Vanaf die Berg, Boek VII
Hoofstuk 8
"Die Sewe Donderslae"
"My Geliefde Kind, luister na My en skryf, want hierdie is die agste hoofstuk van Boek Sewe en My woorde sal soos vinnig vloeiende water na jou vloei, want selfs nou al baai en swem jy in die Rivier van die Lewe. Ek het jou voorheen gesê, My Kind, dat alles in My Koninkryk wat goed is, nie van julle weerhou sal word nie en van nou af sal jy en Dennis seëninge na julle sien aankom vanuit die mees onverwagte oorde. Ja, Ek sal jou ophef en gebruik as `n voorloper van My woord van kontinent tot kontinent, van see tot see, van Oos na Wes en van Noord na Suid. Groot en magtige wonderwerke sal julle volg, want My Hand is oor julle en Ek sal nie faal in My belofte om julle twee te seën en om altyd na julle veiligheid om te sien nie.My Kind, vandag gaan Ek jou vertel van die Sewe Donderslae en as daar nog tyd oor sal wees voordat jy moeg word, sal Ek jou vrae van die vorige twee hoofstukke beantwoord. Luister na My en skryf alles neer soos wat Ek voortgaan om jou te vertel, want soos jy weet was baie hiervan tot nou toe verseël."
"Ja, My Vader."
"My Kind, het jy al `n kraai sien spring op die een voet en dan op die ander?"
"My Vader, ek het al gesien voëls doen dit, maar ek kan nie onthou dat ek `n kraai dit sien doen het nie."
"Wel, nou kan jy dit sien. Beskou daardie kraai wat op die een voet en dan op die ander spring!"
"My Vader, nie net doen die kraai soos U sê nie, maar hy het blink ringe aan sy tone en wanneer hy op `n voet spring hoor ek die geklingel van metaal en sien ek vonke wat vinnig van sy voete af wegskiet."
"Jy is heeltemal reg."
"Maar, my Vader, dit is ongewoon om `n kraai met ringe aan sy tone op so `n manier te sien spring."
"My Kind, wie dink jy is hierdie kraai?"
"Is hy Satan, die duiwel?"
"Jy is half reg met jou antwoord en daarom is jy half verkeerd."
"Vader, wat bedoel U?"
"As die kraai na eenkant toe versit (sy een kant vir jou wys), is hy Satan, die duiwel en as hy anderkant toe versit (en as hy sy anderkant vir jou wys) is hy die Koninkryk van die Mens."
"Die Koninkryk van die Mens?"
"Ja."
"Vader, wat bedoel U daarmee?"
"Ek bedoel dat alles wat in lyn met die duiwel is, alles wat op die welluste van die mens en die dinge van die wêreld gefokus is, nie geskei kan word van die duiwel self nie."
"Ja my Vader, dit verstaan ek."
"Daarom sal die mens altyd val, solank hy homself rig na en fokus op die wêreld en die slim streke van die duiwel."
"Ja, my Dierbare Vader, ek weet dit en Ek verstaan dit, maar daar is sekerlik meer in hierdie uitbeelding as wat op oog af sigbaar is."
"My Kind, jy begin so `n bietjie te verstaan dat My woorde baie dieper strek as wat die oog kan sien."
"O my Vader, ek voel altyd so dwaas en klein wanneer U met my praat, want ek weet dat ek nie `n enkele uitbeelding, `n enkele woord, of selfs `n enkele sinnetjie wat U aan my gee, sal kan verstaan nie, tensy U dit vir my verduidelik nie. Daarom voel ek altyd so dwaas en het ek so `n vrees dat ek U nie reg sal hoor nie, of dat ek dit wat U sê verkeerd sal interpreteer. Ek het `n groot vrees hiervoor, Vader, en ek bewe en ween binne my dat ek nie dalk vir U of onse dierbare JaHshua op enige manier te na sal kom nie."
"Ek weet dit, My Kind. Wat weet jy van die Sewe Donderslae af?"
"My Vader, Ek weet niks daarvan af nie, behalwe die verwysing na die Sewe Donderslae in die Boek van Openbaring."
"Gaan kry die verwysing."
"Vader, ek het dit gevind. Dit is in Hoofstuk Tien van die Boek van Openbaring en dit sê:
"En ek het `n ander sterk Engel uit die Hemele sien neerdaal, bekleed met `n wolkkolom en `n reënboog was oor Sy hoof en Sy aangesig was soos die son en Sy voete soos pilare van vuur; 2. en in Sy hand het hy `n geopende boekie gehad en Hy het sy regtervoet op die see gesit en Sy linkervoet op die land; 3. en Hy het met `n groot stem uitgeroep soos `n leeu wat brul en toe Hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor; 4. en toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het `n stem uit die hemele vir my hoor sê: verseël wat die sewe donderslae gespreek het en skryf dit nie op nie."
"My Vader, ek het dit wat op die sewe donderslae betrekking het, neergeskryf. In die res van die hoofstuk, volgens die Woord, het die Engel gespreek en gesê dat daar geen tyd meer sal wees nie. Maar in die dae van die stem van die sewende Engel, wanneer Hy begin blaas, sal die verborgenheid van God volbring wees, soos Hy die goeie nuus verkondig het aan Sy diensknegte, die profete. Toe het Johannes die boekie by die Engel geneem en dit geëet en dit het sy maag bitter gemaak, maar dit was in sy mond so soet soos heuning. Vader, ek het dit gelees soos U my gelei het, maar ek verstaan nie waarom U wou hê dat ek dit moes lees nie."
"My Dierbare Een, sit stil, want `n verduideliking gaan vir jou gegee word."
"Ja My Vader."
"My Kind, ons keer terug na die springende kraai. Gaan na hom toe en neem `n stuk papier onder sy linkervlerk uit en lees dit."
"My Vader, Ek het die papier. Dit is `n eenvoudige wit koevert en binne-in sien ek `n stuk papier waarop geskrywe is, 'Soek eers die koninkryk van God en alles sal vir jou gegee word.' Op die agterkant van die bladsy is die woorde, 'Jy is een van die Sewe Donderslae.' Oombliklik ontvlam die bladsy en ek sien `n groot ontploffing in die hemel. Dit is asof `n groot atoombom ontplof het, want ek sien vensters van geboue wat uitgeblaas word en palmbome wat swaai soos wat groot vloedgolwe dit tref. Kraaie, swart kraaie kom na my toe en probeer om my met hulle kloue en bekke by te kom. Maar rondom my is daar `n muur, soos van glas, maar in werklikheid is dit die suiwer krag van God. Alle kraaie het ringe aan hulle tone en die hele afskuwelike gesig herinner my aan `n baie ou fliek naamlik 'The Birds.' My Vader, ek sou verskriklik bang gewees het, as dit nie vir U krag was nie. O my Dierbare Vader, ek weet nie wat al hierdie gebeure beteken nie, want ek is net `n kind en ek voel so onseker hoe om dit wat U vir my gegee het, neer te skryf."
"My Kind, as dit nie so was nie, sou Ek nie daaroor gepraat het nie."
"O my Vader, wat beteken alles en waarom het U my gevra om hierdie nota van duiwel se rug af te haal?"
"My Kleintjie, hy sou dit veilig onder sy vlerke weggesteek het, maar nou gaan ons die tyd van die Sewe Donderslae binne en jy is een van die Sewe. Kyk hoe die duiwel in sy stewels bewe, want aan hierdie sewe is groot krag gegee om groot en magtige werke op die Aarde te doen. Ja My Kleintjie, tot nou toe was jy redelik weggesteek, maar van nou af gaan jy op die voorgrond wees. Tot op hierdie dag het jy baie sleutels ontvang en daar is nie `n manier dat jy dit nou sal kan verstaan nie, maar binnekort sal Ek dit aan jou verduidelik."
"O my Vader, dit oorweldig my. Hoe kan ek dit neerskryf? Want ek self verstaan nie eers wat ek skryf nie."
"Maak soos Ek sê en skryf wat Ek sê, voordat jy ongehoorsaam bevind word."
"O my Vader, Ek het so `n vrees, so `n verskriklike vrees dat ek U sal ontstel. Vergewe my asseblief dat ek eers aan so iets gedink het."
"My Kleintjie, jy het die deur sien oopmaak en jy het baie sleutels teen `n muur gesien hang."
"Ja, my Vader, Ek het dit gesien."
"My Kind, tot al hierdie sleutels sal jy toegang hê en jy sal almal ook gebruik, want soos Ek alreeds vir jou gesê het: 'Geen goeie ding van My Koninkryk sal van jou weerhou word nie."
"My Vader, Ek is in diepe ootmoed. Ek voel so nietig, maar tog het U al hierdie dinge aan my geskenk. Is dit waarom ek vanmôre gedroom het van `n groot storm en dat duisternis oor ons huis kom. Ek het myself gesien waar ek yslike groot bome in twee breek en hulle met wortel en tak in die vurige smeltoond van die hel gooi?"
"Ja My Kind, Satan weet wie en wat jy is en hy weet wat aan jou gegee is, naamlik die krag en gesag om die vyand te breek, dood te maak en te vernietig. Vandag is die volle krag van die Roede aan jou gegee."
"O my Vader, ek voel so lam in my knieë, asof ek gaan flou word."
"My Kind, kom sit en drink van die Lewende Water, want `n groot vernuwing en herstel is voorhande vir jou."
"My Vader, ek koester soveel ontsag, so `n totale ontsag! Ek vra U, sal ek skryf wat die Sewe Donderslae gespreek het, of sal ek net gedeeltelik skryf?"
"Jy sal dele skryf, want aan elkeen is sy eie dele gegee, totdat alles gebreek is wat verseël is."
"Hoe lank, Vader? Hoe lank sal dit neem?"
"Dit sal maande en jare neem, want soos jy weet, het Ek aan My volk uitstel verleen, `n seisoen van guns. Gedurende hierdie seisoen van guns sal die Sewe Donderslae groot en magtige dinge spreek. Hulle sal die wêreld deurkruis. En wanneer hierdie seisoen van barmhartigheid verby is, sal daar nie meer tyd gegun word nie. Die mens sal óf die weg van die Kraai gaan, of hy sal die Weg van die Koninkryk van God gaan. My Kind, dink na oor wat jy gesien het. Jy sal nie nou alles verstaan nie, maar binnekort sal jy beter verstaan. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."
Soos getuig, gedikteer en opgeneem hierdie 28ste dag van Augustus, 2001,
Linda Newkirk