Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 9

 

"Meer Tyd"


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God, die EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge. Geseënd is jy, My Kind, want jy is standvastig in jou geloof en jou hart is ingestel op die verlossing van siele. My Liefde vir jou en jou medemens is in jou hart aangesteek en baie sal hierdie liefde sien. Luister vandag na My, My Kind, Ek weet jy het baie vrae, maar Ons sal nou voortgaan met die Seuns en Dogters van Donder, want daar is sekerlik baie wat verduidelik moet word."

"O ja, My Vader. Ek is gretig om meer te weet sodat die volk meer begrip sal hê."

"My Kleintjie, sien jy die oë van die uil terwyl hy hoog bo in die boom rus?"

"Ja My Vader, ek sien die uil en ek sien sy oë en wanneer ek verbyloop beweeg sy oë en volg hulle my, maar hy self beweeg nooit `n veer nie."

"Ja, My Kind, Ek wil hê dat jy dit moet onthou, want Ek is soos die wyse ou uil en waar jy ookal gaan, is My oë op jou, alhoewel jy nie kan sien dat Ek soveel as `n spier beweeg nie. Ek ken jou elke beweging. Ek ken jou elke gedagte. Ek ken jou elke emosie. Daar is nie een ding van jou wat My ontglip nie en niks van enigiemand wat jou pad kruis, wat in kontak met jou kom, of wat enige kommunikasie van watter aard ookal met jou het, ontglip My nie. Ek weet van elke persoon wat jou `n valse profeet genoem het. Ek weet van elke gesprek wat enigeen nog ooit met jou gehad het. Ek weet van elke vinger wat teen jou geskud is. Aan die ander kant ken Ek elke persoon wat `n hand van welwillendheid na jou toe uitgesteek het. Ek ken elkeen wat gehelp het met hierdie bediening en net so weet Ek van elke persoon wat kon gehelp het, wat `n behoefte gesien het en die nodige beskikbaar gehad het om te help, maar geweier het om enigiets aan die saak te doen. My Geliefde, hulle wat met hierdie werke gehelp het en nog steeds aanhou help, sal `n magtige beloning in die Hemel verkry. Diegene wat My gekose diensknegte liefhet en eer, het Ek uitermate lief. Hulle word geseën deur My en hulle word deur My geëer. Wee aan die skrifgeleerdes en die Fariseërs. Wee aan hulle wat net in swart en wit sien en wat hoër waarhede ontken. Wee aan die wat hulleself met hoogmoed en arrogansie opblaas en hulle eie koers inslaan. Wee aan die wat die wêreld liefhet en ydelheid navolg en My gekose diensknegte nie help in `n liefdesarbeid vir siele nie. Wee aan die tweegesigte, wat weet om reg te doen, maar wat `n leuen lewe. Wee aan die werkers van ongeregtigheid wat alles van hierdie wêreld liefhet, maar My nie ken nie. Julle sal julle regverdige beloning in die Brandende Poel kry. Wee aan die predikers wat die volk heuning voer en nie die waarheid van My woorde wil spreek nie, omdat hulle bang is dat hulle miskien iemand aanstoot kan gee. Wee, wee, wee aan `n geslag van adders. Julle regverdige beloning sal julle in die vurige putte van die hel kry. Genoeg hiervan, My Kind, laat ons aangaan, want Ek het nog baie om vir jou te vertel. My Kleintjie, wat sien jy voor jou?"

"Ek sien die kraaie en hulle staan in `n ry langs mekaar. Hulle het definitief die silwer ringe aan hulle tone. Hulle staan skouer aan skouer en hulle is besig met `n soort dans. Terwyl hulle dans, is ek weereens bewus van die geklingel van die ringe en die vonke wat van hulle kloue af wegskiet. My Vader, ek weet nie hoe om dit te verklaar nie, maar so elke nou en dan lyk dit of die koppe van die kraaie verander in mensekoppe."

"Dit is so, My Kind."

"Vader, wat beteken dit?"

"My Kind, sien jy wat voor hulle is?"

"Ja, my Vader, dit is `n sonwyser."

"En hoe laat is dit nou volgens die sonwyser?"

"Vader, Ek is nie seker of ek die tyd op `n sonwyser baie goed sal kan lees nie. Wil U my nie die tyd laat sien asof dit op `n horlosie met `n gesig en wysers is nie?"

"Ja en wat sien jy nou?"

"My Vader, volgens die horlosie is dit drie minute voor 12:00. Is hierdie 12:00 middernag, of is dit 12:00 in die middag?"

"My Kind, alhoewel daar lig skyn op die sonwyser, My lig, wat sien jy as jy verby die kraaie beweeg?"

"Ek sien `n woud en dit is baie donker, behalwe vir `n kwart maan."

"Jy sien dus dat dit nog nie middernag is nie."

"Ja, my Vader, Ek sien dit en dit beteken baie beslis dat U meer tyd vir ons gegee het. In hierdie jaar se Lente, in Maart, het U gesê dat U meer tyd vir ons sal gee en ek het geweet dat U ons werklik `n langer tyd van barmhartigheid gaan toestaan. Verder het ek twee weke gelede saam met `n ander apostel gebid en sy het gesê dat sy skielik die wysers van die horlosie sien terugdraai het. Nog `n bevestiging hiervan is dat die apostel Timothy Snodgrass van die Filippyne af gekom het om ons te besoek en hy het ons vertel dat hy voel dat U ons nog `n generasie sal gee soos wat U vir Koning Hiskia gedoen het en dat hierdie besluit van U kant af nog op daardie tydstip in die weegskaal was."

"Dit is so My kind, en wat aan elkeen van julle gegee is, is korrek. Ek het werklik My barmhartigheid oor `n dwalende en trotse geslag verleng, maar wanneer hierdie grasie verby is, sal daar geen meer uitstel gegee word nie."

"Vader, so baie mense glo dat U nie van gedagte kan verander nie en dat dit wat U gesê het, altyd in klip geset is. Wanneer U dus sê dat U die oordeel gaan bring en U verleng U barmhartigheid, word ons, wat U waarskuwings verkondig het, dikwels geëtiketteer as valse profete. Die profete het gewaarsku en baie mense het gevas en gebid en U hoor hulle geroep en was barmhartig. Boonop is U vol liefde, barmhartigheid en goedertierenheid, maar mense kan nie verstaan nie.

"My dierbare Vader, ek sal die eerste wees om te sê dat die spanning wat veroorsaak is deur die moontlikheid van oorlog gedurende die Lente in April, asook my Moeder se siekte, plus die poging van die koverte regeringsgroepe om my te vermoor, my amper klaargemaak het. Maar my dierbare Vader, ten spyte van alles wat ek deurgemaak het, was ek so verlig, so dankbaar, Vader en so vol liefde teenoor U nadat U verklaar het dat U hierdie komende oorlog gaan uitstel. Ek was so gelukkig om die volk se ontwil, My dierbare Vader, sodat hulle nou meer tyd kan hê om uit die koue uit te kom. O My Geliefde Vader, ek was en is so baie dankbaar dat U barmhartigheid weereens geseëvier het. Om te weet dat ons meer tyd gegun is waarin die volk berou kan toon en dat siele gered mag word, bring onbeskryflike blydskap in my siel. Vader, dierbare Vader in die Hemele, hoe lief is ek nie vir U nie! Hoe dankbaar is ek en hoe geseënd is ons nie! Vader, ek smeek U, moet asseblief nie toelaat dat die volk weer aan die slaap raak nie! Moet nie dat hulle U liefde en barmhartigheid vergeet nie! Moet ook nie toelaat dat hulle almal U kosbare liefde vir ons vergeet nie. Vader, ek soebat U om dit nie te laat gebeur nie."

"My Kind, jy is in `n oorlog en dit is `n oorlog van alle siele. Elkeen, met sy of haar eie wilskrag, sal `n bewuste keuse moet maak om te kies tussen My en My Seun, om Geregtigheid na te volg, of hulle sal die weg van die wêreld en die duiwel volg. My Kind, die kraai en sy klone weet dat die tyd uitgestel is. Hulle weet en verheug hulleself ook, want hulle weet dat hulle ook meer tyd het om hulle bose agenda uit te brei. Maar Ek waarsku Myne dat die sortering nog steeds aangaan, selfs nou. My Kind, die hoë bome wat jy gebreek het en in die vurige smeltoond gegooi het, was diensknegte van Satan, die duiwel. Hierdie hoë bome is in die gees afgekap en die fisiese liggame sal binnekort volg. My Kleintjie, jy is `n werker in die oesland en jy is gestuur om beide siele vir die hel en siele vir die Hemel te oes. Hierdie oes is deurlopend en jy sal baie siele tot verlossing bring, maar aan elkeen is `n keuse gegee. Sal dit die Hemel wees, of die vurige Putte van die Hel? Ek waarsku almal om nie dit wat vandag gedoen moet word, uit te stel tot môre nie, want sommige sal nie nog `n dag sien nie. Geweld en verdrukking sal vinnig oor die hele wêreld toeneem. Moet nie so selfvoldaan wees om te dink dat enigeen van julle kan terugsit en niks doen terwyl die duiwel veld wen nie. Daar is groot werk om te doen en die wat nie hulle deel wil doen, of `n vinger wil lig om in hierdie oorlog te help nie, mag wel in die nabye toekoms `n slagoffer van hierdie oorlog word. Ek sê dus aan elkeen van julle wat hierdie woorde lees. Is jy gewillig om My uitverkorenes met hierdie werk te help, sodat siele gered kan word, of gaan jy op jou rykdom sit en dit na jou graf toe neem? Gaan jy jou deel doen om siele te red, of gaan jy, in jou eie selfsugtigheid, die weg van die graf volg? `n Herlewing is op pad na Arkansas en die VSA. Hulle wat met hierdie herlewing gaan help, sal ryklik beloon word, maar as jy sien en van hierdie nood bewus is en jy wil nie help nie, sal jy dienooreenkomstig geoordeel word. Nou My Kind, Ek weet dat jy vrae het oor die Sewe Donderslae."

"Ja my Vader, ek het, maar ek weet werklik so min van die Sewe Donderslae af dat ek nie eers verstandige vrae kan vra nie."

"My Kind, die Sewe Donderslae is Sewe musikale klanke. Hulle is Sewe profete en apostels. Hulle is sewe boodskappers van die Koninkryk van God. Hulle word die Sewe Donderslae genoem, want hulle weë sal weë van donder wees. Hulle woorde sal die woorde van donder wees. Hulle gedrag sal soos donder wees. Waar hulle ookal gaan, sal hulle die volk skud. Hulle sal die volk wakker maak, want hulle woorde sal soos `n tweesnydende swaard wees. Hulle sal tot die kern van `n situasie deurdring, want My krag en salwing sal in hulle woorde wees. Hulle sal dit onthul wat vir millennia geheim gehou en weggesteek is en omdat hulle hierdie geheime onthul het, sal baie hulle tart en minag. Baie sal hulle kritiseer. Baie sal hulle koggel oor die geheime en verborgenhede waaroor hulle praat. Maar elke smerige woord wat teen hulle gesê word sal soos `n sweep reageer wat terugslaan en die een tref wat hierdie smerige ding teen My gesalfdes geuiter het. Vuur sal vanuit die liggame van hierdie sewe kom. Oor en oor sal hulle die kop van die duiwel en sy trawante trap. Hulle sal werklik die kop van die duiwel kneus. Aan hierdie sewe is baie gesag gegee en alhoewel daar baie gepraat word oor die twee getuies, weet baie min mense van die Sewe Donderslae. Baie wysheid en begrip sal deur die monde van die Sewe Donderslae gespreek word, want hulle woorde sal die hemele skud. Hulle fisiese woorde sal die wêreld se infrastruktuur deurmekaar krap. Hulle fisiese woorde sal die vyand verslaan en hulle op die vlug laat slaan. Die volheid van die Roede is aan al sewe gegee en hulle almal opereer vanaf die hoogste vlak in My Koninkryk. Al sewe sal om die wêreld gestuur word om My woord en My wonderwerke na talle plekke te neem, om die siekes gesond te maak, die dooies op te wek en om siele te red. Hulle loop oor die Aarde en die duiwel sidder. Wanneer hulle op die Aarde trap, vlug die duiwel en sy ondergeskiktes. Wanneer die Sewe Donderslae praat sal wolke, weerlig en donder hulle dikwels volg. Groot oordele sal uit die monde van die Sewe Donderslae kom. Al sewe het die sleutels van verplasing en nie een van hulle sal sterf nie. Baie weet van die twee getuies en wat hulle gaan doen, maar dit is nou tyd dat My volk weet van die Sewe Donderslae."

"My Vader, ek wil graag meer weet van al die sleutels en ook van die storm in die Gees wat gister plaasgevind het."

"My Kleintjie, Ek weet dat jy nou al moeg moet wees van al die geskryf, maar ons sal nog aangaan. Al die sleutels in hierdie kamer sal deur julle gebruik word. Hierdie is die sleutels van My Koninkryk en is aan die Sewe Donderslae gegee om tydens die laaste dae te gebruik. Geen goeie ding sal van die Sewe Donderslae weerhou word nie. Hierdie sleutels sal baie deure oopmaak wat julle glo heeltemal ontoeganklik is en hulle sal ook baie deure sluit. My Kind, op geen wyse kan jy die omvang van hierdie grootmoedigheid met jou vleeslike gedagtes begryp nie, maar slegs deur die Gees van God. Waar jy ookal gaan, sal hierdie sleutels saam met jou gaan en wanneer jy een nodig het, sal daardie spesifieke sleutel outomaties aan jou gegee word, sonder jou bewuste denke. Met die verloop van tyd sal jy sien dat jy die sleutels beter sal verstaan. Wat die storm aanbetref wat gister die geesteswêreld getref het: Ja, inderdaad was hierdie `n magtige storm. Die duiwel, Satan en sy ondergeskiktes, het kennis gekry, want binnekort, baie gou, gaan hoë, baie hoë bome in sy koninkryk die vurige smeltoond ontmoet." (Terwyl ek hierdie hoofstuk op 09-16-2001 proeflees, kan ek in alle eerlikheid sê dat ek op geen wyse kon weet hoe gou hierdie laaste sin `n werklikheid sou word nie en ek vrees dat ons nog niks gesien het nie.)

"Vader, wat van die klone?"

"Hulle wat gekloon is om te lyk soos hulle wat uitgehaal gaan word, sal begin om soos vlieë dood neer te slaan. Ek is teen die klone, Ek is teen die genetiese wetenskap wat hulle ontwerp het om My suiwerheid te vernietig. Ek is teen die bose alchemiste (chemici) wat god speel. Wanneer hulle dit die minste gaan verwag, gaan Ek hulle totaal vernietig. Gaan hierdie dag in vrede my Kind, en weet dat My liefde vir jou groot is. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem hierdie 29ste dag van Augustus, 2001, Linda Newkirk.

 

Geliefde Broers en Susters in onse Dierbare JaHshua, hierdie laaste ses hoofstukke is aan my gegee terwyl ek besig was met `n Daniël-vas van tien dae. Die storm waarna verwys is in hierdie hoofstuk, was ook deur `n ander apostel gehoor. Terwyl ek die storm in die Gees gesien het en kan getuig van die verwoesting wat daardeur aangerig is, het hierdie apostel die loeiende wind fisies gehoor, asof die wind werklik so gewaai het. Hierdie was `n geweldige en kragtige storm en het definitief deurgewerk en later in die fisiese gebied gemanifesteer in die rampspoedige ketting van gebeure wat ons in hierdie land deur die sogenaamde terroriste-aanvalle ondervind het. Groot en ontsagwekkende gebeure is werklik besig om in die Koninkryk van God te ontvou.


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX