Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 7

 

"Die Kissie met Diamante, en nog meer."


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel. Ek bring jou vandag voor My Troon om jou na `n nuwe bewustheid te lei. Maak jou hande oop en ontvang van My, want Ek het vandag `n seëning vir jou."

"O my Dierbare Vader! Ere aan U Naam! Apartgestel is U Naam! Aan U die lof en die eer vir ewig en altyd." Ek val op my aangesig voor die Allerhoogste God en ek begin te huil. In my hand is `n wit kissie wat `n groot lig uitstraal, maar ek voel alreeds in my gees dat Lucifer dit wat aan my gegee is, graag sou wou steel en ek druk die kissie styf teen my bors vas.

"Moet nie bang wees nie, My Kleintjie, want dit wat Ek vir jou gegee het, sal niemand wegneem nie. Maak die kissie oop, eet alles wat daarin is en dan moet jy die kissie ook eet."

Ek maak die kissie oop en dit is vol skitterende stene wat lyk soos gesnyde diamante. Ek weet nie hoe ek die stene sal kan kou nie, maar ek gryp `n handvol en druk dit in my mond. Tot my verbasing is dit nie moeilik om hulle te kou nie, want hulle verkrummel maklik in my mond en stel die soetste geur vry. Hulle is in werklikheid vol sap en so lekker dat ek daarna uitsien om alles te eet. Ek sit voor die troon van God en eet al die stene op en vind `n sleutel op die bodem van die kissie. Dit lyk soos die sleutel van verplasing, maar terwyl ek nog daaroor dink, sê die Gees van God, "Nee, dit is nie."

"Vader, wat moet ek met hierdie sleutel doen?"

"Kom hier, My Kind, hierdie sleutel maak `n ander kissie oop." Ek staan op vanwaar ek voor Sy troon gesit het, neem die sleutel en klein kissie en sweef na die troon van ons Vader."

"Plaas die sleutel in die kissie, want hierdie sleutel is vir jou gereserveer sodat jy hierdie kissie op hierdie spesifieke tyd kan oopmaak."

"Vader, moet ek hierdie kissie eerste eet?"

"Soos jy wil."

Ek vou die sagte, buigbare klein kissie op en eet dit. Terwyl ek dit eet, hoor en sien ek ontploffings wat in die Gees afgaan en ek begin onvas en dronk voel."

"My Vader, Ek voel lighoofdig asof ek dronk is."

"Ja, jy is nie dronk nie, slegs dronk met die krag van My Gees, want alles wat jy moes eet, is aan jou gegee om My Gees binne-in jou te vermeerder. Hierdie is My gawe wat Ek vandag aan jou gee en dit is `n magtige gawe."

Stadig begin die onvastheid weggaan en ek voel `n groot glans, soos ek nog nooit tevore gesien het nie, rondom my en op my. Die liefde van God vul en baai my met soveel prag dat my hart skoon van blydskap spring. In my hande is die sleutel en voor my is die groot kissie en terwyl ek die sleutel versigtig in die sleutelgat sit, voel ek so opgewonde soos `n jong kind op `n verjaarsdagpartytjie. Sagkens plaas ek die sleutel in die kissie en ek gee die sleutel `n kwartdraai na regs en die deksel spring oop. Die kissie is nogal groot, amper groot genoeg vir my om daarin te kruip en ek moet myself lig om te sien wat in die kissie is. Daarbinne sien ek `n aantal pakkies wat met linte toegebind is. Nuuskierig kyk ek na onse Vader en vra Hom wat ek moet doen."

"Maak alles oop," sê Hy.

"Ek neem die eerste pakkie en toe ek dit aanraak, ontknoop die lint self en die papier draai self af en `n vloeiende kleed ontvou voor my oë. Op die rugkant van die kleed is die woord, 'Sjina,' en terwyl ek die kleed gryp en dit na my bors toe trek, vra ek onse Vader, " Verteenwoordig hierdie kleed wat ek glo, dat ek na Sjina sal gaan?"

"Ja, My Kind, my woorde sal deur jou in Sjina kom, want die deur is nou oopgemaak."

"Vader, wat doen ek met hierdie kleed?"

"Eet dit."

"Eet hierdie kleed ook?"

"Ja, My Kind."

Ek neem die kleed en toe ek dit na my mond toe bring, vlieg dit in my keel af, en ek hoor en sien `n vulkaan wat sy kruin afblaas. "Vader, wat was dit?"

"Dit was kommunisme in Sjina. Dit sal eendag hemelhoog opblaas, net soos wat jy die vulkaan dit sien doen het."

"Vader, hoe lank nog?"

"Wanneer die see inplof as gevolg van die 'brandende ster,' dit is wanneer."

"Is dit wanneer ek U woord na Sjina sal neem?"

"Dit is wanneer jy deur die oopgemaakte deur sal gaan. Gaan voort."

Ek kyk in die kissie en haal die volgende pakkie uit, Dit is dik, maar lig soos `n veer. Ek maak die pakkie oop en sien dat daar vyf mantels in is, verpak as een. Ek wou nog die linte afhaal, maar dit kom self los en die pakkies ontvou self. Voor my is die vyf mantels. Een sê, 'Malaysië.' `n tweede, 'Indonesië.' `n derde, 'Bahamas.' `n vierde, 'Sahara Woestyn,' en, `n vyfde 'Engeland.'

"Eet alles," sê ons Vader.

En onmiddellik strengel die vyf mantels ineen en jaag kraag eerste in my keel af. Direk daarna sien ek verskriklike visioene van mense wat veg en mekaar doodmaak en daar lê baie dooies in die strate met bloed oor alles. Die stank is oorweldigend. Vlieë koek saam en bose mense met gewere dwaal in die strate. "O Vader, wat is hierdie? Is hierdie dit wat ons nog gaan sien?"

"Jy sal, maar geweld sal nie naby jou kom nie. Hulle wat daaraan dink om jou kwaad aan te doen, sal van nou af `n vinnige dood sterf. Wee enigeen wat `n hand op My Gesalfdes lê, of wat kom om te tart en te minag. Soos wat die beer die opstandige kinders wat Elisa getart het, doodgemaak het, so sal dit ook die lot wees van die wat sal kom om My Gesalfdes te tart, te minag en kwaad aan te doen."

"Maar Vader as ek mag vra, wat op aarde kan ons in `n woestyn doen?"

"Die siekes gesond maak en die dooies opwek. Lewende Water voorsien waar daar nie is nie en ook fisiese water en enigiets doen wat jy dink is onmoontlik."

"Vader, is dit al wat ek tans nodig het om te weet van hierdie vyf plekke?"

"Op hierdie tydstip is dit al."

"Vader, Ek sien nog drie pakkies in die kissie. Ek tel die volgende een op en dit is baie swaar. Dit lyk klein en lig, maar dit voel asof daar `n klip in is. Vader, waarom is dit so?" Toe ek hierdie woorde sê, kom die linte los en die papier kom self af. Ek sien `n kleed wat lyk asof dit van staal gemaak is. Dit is blink soos metaal, maar sag en daarop is die woorde, 'Kleed van Verplasing.' Binne hierdie kleed is nog `n kleed wat geheg is aan die eerste kleed. Hierdie tweede kleed sê, ‘Vir Dennis, wanneer die tyd binnekort aanbreek.' Vader, sal Ek albei eet?"

"Gaan voort."

En selfs nog voor die woorde van onse Vader kon insink, gaan `n lang metaalpyp in my keel af met die geloei van `n groot hoeveelheid stoom wat ontsnap. Stoom kom uit my mond, oë, ore en my hande en voete. Skielik voel ek dat ek soos `n koeël opskiet en ek weet dat ek vlieg en sweef oor die Aarde. Dan hoor ek die woorde van ons Vader en Hy sê, "Dierbare Kind," en ek staan skielik voor Hom.

"My wonderlikste en die mooiste Vader, wat het met my gebeur?"

"Jy het `n voorsmaak van die gawe van verplasing gekry."

"Maar Vader, dit moes meer as `n voorsmaak gewees het, want stoom het oral by my uitgekom."

"Ja, My Kind, Ek weet dat dit vir jou na meer as `n voorsmaak gevoel het, maar Ek kan jou verseker dat dit wat jy beleef het, net `n voorsmaak was."

"Vader, Ek het nog twee pakkies oor en as ek uitreik na hulle toe, sien ek dat hulle aanmekaar is, twee pakkies in een." Toe ek aan die bokant van die pakkie raak, styg die twee uit die kissie en vou voor my oë oop. Twee mantels, sy aan sy maar sonder name. Een kleed het `n geruite patroon van wit en donkerbruin en die ander `n patroon van wit met groen strepe. Vader, hierdie twee mantels wat aanmekaar geheg is, is vir my `n raaisel. Sal U dit verduidelik?"

"Ja, My Kind, hierdie twee geheime mantels wat aanmekaar geheg is, is jy en Dennis. Julle verbintenis was bevestig nog voor die grondlegging van die wêreld. Julle is baie verskillend, dog baie dieselfde. Julle het elk `n verskillend patroon, maar streef dieselfde oogmerke na."

"Vader, wat sal ek doen met die klere?"

"Eet dit."

"Albei?"

"Ja."

Voordat ek dit egter kon eet, word `n bord aan my oorhandig en die mantels verander skielik in voedsel. Ek eet die mantels, wat soos `n hoop glans op die bord lê en toe ek klaar geëet het, begin ek vaak word. "Vader ek voel so vaak, asof ek aan die slaap gaan raak." Maar voordat ek hierdie woorde heeltemal kon uiter, sien ek myself in `n hemelbed. Dit is `n baie luukse kamer en Dennis sit op `n stoel en lees `n koerant. Ek word wakker, maar voel nog baie slaperig. Ek kyk by die venster uit en weet dat ons in Israel is. "Liefling, môre is Rosh Hashanah (Trompettefees)," sê ek en dan is daar `n geweldige gejuig daar naby. Ver onder ons blaas `n ramshoring in die straat en ek kry `n visioen van mense wat tegelyk veg en dans. In `n oogwenk is ek terug op my knieë, voor onse Vader, "O My Geliefde Vader, hoe gelief en bemind is U en U Geliefde Seun, onse dierbare JaHshua nie vir my nie!"

"Dit weet Ek, My Kind."

"Vader, ons is regtig so geseënd, meer geseënd as wat woorde kan sê. Hoe dankbaar is ons nie. Ek dank U, Vader, uit die diepte van my hart."

"My Kind, jy het `n klein boek in die kissie vergeet."

Ek strek my uit oor die bokant van die kissie en loer binne-in en sien dat daar een oorblywende klein kissie daarbinne is. Binne-in is daar baie kaartjies vir vliegtuie, treine en skepe en op die laaste bladsy van die boek lees ek die woorde, 'Jy en Dennis sal die wêreld deurreis om baie siele te red. Julle sal My evangelie tot aan die einde van die wêreld dra en niks sal julle ontbreek nie. Julle sal voor heersers van nasies gaan staan en julle sal My Woord `n bevel maak. Want Ek alleen is die Allerhoogste. Ek alleen is JaHWeH, die Een en Enigste God, die Groot EK IS." Nadat ek hierdie woorde gelees en die klein boekie toegemaak het, sê onse Vader, "Eet die boek en gaan vandag in vrede, want Ek ken jou elke bekommernis en niks sal jou ontbreek nie!"

Terwyl Ek nog daaraan dink om die boekie te eet, druk `n sterk wind dit alreeds vinnig in my keel af. Die magtige wind van die Gees van God raap my op en bring my verby stede en heuwels terug totdat ek gemaklik in my huis rus. Geseën is die Naam van JaHWeH, die Allerhoogste God, vir ewig en altyd!

Soos getuig, gedikteer en opgeneem hierdie 26ste dag van Augustus, 2001,
Linda Newkirk.


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX