Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 6

 

"Sleutels Aan Die Nasies"


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Luister na My, My Kleintjie, want Ek gee vir jou `n boodskap vir die nasies. Ek plaas die sleutels aan die nasies in jou hande en Ek sal nuwe kanale oopmaak waarin Ek jou na hierdie nasies sal stuur met My gewyde woord."

"My Vader, terwyl ek voor U troon staan, neem ek beide die geskrewe woorde en die ring met sleutels. Die ring bevat een groot sleutel en baie kleiner sleutels en wanneer ek dit neem, is die bos sleutels so swaar dat ek myself moet inspan om dit te dra."

"Nie deur mag of deur menslike krag nie, maar deur die Gees van God."

En terwyl die Allerhoogste hierdie woorde spreek, begin die ring met sleutels `n groot lig uitstraal en ek bevind myself bokant die Aarde, waar ek die lande deurreis. Die waters beweeg vinnig onder my voete verby en hier en daar sien ek plekke op land en see wat verlig word wanneer ek verbygaan. Hier en daar strooi ek sade wat ek uit `n emmer in my linkerhand uithaal en hierdie sade word genoem die Heilige (Aparte) Sade van Verlossing. Noord en Suid gaan ek, Oos en Wes gaan Ek terwyl die sade die wêreld besaai. Dan, na `n tyd staan ek bokant die Noordpool en dan kom ons Vader, vol liefde en barmhartigheid en Hy plaas `n kroon op my hoof. Terwyl Hy dit doen sê Hy, "Die Kroon van Verlossing, want jy sal baie siele tot verlossing lei."

Dan skielik is daar `n deur voor my en onse Vader in die Hemele sê, "Gaan in en eet." Ek gaan by die goue deur in en ek sit aan om dit wat voor my is, te eet."

"Eet hierdie boek," sê die Allerhoogste.

Ek eet die boek, bladsy vir bladsy. Dit proe bitter en souterig en het die smaak van skimmel en muf. Dit proe so sleg dat ek glo ek gaan siek word.

"Die barensnood van verlossing," sê Hy.

Binnekort is die boek opgeëet en ek drink uit die beker wat voor my is en die smaak is bitter en suur. Alhoewel dit my tong en keel brand, drink ek alles. Hy sê, "Bitter is die beker van verlossing."

Ek staan van die tafel af op en langs die spieël wat agter my is staan die profeet Timothy Snodgrass en Hy sê, "Kyk!" Ek kyk in die spieël en krimp ineen, druk my bors vas en gil hard, want ek sien allerhande diere van die oerwoud soos renosters, tiere, verskillende jagvoëls, giftige slange en ongediertes. Toe ek sien wat voor my is, gryp ek my bors vas en skree weereens hardop: O my!"

Dan sê Timothy weer, "Kyk!" Ek kyk weer en sien dat ek en Dennis in die boendoe in `n bootjie op `n rivier is en ek snak na asem want daar is slange in die bome en ek gil weer: "O my!"

Timothy raak aan die Kroon van Verlossing op my hoof en ek merk dat hy ook so `n kroon dra. Skielik, sonder enige rede, voel ek flou, want dit voel asof ek deur die Gees geslaan word wanneer Timothy hierdie kroon aanraak. En terwyl ek deur die Gees geslaan word, tree ek `n ander visioen binne en Ek sien siele wat almal in wit aangetrek is en hulle sweef net bokant die grond. In die lug bokant hulle is `n groot glansrykheid en in die glans is onse Meester JaHshua en Hy sê, "Geseënd is die wat vrede in hulle hart het, want hulle sal die Koninkryk van God beërwe." Op daardie oomblik sien ek `n swart deur wat oopmaak en dit lei direk in die brandende vure van die hel. Uit hierdie vurige putte hoor ek `n groot geween en gekerm en geskreeu, soos van die duiwel self wat amok maak en ek sê, "O Meester! Meester JaHshua, as dit nie is vir U barmhartigheid, U liefde en U medelye nie, daar gaan Ek!" In `n oogwenk maak die valdeur toe en is ek terug by die tafel. Timothy is agter my, maar hy vervaag soos in `n droom. Weereens word ek `n ete aangebied. Hierdie keer is daar `n eier voor my, maar dit is nie `n regte eier nie, want hierdie eier is gemaak van juwele en kosbare pêrels en dit kan in die middel oopmaak. Binne-in hierdie eier is `n goue halssnoer en toe ek dit uithaal, hoor ek die stem van die Allerhoogste God JaHWeH wat sê, "Eet die goud, want rykdom het jy nie, maar op die bepaalde tyd sal die rykdom van die boosdoeners aan jou behoort en dit sal gebruik word vir die verlossing van baie siele."

Ek neem die goue halssnoer en eet dit, waarna daar baie rook by my mond uitborrel. Suur, iets soos swaelsuur, spu by my mond uit, My mond brand en die pyn is feitlik ondraaglik. Dan sien ek `n vulkaan ontplof en ek hoor die woorde, "net soos Popocatapetl." Die lug word vol as en rook en gesmelte lawa. Mense probeer wegkom, maar net sommige slaag daarin, maar ander nie. Stede brand en word verswelg. Nog `n vulkaan bars uit, "soos die van Kilauea." Huise word vernietig en die see vloei vol gesmelte lawa. Daarna volg `n derde vulkaan wat hoog die lug in blaas en hierdie een is "soos Mt Fuji in Japan." Die kruin van hierdie berg word heeltemal weggeblaas. Enorme rotsblokke word hoog die lug ingeskiet, terwyl as en brandende klippe kilometers ver deur die lug trek. Gesmelte lawa, stoom en kokende water stroom uit die vulkaan en ek hoor die stem van die Allerhoogste God JaHWeH wat sê, "Net drie van Sewe!"

Ek val vooroor op die tafel en ek ween en huil voor God sodat trane van bloed uit my oë uit stroom. Soos wat ek die trane van bloed wegvee,sien ek die profetes Sherri Elijah. Sy slaap en ek sê vir haar, "Word wakker, my Suster, want die klank van die ramshoring vul die lug!" Terwyl sy kyk, vul `n groot vuurbal die lug en nog een en nog een, soveel dat daar `n groot verskrikking oor die mense kom en terwyl sy kyk, vra sy, "O wee, wat is dit?" En die Allerhoogste God JaHWeH antwoord en sê, "My gramskap en My toorn." Terwyl ek in groot verwondering na hierdie gebeure kyk sê ek vir haar: "Sherri, kom hier. Kom hoog op hierdie Gewyde Berg en kyk!" En sy kom saam met my na die Gewyde Berg en terwyl ons staan en afkyk, sien ons `n groot en magtige dam wat breek en water stroom af tussen berge in en hele stede word verwoes en ek hoor die woorde, "Soos in Peru." Ek voel skielik swak en benoud, want dit is `n geweldige ramp en baie het onder die water omgekom. Net voordat ek voel dat ek flou gaan word van hierdie groot pyn en smart, slaan `n groot weerligstraal bokant ons koppe en ons sien en hoor albei `n "brandende ster," wat in die oseaan stort. Ek hoor ons Vader sê, "Soos die Stille Oseaan." Die winde huil en die lug is staties met vuur, terwyl siedende waters die eilande oorstroom. Dit is donker terwyl rook en stoom die atmosfeer vul. Regoor die wêreld is die mense angsbevange, omdat `n groot verskrikking die atmosfeer getref het. Maar die Engele is verheug en hulle roep uit, "Dit is `n nuwe dag vir die Allerhoogste. Siele sal gered word. Oorwinnings sal verkry word. Die Allerhoogste God JaHWeH is soewerein oor alles."

Maar hieronder my sien ek die Rooi Draak en ek vestig Sherri se aandag op hom. Die Rooi Draak het groter mag verkry (nuwe hoogtes bereik) en hy beplan om hierdie tyd van verskrikking te gebruik tot voordeel van sy eie agenda, maar hy word nie toegelaat nie. Sy stert en sy voete word deur die Allerhoogste vasgepen, want dit is nog nie sy tyd nie. En, die stem van die Allerhoogste God JaHWeH beier van Sy Gewyde Berg af en Sy woorde vul die lug en Hy sê, "Aan die mensdom is nog `n seisoen gegee!" Dan ween ek en Sherri. Ons val op ons aangesigte op God se Gewyde Berg, want ons weet dat ons addisionele tyd gegee sal word vir die verlossing van siele. Aan JaHWeH, die Allerhoogste God, die lof en glorie vir ewig en vir ewig.

"My Kleintjie, Ek is jou Vader in die Hemel. Hierdie is Hoofstuk Ses van Boek Sewe. Gaan vandag in vrede en wees geseënd."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem hierdie 25steh dag van Augustus,2001,
Linda Newkirk


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX