Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 13

 

"Ons Vader maak die Hemele oop"


"My dierbare kind, vrede vir jou vandag en weet dat jy binne My wil verkeer. Ja, ek het jou in die vroeë oggendure wakker gemaak sodat jy kon uitkom om My woorde neer te skryf. Luister op hierdie dag na My, My kind; want Ek het `n nuwe woord wat Ek tot jou wil spreek en dit moet as `n boodskap op die "`n Boodskap vir Jou" afdeling geplaas word, maar dit moet ook die volgende hoofstuk van Boek Sewe uitmaak. My kind, Ek het jou onlangs meegedeel dat Ek die Hemele sal oopmaak en dat Ek jou groot en magtige dinge sal toon. Is dit nie so nie?"

"Ja my Vader, en ek was angstig om te sien wat U wou openbaar."

"My kind, aanskou My swaard wat jou vooruitgaan. Aanskou die glansryke en vlammende lem daarvan. En aanskou hoedat dit deur My hand beweeg word om die hemelse oop te kloof en van mekaar te skei."

"Ja, my Vader, en soos wat dit deur die krag van U Hand voortgedryf word, neem ek groot vure en ontploffings in die hemelse waar en ontsagwekkende stoom stroom daaruit. Wolke, driftige stormwolke, kom aangerol en hulle word aangebruis deur `n sterk wind. Ek hoor deurdringende donderslae en ek sien kragtige bliksemstrale soos wat die onstuimige storms inbeweeg. Dit reën dat dit giet en hael so groot soos bofballe stort neer vanuit die toornige wolke. Onder die wolke, op die aangesig van die aarde, sien ek hoe berge kraak en aardbewings rommel en die aarde laat skud, wat die grond laat breek en oopskeur. Vurige vloeiende lawastrome word daaronder gesien soos wat dit by die oopgebarste berge uitsypel. Dan, ewe skielik, neem ek `n grootse stilte waar wat oor die land neerdaal. Die wolke ontwikkel `n kalmte en die wind word slegs `n fluistering terwyl ek voor my `n groot kloof in die hemelse ruim aanskou. En terwyl ek hierdie skeur in die Hemele aanskou, Vader, hoor ek U stem wat sê: "`n Skeur in die weefsel van tyd." Maar ek verstaan nie wat U bedoel wanneer U sê, "`n skeur in die weefstof van tyd" nie."

"Kom hier na My toe, My kind."

Skielik word ek deur hierdie skeur getrek; en onderwyl ek sit en skryf weet ek dat ek opwaarts deur hierdie skeur in die hemelse ingetrek word, en ek word deur hierdie skeur die tyd in beweeg. `n Geweldige energie en krag deurspoel my en `n koelte daal neer op my gesig. Ek beweeg in die Gees en tog terselfdertyd voel dit asof ek deel uitmaak van voortsnellende waters. Die sensasie wissel gedurig tussen dié van `n koel briesie tot dié van voortsnellende waters en ek bevind my nou staande bo-op `n hoë verrese berg, onder die aanvoeling dat ek op die Berg Ararat is. Benede my, voel ek aan dat daar aktiwiteite is, maar ek word daarvan weerhou om te weet wat se aktiwiteite dit is.

"My kind, draai Oos."

"My Vader, rig my voete; want ek weet nie waar Oos is vanwaar ek tans staan nie."

"Goed dan."

En op daardie oomblik word my voete gedraai en my lyf word gedraai en voor my is `n stof wat soos `n veselagtige web lyk. Ek weet dat ek die web met my hande moet oopbreek en dit is soos `n wolk, maar tog ook soos `n web; en terwyl ek my hande daardeur steek, word ek daardeur ingetrek. Terwyl ek hierdie web betree, bevind ek myself in `n baie besige straat in Indië. Reg rondom my is Indiërs besig om te werskaf en is doenig met hul daaglikse aktiwiteite. Die strate is vol donkerkleurige mense en baie van hulle staar my net aan. `n Stank slaan my asem weg en ek kyk rondom my en sien `n lyk op die straat naby aan my. Terwyl ek nader staan, sien ek dat sy hele liggaam oortrek is met huisvlieë en hoe hulle in die straat rondvlieg. Ek kyk vlugtig rond en sien mense by `n nabygeleë winkel en `n paar ander by `n toonbank waar hulle iets uit bekers drink. "My Vader, daar blyk baie verwarring en soveel droefheid hier te wees. Hier by my voete is hierdie armsalige siel wat definitief dood is, maar die mense gaan hulle gang, op die oog af, salig onbewus van sy toestand. Hoekom is ek hier; want ek voel so bedroef?"

"Weet jy dan nie?"

"Nee, my Vader, ek weet nie en ek voel so radeloos oor wat ek sien. Die mense in die algemeen blyk baie arm te wees en hier by my voete, is hierdie dooie man. Wat staan my te doen?"

"Buk af en raak sy linkerpols aan en sê vir hom om wakker te word; want hy is maar net aan die slaap."

"Vader, ek weet dat U sê dat hy maar net slaap, maar hy is verseker dood; want soos wat ek afbuk om sy pols aan te raak, sien ek baie vlieë by sy neus en by sy mond uitpeul en die reuk is so vrot. My Vader, ek voel so hartseer, want hy lê soos `n dooie hond op die pad en dit wil voorkom of niemand eers daarvan notisie neem nie." Terwyl ek na hom toe afbuk, raak ek hom aan sy pols en ek voel dat hy yskoud is; en woorde kom by my mond uit wat ek nie verstaan nie. Nietemin weet ek dat ek vir hom sê:

"Word wakker in die naam van JaHshua, die Messias; want die Allerhoogste God, JaHWeH, het dit beveel." Dan begin die man soos `n zombie te roer. Hy beweeg sy oë en knip hulle `n paar keer; dan steier hy regop op sy voete, spoeg vlieë uit en mompel iets onverstaanbaar. Hy kyk my baie verskrik aan en ek weet nie wat ek vir hom moet sê nie. Sy hemp is oopgeknoop en sy ribbebene steek uit. Sy langbroek is baie vuil, plek-plek aan flarde geskeur en hy kom baie gedisoriënteerd voor. "Word gesond in die naam van JaHshua", sê ek vir hom; en hy kyk na my en knik sy kop bevestigend asof hy verstaan. Terwyl ek die man hier voor my aanskou, kyk ek om my en sien `n klein groepie mense wat rondom my saamgedrom het en terwyl hierdie man `n paar woorde uiter, spring baie van hulle terug uit ongeloof of vrees. Een vrou lyk asof sy wil flou word en ek kyk na hulle en sê vir hulle dat hulle nie moet vrees nie; want alles is in orde, maar hulle kyk my wydoog met ongeloof aan. Die een wat uit die dode opgewek is, begin toe sy broek af te stof en vee ook sy stowwerige hare agtertoe met sy hand. Een vrou storm met `n siek baba na vore en plaas die baba in my hande. Ek voel die kind se voorkop en voel dat hy baie koorsig is en dat sy neus dik is van die slym. "Ek staan voor U, Vader, en bied hierdie kind aan U in die Naam van ons Geliefde JaHshua, dat U hierdie kind kan gesond maak. Vader, ek bid dat hierdie kind gesond gemaak word in die Naam van ons dierbare JaHshua. En aan U, ons Geliefde God JaHWeH, kom die lof toe vir altyd en ewig." Ek besorg die kind aan sy moeder en terwyl ek dit doen voel ek hoe die wolk op my inbeweeg. Ek voel die webagtige stof en ek beweeg weer deur hierdie stof, opnuut vasgevang in die wind en die voortsnellende waters, waar ek met `n baie vinnige spoed beweeg totdat ek weereens hier tuis is, tog deeglik bewus van hierdie kloof wat ek in die hemele gewaar. My Vader, ek weet nie hoe om dit wat ek so pas ervaar het, te verklaar nie. Verduidelik dit asseblief."

"Ek het die hemele vandag oopgekloof en die tyd van groot en magtige wonderwerke, My wonderwerke, het nou op hierdie planeet aangebreek."

"Maar Vader, wat bedoel U wanneer U sê dat U die hemele oopgekloof het; en waarom was daar so `n geweldige storm?"

"Wanneer Ek sê dat Ek die hemele oopgekloof het, bedoel Ek dat Ek daardeur veranderinge in die ruimte/tyd kontinuum teweeggebring het, wat dit vir My Uitverkorenes makliker sal maak om My wonderwerke in verafgeleë plekke, regoor die wêreld, te verrig. Die geweldige storm wat jy beleef het, is beide `n geestelike en `n fisiese storm. Lucifer weet dat Ek My uitverkorenes met My krag volmag gee om groot en ontsagwekkende wonderwerke op die Aarde te doen. Hierdie bemagtiging van Myne op baie hoër vlakke sal `n ernstige duik in sy werk maak. Daarom sal jy hom in sy boosheid sien versnel in `n poging om dit, waarmee Myne bemagtig is om mee voort te gaan, te stop. Jy sal sien hoedat hy reisbeperkings sal instel in `n poging om My gesalfdes te keer om na verre lande te reis om My wonderwerke te verrig en om siele te red. Jy sal ook sien hoedat hy toeneem in sy vernietiging en aanslae teenoor Christene wêreldwyd, soos met die ‘heilige oorlog’ wat hy tussen Christene en Moslems begin. Jy sal in baie areas bewyse vind dat Lucifer stoom optel om Christene te vervolg en om hulle van kant te maak. Net soos wat koning Herodus daarop uit was om alle babatjies dood te maak in die tyd toe My Seun gebore was, sal jy wêreldwyd `n grootskaalse uitwissing van Christene sien, in `n poging van Lucifer om baie van kant te maak, voordat hulle hierdie nuwe kragte ontdek. En baie, baie Christene sal waarlik omkom; maar Ek sal groot en magtige wonderwerke deur My getroues teweegbring. En dit sal nie gestop word nie."

"Vader, was ek so pas na Indië verplaas?"

"Jy was."

"Vader, dit was iets onbeskryflik maar terselfdertyd so hartseer en smartvol. Wat het met hierdie twee gebeur?"

"Die man leef en die baba is gesond."

"Vader, verstaan hulle dat dit `n gawe van U was deur U Geliefde JaHshua?"

"Hulle verstaan so."

"Het hulle gesien hoe ek deur die web of gordyn beweeg toe ek daardeur teruggekeer het?"

"Hulle het slegs gesien hoe jy verdwyn."

"Wat het hulle daarna gedoen?"

"Hulle is nog steeds aan die praat en `n groter skare het saamgedrom."

"Maar Vader, sal hulle na U toe kom? Sal hulle U en ons Meester JaHshua dien?"

"Sommiges sal."

"Maar Vader, wat sal dit van hulle verg om uit die heidendom te kom en hulle demoniese gode prys te gee?"

"Dieselfde wat dit van die Mormone sal verg om hulle lidmaatskap teenoor `n Vrymesselaar kultus prys te gee."

"Wat is?"

"`n Skudding wat groot afmetings sal aanneem."

"Maar Vader, wat kan dít moontlik wees?"

"Wanneer hulle wêreld onder hulle uitgeruk word en hulle agterkom dat hulle godsdiens nie vir hulle tot redding sal wees nie, maar tot vervolging."

"En wanneer sal dit geskied?"

"Wanneer die geheime merk hulle begin brand."

"Wat bedoel U?"

"Ek bedoel dat hulle wat deur die duiwel gemerk is, deur die duiwel opgeëis sal word. Hulle wat hulleself gaan teësit, sal swaar deur hom gebrand word."

"My Vader, hoe lank sal sogenaamde Christene nog toegelaat word om `n louwarm weg te bewandel? Vader, hoe lank nog?"

"Aan elkeen word `n vrye keuse gegee. Sal elkeen van julle honger en dors na Geregtigheid? Sal jy brandend wees om meer en meer van My te ontvang? Sal jy hunker na dieper en dieper waarhede? Of, sal jy verrot in selfvoldaanheid? Diegene wat in die kultusse soos die Mormoonse Kerk verlore is, is tans besig om in selfvoldaanheid te verrot. Hulle godsdiens sal hulle nie red nie. Dit sal hulle tot oordeel wees."

"Vader, wat het vandag gebeur toe hierdie kloof in die hemelse ruim oopgeruk is?"

"Soos Ek gesê het, het Ek hierdie kloof in die hemelse ruim teweeggebring en hierdie kloof sal toelaat dat My uitverkorenes baie meer vrylik in die bonatuurlike kan rondbeweeg."

"Bedoel U daardeur om na ander plekke verplaas te word, of het dit betrekking op die manifestasie van alle wonderwerke vanaf U?"

"Dit het betrekking op alle wonderwerke."

"Vader, hoe sal dit manifesteer?"

"Net soos wat jy dit vandag ervaar het."

"U bedoel, met verplasing?"

"En genesing en ander soorte wonderwerke."

"O Vader, ek wens ek kon dit verstaan; maar ek voel so onkundig. Ek voel soos `n baba. Hoe sal ons ooit U groot en magtige weë begryp?"

"Jy kan nie, mits Ek jou daaroor insig gee."

"Vader, ek wens ek het meer vrae gehad oor wat ek so pas beleef het en wat U van plan is om met U volk te doen, maar ek weet nie wat om verder te vra nie. Hoe dit ookal sy, ek het tog `n baie belangrike vraag. Vader, twee dae gelede het U aan my `n engel bo-op U Heilige Berg getoon en hierdie engel het `n trompet geblaas. Toe sien ek hoe engele vanaf hierdie berg neerdaal en hulle het boekrolle by hulle gehad en aan velerlei mense regoor die aarde is hierdie boekrolle gegee om te lees. Vader, wat beteken dit?"

"My kind, kyk na die trompet wat in die hand van die engel is. Wat sien jy op die banier aan die onderkant van die trompet?"

"Ek sien die woord ‘plae’ wat op die trompet geskryf staan. Maar ten tyde van die visioen het ek dit nie gesien nie."

"En wat sien jy op die boekrol geskrywe wat in die hand van die engel is?"

"Vader, ek sien die woorde, ‘Groot oordele van JaHWeH, die Allerhoogste God’. En op die agterkant van die boekrol sien ek `n vrou wat by `n put huil. Sy wys na `n wateremmer wat slegs met sand en oorblyfsels gevul is en sy sê, ‘Ons het nie water nie. Israel dors na water.’ Dan sien ek weer hierdie engel met die trompet wat sonder ophou blaas, en op die banier sien ek weer die woorde, ‘plae’ en aan die onderkant van hierdie woorde, in kleiner druk, sien ek die woorde, ‘verwoestende plae gaan die VSA binnekort tref!’ Die engel hou nie op om die trompet te blaas nie; en ek kyk weer en aan die agterkant van die banier sien ek `n skedel met gekruiste bene. Aan die onderkant van die skedel en gekruiste bene is die woorde ‘Antichris werktuig ry oor die wêreld’.

"O, my Vader, die middag nadat ek die engel die trompet in die oggend sien blaas het, het ek op die Internet gelees dat `n ebola-tipe plaag die Afgaanse grens getref het. Omdat ons al van Russiese troepe op die Afgaanse grens gelees het, was my eerste indrukke dat dit op biologiese oorlogvoering gedui het."

"Jy het `n aanvoeling gehad vir dit wat waar is. Want WO III (Derde Wêreldoorlog) is aan die rol."

"Maar Vader, wat staan die mense te doen? Hoe kan die massas so `n oorlog oorleef?"

"Hulle kan nie en hulle sal nie, want die grootste getalle sal sterf."

"Maar Vader, wat van diegene wat sê dat die Bruid weggeneem gaan word en dat hulle nie swaarkry in die gesig sal staar nie?"

"My kind, My kind, almal wat met My Seun in die eg verbind, sal gesuiwer en skoongemaak word. En hoe kan hulle gesuiwer en skoongemaak word, behalwe deur groot beproewinge?"

"Maar Vader, wat bedoel ons Meester JaHshua wanneer Hy sê dat ons moet bid dat ons waardig geag mag word om nie hierdie dinge deur te gaan nie?"

Hy bedoel net wat Hy sê. Sommige sal werklik uit verwoestende omstandighede verplaas word of geheel en al beskerm word. Sommige sal huis toe kom en op so `n wyse ontsnap. Maar hulle wat op die Aarde sal wees ten tyde van Sy koms, sal deur groot beproewinge gesuiwer word, net soos die apostels van ouds."

"Vader, ons staan dus op die punt om `n biologiese oorlogvoering, reg hier op VSA bodem, te beleef?"

"Gouer as wat jy moontlik kan dink. Gaan in vrede hierdie dag en tik hierdie boodskap spoedig sodat mense voorbereidings kan tref. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 5de dag van Oktober, 2001,
Linda Newkirk.

 

Dieselfde dag toe ons Vader in die Hemel die hemelse ruim gekloof het, het `n storm deur hierdie gebied beweeg; en vir `n paar dae aaneen het ons `n reeks storms beleef. Groot, donker driftige wolke het aangehou om in te beweeg en dit was asof dit wat ek daardie dag in die geestelike gesien het, nou in die fisiese gebied afgespeel word.

 

 

September 11 is "Slegs die Begin van God se Oordele oor Amerika!"

"My geseënde kind, Ek is jou Vader in die Hemel. Geseënd is jy, My kleintjie, want jy is gehoorsaam aan My. Jy stel My eerste en jy het op My woorde ag geslaan om uit die wêreldse lokvalle uit te kom. Jy het die reguit en smal weg bewandel, My met alles binne-in jou liefgehad en My en My Seun eerste gestel; en daarom gebruik Ek jou op groot en magtige wyses. Net soos wat Ek die see vir Moses oopgekloof het, kloof Ek die hemelse vir jou oop. `n Nuwe dag is ophande vir diegene wat My met alles binne-in hulle liefhet en wat My eerste stel. En dit My kind, is `n dag van groot en magtige wonderwerke waarin My getroues dikwels van My Lewende Waters sal drink. Hulle sal in My Rivier van Lewe swem en van My hemelse manna eet.

Ja, My kind, dit is `n nuwe dag vir hulle wat getrou is. Dit is `n nuwe dag vir hulle wat vrywillig die wêreld en al sy lokvalle prysgegee het vir liefde teenoor My en My Seun. Ja, dit is `n nuwe dag vir hulle wat aan My gehoorsaam is.

Maar, helaas, vir diegene onder My diensknegte, wat nie uit die wêreld wil kom nie, wat nie die verloklikhede van die wêreldse strikke wil prysgee nie, ja selfs hulle vir wie ek baie lief is, sal met baie slae geslaan word. Want hulle wil nie die verloklikhede van die wêreld prysgee nie. Diegene wat op die televisie staatmaak en wat nie hierdie breinspoelingskassie wil prysgee nie, sal met baie slae geslaan word deur hulle eie keuses vir bewussynsbeheer. Hulle wat nie `n lewe wil lei wat op die waarheid geskoei is nie, sal geslaan word en diep gewond word deur elke leuen wat hulle verkondig. Hulle wat nie aan My gewonne wil gee nie en wat nie `n lewe van gehoorsaamheid aan My wil wy nie, sal Lucifer vrywillig of onwillig gehoorsaam. Hulle wat boosheid verruil vir goed, sal deur die boosheid mislei word. Hulle sal die vrugte van boosheid pluk en sal baie ly daardeur. Hulle wat die leuen navolg, sal deur die leuen verteer word en die vure van leuens en misleiding sal hulle met `n witwarm vlam brand.

Ja, My kind, Ek maak My volk skoon. My Seun se Bruid word deur teëspoed gewas en geskrop. In die verlede is baie grasie verleen om dit wat vandag gedoen moes word, opsy te stoot vir `n ander dag. Maar Ek sê nou vir jou dat hulle wat van My geestelike verantwoordelikhede af weghardloop, deur hulle onverantwoordelike keuses geslaan sal word. Diegene wat nie die wêreld en sy strikke vrywillig wil prysgee nie, sal op `n groter skaal worstel met hierdie strikke op die breë weg na vernietiging. Ja, Myne sal inderdaad `n skoon en suiwer lewe voor My lewe en hulle sal die bedrieglike gewoontes uit hulle midde moet uitroei. Hulle sal deur hulle eie keuses gebreek word en My vrywillig gehoorsaam, of hulle sal vir Lucifer en sy sluheid val.

My kleintjie, Ek het `n ysterstaf in jou hande geplaas (sien Boek 5); en hierdie staf sal die nasies oordeel. Hierdie ysterstaf sal die boosaardiges tesame met die sogenaamde regverdiges, wat van binne niks anders as roofsugtige wolwe is nie, oordeel. Hierdie ysterstaf sal die rûe van die boosaardiges breek en dit sal dodelike en vernietigende slae aan die Nuwe Wêreld Orde se hoofde en hulle planne toedien. Hierdie ysterstaf sal oordeel en dit sal op `n magtige wyse oordeel; want My krag en My onbuigbare wil is in hierdie staf geleë; en wanneer Ek vir jou sê om hierdie staf op te tel en te gebruik, is dit nie deur jou krag dat oordele daaruit voortgaan nie, maar dit is deur My krag. My hand rus op joune wanneer hierdie staf gebruik word en diegene regoor die wêreld, wat boosheid en uittarting hardnekkig navolg, beter vinnig gereedmaak, want groot oordele, My oordele, is op hande.

Ja, My kind, Ek weet. Baie is van mening dat die duiwel die 09-11-2001 aanvalle op die VSA georkestreer het. Maar Ek sê nou vir jou soos wat Ek al voorheen vir jou gesê het: Ek het hierdie aanvalle georkestreer; want dit is Ek wat hierdie wêreld beheer. Ek is die Skepper van alles en Ek het hierdie vernietiging georkestreer. Ek oefen beheer uit oor Lucifer en Ek laat toe dat hy tydens hierdie eindtye in krag toeneem, sodat elkeen van julle volgens julle getrouheid geoordeel mag word. Dit is tyd om hierop bedag te wees, want Ek is die Skepper van alles. Ek het die heelal in beweging gesit. Ek het alle lewensvorme geskape en Ek bring altyd die oordeel oor `n trotse, hardnekkige en arrogante volk. Ek oordeel die VSA en Ek oordeel die hele wêreld; want boosheid het oorgeneem en die massas het boosheid liefgekry. Hulle het My verlaat en meeste kerke regoor die wêreld is kurkdroog.

Ek is siek en sat vir die stank van middelmatigheid. Ek is siek en sat vir jul patetiese aanbiedinge vir My en vir My werk. Ek is moeg vir julle onbeduidende skuilgat gebede en Ek plaas die staf, My staf van oordeel teen die wortels van `n geestelike boom in die VSA en elders, wat gruwels voortbring. Indien die predikers hulleself nie gaan bekeer nie en indien hulle hulleself nie daarvoor gaan beywer om My volk tot bekering te roep nie, sal Ek hierdie land geheel en al vanaf die Noorde na die Suide en vanaf die Ooste na die Weste verwoes. Keer op keer het Ek My predikers gewaarsku om tot bekering te kom en om My volk tot bekering te roep, maar julle wou nie. Julle sal nou tot bekering kom en julle sal julle daarvoor beywer om My volk tot bekering te roep, of julle sal die weg van die graf volg, verlore in sonde, opstandigheid en middelmatigheid; en die vure van die hel sal julle tegemoet styg.

Wat julle op 09-11-2001 gesien het, is slegs die begin van die oordeel in die VSA. Binnekort sal ernstige biologiese aanvalle hierdie land tref en julle sal vind dat julle by die honderde duisende sal omkom met geen kuur daarvoor nie. Ek het die leierskap van hierdie land gewaarsku om nie `n verdelgingsoorlog teen die Moslems te begin nie. Want hierdie 09-11 aanvalle was georkestreer deur die geheime leierskap van die VSA en van ander lande wat julle op die voorgrond van hierdie oorlog sien optree. Hulle wou egter nie luister nie, want hulle het dit ten doel om `n "heilige oorlog" tussen die Arabiere en die Christene te ontketen! Ek sê nou vir julle dat omdat hulle nie na My waarskuwings wou luister nie, baie deur die swaard sal omkom. Hulle sal sterf as gevolg van vreemde en ongewone toestande.

Hier in die VSA sal Ek die ware slapende terroriste bedrywighede laat ontwaak en hierdie terroriste bedrywighede sal nie deur julle eie regering georkestreer word nie. Ek sal hulle laat ontwaak in Europa. Ek sal maak dat Rooi Sjina vir Taiwan sal aanval en dat Noord-Korea vir Suid-Korea sal aanval. Ek sal `n verbete oorlog tussen Sjina, Rusland en die VN antichristelike sameswering laat uitbreek om beheer oor die wêreld se oliebronne te verkry. Hierdie bitter oorlog oor die beheer van die wêreld se oliebronne sal `n oorlog veroorsaak wat die VSA sal verwoes. Dit sal Europa, Rusland, Sjina en die Midde-Ooste verwoes.

Ja My kleintjie, die Antichris werktuig is aan die opkom en dwaaslik glo hulle dat hulle die wêreld aan hulle voete het; maar dit kan nouliks verder van die waarheid verwyder wees. Wees versigtig vir die paaie wat tot hiertoe nog nie bewandel is nie. Want die Antichris Een Wêreld Orde Werktuig is gedoem om te misluk. Maar Ek sê vir jou dat dit sal opstaan en as gevolg daarvan sal die wêreld heeltemal verwoes word."

"My Vader, Ek het `n vraag en dit is een wat deur `n leser in Singapoer aan my gestuur is. Aangesien U die horlosie se wysers teruggedraai het, beteken dit dat die volgorde van sekere datums, soos in vorige profesieë weergegee, ook vorentoe geskuif is?"

"My kind, sommige van hierdie datums is vorentoe geskuif en ander nie. My raad aan almal is om `n apartgestelde en regverdige lewe te lei, want groot en verwoestende veranderinge is om die draai en My Seun sal terugkom wanneer almal dit die minste sal verwag. Daarom, maak julle lewens skoon. Bely daagliks julle oortredinge en wees altyd op die uitkyk, want hulle wat nie geestelik skoon is nie, sal nie deel van Sy Bruid uitmaak nie.

Gaan hierdie dag in vrede, My kind, en waarsku almal om voor te berei vir baie moeilike tye wat voorhande is. Maak gereed vir grootskaalse biologiese aanvalle op VSA bodem en daarby ook vir nog meer ontploffings. Maar dié waarvan Ek melding gemaak het, sal nie deur die VSA regering georkestreer word nie. Ek sal toelaat dat hierdie dinge geskied, want julle het `n dwase oorlog begin waarteen Ek julle gewaarsku het. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Plaas hierdie skrywe op die ‘Boodskap vir Jou’ afdeling en dan ook as volgende hoofstuk in Boek 7, sodat alles vir die nageslag bewaar kan word."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 7de dag van Oktober, 2001,
Linda Newkirk.

Neem kennis: Sedert hierdie tyd het ons `n vlaag ‘anthrax’ gevalle gesien en ons het ook gesien hoe `n ander burgerlike vliegtuig neergestort het. Ons weet nou dat die vernietiging van hierdie vliegtuig nie `n ongeluk was nie.


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX