Vanaf die Berg, Boek VII
Hoofstuk 11
"Interpretasie van Boek Een aangaande die Torings (Wêreld Handelsentrum)"
"My geliefde kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Geseënd is jy, My kind, want jy is getrou aan My voornemens. Ja, hulle kom nou uit alle oorde om jou te stenig. Selfs sommige onder dié wat Ek uitverkies het. My uitverkorenes stenig jou. Hulle lieg agter jou rug en staan saam teen jou soos `n trop wolwe, want hulle sien dat jy alleen voor My staan om My woord bekend te maak. Hulle maak staat op hulle getalle en sodoende stapel hulle op, soos voetbalspelers in `n voetbalwedstryd wat daarop uit is om die skakelspeler plat te duik. Die wolwe is aan die verloorkant, daarom stuur hulle die wolvinne in, hulle ja-sêers, om jou aan te val en tot `n val te bring. Maar die wolvinne struikel en word heeltemal oorwin. Want diegene wat vol verwagting in `n kring staan vir `n bom om te val, beoefen hierdeur heksery. Hulle is gevul met opstandigheid en glo dat hulle binne-in `n onbreekbare kring staan; maar Ek deel jou mee dat hulle gebreek is en hulle is nie eers bewus daarvan nie. Want hulle hout bomskuiling is maar net `n leë dop en boonop van hout. Dit het geen krag of substansie nie en met die geringste beweging van My Hand sal Ek dit geheel en al met vuur verdelg. Diegene wat kom om oorlog te voer teen My gesalfde, moet weet dat hulle nie met jou oorlog maak nie, maar met My. My staf sal My vyande heeltemal vernietig. Vyande van My geliefde diensknegte/diensmaagde is vyande van My.Ja, Ek bring Myne deur vure van reiniging. Dié wat nie wil buig en doen waarvan hulle kennis dra van wat reg is nie, sal deur hierdie brandende vure verteer word. Ek sal hulle lewe op Aarde hel maak indien hulle hulleself nie gaan bekeer nie. Dit is `n gruwel vir My wanneer My uitverkore diensknegte hulle, wat slegs goedheid aan hul bewys het, in die rug byt, beskinder en mishandel. Ek sê vir julle, Pas op vir die gebruikers en misbruikers van My volk; want Ek sal julle wandel so glad maak soos een wat op ys loop. Ek sal maak dat jy sal omval en omval, totdat jy nie meer daartoe in staat sal wees om weer op te staan nie, tensy jy jou bekeer en jouself voor My Aangesig reinig. Ja, neem kennis dat die wolwe met leë hande sal terugkeer. Die wolvinne sal met leë hande terugkeer; en die kring van heksery, tesame met die hout bomskuiling, sal deur My onblusbare vure verteer word. Ek sê vir julle, maak gereed, want jul bevryding is naby! Julle is vroegtydig gewaarsku. Bekeer julle of word verdelg! Want Ek maak huis skoon!
Nou, My kind, aangesien een van My geliefdes jou aanhoudend uitgevra het oor sekere dele van Boek 1, sal Ek hierdie visioen verder verduidelik. Skryf soos daar geskrywe staan op bladsy Vier van Boek Een, sodat Ek dit verder kan verduidelik."
"Ja, my Vader, Ek kopieer die visioen vanaf Boek Een en plaas dit hieronder."
"Visioen van Boek Een"
Die volgende visioen speel hom af terwyl ek myself in die Vatikaan bevind. Iets val van bo af en tref die vloer reg voor my. Dit wat ek sien herinner my aan `n prop, soos wat ons altyd op gaskoeldrank bottels gesien het, dié soort prop met `n kurk bo-op wat daarin geplaas word om die bottel te seël. Ek het die prop opgetel en gesien dat die kurk in die prop aan die een kant opgelig was, toe trek ek die kurk van die prop af. Die volgende is wat ek gesien het, nadat ek die kurk van die prop afgetrek het.
Iets het van onder die kurk uitgevloei. Daar was baie foto`s wat aanmekaar verbind was met plastiese houers. Hierdie plastiese houers het my herinner aan dié tipe wat gebruik was om foto`s in `n beursie te bewaar en dit was ook byna dieselfde grootte. Die lang lyn het ontvou soos wat `n trekklavier oopmaak en het vanaf my borsarea tot op die vloer geval. Dit het al langs die gang af bly ooprol tot binne-in die vierkant daarbuite waar dit uiteindelik teen `n steenmuur tot stilstand gekom het.
Iemand het uit die heel laaste plastiese houer geklim. Hy het cowboystewels, `n saalbroek en `n denim aangehad. Ek het sy voete dopgehou terwyl hy `n leer opgeklim het wat teen die muur gestaan het. Hy het bly klim totdat hy bo-op die muur gestaan het. "Wie is hierdie man?" het ek gevra.
Toe sien ek hoe hy sy cowboyhoed afhaal. Hy het daar op die Groot Muur van Sjina gestaan en glimlag terwyl hy sy hoed heen en weer geswaai het. Dit was Bill Clinton.
Iemand van die Geheime Diens het na hom toe gehardloop en gesê, "Meneer Clinton, u moet daar afklim. Ons het `n lelike ontploffing gehad, Meneer. Amerika is aan die brand. Die Verenigde State is gebombardeer, Meneer."
"Deur wie?" vra die president.
"Ons weet nie, Meneer. Ons torings is buite werking. Ons kan dit nie opspoor nie. Al wat ons kan sê is dat ons omsingel is, Meneer."
"My Vader, ek vra `n interpretasie hiervan, aangesien U gesê het dat U meer hieroor sal bekendmaak."
"Dit is so, My kind. Kom ons keer terug na die fotohouer. Terwyl jy dié leë fotohouers teen jou bors gehou het, het hulle voor jou oopgevou en soos `n trekklavier oopgemaak. Is dit so?"
"Ja, Vader."
"En, die laaste een, die laaste fotohouer, is die een wat oopgegaan het om te wys wat hierbo aangaan. Wat sien jy hieruit?"
"My Vader, ek weet nie."
"My kind, Wat is `n foto?"
"Dit is `n manier waarop `n beeld vasgevang kan word, wat met die verloop van tyd nog behou kan word."
"Dit is so My kind, tyd soos wat jy dit ken."
"Jy het dus `n beeld daarin, wat met verloop van tyd standhou. `n Beeld wat oor `n tydsbestek bewaar word, sonder enige verwysing na `n spesifieke tyd, is immers `n illusie. Is dit nie so nie?"
"My Vader, U weet dat ek nie alles begryp nie, maar slegs `n gedeelte daarvan. Omdat ek begrip kortkom, vra ek dat U my meer begrip sal gee sodat die leser ook mag verstaan wat U sê."
"My kind, Ek sê dat tyd op Aarde gebaseer word op `n liniêre sisteem. Is dit nie so nie?"
"Ja, my Vader."
"En wanneer `n foto nie met `n spesifieke voorval verbind kan word nie, word dit nie in die algemeen beskou as `n illusie nie?"
"Ja, my Vader, dit is hoe ek dit in die algemeen verstaan."
"Was jy dus daartoe in staat om hierdie visioen van Bill Clinton op die muur van Sjina met `n sekere voorval te verbind?"
"Nie spesifiek nie, my Vader; en selfs nou kan ek nie te seker wees nie."
"Nee, jy kan nie seker wees, tensy Ek jou begrip gee; maar het Ek nie aan almal gesê dat as julle begrip kortkom, dat julle na My toe moet kom sodat Ek julle meer begrip kan gee nie?"
"Ja, my Vader, U het dit gesê."
"Daarom vra Ek vir jou: Waarom het jy die reeks plastiese fotohouers voor jou sien oopvou?"
"Vader, seer sekerlik moes hierdie `n reeks voorvalle verteenwoordig het wat nog in die toekoms moes ontvou; maar aangesien daar geen verwysingspunt was nie, het dit vir baie soos `n illusie voorgekom."
Dit is so, maar Ek sal aan jou toon dat hierdie visioen nie `n illusie is nie. En Ek sal aan jou toon dat `n suigeling in ons Messias jou geskakel het om jou uit te vra aangaande hierdie visioen; want My Gees het sy binneste geroer om dit te doen. Het hy jou nie op meer as een geleentheid gevra of hierdie visioen en die daaropvolgende plus nog `n visioen wat beide hierdie visioene opvolg, te doene kon gehad het met die bombardering van die Wêreldhandelsentrum Torings en die Pentagon nie?"
"Ja, my Vader, hy het dit gevra."
"En wat het jy hom vertel?"
"Ek het aan hom gesê dat ek hom nie `n antwoord daarop kon gee nie; aangesien die visioene wat U my gee, dikwels moeilik is en dat ek dit nie verstaan nie, tensy U my begrip daaroor gee. Maar ek het hom meegedeel dat ek alles aan U sal voorlê."
"En so het jy ook gedoen. Maar Ek vra jou, Wat is so betekenisvol aangaande die laaste fotohouer en die feit dat hulle almal van plastiek gemaak is?"
"My Vader, ek kan slegs hieroor spekuleer; want ek weet nie verseker nie."
"My kind, het jy al ooit `n kameel met kolle gesien?"
"Nee, my Vader."
"Het jy al ooit `n kameel met strepe gesien?"
"Nee, my Vader, ek het dit nog nie gesien nie."
"Het jy al ooit `n swart luiperd gesien?"
"Nee, my Vader, ek het nog nie."
"Het jy al ooit `n voël uit die hemel sien val en in sy vlug sien sterf?"
"Nee, my Vader, nie sover my geheue strek nie."
"Maar, jy het woestynsand gesien en jy het al die hitte daarvan ervaar?"
"Ja, my Vader, ek het dit al gesien en beleef."
"Goed dan, My kind, Ek vra jou nou, "Sal My Rivier van Lewe ooit droogloop?"
"Nee, my Vader, maar ek begryp nie wat hierdie dinge in gemeen het met hierdie plastiese fotohouers en met Bill Clinton nie."
"My, kind, is daar iets in gemeen met die vrae wat Ek jou gevra het?"
"Ja my Vader, en ek glo dat hierdie gemeenskaplike draad die waarheid is."
"Dit is so, My kind en omdat dit so is, vra Ek jou, Verdra die Gees van God die leuen of die waarheid?"
"Die waarheid, my Vader, altyd die waarheid."
"Maar spreek Sy nie in simbole, wat baie nie verstaan nie? Daarom word baie visioene as leuens of illusies afgemaak, tensy dit gerugsteun kan word deur `n parallelle gebeurtenis in tyd."
"Ja, my Vader, ek verstaan dat dit so is."
"My kind, Ek het tyd in beslag geneem sodat hierdie begrippe beter verduidelik kan word, sodat die suigelinge van die bors gespeen kan word. Die tyd het aangebreek dat hulle vir hulleself begin dink om dit te bevraagteken wat nie verstaan word nie, sodat hulle insig kan verkry, net soos die suigeling wat jou geskakel het. Dit gesê My kind, aanskou nou die Fontein van Lewende Waters. Gaan daarheen, maak jou hande bak en drink daaruit."
Soos U sê, so doen ek, Vader."
Neem dan die laaste fotohouer in jou hande en skryf soos gesien en gegee."
"My Vader, terwyl ek die laaste fotohouer vashou, begin dit knetter en dit smelt in my hande en terwyl dit smelt, sien ek vir Bill Clinton aan tafel met Saddam Hussein. My Vader, beide van hulle dra ringe met `n bokkop van Menendez onderskeidelik daarop. Skielik, met `n siedende vuur slaan hierdie ringe aan die brand en midde-in hierdie vuur sien ek die visioen van Bill Clinton, aangetrek soos `n cowboy, al klimmende teen die muur uit. Teen die muur staan die woorde geskryf, Heroïen en dwelmhandel. Soos wat Bill Clinton sy hoed rondswaai, word `n menigte aantal dollarnote en groot stapels tjeks saam rondgestrooi, miljoene in waarde en dit vorm `n ellelange sleur in die lug. Hierdie sleur kies koers na die leier van Sjina en soos wat hy sy mond oopmaak om te grynslag, sien ek sy voortand met `n bokkop ster daarop. Hierdie is sy linkerkantste voortand. Hierna sien ek `n paar fris hande wat `n tang vashou en hierdie tang skeur die regterkantste voortand uit en openbaar dit wat midde-in die tand is, naamlik die punt van `n skroef. Ek sien nie die kop van die skroef nie; want die kop is in die kakebeen van die Sjinese leier ingeplant. Dan, ewe skielik, verander hierdie skroef in `n houtbeen soldaatjie, gewond en blind in een oog. Hierdie soldaatjie loop op krukke; en op sy agterkant sien ek die woord, "Pakistan." Die woord "Pakistan" staan eintlik op `n deur geskryf en wanneer hierdie deur oopgaan, sien ek Amerikaanse soldate gepantser met skuthelms, gevegsuitrusting, gesigs-kamoeflering en gewere daarin, besig om op hul mae rond te kruip. Oorhoofs sien ek `n helikopter en iemand staan in die deur daarvan. Dit is `n Sjinese soldaat met `n megafoon en die soldaat beveel die volgende, "Almal aan boord." Die kruipende Amerikaanse soldate staan almal op en vorm `n linie. Die helikopter land en die soldate maak gereed om die tuig binne te gaan. Die Sjinese Generaal word deur elke soldaat wat die tuig binnegaan, gesalueer. Die Generaal mompel iets onverstaanbaar, maar soos wat die Gees van God dit vertaal, weet ek dat dit beteken, "Aandag, hierdie is `n nuwe orde."
"Hierdie is `n baie groot helikopter wat nou deur die Sjinese gevlieg word en die Amerikaanse soldate is nou ondergeskik aan hulle wat in beheer is."
"O, my Vader, ek moet terugkeer; want ek is bekommerd oor dié dinge wat ek sien. Kom ons keer terug na die laaste fotohouer. My, Vader, verduidelik dit tog asseblief aan my."
"Het dit nie in jou hande gesmelt nie?"
"Ja Vader, maar hoekom."
My kind, die laaste foto van Bill Clinton, wat vrede in Amerika verteenwoordig het, was slegs `n illusie. Tydens die Clinton bewind het almal allerhande vryhede omhels, tog het almal tien maal meer `n gevangene geword. Tydens die Clinton bewind het hy `n groot finansiële groei omhels; maar jy weet dat hierdie ook `n leuen was, want Amerika is bankrot en elkeen van julle word swaarder belas as ooit tevore. Bill Clinton het gesorg dat baie van jul vryhede, in die naam van die behoud van vryheid, van julle weggeneem word; maar hoe is dit moontlik dat vryhede op dieselfde tydstip verloor én behou kan word? Ja, My kind, Bill Clinton was die laaste groot fotohouer. O, hy het hoog gevlieg en nog steeds doen hy so. Moenie dink dat hy om dowe neute die wêreld vol reis nie; want hy en George Bush is vennote in die magstryd en in misdaad. Baie is van mening dat Clinton weg is, maar net nog `n afgetrede president; maar helaas! hoe ver is julle almal tog nie verkeerd nie. My kind, jy sal opmerk dat hy nie van die toneel af verdwyn het nie, maar baie nou verwikkel is in die manewales van Lucifer en die Nuwe Wêreldorde. Jy sal binnekort agterkom dat hy besonder aktief is en in die voorste geledere van Lucifer se bewegings funksioneer."
"Ons weet dus nou, my Vader, dat Saddam Hussein `n sondebok vir die Nuwe Wêreldorde is. Ons weet dat hy slegs gebruik word wanneer nodig."
"My kind, Hussein is `n uitgelese dienskneg van Lucifer. Wanneer Ek na uitgelese verwys, bedoel Ek daarmee dat hy onder die boonste van Lucifer se knegte in rang is. Hy speel `n sleutelrol rondom die gebeure in die Midde-Ooste en hy speel ook nog `n baie stilswyende sleutelrol in verband met die dwelmhandel in daardie streek. O, wees verseker dat hy en Bill Clinton, die Bushfamilie, die Rockefellers en selfs die Rothschilds en ook die koningin van Engeland en nog baie meer, pionne is vir die bose werke van die duiwel. Onthou My kind, dat dit Lucifer se plan is om elke persoon op aarde tot slawerny te dwing; en watter beter manier as deur die geestelike dwangbaadjie (straightjacket) van dwelms? Nie alleen word baie op dié manier verslaaf en oor en oor deur demone geteister nie, maar deur verslawing word baie beroof van hul broodnodige daaglikse loon waarmee hulle hul families moet onderhou. Dan ly die hele familie onder die kettings en boeie wat dwelms teweeggebring het. Daarom word daar tans groot druk toegepas sodat die dwelmhandel uitgebrei kan word en dit is dan die rede waarom Bill Clinton al waaiende bo-op die muur van Sjina staan. My kind, hy is soos `n cowboy aangetrek omdat hy oor die dwelmhandel toesig hou. Hy hou ook toesig oor die liggaamsorgane bedryf. Wat se godslastering is dit tog nie wat in My Aangesig gegooi word nie! En wat `n stank oor die land! Maar helaas, die liggaamsorgane bedryf floreer deur hierdie einste gesigte wat Ek so pas aan jou getoon het."
"Saddam Hussein, Bill Clinton en die Sjinese konneksie is dus almal kop in een mus en dit is dus die rede waarom Bill Clinton grinnik en waai. Want sy hoed is vol bose geld en dit kan al die pad tot by die Sjinese President nagevolg word."
"Dit is so."
"Maar Vader, waarom word hy dan gevra om van die muur af te klim?"
"Hy word gevra om af te klim omdat hy onbewus is van wat binnelands aan die gang is."
"My Vader, hoe kan hy onbewus wees van wat aan die gang is, aangesien hy kop in een mus met Bush is."
"Alles is nie aan hom vertel nie."
"Hoekom?"
"Want in regeringskringe weet die linkerhand dikwels nie wat die regterhand doen nie. Clinton is `n ingewyde in hierdie boosheid, maar weet ook nie alles nie."
"Maar my Vader, U het bekend gemaak dat hy `n Rockefeller is en U het hierdie familie in baie boosheid geïmpliseer."
"Dit is so; maar dit is ook bekend dat Clinton `n las is. Dit is bekend dat Bill Clinton gemanipuleer kan word en dus is hy beide buitestander en binnestander."
"Hy word dus vanaf die muur geroep en meegedeel dat daar `n groot ontploffing was en dat Amerika aan die brand is."
"Ja, My kind, dít is die vernietiging van die Handelsentrum Torings en die Pentagon. Hierdie torings is buite werking, en die lugvaart beheertoring kan ook geen akkurate inligting verskaf nie."
"Die Geheime Diens noem hom Meneer Clinton en nie President Clinton nie."
"Dit is so en daardeur was `n leidraad gegee dat hy nie meer president sou wees wanneer dié dinge sou plaasvind nie."
"Die Geheime Diens sê: Amerika is gebombardeer."
"Dit is so en julle word nou geleer dat dit nie die vliegtuie was wat die torings laat tuimel het nie, maar plofstowwe, ja selfs bomme."
"O Vader, dit is baie interessant. Ek wens ek kon terugkeer na die visioen wat dié van Bill Clinton, Saddam Hussein en die bokkop ringe voorafgegaan het. My Vader, baie is selfverduidelikend, maar wat se hand het die bedekking oor die regterkantste voortand van die Sjinese leier verwyder?"
"My Hand."
"En wat is die betekenis van die skroef?"
"Dat die Sjinese skroef teen die Amerikaanse weermag aangedraai sal word."
"En wat is hierdie skroef, Vader?"
"Dit is `n ineengevlegde stuk staafyster, afkomstig van die Sjinese kop, wat op die rûe van die Amerikaanse weermag neergesit gaan word. Hierdie ineengevlegde stuk staafyster sal die Amerikaanse weermag verlam. Hulle sal uitgestuur word om soos slange op hul mae in die donker te seil en sal wetend of onwetend onder die Sjinese weermag se gesag wees. Uiteindelik sal hulle totaal en al geknak wees en gevolglik nie net die Sjinese generaals salueer nie, maar sal hulle ook gehoorsaam. Niks goeds sal uit hierdie huidige oorlog spruit nie; want dit is `n oorlog wat daarop uit is om die ganse mensdom in slawerny te dompel. Dit is `n oorlog teen terrorisme, geborg deur wêreld terroriste. Binnekort sal almal in julle weermag tot die besef kom dat hierdie werklik `n Nuwe Orde is en dat Sjina deur Lucifer gekies is om die Nuwe Orde af te forseer. Laat almal gewaarsku wees dat julle nie hierdie oorlog gaan wen nie. As nasie sal julle deur hierdie lang en uitgerekte oorlog tot `n val kom, waardeur terrorisme keer op keer oor hierdie land sal opvlam. My kind, ons sal stop vir vandag en later sal Ek aangaan met `n meer breedvoerige verduideliking rondom Boek I en hoe dit verband hou met die brandende torings."
"Vader, ek het net nog een vraag voordat U gaan. Wat beteken die Pakistanse deur aan die agterkant van die Amerikaanse weermag? Wat is die betekenis hiervan?"
"My kind, hierdie deur is die agterhoede van julle verlamde weermag en daarom word dit nie gesien nie."
"Wat bedoel U met agterhoede?"
"Ek bedoel daarmee dat hierdie Pakistanse deur in die Sjinese tand versteek is."
"In die tand versteek is?"
"Ja, My kind, die ineengevlegde staafyster sal die Amerikaanse weermag byt en sodoende meehelp om dit aan Sjina ondergeskik te maak deur die versteekte Pakistanse deur."
"Wat bedoel U, Vader?"
"My kind, Ek bedoel daarmee dat Pakistan met Sjina in bondgenootskap is en dat hulle ten doel het om julle weermag omver te gooi. Tog is hierdie planne alles bekend aan die varke in julle eie regering, dié wat weet en volgens een plan werk om Amerika tot `n val te bring. En val sal dit; want die menigtes het vervreemd geraak van Dié Een wat hierdie land so oorvloedig geseën het. Om hierdie rede word aan Lucifer mag oor julle verleen, hier `n bietjie en daar `n bietjie; en sou julle nie grootskaals tot bekering kom nie, sal julle definitief deur wêreld kommunisme tot `n val gebring word."
"My Vader, het Pakistan aandeel in die bomaanvalle gehad?"
"Meer as wat jy ooit sal weet."
"En wat van Sjina?"
"Het jy nie vir Pakistan in die Sjinese kop gesien nie?"
"Ja, Vader."
"Weet dan, My kind, dat hierdie `n ingewikkelde prentjie is. Alles word deur julle eie regering georkestreer, wat ten doel het om julle almal in slawerny te dompel. Gaan vandag in vrede. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. "
Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 26ste dag van September, 2001, Linda Newkirk.