nommer Sewe, die nommer van My, JaHWeH, die Allerhoogste God, insluit. My Kind, soos Ek gesê het, ‘diep dinge roep na diep dinge’ en My verborge dinge sal hierin geopenbaar word. Anders as boeke Vyf en Ses wat bestel moet word, sal hierdie boek vryelik beskikbaar wees vir almal, want `n groot werk is op hande onder My volk en terselfdertyd is `n groot en verskriklike tragedie regoor die wêreld op hande. Die Antichris is op die punt om in Europa op te staan. Julle kan sy handewerk alreeds sien in die baie plae wat die wêreld op alle fronte tref. Voordat hy egter na vore sal tree, sal Ek My Gees in `n groot mate uitstort en My volk geestelik voorberei vir dit wat gaan kom. Ja, `n groot en verskriklike oordeel. My oordeel is op die wêreld en Europa sal geweldig ly, want Europa is die setel van wêreld-Satanisme en soos wat hierdie dinge gaan ontvou, sal dit geopenbaar word deur jou en van My ander profete en apostels."

 

 

"Die Merk"

"Die 'merk,' My Kind … Kyk na die Merk van die Dier!"

"My Vader, Ek sien `n stuk materiaal, die mooiste materiaal, wat die lig vang en op so `n reënboogkleurige manier gloei, dat dit lyk asof dit uit baie kleure bestaan. Hierdie materiaal rol eers voor my uit op iets wat soos `n vervoerband lyk. Daarna lyk dit of `n wind die materiaal gryp en in die lug indra, pragtige golwende materiaal. Nou lyk dit of dit gloei, `n pragtige glinsterende stuk materiaal. Om en om draai hierdie materiaal in die lug asof dit gevang is in `n warrelwind. Terwyl ek die materiaal dophou, tel die warrelwind skielik spoed op. Dan strek die materiaal skielik plat uit, asof die warrelwind dit dwing om plat te word. Die materiaal lyk soos `n platgedrukte warrelwind, wat vinnig in lae draai, vergelykbaar met `n draaikolk in water, dog plat met slegs `n baie klein middelpunt wat warrel. Skielik begin die draaikolk, of wat dit ookal is, sy glans te verloor en duisternis sak toe. Dit is asof `n baie donker skaduwee oor die draaikolk begin val en ek hoor geluide, soos die van `n trein wat sy remme aanslaan en uit die draaikolk sien ek `n paar swart stewels verrys. Hierdie stewels is duidelik deel van `n persoon, maar ek sien nie sy gesig nie, slegs sy stewels.

Dit lyk skielik asof die draaikolk ingesuig word tot binne-in die stewels, waar dit verdwyn. Nou kan ek die man sien wat hierdie stewels aanhet! Hy is soos `n prins aangetrek, met swierige en dekoratiewe klere, net soos wat ek vir Prins Charles sien dra het. Hy is egter nie Prins Charles nie. Nietemin, ek sien hom wel by `n tafel saam met Prins Charles, waar hulle elkeen aan `n glas wyn teug. Ek sien dat Prins Charles na hierdie man opsien en aan hom gehoorsaam is. Hy respekteer hom en dit lyk selfs asof hy hom vrees. In die agtergrond is ek nog bewus van die trein. Dit is `n swart trein en terug by die tafel sien ek weereens hierdie "prins" saam met Prins Charles. Hy is nou opgeblase en hy staan met sy bors uitgestoot, terwyl hy `n swart knuppel aan sy sy dra. My Vader, Ek hoor die woord, "charisma," want hierdie man het charisma. Hy is `n magtige oorreder van mense, maar hy is gevoelloos en wreed. Sy hart is so swart soos ebbehout. My Vader, hierdie man is sekerlik die Antichris!"

"Jy het dit gesien."

"Maar My Vader, vertel my die verborgenheid van hierdie stuk materiaal."

"Jy bedoel dat dit styf aanmekaar geweef is en dat dit glinster en baie pragtig is. "

"Ja, My Vader."

"O, dit is sy werke en vir die wêreldgesinde is dit baie mooi. Dit glinster, want dit bied aan die wêreldling `n groot vryheid, wat deur die stuk materiaal, drywende in die wind, verteenwoordig word. Maar hierdie vryheid is in werklikheid van korte duur. Nadat die mense van die wêreld gekom het om hierdie Sataniese stuk materiaal te bewonder en sy leë beloftes van vryheid aangegryp het, sal hulle in `n Sataniese warrelwind ingaan. Hierdie warrelwind van duisternis sal al nouer en nouer om die mense van die wêreld trek, totdat dit `n warrelwind van soliede staal word, wat so swart soos die nag is. Hierdie warrelwind van boosheid is onwrikbaar en diegene wat deur sy blink verleiding gevang word, se lot sal verseël word, asof in staal. Hulle sal nie kan uitkom nie. Die werklike outeur van hierdie boosheid sal te voorskyn kom, die Antichris, en hy sal die donker trein van boosheid en vernietiging uitbring."

"My Vader, hoe is hy aan Prins Charles verwant?"

"My Kind, hulle is van dieselfde familie. Maar onthou dit. Die Antichris het nog nie sy setel ingeneem nie, aangesien die hoogtepunt van bedrog nog nie bereik is nie en hy is dus nog nie ten volle gemagtig om dit te doen nie."

"My Vader, wie bemagtig hierdie man? U of die duiwel?"

