Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 12

 

"God se Oordele sal binnekort op die Mormoonse Kerk neerkom"


My dierbare kind, wees rustig op hierdie dag en weet dat magtige geestelike seëninge voorhande is vir jou en Dennis, asook jul huishouding; want binnekort sal Ek die Hemele verdeel. En Ek sal aan julle groot en magtige dade toon.

My kleintjie, moenie ontsteld wees oor die twee briewe wat jy vanaf die Mormone ontvang het, waarin hulle hulself so probeer verdedig nie. My kind, weet jy nie hoe Vrymesselary werk nie? Weet jy nie dat dié op grondvlak in hulle onskuld glo dat dit wat hulle doen reg is nie? Weet jy nie hoe hierdie kultus werk nie en dat misleiding `n stadige proses is nie? Weet jy nie dat die menigte totaal en al mislei en verneuk moet word in hul navolging van Lucifer nie, dat hulle nooit in die openbaar ooreenstemming oor sy truuks sal kry nie?

Lucifer is bewus van hierdie dinge. Hy weet dat hy agter die skerms moet opereer. Hy weet dat hy in die skaduwee moet opereer en bowenal weet hy dat hy die topstrukture moet beheer. Diegene wat by die laer vlakke van vrymesselary ingeskakel is, moet almal `n eed van getrouheid aflê. Hierdie ede mag van mekaar verskil, maar hulle dien almal dieselfde doel om jou tot die organisasie se leierskap te verbind. Diegene wat tempel-erkennings ontvang, moet wys dat hulle lojaal aan die kerk is. Hulle moet bewys dat hulle waardig is om ‘in’ te wees en dat hulle nie moeilikheidmakers is nie. Hulle moet gewys word dat dit `n voorreg en eer is om `n tempel-erkenning te kan ontvang en hulle moet daarop attent gemaak word dat so `n uitstappie na die tempel `n tog is na die ‘Heiligste van Heiliges’. In alle dinge moet dié wat na hierdie tempels toe gaan, hulle gehoorsaamheid kan bewys. Soos grootoog-verbaasde kinders, koester hulle hierdie uitstappies. Hulle koester hierdie ede wat in die geheim volbring word. Hulle koester hierdie gehoorsaamheid aan `n organisasie wat op die hoogste vlakke vir Lucifer openlik aanbid. Gewillig en in onkunde sweer hul hulself en hul families tot `n ewige trou aan Lucifer en sy ede. En sodra hulle dit gedoen het, sprei Lucifer se breë tentakels van blindheid en bedrog al hoe verder, om maar net nog `n ander persoon, `n ander paartjie, `n ander familie te verstrik. Ja, hierdie mense word inderdaad deur Lucifer ‘gemerk’. Hulle kom dan onder sy bedekking. Netsoos wat diegene wat trou aan My Seun sweer, aan die olyfboom ingeënt word, so word diegene in Mormonisme, wat hulself en hul families trou laat sweer, in Lucifer se ewige boom ingeënt. Sonder hulle openlike kennis of toestemming het hulle `n ewige verbond met Lucifer, die duiwel, gesluit. My kind, dit wat Ek vir jou getoon het aangaande die offerhande van kinders aan Lucifer in die dieptes van sommige van hierdie tempels, is verseker waar. Dit wat Ek jou getoon het aangaande verkragting en sodomie van klein- en ander kinders, midde-in hierdie sataniese kringe, is verseker waar. Wat diegene verbonde aan die laer vlakke van vrymesselarry nie weet nie, is dat Lucifer altyd menslike offerandes vereis. Te alle tye vereis hy die ontheiliging en skending van die menslike liggaam; want hierdie einste liggaam is `n tempel vir die Gees van God.

Wat jy moet weet My kind, en wat onder die volk se aandag gebring moet word is dat `n ‘ewige huwelik’ `n leuen is. Kinders word nie aan hul ouers verseël met verloop van tyd, soos baie dit wil glo nie; maar sataniese ooreenkomste en vloeke kan oor geslagte heen strek. Wanneer hierdie onskuldige mense die tempels binnegaan en sulke verbonde maak, bring hulle hulself en hul kinders onder bindings wat vir geslagte kan duur. Daar is geen manier wat Ek sulke verbonde eer nie; want hulle is suiwer Luciferiaans.

Lucifer vereis gehoorsaamheid en offerande, menslike offerande en die skending van die menslike liggaam. Dié aan hoof van die Mormoonse Kerk is gevangenes van die ergste soort denkbaar. Jy is al ingelig oor die gedwonge gebruikmaking van dwelmmiddels op die baie hoë vlakke van hierdie kerk en Ek sê vir jou, My kind, dat wat jy vertel was, wel so is. Jy het woorde ontvang wat vorige visioene rugsteun wat reeds maande gelede gegee is, aangaande menslike offerande en orgies in die skoot van sommige van hierdie tempels. Ja My kind, die woord is uit en dit is waar. Laat dié wat wil sien, sien. En laat dié wat wil hoor, hoor. Want My Seun sal geen enkele een as Sy Bruid aanneem wat met die duiwel in die eg verbind is nie.

Ja, My kind, almal wat hierdie leuenverbonde in die tempels aangegaan het, is onwetend of wetend (alhoewel hulle min is), in die eg verbind aan Lucifer. Hulle dra dieselfde las wat alle vrymesselaars die wêreld oor moet dra. Hulle het hulleself deur sataniese ooreenkomste aan die duiwel verbind. Hulle het ede en verbonde met hom gesluit wat bindend is, ja op hulle siele en op die siele van hulle kinders."

"Maar Vader, hoe kan so `n verbond bindend wees op `n onskuldige kind?"

"Ek sê vir jou, My kind, so `n verbond is nie bindend alvorens die kind die toerekenbare ouderdom bereik nie."

"Wat is?"

"Twaalfjarige ouderdom."

"Maar Vader, hoe kan `n kind op hierdie ouderdom tussen reg en verkeerd onderskei?"

"Baie kan nie; want hulle gaan maar net voort. Hulle aanvaar dit wat hulle ouers vir hulle gegee het om te aanvaar; maar vanaf hierdie ouderdom dra elkeen van julle `n gewigtige aanspreeklikheid vir julle keuses."

"Vader, daar is so baie wat ons nog nie verstaan nie."

"My kleintjie, onkunde is nie `n seëning nie. Dit is `n vloek. Ek sou Myne nie soos blinde skape wil laat volg nie; want die duiwel se wolwe is op die uitkyk om die blinde skape te oes. Ek vertel jou dat die Mormoonse Kerk vol blinde skape is. Gewillig doen hulle wat aan hulle voorgesê word, sonder dat hulle dit bevraagteken, want blindheid word aanvaar en word as lewenswyse aangemoedig. Hulle word op hulle plekke gehou en gedreig indien hulle hulleself teen die ‘Enigste Ware Kerk’ sou teësit. Maar Ek sê aan almal van hulle, ‘Julle beter julle oë oopmaak ter wille van julle toestand en ter wille van julle eie verlossing beter julle julle toevlug onder My beskermende hand soek; want daarin lê julle waarheid. Ja, die waarheid sal julle vrymaak indien julle ywerig daarna soek en as julle ook gewillig sal wees om `n netwerk vol leuens wat teenoor julle gepleeg word, prys te gee. Maar as julle nie met jul hele hart daarna soek om vry te wil wees nie, sal julle gevangenes bly van die Luciferiaanse valse leerstellings en slawerny.

Ja, inderdaad sal baie, baie binne-in die Mormoonse Kerk ween en huil as hulle die waarheid kan sien wat in die skoot van sommige van hierdie tempels aangaan. Baie sal so siek word dat hulle in groot droefheid sal wegkwyn, as hulle kon aanskou en verstaan. Maar helaas! hulle is nie in staat om te sien hoedat reptiele die leierskap van hierdie kerk oorgeneem het nie. Hulle kan nie insien waarom lede afgeraai word om te profeteer nie en dat hulle die groot leuen voorgehou word dat daar slegs een profeet in die wêreld en slegs 12 apostels is. Besef hulle nie dat selfs en veral Lucifer geweet het dat daar in die laaste dae profete geroep sou word en dat apostels geroep sou word; en welwetend het hy sy kerk meesterlik op hierdie einste orde tot stand gebring. Maar, helaas, hoeveel is nie al uit die Mormoonse Kerk gesmyt omdat hulle visioene van My en My Seun begin ontvang het nie? My kind, jy ken een persoonlik wat hiervoor uit die kerk verban was, maar dit is slegs `n klein deel van die storie. Ja, inderdaad moet profetiese gawes binne die Mormoonse Kerk heeltemal deur Lucifer gesmoor word; want hy wil in beheer wees van alle profesieë.

Daarom sê Ek aan alle Mormone, Julle is eerstens My kinders; maar jammer, julle wat tempel verbonde gesluit het, het julleself aan Lucifer en sy leerstellings oorgegee. Ek waarsku julle om wakker te word en kennis te neem van wat julle gedoen het, want geeneen van julle sal as Bruid van My Seun aangeneem word nie. Ja, julle het julleself wetend met Lucifer, die duiwel, in die eg laat verbind en julle is sy bruid, of julle dit nou wil aanvaar of nie."

"O Vader, ek is so hartseer, want ek is nie onbekend met hierdie kerk nie, aangesien ek vir sewe jaar gedurende my jeugjare lid was daarvan. Ek het in hierdie kerk met van die mees minsame en mees saggeaarde en geliefde mense te doen gehad en hulle was vol liefde; maar ek moet ook byvoeg dat terwyl ek hulle geken het, het hulle `n blindelingse gehoorsaamheid gehad aan die kerk en dit waarvoor hulle gedink het dit staan. Hierdie mense se lewe is skoon en ordentlik en dit is wat my so hartseer maak. Vader, ek vra U vir `n wonderwerk sodat hierdie mense gered kan word."

"My kind, jy sal hierdie nie wil hoor nie en jy sal die eindresultate daarvan nie wil sien nie; maar hierdie dag beveel Ek jou om My staf van mag wat in jou hand is te neem en die "Salt Lake Temple" sewe keer daarmee te slaan."

"Vader, U weet dat ek `n vrees het vir daardie mense, plekke en situasies wat die krag van U staf ontvang, want dit is nie my staf van mag nie, maar U s’n. En dit is nie in my hande nie, maar in U s’n. Daarom vrees ek, Vader. Berouvol Vader, slaan ek die tempel in "Salt Lake City" sewe maal, wetende dat U oordeel oor hierdie kerk gaan val. Met hierdie staf in my hand reik ek uit en ek slaan hierdie tempel een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe maal. En ek sien groot ontploffings van lig in die geesteswêreld en met die sewende slag sien ek hoedat U krag die tempel tot ver binne-in die grond in verteer. Ek hoor die geweeklaag van kinders en ek sien hul trane. Ek sien hoedat tronkselle oopbars en hoedat `n rollende vuur `n ondergrondse gebied, soortgelyk aan die hel se ingewande, verteer. Vader, ek weet nie wat hier gaan gebeur nie, maar U weet. Ek is bekommerd oor dié wat daaronder gaan ly, maar ek weet dat U wil soos `n groot en magtige donderende vuur sal voortrol."

"My kind, hierdie dag val My oordeel op die Mormoonse Kerk; want Ek wil nie dat miljoene siele onwetend in gevangenskap gaan as deel van Lucifer se bruid nie. Ofskoon jy hierdie dag slegs een klein stemmetjie is, voeg Ek My krag by jou stem. Ek voeg My hand van oordeel by hierdie staf sodat hulle wat vry wil wees, vry mag wees."

"Gaan vandag in vrede en weet dat `n skudding op hande is vir die Mormoonse Kerk; en dat Ek die Outeur is daarvan. Ek is jou Vader in die Hemele, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 30ste dag van September, 2001
Linda Newkirk
.


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX