Vanaf die Berg, Boek VII
Hoofstuk 21
"`n Magtige donder, `n Magtige Vuur"
"My geliefde kind, Ek is jou Vader in die Hemel. Voel jy My groot mag aan terwyl wat Ek vandag met jou praat?""Ja my Vader, ek hoor sulke groot krag deur U gesproke woord! Dit voel asof elke woord `n donderende brul is wat deur die Hemele weergalm. O Vader, terwyl ek U woorde hoor, sien ek `n magtige vuur voortrol. Dit is `n woedende vuur en dit verteer alles in sy pad."
"My kind, My woorde is waaragtig soos `n magtige donder en hulle rol voort soos `n magtige vuur wat alle opposisie in sy pad verteer totdat My wil volbring is."
"Vader, U praat altyd so sagkens met my, maar as volk vir U kon hoor en sien op hierdie manier, sou hulle so bang gewees het."
"My kind, eens op `n tyd het Ek op dié manier met My kinders gepraat en hulle was so bang dat hulle geglo het dat hulle sou doodgaan as gevolg van My Krag. Maar daar sal `n tyd kom wanneer julle My weereens sal kan sien en kan hoor met julle fisiese oë en ore, My kind, Ek open jou vir die Krag van my woord. Die baie ontploffings wat jy hoor, is manifesterings van My Gees wat voortgaan om My woord in vervulling te laat gaan. My geliefde kind, dit is tyd dat almal ophou om die duiwel en sy manewales te vrees, want ek is die Bron van alle Krag. Hulle wat My nie respekteer nie en wat nie `n gesonde vrees vir hierdie Krag het nie, mag wel opeindig as gevangenes van hulle eie vrees vir die duiwel."
"O my Vader, dit is `n aaklige visioen wat ek nou het. Want dit is nag en die see is onstuimig. Die golwe is so hoog soos wolkekrabbers en die Aarde kom voor asof sy waggel en buite beheer raak?"
"My kind, wat jy sien is maar `n klein gedeelte van die aarde se veranderinge wat voorhande is. Hierdie is net oppervlakkig, want julle sal nog tot in die dieptes daal van dit wat voorhande is."
"My Vader, U het gesê dat hierdie die laaste hoofstuk van Boek 7 is."
"Ek het dit gesê en dit is so, maar My kind, op vele wyses sal julle boek 7 maar net sien as `n begin. Want wat hierin openbaar word, is maar net `n voorsmakie van wat nog moet kom. `n Groot skudding, `n groot skommeling, is voorhande vir die hele aarde. Die son sal skyn na die verduisterings wat ophande is; maar julle moet eers deur die verduisterings gaan. Moord en oproer, moord en oproer, dit is voor die deur van hierdie wêreld en `n skudding so groot, dat selfs die beproefdes en wares sal sidder vir hierdie beproewinge. Ja My kleintjie, dit is die groot sifting en die groot afval, waarvan jy kennis dra, wat ophande is. Elkeen van julle sal óf My Lig sien en in My Lig loop, óf julle sal in die duisternis loop en daarin vergaan. Daar is nie `n tussenin nie. Die gaping tussen die gelowiges en die niegelowiges is soos `n groot afgrond en dit word al hoe groter. Hierdie is waaragtig `n tyd van sortering van siele en die tyd waarin elkeen al hoe nader moet beweeg aan My en My Seun met steeds toenemende volharding."
"My kind, jy is op pad om deur `n hek te loop in `n area wat toegespan is met draad."
"Ja my Vader, ek sien hierdie hek. Dit lyk soos `n normale metaalhek wat aan `n heining vasgemaak is, maar wanneer ek aan hierdie hek raak, weet ek dat dit nie van metaal gemaak is nie, maar van U Gewyde Krag. Terwyl ek aan die hek raak, dink ek daaraan om dit oop te maak en ek voel dat ek daardeur beweeg, maar ek voel waaragtig asof ek daaroor vlieg deurdat ek hoog in die lug opspring. Dit is so `n pragtige ervaring; want U gewydheid is oraloor. Die prag van U Lig omspoel my en ek voel asof ek kan vlieg."
"En vlieg sal jy."
"Vader, wat bedoel U?"
"My dierbare kind, is julle nie almal wesens van gees, beperk deur die vlees, maar nietemin wesens van gees nie? En in gees, is julle nie een met My Gees, wat geen perke ken nie?"
"Ja, my Vader."
"Weet dan My kind, en dit is waar vir al My Getroues, dat soos wat julle geestelik vooruitgaan met julle geloof, sal Ek begin om van die beperkinge van die fisiese, wat julle beskou as permanent en onoorkombaar, te verwyder."
"Vader, wat bedoel U?"
"Ek bedoel dat Ek op die punt is om dit baie makliker te maak vir My Getroues om na onbekende dele verplaas te word om My werk te doen en om My volk vry te maak.
"Soos die keer toe U my in die Chinese tronk ingedra het?"
"Presies."
"Maar, Vader, wat beteken hierdie hek en heining? Ek sien dat U my tot aan die anderkant van hierdie glansryke hek en heining gedra het en ek voel so lewendig en vry."
"My kleintjie, dit beteken dat jy tot nou uitgesluit was van die volheid van sekere sleutels; maar nou word dit, wat vir `n geruime tyd van jou weerhou is, aan jou gegee."
"Vader, verduidelik asseblief wat U bedoel."
"My kind, onthou jy hoe My dienskneg Jesaja geskryf het dat elkeen van julle reël op reël en voorskrif op voorskrif moet gaan?"
"Ja, my Vader."
"Wel My kleintjie, die van julle wat oor vele jare getrou was in die werk wat Ek vir julle gegee het, is op pad om vinnig vooruit te beweeg in hierdie voorskrifte. Wat van julle weerhou was, word nou aan julle gegee, hier een of twee en daar, drie of vier. Maar hierdie is slegs vir die Getroues, vir die Beproefdes en vir die Wares, vir die wat beproef en getrou bevind is. Dit is hulle wat nou deur hierdie hekke beweeg om dit te ontvang wat aan hulle beloof is, maar wat voorheen van hulle weerhou was. Want nou is dit tyd vir My Getroues om uit te kom en om hulle papiere van My en My Seun te ontvang, ja aanstellings, baie spesifieke aanstellings vir groter werk."
"My kind, ek weet dat jy bekommerd is oor vertalers vir hierdie werke, maar My belofte aan jou is dat hierdie werke in baie tale vertaal sal word en dat hulle wat sal werk om hierdie werke te vertaal, vinnig in My Werke sal opbeweeg, want hulle is self besig om sleutels aan ander te voorsien wat hulle self nie eens besef nie. En in ruil is Ek besig om vir hulle sleutels te gee wat hulle nie eers besef nie en wanneer hulle dit die minste sal verwag, maar meer belangrik, wanneer hulle dit die meeste benodig, sal hulle vind dat hulle die sleutels het om dit te ontsluit wat in hulle lewens benodig word. My kind, hierdie is nie ydele woorde nie, maar My versekerde beloftes aan hulle wat sal help met hierdie werke, maar verseker aan alle vertalers van hierdie werke. Hulle sal vorentoe kom en hulle sal geseën word.
Byvoegend daartoe, My kind, en soos belowe sal ek vir jou en Dennis reg rondom die wêreld stuur om My Woord te bedien. Ek sal julle op groot en magtige wyse seën sodat dit vir julle moontlik sal wees om dit te doen en sodat julle op julle beurt `n groot seëning vir My Getroues kan wees. Om deur die hek te gegaan het, beteken dat daar baie groot werke ophande is vir jou en Dennis en Ek sal voortgaan om jou met meer van My Woord en meer van My verborge Waarhede te seën. Want omdat jy getrou was in die geringe, sal Ek veel vir jou gee."
"O Vader, ek is so vol ootmoed. Ek het nie woorde om U te bedank nie, want daar is geen woorde wat die diepe dankbaarheid wat in my hart is, teenoor U en teenoor ons geliefde JaHshua kan ewenaar nie. U en ons geliefde JaHshua se prag oortref woorde en ons is so geseënd om in staat te wees om so `n klein deel van U werk te doen.
"O, Vader, ek hoor en sien ontploffings reg rondom in die Gees en ek sien iets wat lyk soos `n vloek wat deur U gewyde vure verteer word. Dan kom daar `n pragtige engel uit hierdie brandende vuur uit en sy sit iets om my nek wat lyk soos `n ampserp wat deur priesters gedra word en daar is baie gravering en geskrewe simbole daarop wat ek nie verstaan nie."
"Nie nou nie, maar in die nabye toekoms sal jy."
"Vader, O pragtige Vader, ek is so vol ootmoed deur U liefde en ek voel so onwaardig om hierdie magtige seëninge te ontvang, want ek voel soos die minste van die minstes."
"My kind, jy is nie onwaardig nie, want as jy was, sou jy nie ontvang het nie."
"Vader, die groot vuurwerke in die Gees duur voort en ek wens dat ek meer daarvan kon verstaan."
"Hoekom verstaan jy nie?"
"Ek verstaan nie waarom dit op hierdie oomblik so magtig is nie."
"My kind, hierdie ontploffings breek die mag van die boosdoeners wat teen jou in gebed opkom. Hierdie ontploffings werp boosheid neer wat teen jou opgestaan het. Hierdie ontploffings vernietig die werke van die vyand en jy sal aanhou om hierdie groot ontploffings in die Gees te sien tot aan die einde van jou aardse lewe. Ontploffings in die Gees sal plaasvind oral waar jy heengaan en baie van hierdie ontploffings sal My onmiddellike oordeel wat uit jou mond gespreek word, beteken."
"O, Vader, dit maak my so beskeie en tog is dit so vreesaanjaend. U Krag is so ontsagwekkend en ek het soveel vrees vir U en U werke. Vader wees ons barmhartig! Ek is so vreesbevange."
"My kind, moenie vrees nie, want die vure sal jou geen leed aandoen nie. Maar wees getroos My kind, want hierdie is `n bewys van My liefde aan jou."
"Dank aan U, dierbare en pragtige Vader, U alleen is die Allerhoogste en U alleen is waardig om geprys te word! Vader, troos al die wat U liefhet, maar bo alles, vertroos die wat verlore is! Bearbei die wat gebroke is! Versterk die swakkes en genees die siekes, die gebreklikes. Vader raak die siele wat in pyn is aan met die bonatuurlike, want daar is so baie wat ly."
"My kind, Ek ken jou hart en sy is vol liefde vir My en My Seun. Jy is vol liefde vir jou broers en susters en Ek het `n welbehae daarin. Ek sal jou nooit verlaat nie en Ek sal nooit die verlorenes en die opstandiges verlaat nie, want Ek onthou My Verbond met julle Vader Abraham. Maar uit liefde moet Ek die opstandiges tugtig, anders is hulle vir altyd verlore. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."
Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 18de dag van Januarie 2002,
Linda Newkirk.