"My Kind, Ek bemagtig hierdie man om die korruptes geheel en al te vernietig en om die wat Myne is, te forseer om te kies tussen My en My Seun, of die duiwel en sy weë. Hierdie keuse sal geforseer word deur die merk van die duiwel."

"My Vader, wat is sy merk?"

"Laat Ek dit so stel, My Kind, dat almal wat `n verbond met Lucifer sluit, deur hom gemerk is. Al die kerke wat tot die 501 ( c) 3 ingestem het, is in `n verbond met Lucifer, Satan, die duiwel en hy het hulle gemerk. Hy het hulle opgeëis. Hierdie merk kom in verskeie vorms voor en het verskeie vlakke. Een daarvan is die fisiese merk, `n merk van eienaarskap in die hand en op die voorhoof. `n Ander is `n geestelike merk, `n geestelike verbond of ooreenkoms met Satan, Lucifer, die duiwel, wat geestelik bindend is. `n Derde is `n ewige ooreenkoms, wat deur die ewigheid bindend is."

"En wat sal hierdie ewige ooreenkoms wees?"

"`n Totale afswering van My en My Seun en `n verklaring dat een god is!"

"My Vader, dit is wat Lucifer, Satan, die duiwel, gedoen het toe hy die oorlog teen U in die Hemel begin het!"

"Dit is so. Hy het gesê, ‘Ek is God,’ en hy het My beveg. Een derde van die Hemelse leërskare het beweer dat hulle ook gode is en hulle het geveg en was uitgedryf. Vandag is daar oningeligte siele op Aarde wat uit eie keuse `n verbond met Satan, Lucifer, die duiwel aangegaan het; hulle hang sy leringe aan en hulle noem hulleself gode. Hulle het in totaliteit teen My gerebelleer en het met Lucifer kant gekies in sy oorlog wat nog steeds aangaan."

"My Vader, hierdie oorlog in die Hemele gaan dus deur die eeue aan en Lucifer is steeds besig om sy leër op te bou uit menslike siele wat sê dat hulle gode is. Hulle is dus werklik deel van sy leër nadat hulle `n ewige verbond met Lucifer gesluit het dat hulle gode is."

"Dit is so en jy sien dit in Vrymesselary en alle gelowe en organisasies wat deur die Vrymesselary gestig is."

"O wee! My Vader, ek verstaan dat die Mormoonse Kerk gestig was deur die Vrymesselaars en dat Sataniese offers van mense, veral kinders, selfs vandag nog uitgevoer word in die ondergrondse vlakke van hierdie tempels."

"Dit is so."

"En dat sommige van die leiers reptielagtige gedaante verwisselaars is."

"Dit is so."

"En, My Vader, hulle hang die ewige huwelik aan en tot onlangs, soos ek dit verstaan, het almal in hierdie tempels `n bloedeed geneem."

"Dit is so."

"En die Mormone word vertel dat hulle gode is, dat hulle in die proses is om gode te word."

"Jy het geweet dit is waar en dit is nog steeds waar."

"Maar My Vader, U sê dat hierdie mense besig is om in `n ewige verbond met Lucifer in te gaan."

"Hulle het dit gedoen en hulle besef dit nie!"

"Maar My Vader, is die straf verskillend vir een wat so `n verbond aangaan, wetende dat hulle `n verbond met die duiwel aangegaan het, teenoor iemand wat dit nie weet nie?"

"Ja, inderwaarheid, maar baie weet! Die Vrymesselaars neem al hoe meer ernstige ede totdat hulle alles aan Lucifer weggegee het. Hulle doen dit uit vrye wil, wetende wat hulle doen. Teen die tyd dat hulle die 32ste en 33ste grade bereik het, weet hulle presies wat hulle gedoen het. Die ander wat ingelyf word, is slagoffers! Maar My Kind, onthou die pragtige stuk materiaal. Hulle (die Vrymesselaars) neem wat goed is en van My, wat Bybels is en hulle meng dit met alles wat donker en vol leuens is en wat van die duiwel afkomstig is. Mormonisme is `n enorme duiwelse kultus. Die volk is in gevangenskap en hulle weet dit nie! Hulle glo baie leuens en laat uit vrye wil toe dat hulle deur hordes reptiele beheer word. Baie van die Mormoonse kinders word in die binnekant van hierdie tempels aan die duiwel geoffer en baie klein en dierbare kinders word gesodomiseer en verkrag. Hulle lewens word geruïneer. Baie ander word regdeur die VSA en regoor die wêreld deur Lucifer gebruik in sy bewussynbeheer ("mind control") programme. Ja, werklikwaar, die kerk van die Mormone is die kerk van die duiwel, terwyl hulle lidmate geleer word om `n leuen te glo dat hulle die enigste ware kerk is. Ek vra jou, My Kind, tydens My Seun, JaHshua, se verblyf op Aarde, aan watter kerk het hy behoort?"

"Aan geen kerk nie."

"My Kind, My ‘Kerk’ is vry. My Seun is aan die hoof daarvan. Diegene wat in My ‘Kerk’ preek en onderrig is vry, want hulle hang geen kerk of denominasie aan nie. My gawes van die Gees vloei vryelik in My ‘Kerk’, aangesien dit nie deur die bande van die wêreld gebonde is nie. Hulle wat by My ‘Kerk’ in- en uitgaan word genees en vrygelaat, want My ware leiers is vry. Ek is jou Vader in die Hemel en ons sal later meer oor hierdie onderwerp praat."

 

Soos getuig en gedikteer en afgeneem op hierdie 8ste dag van Junie, 2001,
Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX