Vanaf die Berg, Boek VII

 

Hoofstuk 19

 

"Ons Vader se Waarskuwings vir die węreld word nou vervul!"


Geliefdes, hieronder sal julle ons Vader se boodskap aan die Węreld sien. Na hierdie boodskap is daar nog `n woord van ons Vader wat julle ook graag sal wil lees, sowel as ander tersaaklike inligting. Selfs al is dit ses maande in die toekoms in, of twee jaar, of selfs langer, wanneer julle ons Vader se boodskap aan die węreld lees, maan ek julle om afskrifte te maak van Sy boodskap en om dit te versprei aan die kerke, sodat die getroues bemoedig kan word en die opstandiges tot bekering kan kom.

 

"Ons Vader se boodskap aan die Węreld."

"MY Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My Geliefde Een, die winde kom en die winde gaan; maar die wind wat nou op hande is, sal nie weggaan nie. Ja hierdie is `n magtige wind van My Gees en dit word nou op My volk losgelaat. Ja `n magtige wind van My Gees besig is om na vore te rol, net soos `n magtige vloedgolf. Dit is besig om voort te rol; en binne drie dae, My kind, sal jy weet wat Ek bedoel. Hierdie Wind van My Gees bring magtige wonderwerke op die aangesig van hierdie Aarde voort. Want soos jy weet, My Kind, is Satan vir ewig tot binne-in die Aarde gewerp. Hy sal nie meer toegelaat word om by My troon te kom nie en hy sal nie meer in die interdimensionele ruimtes toegelaat word nie; want My merk van nederlaag is op hom. Selfs al styg hy op in sy woede, is hy deur My gebind. Hy is gebind vir vernietiging.

Ja, My Kind, die duiwel is losgelaat en die Antichris is besig om op te staan, soos wat jy baie maande gelede ingelig was. Millennia van beplanning en millennia van menslike offerandes en bloedige orgies van boosheid het hierdie tydperk van groot boosheid op die mensdom ingelei. Maar Ek sę vir jou, My Kind, die węreld is boos. Regoor die węreld is die volk vol opstandigheid. Die Kerke is verrot met die vlakkes en die louwarmes, met die lafhartiges. Ja, My Kleintjie, die tyd van oordeel is oor die węreld. Ek praat baie met jou aangaande My oordeel oor die VSA en baie ander lande dink dat hulle vrygestel is van My oordeel. Ek sę vir jou, My Kind, Australië is onder My oordeel deur middel van brande. Ja selfs die duiwel en al sy krygsbendes doen My wil en hulle weet dit nie. Ek kan My wil tot in die kleinste skepsel plaas of binne-in die verstande van kinders, want Ek is Almagtig en Alwetend. Dwase manne en vrouens vrees nie My Krag nie. Hulle vrees nie My oordeel nie, maar Ek sę vir jou, My Kind, `n groot vrees is op hierdie węreld. Die wat nie My Krag wil vrees nie, sal die krag van die duiwel vrees. Ja, inderdaad, My Kind, hy en syne het mag; maar nie van My af nie. Hulle kry mag van julle af. Hulle eet vanaf julle verdriet en lyding. Hulle eet vanaf oorloë en geweld. Hulle voed op vernietiging en ontreiniging van die menslike liggaam. Hulle eet vanaf misleiding en afgryslikheid. Ja, My Kind, hulle is afgesny van My af met min lig, behalwe dit wat hulle van elkeen van julle af steel. Dit is waarom hulle groot vreugde daaruit put om Christene in hulle bloedige rituele te offer; want julle het My Lig. Selfs die louwarm het nog My lig en hierdie boosdoeners is bloedsuiers van My lig en energie.

O ja My Kind, daar is `n vreetwaansin van boosheid. Daar is `n vreetwaansin wat gedryf word deur afgryslikheid, deur bloed en ingewande. Kan jy nou insien waarom televisie `n voedingsplek is van die duiwel. Hy versprei die boosheid. Die menigte slurp dit op en sodoende laat hulle My lig vrykom, want Ek sal nie inwoon in diegene wat boosheid toeskryf nie.

My volk ondervind `n konstante tekort van My Gees en My energie omdat hulle dit vir boosheid verruil het. Boosheid steel die lig uit My volk uit, maar elkeen van julle gee julle toestemming daarvoor. Elkeen van julle is toerekeningsvatbaar en elkeen betaal `n prys. Want julle worstel met depressie en met demonetisasie van julleself, julle families en julle tuistes. Julle het niemand om te blameer buiten julleself nie, want julle het deur die Sataniese oorname van julle regering geslaap. Julle het geslaap deur die Sataniese verkragting van julle tuistes deur die geweld op televisie, deur die besmetting van afwykende seks en deur die oormatige gebruik van dwelms en alkohol! Vrywillig het julle binne-in die Luciferiaanse lokvalle geval, want julle het die węreld liefgehad en dit wat daarin is en vrywillig sal die menigtes uittrek, die merk neem en hulle sal vrywillig vir Lucifer aanbid.

Maak gereed; want oorlog kom na Amerika toe! Hier `n bietjie en daar `n bietjie totdat julle sal beswyk deur `n kernaanval! Ja My Kind, Ek het Amerika `n bietjie meer tyd gegun, want inderwaarheid was oorlog bestem vir Amerika in 1998 en toe weer in die lente van 2001. Maar julle is nie baie tyd gegun nie. Julle is nie `n geslag gegun nie, slegs `n paar jaar.

Lande buitekant Amerika, Ek waarsku julle om nie in julle veiligheid saam te trek nie, om te glo dat julle veilig is in julle opstandigheid nie. Nee, julle is nie veilig nie! Ek gaan Skandinawië opskeur … as gevolg van julle opstandigheid teenoor My; as gevolg van julle aanbidding van heidense afgode, as gevolg van julle afgodery. Ek gaan My vuis moker tot binne in jou maagholte. Ek gaan jou sirkulasie afsny en Ek gaan jou verder verblind en verder verdoof; want jy rig `n valse ligvertoning op en jy is vol van die oppervlakkiges en die ontaardes!

Kanada, O Kanada, moenie dink dat julle My gramskap sal ontvlug nie. Want julle is net so `n groot hoer as wat Amerika is. Julle is net so blind en doof en julle is opgeblase en julle glo dat julle nie geoordeel sal word nie. O, dit kom! My oordele is voor julle deur en dit sal nie lank wees voordat die soldate hulle deur tot deur rondtes sal maak tot binne in julle midde nie. Dit sal nie lank duur alvorens julle hongersnood dwarsoor julle hele land sal ken nie, want Ek oordeel die koring en Ek oordeel die beeste en die gewasse. Ergerlike siektes en kwale gaan binnekort oor die węreld heen toeneem en julle sal dit nie ontvlug nie. Oorlog, oorlog, oorlog en gerugte van oorlog sal julle konstante vrees wees, want julle het My versaak. Julle het saam met Amerika gaan hoereer. Wanneer julle dit die minste verwag, sal julle `n knal hoor en julle sal die dodelike resultate sien van hierdie knal. Ja, Kanada, julle is onder My oordeel en dit is tyd dat julle wakker word. Dit is tyd dat julle bekeer, want `n golf van uiterste vernietiging sal binnekort oor julle land vee.

Europa, O smerige Europa! Julle harte is so koud soos ys. Julle is robotte van die duiwel. `n Swart wolk van boosheid is besig om oor Europa te kook. Die Nazi’s staan gereed om van deur tot deur te marsjeer. Die treine van boosheid staan gereed om te beweeg en die wolf van hongersnood huil in julle agterplaas. Nee, julle sal nie vir julle bose harte kan vlug nie. Julle sal nie die warm asem van die Antichris kan ontvlug nie, wanneer hy kom om te steel, om dood te maak en te vernietig. Ja, dit is tyd om wakker te word voordat dit te laat is om dit te doen. Julle, die menigte, julle wat vol duisternis is, opstandigheid, selfonderhoud, het julle eie duistere grafte gegrawe. Dit sal vir julle niks wees om Lucifer te aanbid nie; want julle aanbid reeds wat van hierdie węreld is.

Ja, My Kind, Ek weet dat `n paar, hier en daar in Europa, vir My lief is. Hulle is gehoorsaam aan My en onderhou My Gebooie, maar hulle is inderdaad min! Ek vertel jou My Kind, Ek gaan Europa skud en rammel. Ek gaan haar opskeur van Noord na Suid en van Oos na Wes. Die dooies sal soveel wees dat hulle nie oor die mannekrag sal beskik om hulle te begrawe nie. Ja, oorlog, smartlike oorlog kom na Europa toe.

Die Midde-Ooste staan op die randjie van `n ontploffing van oorlog. Soos wat jy hierdie oorlog sien ontvou, hou vir Sjina en Rusland dop. Want Sjina het planne van haar eie en wanneer die węreld dit die minste verwag, sal sy beweeg om land en mag vir haar toe te eien. En Noord-Korea, wat deurtrek is met siekte en honger is `n maer wolf, maar een wat op die roof uit is. Hulle sal nie voor die Antichris agenda buig nie.

My Kleintjie, hierdie oorlog teen terreur is om ontslae te raak van al daardie lande en daardie elemente wat nie wil neerbuig voor die Antichris nie. Dit is waarom die węreld op die randjie van `n groot oorlog is wat hierdie planeet volkome gaan verwoes. Sommige sal nie gekoop word nie en hulle sal ook nie voor die Antichris-agenda neerbuig nie, want baie haat NATO. Baie haat Amerika! Baie haat Europa! Daarom het die Antichris sy hande vol. Op elke front beplan hy om die rebellie te verpletter. Op elke front beplan hy om terreur uit te wis, maar dit beteken eerder dat hy die węreld op elke front sal terroriseer!

My Kind, jy dink ‘Waarom beweeg die Nuwe Węreld Orde soos `n stoomroller vorentoe?’ Dit is omdat Satan neergewerp is. Hy weet dat sy dae en ure getel is en dat Ek hom `n seisoen op Aarde gegee het. Ja, hy gaan die Aarde terroriseer. Menigtes al sterwe net deur terreur alleen. Maar My Kleintjie, daar is `n Hoër Plan. Dit is My plan en My Plan is om My Dogters en Seuns huistoe te bring. My Plan is om die ewige lewe te gee aan My Getroues, sodat hulle waaragtig nie meer hoef uit te gaan nie. Is die getalle groot wat dit sal maak? Nee. Dit is waarom My Weg die Reguit en Smal weg genoem word en waarom min dit vind en daarop bly. Solank as wat julle volgens die ritme van die węreld beweeg, sal julle nie slaag nie. Julle sal nie die beloning van die ewige lewe as My Seuns en Dogters ontvang nie, want julle is afgesny van My Gees en van My Woord. Ja My Kind, die tyd van die groot skeiding van siele is op hande en dit sal almal baat om hulle lewens skoon te maak. Dit sal die predikers van Amerika baat om uit die godslasterlike verbond met Lucifer uit te kom, wat 501(C)3 genoem word. Dit sal die herders van My Kerke regoor die węreld baat om te ontwaak uit hulle slaap uit en om My staf van Geregtigheid op te neem en om hulle lewens skoon te maak en om hulle kerke skoon te maak. Want as hulle nie tot bekering wil kom nie en ook nie My volk wil laat bekeer nie, sal hulle binnekort in die vure van die hel vasgevang word!

My Kleintjie, Ek is besig om Myne van hierdie bose sisteem af te skei. Ek sę nou vir julle, ‘Kom uit Babilon uit voordat dit te laat is!’ Los die pornografie uit. Staak die egbreek. Staak die dobbelary, die dwelms en die alkohol, want dit is gewis kaartjies na die hel! Staak die leuens en staak die bedrog, want julle wat lieg en bedrieg is ewige kinders van die Duiwel. Staak die hoereerdery; want dit is beter om te trou as om te brand. Die van julle wat na My Gebooie kyk en glo dat julle daarvan kan uitsoek en kies is ewige dwase. Want julle is verlore deur die liste van die duiwel en julle weet dit nie.

Maak gereed, sę Ek aan Suid Amerika. Maak gereed! Kyk na Argentinië, want dit is My oordeel! Oornag sal jy wyd verspreide toestande ondervind net soos wat jy in Argentinië sien. `n Groot verwoesting gaan oor Mexico en Sentraal- en Suid-Amerika kom. `n Groot verwoesting is op hande om hierdie gedeelte van die węreld met afskuwelike plae te slaan wat baie gaan uitwis. Hierdie groot verwoesting kom, gepaardgaande met `n groot ekonomiese ineenstorting wat węreldwyd sal wees, gepaardgaande met `n węreldwye hongersnood. `n Groot en afskuwelike skaarste is op pad vir die hele węreld!

Wanneer jy oorlog sien, `n groot oorlog wat die Midde Ooste vasgryp en dit sal binnekort wees, weet dan dat `n groot oorlog die węreld sal vasgryp. Groot lyding is voor die deur vir hierdie hele planeet. Wanneer julle buitelandse soldate van deur tot deur in die VSA sien gaan, wat binnekort sal plaasvind, dan sal julle weet dat hierdie binnekort vir die hele węreld sal volg.

Ja, My Kind, `n gegrens gaan op. Hoor die groot gegrens in die Gees. Selfs nou al gaan daar `n gegrens op en dit sal binnekort in die fisiese manifesteer, want `n suiwering van die Aarde is op hande. `n Nukleęre wisseling (wedersydse kernoorlog) is op hande. Hoe gou het julle vergeet! Hoe vinnig het julle geheue vervaag oor die afskuwelike vernietiging van kernoorlog! Wanneer `n kernoorlog die Aarde gaan tref, sal dit vinnig deur die węreld versprei. Moet nie naďef wees om te dink dat dit nie na jou gedeelte van die land of węreld toe sal kom nie. Want selfs al sou daar nie `n kernbom in julle midde ontplof nie, beweeg kernafval reg om die węreld. Ek vertel julle dat groot gedeeltes van die land binnekort onbewoonbaar en onbewerkbaar sal wees.

Is julle voorbereid? Nee! Die massas is nie voorbereid nie! Het die televisie julle vertel om voor te berei? Het televisie al vir julle gesę om skuilings teen kernuitval te bou? Het televisie vir julle gesę om kos en medisyne vir My volk op te gaar? Néé! Want julle is geskeduleer vir uitwissing! Satan sal julle verslind, want hy teer op julle lyding! Oor en oor het ek julle deur hierdie einste profetes, en deur ander, vertel om voor te berei vir moeilike tye. Het julle kernafval skuilings gebou? Nee, min van julle het! Het julle voedsel-, water- en medisynevoorrade geberg? Sommige van julle, maar steeds is die getalle te min! As die dwalende predikers wakker was, sou hulle My volk gewaarsku het. Hulle sou vir My volk gesę het wat besig is om plaas te vind, maar helaas, hulle is vas aan die slaap!

My Kind, vir diegene rondom die węreld wat graag afskrifte van hierdie boodskap sal wil maak om na die węreldkerke of selfs die plaaslike kerke in Amerika te stuur, saam met My vorige brief vir die kerke van Amerika, sę Ek: Maak hierdie afskrifte en stuur hulle nou. Want die węreld staan op die randjie van ernstige gevaar. Laat almal gewaarsku wees. Want die konsentrasiekampe in Amerika en elders om die węreld sal binnekort oorvloei, nie met terroriste of oorlogsmisdadigers nie, maar met gemiddelde landsburgers. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 4de dag van Januarie 2002,
Linda Newkirk.

 

Geliefdes, die volgende waarskuwing van ons Vader in die Hemel is vir my gegee op die oggend van 7 Januarie, 2002. Gedurende die aand van die 6de Januarie was ek bewus van groot heksery wat teen my in die Gees te staan gekom het. Die volgende gedeelte van ons Vader in die Hemel vertel van Sy toorn teen die towenaars en Sataniste en Sy woord stel die bron van hierdie aanvalle haarfyn vas. Slegs uiterste dwase vrees God nie; maar helaas, die węreld is tot versadigens toe oorlaai met uiterste dwase.

 

 

ERNSTIGE WAARSKUWING AAN SKANDINAWIË!

"My Geliefde Kind, sit en skryf soos wat Ek praat sodat die opstandiges in Noorweë My woorde kan hoor. Ek sę vir julle in Noorweë, in Finland en in Denemarke, julle wat My woord besoedel het en toegetree het tot godslasterlike verbonde met Lucifer. Ek sal julle soos vuurhoutjies breek en julle met die warm vure van My asem verteer! Soos wilde perde sal Ek julle geheel en al breek.`n Groot skudding gaan oor julle kom. Julle sal om julle kyk en julle sal vra ‘Waarom is hierdie hewige oordeel oor hierdie land? Maar Ek sę nou vir julle, kyk om julle rond en kyk waarom is My oordeel oor julle! Kyk waarom My merk van vernietiging besig om julle af te breek!

Ek sal julle uitmekaar skeur en My voetstappe, soos die voetstappe van `n magtige Reus, sal regoor julle lande gevoel word. Groot vulkane sal uitbars en aardbewings, soos wat julle nog nooit vantevore ondervind het nie, sal julle vanmekaar verdeel. Vloedgolwe sal oor die binneland vee en baie sal na die see toe uitgespoel word. My woede sal nag vir nag in julle hemele gesien word en julle sal bewe in julle vrees en julle sal vra: ‘Wie het hierdie oordeel oor ons gebring?’ Ek waarsku julle nou dat `n maand nie sal verbygaan, alvorens julle sal begin om My gramskap teen julle te sien nie. Want in julle onkunde kom julle om oorlog te maak teen My gesalfde en Ek sę nou vir julle dat wanneer julle opkom om oorlog teen Myne te maak, kom julle teen My te staan.

Ek het julle gewaarsku dat 2002 `n oorlogsjaar is, inderdaad! Ek is besig om My magtige krygers op te wek en My magtige weermag te versamel. My engele gaan voort en selfs nou al is hulle besig om siele te oes vir die ewige lewe of vir die ewige hel. My engele is besig om die mag van die sataniste te bind en hulle bind hulle demone, sodat wanneer hulle opgeroep word, hulle nie sal kan kom nie.

Vrees en bewing gaan diegene slaan wat sal kom om teen My te veg. Julle sal hardloop wanneer daar geen rede is om te hardloop nie en julle sal skuil wanneer daar geen rede sal wees om te skuil nie. Vanaf die tyd wat jy opstaan, tot wanneer jy gaan slaap, sal jy geen vrede hę nie, want vrees sal jou agtervolg oral waar jy heengaan.

Die groot oorlog wat op hande is, handel nie oor Satan nie, dit handel oor My en My mag. Julle was deur my apartgestelde dienskneg, Johannes, gewaarsku oor hierdie eindtyd oorlog. Ja, dit is op julle, maar alhoewel baie glo dat dit oor Satan gaan, is hulle verkeerd. Dit is My oorlog. Dit gaan oor My en My mag. Dit gaan oor My oordeel en dit gaan oor My oes.

Die van julle wat blind en doof is, weet nie van die mag wat Ek besig is om aan My uitverkorenes te gee nie. Julle weet nie van die mag wat Ek besig is om aan My engele te gee nie, want as julle daarvan geweet het, sou julle bekeer het. Maar julle bekeer nie. Julle het julleself saam met Lucifer opgestel en julle is op pad na vernietiging. Julle sal een vir een deur my engele ontwortel word en julle sal in die brandende smeltoond gegooi word. Ek sę vir julle, maak julle gereed; want julle dae en ure is getel en wanneer julle dit die minste gaan verwag, sal My vrees oor julle kom en julle en baie van julle sal tot kranksinnigheid gedryf word; want julle verstand sal julle totaal en al verraai. Julle harte sal julle verraai. Julle emosies en liggame sal julle verraai.

Laat dit aan almal meegedeel word dat wanneer julle teen My gesalfdes te staan kom, dan kom julle teen My te staan. My woede is teen julle en My warrelwind van vernietiging is in julle midde. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 7de dag van Januarie, 2002.
Linda Newkirk.

 

In die bostaande Boodskap aan Skandinawië sę ons Vader "Julle sal om julle rondkyk en julle sal vra: ‘Waarom is hierdie hewige oordeel oor hierdie land?’ En in die tweede paragraaf, sę Hy: "My woede sal nag vir nag in julle hemele gesien word en julle sal bewe in julle vrees en julle sal vra: ‘Wie het hierdie oordeel oor ons gebring?’" Terwyl ek lees wat Hy sę, word ek herinner aan die Boek van Jona. Onthou julle vir Jona. God het vir Jona geroep om vir Hom te werk, maar Jona het toe van God af weggehardloop. Hy het op `n skip geklim en het probeer wegkom van die werk wat God vir hom gegee het. Maar terwyl die skip deur die winde geslaan is, het die wat aan boord was en wat God geken het, verstaan dat die toorn van God in die winde en die stormvloed van reën en water was. Dit was toe Jona begin bekommerd raak, wat hulle wat op die skip was, het geweet dat God kwaad was vir iemand in hulle midde. Onthou wat met Jona gebeur het? Hulle het hom oorboord gegooi; en hy het `n sekere tyd van berou in die maag van die walvis deurgebring. Deur God se strafgerig het Jona tot sy sinne gekom. Hy het toe na die opstandige stad van Ninevé gegaan en die mense vertel dat hulle stad binne `n paar weke verwoes sal word as gevolg van hulle opstandigheid. O, die vrees van God was op Jona en hy was maar al te gewillig om na God te luister, veral na `n paar dae in die maag van die vis! Maar Jona was nie daarop voorbereid gewees dat God van plan sou verander nie. Hy was nie daarop bedag gewees dat die mense sou bekeer en dat God se oordeel hulle gespaar sou word nie. Hy het baie kwaad geword toe God se oordeel nie oor Ninevé gekom het nie. Ja ons almal het nodig om Ninevé te onthou en ons het dit nodig om vir Jona te onthou. Want in die lewe van Jona sien ons God se intense oordeel vir opstandigheid en ons sien Sy groot barmhartigheid. Ons sien en verstaan hoe God die opstandiges bestraf en ons sien Sy groot barmhartigheid vir die wat hulleself bekeer! Ons barmhartige Vader in die Hemele hoor die geroep van die waaragtige bekeerlinge en Hy vergewe. Vanuit die werke van God deur Jona in Ninevé, moet ons besef dat ons op geen manier kan weet wat God gaan doen nie. Net Hy alleen weet. Wat ek en jy moet doen is om Sy woord te versprei en ons bes te doen om mense te laat sien waar hulle verkeerd optree, sodat hulle kan bekeer en dat hulle Sy groot oordeel gespaar kan word.

 

 

Profesie vervul!

In ons Vader se Boodskap aan die Nasies, wat hierbo is, sę Hy in die eerste paragraaf dat Hy besig is om `n magtige wind van Sy Gees voort te stuur wat selfs met `n vloedgolf van Sy Gees vergelyk kan word. Hy het vir my ingelig dat ek binne drie dae sou weet waarvan Hy praat. Geliefdes, dit het werklik plaasgevind. Maar gaan eers saam met my terug na die Boodskap vir Jou van die 4de Januarie 2002. In hierdie boodskap vertel ek `n bietjie oor my gesprek met `n profetes, wat my van `n droom vertel het waarin sy onder andere soldate gesien het wat van deur tot deur beweeg het. Een ding waarvan sy ook melding gemaak het, was dat sy en ander profete harde ontploffings in die Gees gehoor het. Sy vertel dat sommige hierdie ontploffings tot so `n mate gehoor het dat hulle gesukkel het om te slaap. Sy het vir my gevra of ek hierdie harde ontploffings gehoor het, maar ek het niks gehoor waarvan sy gepraat het nie.

Hoe dit ookal sy, Geliefdes, op die sesde dag van Januarie, terwyl ek besig was om in my sitkamer te sit, hoor ek in die Gees so `n harde ontploffing dat dit gevoel het asof my hele wese geskud word. Die lawaai en skudding het my laat opspring. Hierdie ontploffing het my hele liggaam binnegedring en onverwags vra ek hardop,"Wat was dit?" Van daardie tyd af het ek verskeie kere baie harder ontploffings in die Gees gehoor en by een geleentheid het ek kleiner ontploffings gehoor, wat my laat dink het aan die ontploffings wat gemaak word wanneer baie klappers vinnig na mekaar aan die brand gesteek word. Nou, laat ons teruggaan na ons Vader se woorde hierbo, "Ja `n magtige wind van My Gees is besig om na vore te rol, net soos `n magtige vloedgolf. Dit is besig ons voort te rol; en binne drie dae, My kind, sal jy weet wat Ek bedoel. Hierdie Wind van My Gees bring magtige wonderwerke op die aangesig van hierdie Aarde voort. Want soos jy weet, My Kind, is Satan vir ewig tot binne-in die Aarde gewerp." Neem kennis daarvan dat ek op die middag van die tweede dag hierdie ontploffings begin hoor het. Dit is God se woord wat waar geword het. Hierdie is verseker `n voorspelling wat in vervulling gegaan het. Hierdie einste ontploffings bring groot magtige vloedgolwe van God se Gees in! Baie skaakmat situasies waarin God se volk vir `n geruime tyd vasgekeer was, word nou in die Gees gebreek!

Vanuit ons Vader se Boodskap aan die Węreld hierbo, sal u sien dat Hy waarsku oor Sy naderende oordele oor Kanada en Hy beskryf hoedat soldate van deur tot deur sal gaan. Kort op die hakke van Sy woorde kom hierdie artikel oor die Nuwe Węreld Orde se opmars van terreur oor Kanada. Op die 7de dag van Januarie lees ek `n uiteensetting op http://www.rense.com/. Hierdie artikel se opskrif was, "Kanada se Globalisering, Militęre- en Polisiestaat Agenda," en is geskryf deur Ingrid Rumland. Dit is `n geskrewe kopie van `n toespraak wat aangebied is deur Roco Galati, `n prokureur by die forum van Wetenskaplikes vir Vrede in Toronto gedurende Desember 2001. Lees verder oor hierdie skrikwekkende inligting aangaande Kanada se wette van "terreur".

 

 

Kanada se wette van terreur

C-32 Het betrekking op "geheime verhore". Proteste wat publieke fasiliteite onderbreek is dade van terrorisme en selfs al weet `n persoon nie dat hy of sy besig is met dade van terrorisme nie, word die persoon nog steeds gebrandmerk as `n terroris. Daar is `n 72 uur arrestasie op vermoede alleen en `n persoon kan vir 72 uur aangehou word sonder om aangekla te word. Geheime verhore MAAK VOORSIENING VIR DIE BESLAGLEGGING VAN BATES. (Lees dit weer. Gearresteer op vermoede. In die ‘geheim’ verhoor. En al jou bates gesteel! Kan ons sę "Nazi Gestapo"?).

C-22 maak van prokureurs SPIOENE VIR DIE REGERING, want hulle moet enige "suspisie" aan die regering rapporteer. (Daar waai regsverteenwoordiging in hierdie ‘geheime’ verhore!)

C-42 "laat ministers toe om op die daad militęre sones te verklaar, om opdragte te gee en niemand mag hierdie opdragte bespreek nie, want as `n persoon dit waag, is dit `n kriminele oortreding."

Ingesluit in hierdie omskrywing van terrorisme is die "dreigement teen ekonomiese veiligheid" ingesluit.

Wet C-36 verklaar dat `n handeling nadelig is vir die veiligheid en belang van die staat as `n persoon:

  1. Homself met `n sekerheidsfasiliteit of sisteem of rekenaar program bemoei.
  2. Skade aan eiendom aanrig.
  3. Die stabiliteit van die Kanadese ekonomie, of ekonomiese stelsel, of enige ekonomiese mark in Kanada sonder enige redelike ekonomiese of finansiële voordeel nadelig beďnvloed.

"Boikotte van die markte of die banke op etiese- of omgewingsgronde is nou `n daad van terrorisme."

`n Terroris; "verswak of bedreig die vermoë van die regering van Kanada om diplomatieke of konsulęre verhoudings uit te voer of om internasionale onderhandelings te bestuur of uit te voer."

Toe ons Vader in die Hemel die bogenoemde boodskap vir die węreld gegee het, het ek niks omtrent hierdie "anti-terrorisme wetsontwerp" in Kanada gelees nie, maar mense, dit is nou wet en enigiemand kan lees wat vir Kanada voor die deur is. Wat ons nou besig is om in die VSA te sien met krygswet en `n verklaarde noodtoestand, is dat die president `n diktator is en dat die grondwet nie meer bestaan nie! Lees die uitvoerende opdragte wat alle Amerikaners verslaaf en jy sal verstaan wat ‘krygswet’ en ‘verklaarde noodtoestand’ beteken. Die VSA is nou onder albei en Bush en kie is trots daarop, so trots en hoogmoedig dat hulle kraai oor `n tien jaar oorlog, wat hulle nou sę `n ses jaar oorlog mag wees. Terselfdertyd is hulle besig om oortyd te werk om die vyande van die VSA uit te lok om hierdie einste land te probeer aanval! Hou aan bid, Geliefdes! Ons Vader in die Hemel gaan hierdie wegholtrein stop.

 

Insetting deur vertaler: (Aan die Suid-Afrikaanse lesers. Neem kennis! Alles wat Linda Newkirk hierin vermeld omtrent die Kanadese wetgewing, vind ook in die RSA plaas. Die Nuwe Vuurwapen Wet, die Terroristewet, sowel as die Beslagleggingseenheid wat `n paar jaar gelede deur die regering geskep is. Moet asseblief nie die fout maak om te dink dat dit net in ander lande gebeur nie. Dit vind ook elke dag hier plaas.)


Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX