Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 4

 

"Die Seël Is Gebreek"


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Beskou vandag My woorde, want Ek sal baie aan jou gee en dit sal tot voordeel wees vir die Kinders van die Mens, ja selfs vir die Kinders van God, die Seuns en Dogters van die Allerhoogste en JaHWeH, die Een God. Luister na My, My Kleintjie, as Ek jou vertel dat die Aarde, haarself, binne-in `n see van duisternis rus, deurdat die saamgestelde sondes van die mens nie net die Aarde, haarself, besoedel het nie, maar ook die ruimte rondom die Aarde en selfs tot ver in die ruimte in. Daarom sien baie deur `n donkerbril en ander sien net gedeeltelik. As dit nie vir My Toegewydes was wat My eerste in hulle lewe geplaas het en My met hulle hele hart liefgehad het nie, sou hierdie planeet alreeds ingeplof het. Hierdie duisternis is `n bitter sikloon van vernietiging wat homself op die ou end gaan verslind. Ja, My Kind, Ek weet dat jy wonder waarom Ek Lucifer en ander wat soos hy dink, hier rond toegelaat het en die sleutelwoord is 'toegelaat.' Omdat dit deel van My Goddelike Plan is het Ek Lucifer en ander soos hy toegelaat om alle mense in die versoeking te lei, sodat almal beproef en getoets kan word en dus waardig bevind kan word vir die Koninkryk van God.

My Kleintjie, Ek sal jou dra tot binne-in `n nuwe woord en sommige van dit wat jy gaan sien sal jou sekerlik verras. Nietemin My Kind, gaan aan met die volgende hoofstuk van Boek Sewe, ja dit is Hoofstuk Vier. Geliefde Een, skryf dit wat aan jou geopenbaar word en wanneer jy nie verstaan nie, vra net en Ek sal verduidelik."

"Ja, My Vader, ek sien `n boek voor my." Hierdie is `n baie groot boek en dit is verdeel in afdelings met vlaggies aan die begin van elke afdeling. Met die eerste oogopslag dink ek dat hierdie vlaggies die letters van die alfabet verteenwoordig, maar toe ek dit van nader bekyk, sien ek dat daar `n vreemde skrif daarop is wat ek nie kan lees nie. Die boek is geseël, maar toe ek dit aanraak, begin die seël om vanaf die buitenste rande te smelt. Terwyl ek die boek aanraak, het ook die kleur van die buiteblad, wat donker, amper swart gelyk het, vinnig verander in die mooiste blou, soos die blou van kristalhelder water. Met my hand op die boek hoor ek `n geluid soos van `n wind wat vinnig waai en hierdie magtige wind trek my soos `n warrelwind vorentoe en die wind dra my kop eerste deur die buiteblad van die boek. Ek is skielik in `n kamer en ek land saggies op die mooiste vloer, Ek kyk rondom my en sien dat die kamer leeg is. Die vloere lyk of dit van hardehout gemaak kan wees, maar by nadere ondersoek sien ek dat dit gemaak is van die pragtigste skitterende klip, klip wat in lang repe gesny is en so aanmekaar gelas is sodat dit soos hout lyk. Hierdie klip het selfs `n grein soos hout en toe ek daaraan raak is dit nie koud nie, maar warm. Eers sien ek geen meubels nie, slegs `n kamer met baie vensters en die mooiste gordyne, wat lyk asof dit van systof gemaak is. Die gordyne het `n sagte roomkleurige kleur as agtergrond en daarop is ontwerpe van pampoene wat aanmekaar verbind is met groen wingerdlote. Hierdie ontwerpe is egter baie klein en kan net gesien word as jy dit van naderby bekyk. Nou en dan beweeg die gordyne liggies asof gestu deur `n sagte windjie. Ek sluit my oë en is baie bewus van hierdie warm en sagte windjie wat my herinner aan `n seewindjie op `n vroeë somer oggend. Ek kyk agter my en sien `n toonbank soortgelyk aan die toonbank van `n herberg. Die voorste deel van die toonbank is gemaak van dieselfde klip as die vloer en alles is basies eenvoudig, behalwe vir `n wit blad wat `n reënboogkleurige tint het. Ek kan nie verseker die kleur van die toonbank se blad bepaal nie, want dit lyk lewendig met verskillende skakerings van blou en groen. Agter die toonbank is `n pragtige wese. Sekerlik is sy vroulik! Terwyl ek by myself dink dat die wese vroulik moet wees, kyk sy na my toe en sê, 'ja.' Sy is in wit geklee, `n pragtige wit kleed wat bo-oor `n wit rok gedra word. Aan haar linkerhand is `n pragtige blou saffierring, wat lewe met `n glans wat jou boei.

"Hallo," groet ek haar, "my naam is Linda Newkirk, `n dienskneg van die Allerhoogste."

"Ek weet," sê sy, "want Hy het jou hierheen ontbied. Gaan in deur die reguit poort, want die pad is smal en min vind die weg."

"Ja," sê ek vir haar, " Ek weet." En skielik voel ek dat `n groot droefheid my begin oorweldig. Trane wel in my oë op en ek begin so hewig te huil dat ek al snikkende op die vloer neerval. Dit lyk of groot droefheid my orals gryp soos wat Ek die laste van die wêreld op my skouers voel.

"Moenie huil nie, Dierbare Een, want baie mense word deur die Breë Weg gelok." Terwyl sy hierdie woorde sê, kom `n sagte wind en droog my trane af. Blou voëls verskyn skielik en begin om my hare te tooi. Ek kan die gefladder van hulle vlerke voel en as ek opreik om aan hulle te raak, voel ek dat hulle besig is om in my hare te werk. Sulke liefde straal van hierdie dierbare voëls uit en binne `n oomblik voel ek groot blydskap terugkeer na my siel."

"Wat doen hulle," vra ek die Engel.

"Hulle is hier om jou mooi te maak. Jou hare het gedeeltelik nat geword van die trane en hulle is besig om dit weer te versorg. Hier en daar bind hulle jou hare op met diamante wat vanaf die troon van die Allerhoogste God, onse Geliefde Vader JaHWeH af kom.

"Waarom het hulle gekom?"

"Binnekort, sommer nou-nou, sal jy by die deur agter die toonbank ingaan en sal jy die Allerhoogste ontmoet. Jy sal tot in die Allerheiligste (Apartheid van die aparthede) geneem word."

"Sal ek dit agterna onthou?"

"O ja, jy sal dit onthou, want die seël van hierdie boek is nou gebreek en die woorde daarin sal vir jou gegee word."

"Ek is net bang dat ek nie aanvaarbaar is nie."

"Maar jy is, en as jy nie in die gees aanvaarbaar was is, sou jy nie die krag ontvang het om die seël te breek van dit wat deur die Allerhoogste geskryf is en vir jou vir hierdie tyd bewaar is nie."

"O, Pragtige Dienskneg van die Allerhoogste, ek is gereed!" Ek kyk af en sien dat ek geklee is in `n wit kleed wat die lig op so `n manier reflekteer dat dit lyk soos pêrels. Dit straal `n suiwer lig uit en hierdie suiwer lig versprei ook vanuit my skoene en hande. Skielik voel ek so vol blydskap, lig en glans asof ek kan vlieg.

"Is jy gereed," vra sy.

"O, ja!" En in `n oomblik word ek, asof in `n warrelwind, getrek na die deur agter die toonbank en ek gaan so vinnig deur hierdie deur dat ek nie behoorlik daarvan bewus is nie. Skielik bevind ek myself langs hierdie Engel en ons staan op die pragtigste skitterende elektriese blou see. So ver as die oog kan sien strek hierdie blou see voor ons uit en dit lyk of dit van suiwer glas of skitterende blou klip gemaak kan wees. Ek neem `n tree vorentoe en kom agter dat dit waarop ek loop so glad soos glas is. Die Engel neem my hand, tel my op en sê, "Bekyk jou glinsterende voete, want Met hulle sal dit vir jou moontlik wees om bokant die see te sweef!"

Ek kyk af en sien dat die mooiste lig van hulle af uitstraal en my voete verlaat die gladde glas en hierdie krag lig my op tot bokant die see. Interessant, ek merk dat die wese se blou ring lyk asof dit deel van die see kan wees, so eenders is die blou kleur daarvan en die van die see. Reg rondom my gewaar ek `n elektriese blou skynsel. Hierdie skitterende blou is ook in die lug, lewendig met elektrisiteit. Hier en daar sien ek vibrerende blou dwarrels, vortekse van klein blou elektriese warrelwinde. Oombliklik vlieg ek skynbaar, opgevang in hierdie verhewe prag, so vol van blydskap en glans. O, wat `n tyd van blydskap!

"Bly gefokus, dierbare Een, ons gaan nou die Allerheiligste binne." Met hierdie woorde word ek teruggebring na die doel waarvoor ek hier is en die erns van die tye. Voor my is wit handreëlings wat, alhoewel eenvoudig uitgekerf, nogtans glansend en suiwer is. "Wag hier," sê sy en verdwyn dan voor my oë.

Die pragtigste lied begin om oor my te spoel en ek val in diepe eerbied op my knieë neer. Dit klink asof dit vanuit alle rigtings kom en tot my verbasing ken ek die woorde daarvan. Ek weet ook dat ek alt gaan sing, terwyl ek op aarde sopraan sing. Hierdie pragtige lied is `n lied van lof en dit vertel van ons dierbare God JaHWeH en Sy Geliefde Seun. Daar is baie lof vir die Lam van God. Terwyl ek van die Lam van God sing, sien ek onse Geliefde Meester JaHshua skielik voor my waar Hy op `n wit perd sit. Sy oë is soos vuur en Hy is in wit geklee. Hy dra `n boog oor sy skouer en `n pyl in sy hand.

Ek voel `n sagte aanraking op my skouer en sit regop vanwaar ek uitgestrek op my gesig in die teenwoordigheid van onse Meester JaHshua gelê het. Terwyl ek orent kom, sien ek dat die Engel teruggekom het en sy sê. "Die Allerhoogste sal jou nou sien". Ek probeer opstaan, maar my knieë is wankelrig en my voete voel so onvas dat ek vrees ek gaan weer op my gesig terugval.

"Moenie bang wees nie," sê sy, "jy het Hom tog al baie keer aanskou."

"O, Pragtige Dienskneg van God, ek is net `n jong kind en ek is bang ek doen of sê iets wat onse Vader en onse Dierbare JaHshua aanstoot sal gee!"

"Ja, dit is bekend, maar wees gerus, want Hy is vir ewig vol liefde en barmhartigheid." Met hierdie woorde, verskyn ons vinnig voor die troon van die Allerhoogste en tussen ons en Hom is `n tapyt met die mees ongewone simbole en ontwerpe. Terwyl ek die tapyt beskou, sê `n donderende stem, "Die Tapyt van Skepping." Net toe ek die stem hoor, duik `n vlieënde arend af na my kop toe en ruk met sy kloue die diamante uit my hare uit. My hart spring in my keel en ek is so bevrees dat ek gesig eerste op die tapyt voor die Allerhoogste God, JaHWeH, neerval.

"My Geliefde Kind," sê Hy. "Staan op en moenie huil nie. Ek het geen begeerte om jou bang te maak nie," maar O, ek bly bang! Dan tel die Engel my op en dra my na die troon van die Allerhoogste waar al my vrese begin wegsmelt, want ek word gebaai in soveel liefde en barmhartigheid. Voor Hom is `n bak met vrugte en Hy sê, "My Kind, eet van die Boom van die Lewe, want in die aardse liggaam sal jy die dood nie smaak nie." Ek kies `n baie sappige vrug wat soos `n peer lyk, maar met pienk vlees en eet dit op. Die vrug bevat soveel sap dat dit teen my arm afloop. "Kry nog een," sê Hy. Ek kies `n ander vrug, waarvan ek die gelyke nie ken nie. Want dit is oranje, soos `n tamatiepruim (of dadelpruim), nogtans is dit roomkleurig binne, met `n titseltjie vanilla geur. O, die reuk van hierdie vrugte, want dit is so heerlik. Nadat ek die vrug opgeëet het, sê onse Vader, "My Kind, weet jy waarom jy hier is?"

Op daardie oomblik kyk ek op na ons Vader en ek besef hoe ontsagwekkend Hy is, want Sy oë is `n suiwer see van liefde. Ek voel so klein en terselfdertyd so vol liefde en vrede dat ek skielik glad nie uitsien na die oomblik wanneer ek sal moet teruggaan nie. Net die gedagte om van Hom af weg te gaan, bring trane in my oë. "My Kleintjie," sê Hy, "Ek weet van al jou probleme, want Ek het baie daarvan op jou pad gebring. Ek ken jou hart en Ek het haar vol liefde gevind vir My en vir My Seun en ook vir jou broers en susters. My Kleintjie, Ek weet hoe dikwels jy daarna verlang om huis toe te kom. Ek hoor elke keer wanneer jy My vertel hoe baie jy na My en My Seun verlang. Ek hoor jou elke keer wanneer jy sê dat jy My liefhet. Ek ken en verstaan jou geesdrif vir herlewing, want jy weet dit is om siele te red. Jy weet dat hierdie herlewing nie oor jouself gaan nie en dat jy geen motief vir roem of glorie het nie. Ek ken jou teruggetrokkenheid en dat jy gladnie in die kalklig wil beweeg nie. Jy het nie rykdom jou doel gemaak nie, maar het eenvoudig voor My gewandel. My Kleintjie, dit is waarom jy nou hier by My is en andere nie. Ek ken jou hart en Ek het haar suiwer gevind. My Dierbare Kind, Ek sal geen goeie ding van jou en jou man weerhou nie. Ja, die skatkamer van die Hemel is oop vir jou. Wat Myne is, sal vryelik aan julle twee beskikbaar gestel word. Ek sal jou tot by die eindes van die Aarde dra om My woorde daarheen te neem en om My Seun se boodskap van Verlossing met ander te deel. Fokus net op My Woord en moet nie toelaat dat jou aandag afgetrek word nie, sodat dit wat Ek vir jou belowe het, nie gesteel mag word nie, aangesien `n tyd van groot en magtige wonderwerke vir julle twee aangebreek het. Beide van julle sal die gawe van verplasing verder ontwikkel. Waarlik, My Kleintjie, jy het alreeds die afgelope tyd met hierdie gawe gevorder. Deur hierdie gawe sal Ek jou sekerlik na baie lande toe neem en jou veilig terugbring. Geen wapen wat teen jou gebruik kan word, sal slaag nie, want Ek het dit so beskik. My Kleintjie, baie inligting kom in hierdie boek na vore vir die verlossing van almal. Maak daarom daagliks tyd vir baie gebede en vas soos wat Ek jou sal lei. Jy vra uit oor die verplasing sleutel wat deur Timothy Snodgrass, My Geliefde Dienskneg, aan twee van julle gegee is en Ek sal jou vertel van hierdie sleutel. My Kind, kyk na die sleutel van verplasing, dit is op jou skoot."

"My Vader, Ek het dit en dit lyk so groot en gewigtig dat ek dit skaars kan optel."

"Dit lyk nou groot vir jou, maar dit sal nie so wees wanneer jy dit sal ontvang nie, want in hierdie ryk kan jy sien dat hierdie `n baie groot gawe van My is. Dit lyk so swaar want vanuit die vlees kan jy hierdie sleutel nie optel of selfs gebruik nie. Jy beweeg in en uit hierdie gawe deur My Gees. Tel die sleutel op en eet dit."

"My Vader, het U gesê ek moet dit eet?"

"Ja."

Ek tel die sleutel op, wat so lig soos `n veer voel en toe dit naby my mond kom, vlieg dit in my keel af asof dit aangejaag word deur `n magtige warrelwind. Skielik bevind ek myself in `n visioen en ek staan voor `n deur. Op die deur is die woorde, 'Die deur van verplasing,' geskryf en ek hoor ons Vader in die Hemel sê, "Gaan daarin." Ek reik uit om aan die deur te raak en toe ek daaraan raak vlieg die deur oop. Op die drumpel van die deur is die woorde, "Jy sal nooit weer dieselfde wees nie." Hierdie woorde veroorsaak `n onrustigheid op die krop van my maag, maar dan hoor ek ons Vader sê, "Gaan voort." Ek tree oor die drumpel en soos wat ek oorgaan beland ek in `n pienk lig. Ek kan voel hoedat hierdie lig soos messe deur my sny, maar ek ervaar geen pyn nie. Ek staan net daar en ek weet nie wat ek moet doen nie. Die lig is vol kragtige energieë, wat in lyne beweeg, maar ook in golwe. Ek voel al swakker hoe langer ek in die lig staan. Skielik verander die lig in `n massiewe warrelwind en ek hoor die Engel sê, "Hou vas!"

"Hou vas," sê ek in my gedagte, "Hou vas aan wat?" Ek besef toe dat sy bedoel "Hou vas aan jou rigting," want die wind en die lig dra my al in die rondte, so vinnig dat Ek skaars kan onthou wie ek is, wat nog van waar ek is. Binne-in hierdie warrelwind begin ek vir God te smeek, want ek is bang. Skielik word ek teruggeslinger na die kamer met die Engel en die toonbank en ek tel myself van die vloer af op, terwyl ek voel asof ek in repies geskeur is. Ek is egter ongedeerd. Ek dra nog dieselfde klere en my skoene straal nog die Lig van God uit, maar nou het die skoene `n pienk glans. Aan my linkerhand is `n blou ring, net soos die van die Engel en net toe ek haar `n vraag wou vra, kom daar `n groot krag van my voete en my liggaam skiet op deur die dak van die kamer en uit deur die buiteblad van die boek. Ek kyk af na die eerste vlaggie van die boek. Dit was voorheen onsigbaar maar nou lees dit, "Die gawe van verplasing."

 

Soos getuig, gedikteer en opgeneem hierdie 23ste dag van Augustus, 2001,
Linda Newkirk.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX