Vanaf die Berg, Boek VIII

 

Hoofstuk 7

 

"Kyk na die Vuur en die Rook!"


"My geliefde kind, Ek is jou Hemelse Vader, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My kleintjie, hoor jy die wind in die bome?"

"Ja my Vader."

"En hoor jy ook die frekwensies waarmee die sataniste jou en jou huishouding die afgelope twee jaar bestook het?"

"Ja my Vader, ek hoor hulle."

"En sien jy hoe My vuis die Aarde tref en riviere, bergklowe en diep valleie open en berge omgooi?"

"Ja my Vader, ek sien dit."

"Nou goed, weet dan My kind, dat Ek binne 13 mane, omdat dit `n gunsteling syfer van die sataniste is, hulle toerusting gaan verongeluk en vernietig. Ek gaan hulle massiewe fabrieke waar hulle lugbesoedeling voortbring, ontwortel en die einste gif wat hulle My geliefdes dwing om in te asem, gaan hulle self in rekordtyd verteer. Hoor My, My kind, as Ek vir jou sê dat Ek hierdie bose sisteem tot `n val gaan bring. Die Katolieke en Mormoonse kerke, wat van heel bo af deur Luciferiane bestuur word, gaan Ek in modderige slyk werp. Daardie twee hoere gaan diep, ja tot by hulle middel, in hulle eie korrupsie en vullis moet loop. My kind, verstaan jy wat Ek vir jou sê?"

"Ja my Vader, U sê dat U op die punt staan om hierdie twee kerke te oordeel."

"Het Ek dit nie in die verlede ook al vir jou gesê nie?"

"U het."

"En elke dwalende prediker gaan óf in diepe berou op sy knieë gedwing word, óf hulle gaan halsoorkop in die ‘Merk’ inbeweeg."

"O Vader, o Vader, hoe ontsteld is my hart oor wat gaan gebeur! Hoe bedroef is ek oor die toestand van die wêreld! Vader, met ons onlangse verhuising was dit so moeilik om met skelm sakemense te onderhandel. Ek het nog nooit so baie skelms teëgekom nie. Vader, U moet waarlik nou gou oor hierdie boosheid oordeel, want dit skyn asof die mense gladnie meer hulle handelinge aan enige morele standaarde onderhewig stel nie. Ja my Vader, ek weet U Wette heers, maar dit skyn asof hierdie mense afgesny is van hul interne barometer, U Gees, wat regte keuses beheer."

"Jy is reg My kind. Hulle is van My Gees afgesny, maar hoeveel van hulle sal aan jou `n leuen vertel en dan omdraai en hulleself Christene noem?"

"Te veel."

"My kind, onthou dit – daardie planeet is op pad, en dit gaan binnekort hier wees. Maar bykomend daartoe gaan julle wat oorbly te kampe hê met kernoorloë. Julle het hongersnood, plae en groot beproewings. Diegene wat teenwoordig gaan wees wanneer My Seun terugkeer, gaan óf volkome aan Lucifer verkneg wees, óf hulle gaan ten volle gereed wees om huis toe te gaan. Daar gaan twee soorte wees – hulle wat Lucifer dien, en hulle wat My en My Seun dien. Maar Ek sê vir jou, My kind, HY gaan net dié wat hulleself aan die wêreld ontruk het, en wat hulle lewens en hulle harte skoongemaak het, saamneem."

"Vader, ek kan hierdie groot tragedies nie bespreek sonder om `n gevoel van uiterste droefheid dwarsdeur my siel te voel gaan nie. My hart is beswaard en ek voel so hartseer."

"My kind, daar is nie `n enkele een van julle wat nie hartseer sou gewees as hy maar net verstaan het nie, as hy maar net kon sien en kon hoor. My kind, hoor jy die gerammel?"

"Ja Vader."

"My kleintjie, die Aarde self is besig om voorbereidings te tref om hierdie boosheid om te keer."

"Omdat die Aarde lewe deur U Gees."

"Natuurlik lewe sy deur My Gees. Sy is My Skepping. Sy is `n lewende en voelende organisme, `n lewende geskapene. Sommige verstaan dit – meeste nie."

"My Vader, U weet dat omtrent twee weke gelede, net toe `n storm wou losbars, tien of twaalf valke, twaalf glo ek, bo ons koppe en net bokant die boomtoppe vergader het. Dit was `n uiters indrukwekkende gesig, waar hulle feitlik op een plek net bokant die boomtoppe gebly het. Aanvanklik was daar net twee, toe omtrent agt, en toe het daar nog bygekom om `n totaal van so twaalf te maak. Dit het skielik gebeur en beide Dennis en ek was verbaas omdat valke nooit so naby kom nie, en nooit soveel bymekaar is nie. Ons het opgekyk, hulle herken en toe vlieg hulle weg. Vader, sedert daardie gebeurtenis het ek in die Gees `n baie ou Amerikaanse Inboorling gesien met twee vlegsels en drie vere in sy hare. Ek sien hom in die verte bokant berge, maar ek weet nie waar hy is nie. Wat beteken dit, Vader?"

"Dit is `n teken, My kind."

"Watter soort van teken, Vader?"

"Dit is `n teken van die diepte na die diepte."

"Wat bedoel U met: ‘Van die diepte na die diepte?’"

"My kind, die valke ken julle twee en weet wat julle sending is. Het `n eekhorinkie nie eendag vir jou gevra of jy God is nie?"

"Ja my Vader, en ek het gesê: ‘Nee’, ek is net U helper."

"Maar My kind, alles wat Ek geskape het, het `n bewussyn van My en van My handewerk."

"Vader wat U dus sê is dat die valke weet dat ons vir U werk?"

"Ja My kind, en die veraf Amerikaanse Inboorling geneser weet dit ook, want in die gees ken hy jou oor baie myle."

"Omdat ons almal as eenheid verbind is?"

"Dit is so, maar hy ken jou ook na aanleiding van die inter-dimensionele deur aangesien hy self met een reis."

"Vader, gaan ek hierdie man dus binnekort ontmoet?"

"Jy het alreeds, alhoewel jy dit nie weet nie."

"Het ek hom ontmoet terwyl ek geestelike werk gedoen het?"

"Ja My kind, en ter gelegener tyd sal hierdie man aan jou getoon word."

"Vader, daar is dus `n verband tussen hom en die verskyning van die valke?"

"Daar is."

"Vader, dit is baie interessant maar ook vreemd omdat ek nie verstaan wat ek sien nie."

"My kind, My woorde klink vir baie vreemd, want My verstand is nie dié van `n mens nie, en My weë is nie julle weë nie."

"Vader, sal die valke terugkom?"

"Sal jy daarvan hou?"

"O ja, my Vader, ek sal!"

"Weet dan dit, My kind, dat wanneer jy dit die minste verwag, hulle sal terugkeer en `n boodskap aan jou oordra."

"Vader, gaan hulle ook soos die eekhorinkie deur `n oordrag van gedagtes praat?"

"Dis reg."

"O Vader, ek koester dit en sien daarna uit."

"My kind, Ek weet wat jou nou ontstel."

"Ja my Vader, die naderkoms van daardie planeet kwel my."

"En.. dit behoort almal te ontstel."

"Vader, wat behoort die mense te weet?"

"Hulle behoort dít te weet, My kind: 1. Die Aarde gaan omkantel. 2. Nuwe landmassas gaan verskyn, en `n groot gedeelte land gaan onder die bruisende waters verdwyn om nooit weer gesien te word nie."

"Vader, hoe moet U Volk fisies hiervoor voorberei?"

"Kom weg van klaarblyklike gebiede van vernietiging."

"Soos wat, Vader?"

"Kusgebiede, rivierwalle en valleie, opsigtelike breuke."

"Maar Vader, U weet dat die meeste dit nie sal doen nie. Sommige is oud en sieklik. Sommige is te jonk en meeste sal net eenvoudig nie glo nie."

"Jy’s reg My kind, meeste sal nie glo nie. Meeste sal nie gehoorsaam nie; maar hulle wat My gehoorsaam, wat na My Gees luister, sal na veiligheid gelei word. My kind, Ek het vir jou gesê dat `n groot uitsuiwering oor die Aarde gaan kom."

"Vader, U het."

"En rampe van so `n omvang dat niemand van julle julleself kan indink dat julle dit sal kan oorleef nie."

"Ja Vader, ek weet dit kom nader. Vader, vertel my meer omtrent wat die mense behoort te doen."

"My kind, dit is nou al jare dat Ek vir jou deur My Gees sê om gereed te wees vir swaar tye. In My boodskappe aan die kerke van die wêreld het Ek julle gewaarsku om ondergrondse skuilings te bou teen radioaktiewe neerslag. Oor en oor het Ek julle gewaarsku om julle gereed te maak vir hierdie uiters swaar tye. My kleintjies, kusgebiede en eilande regoor die wêreld is in ernstige gevaar. Die onstabiliteit, veroorsaak deur die verbygaan, gaan nog vir jare voortduur."

"Vader, mense gaan paniekbevange raak."

"My kind, die onkundiges, die opstandiges en die oningeligtes gaan nie tyd vir paniek hê nie, so skielik en sonder waarskuwing gaan die verwoesting gebeur. Diegene wat eers draal voordat hulle gereedmaak, of wat glad nie voorberei nie, gaan `n rampspoedige lot tegemoet. Selfs My Getroues, wat luister en gereedmaak, gaan ten seerste beproef word deur die felheid van die tye."

"Vader, vir menigeen is dit moeilik om voor te berei omdat hulle min geld het."

"Ek weet dit My kind, maar hoe langer hulle wag, hoe moeiliker gaan dit word. Want - die massas word met chemikalieë besproei wat hulle verstand verlam, en hulle word verdrink met frekwensies waarmee hulle denkwyse beheer kan word. Julle word letterlik aan die slaap gesus, verdoof om te verhoed dat julle wakker word. My kind, jy weet dat die treine loop; hulle is besig om die opposisie uit te roei voordat die groot oproer losbars. Met baie reeds uit die weg geruim wanneer daardie rampe julle gaan tref, sien die Luciferiane dat hulle taak makliker is om julle almal te verslaaf."

"My Vader, ek het gewonder waarom daar nou in hierdie tye so `n haas na grootskaalse vernietiging is."

"Na afloop van hierdie ernstige ramp sal die Antichris te voorskyn tree met al die antwoorde, en die verhongerde, die nooddruftige, die gebrokenes van hart, en die onderdruktes sal hulle haas om aan te sluit. Menige, veral in Amerika, lewe al lankal op aalmoese van die regering, en vir hulle wat hierdie ingesteldheid het, sal dit maklik wees om `n volgende regeringsamptenaar te glo dat hy al die antwoorde het."

"O my Vader, U en ons geliefde JaHshua is ons alles. Hoe vreesaanjaend is hierdie wêreld nie. Dit is `n plek wat mens bang maak, want die bose is in beheer en misleiding het gangbaar geword."

"Jy weet dat dit waar is. My kind, wil jy aangaan?"

"Ja my Vader."

"Nou ja, laat ons voortgaan."

"My Vader, weereens sien ek die verligte boek op my skoot, en dit bevat die werkopdrag wat U vir my het. Dit lê oop by Deel V, en selfs al probeer ek lees wat op die bladsy geskryf staan, kan ek nie, want `n skitterende lig gaan van die bladsy af uit, en weereens sien ek myself die pragtige, skynende, gras begroeide heuwel uitklim na die deur toe. Ek voel aan dat ek drie maal moet klop, en terwyl ek een, twee, drie klop, verdwyn die deur in `n muur van lig in en ek gaan regdeur. Soos wat ek die vertrek binnegaan, sien ek ons Meester JaHshua, en Hy beduie vir my om op die stoel wat op die klein verhogie staan, te gaan sit. Hy staan langs die stoel en terwyl ek na die stoel stap, raak ek bewus van die Sewe Oudstes en van Moses. Die stemming is ernstig. Dit is stil en somber en ek weet dat ek nie `n woord mag sê nie, maar om net voort te gaan na aanleiding van wat ons Meester sê. Ek kyk na ons Meester JaHshua en ek sê vir Hom: ‘Ek het U lief.’ Terwyl ek my plek voor hom inneem, stoot Hy my stoel nader aan die lessenaar. Toe kom Hy verby na my regterkant toe en Hy wys na die woorde van Deel V, en dit lui: ‘Kyk na die Vuur en Rook!’ En plotseling sien ek die vuur en ek staan aan die rand van die vuur, veilig geplaas op `n rots, en reg rondom my sien ek wat skyn `n veldbrand te wees. Die vuur is so intens dat die lug self lewendig skyn te wees van `n magtige hitte en vuur. Terwyl ek opkyk, sien ek hoog in die lug groot wolke van golwende rook, en ek kyk met ontsag hoe die rook opwaarts gevoer word deur massiewe lugstrome. Ek hoor `n geknetter en gekraak en met die omdraai sien ek `n bose wese, miskien Satan of een van sy helpers, ek kan nie geredelik onderskei nie, en hy klap `n sweep. Hy klap die sweep oor die rûe van arme kleinboere wat vol uitgestrek op hulle gesigte voor hom lê en sê: ‘Brand, kleintjie brand!’ Dan vat hy `n brandstof, miskien petrol, en gooi dit op die vuur, en die gasse daarvan laat my duiselig voel. Ek val in `n beswyming weens die gevolge van die vlamme, die gasse en die rook en die bose wese begin sy tande met `n tandestokkie skoonmaak. Skielik kom `n skatkis uit sy mond uit waarop die woorde: ‘Verlore Skatte van die Eeue’ staan. Hy maak die kis oop en uit die kis uit spring `n groot slang, iets soos `n kobra, seil verder uit die kis uit en in die vuur in.

Net toe my aandag weer afgetrek wil word deur hierdie bose wese, sê die Gees van God: ‘Kyk na links.’ Ek verloor amper my balans terwyl ek kyk, maar kry `n steunpunt beet. Hoog bo-op `n rotslys is die slang, en voor my oë verwissel hy aanhoudend tussen `n slang en `n man van verskillende voorkomste. Hy kyk na my en sê: ‘`n Pennie vir jou gedagtes.’ Ek kyk terug na hom, blaas in sy rigting en `n golwende wolk verteer hom. Binne die wolk hoor ek die bose slang vloek en bitterlik kla. Toe hoor ek `n gerammel en gebrul asof hy hom probeer bevry van iets, maar dit nie regkry nie. Dan, voor my eie oë, begin die wolk opbreek en ek sien Lucifer op `n rots. Hy is geklee soos `n engel van lig en terwyl hy na my kyk, sê hy: ‘`n Pennie vir jou gedagtes.’

"Gaan weg, Lucifer, in die naam van JaHshua die Messias, want jy is volslae boos!" Ek draai om, om van die rots af weg te loop maar `n engel gryp my arm en sê: "Moet nooit jou rug op die duiwel draai nie!" Ek wend my na die engel en sê: "Dankie." Met my voete nog stewig op die rots geplant, sê ek vir Lucifer: "In die naam van JaHshua die Messias besweer ek jou, Lucifer", wetende dat ek uit my eie geen krag het nie maar dat dit in die Gees van God binne my is wat alles gedoen word. Dan, net soos wat ek die bogaande woorde uitgespreek het, verskyn `n muur van lig tussen my en die bose een, en hy is weg.

Die magtige engel langs my neem toe my arm en weereens word ek teruggeneem na die vertrek met ons Meester JaHshua. Maar onmiddellik na my aankoms daar raak ek slaperig, sodat ek my kop op die boek neerlê, en dit skyn asof ek dadelik in `n droom in gewerp word. Ek bevind myself in `n pragtige lenteweiveld wat vol lenteblomme is. Ek merk op dat ek `n pragtige lenterok aan het en op my kop het ek `n ligte en delikate hoedjie. Ongeërg stap ek in die weiveld rond terwyl ek kalm aanhou vergeet-my-nietjies pluk. Al gou is die mandjie vol en ek hoor die Gees van God sê: "Kyk op na die Seun." Ek kyk op en sien ons Meester JaHshua op pad na my toe. Sy voete raak nooit aan die grond nie, want Hy loop in die lug, net bokant die grond. Ek is so bly om Hom te sien! Want waar Hy is, wil ek ook wees. Meteens is Hy langs my en Hy sê: "My kind, sit op die rots want Ek het nuus waarvan sommige goed, en sommige baie sleg is."

Terwyl Hy nog sê: "Baie slegte nuus", ervaar ek al `n diep, sinkende gevoel op die krop van my maag.

Hy reik na die mandjie met pragtige blomme, neem een van die vergeet-my-nietjies en begin kou aan die stingel. "My kind" sê Hy, "die ses dae is verby."

"Ja my Meester, en nou gaan ons die sewende binne."

"Dit is so. En .... wat is die betekenis daarvan vir die mensdom dat die ses dae verby is?"

"My Meester, dit beteken dat ons `n nuwe dag binnegegaan het en dat U binnekort op die Aarde gaan heers."

"Dit is so My kind, en dit is die goeie nuus, want dit is `n tyd van liefde, hoop en vrede."

"Wat is dan die slegte nuus?"

"Die slegte nuus is :- weg met die oue, en in met die nuwe!"

"En, my Meester, dit is slegte nuus, want baie, ja `n groot menigte regoor die wêreld gaan omkom met die vernietiging van die dekadente ou sisteem."

"Dit is so, My kind, en weet dit: Selfs terwyl die bose sisteem hom ophef, is dit besig om te val. Lucifer gaan, in sy aanslag om oor die wêreld te heers, dit byna vernietig. Maar hy gaan nie suksesvol wees nie. Hy weet wat sy uiteinde gaan wees."

"My Meester, vertel my omtrent die visioen van Lucifer."

"My kind, wat staan geskrywe in Deel V?"

"My Meester, dit lui: ‘Kyk na die Vuur en die Rook!’"

"En jy het mos, nie waar nie?"

"Ja my Meester, maar waaroor het dit gegaan?"

"My kind, dit gaan oor Lucifer, Satan, die Antichris wat sy werke en sy lotsbestemming beskou."

"Wat was daardie vreemde kreatuur wat sy tande gekrap het en `n skatkis te voorskyn gebring het waaruit Lucifer gekom het?"

"Sommige noem hom `n Minotaur, `n halfbul, halfmens; andere noem hom die Dier."

"Wat is hy?"

"Die Dier-sisteem."

"My Meester, dit maak sin, want hy het die kleinboere met `n sweep afgeransel."

"Sien jy dit nie regoor die wêreld nie?"

"Ja my Vader, en dit laat my heeltemal onwel voel om so-iets te moet aanskou."

"Weet dan dit, My kind, gedurende groot oorloë is dit altyd die armes wat die swaarste kry. Hierdie bose sisteem beplan `n wêreldwye aanslag op die armes. Hulle gaan die armes deur smartlike vure van ontsettende verwoesting laat gaan, en dan gaan hierdie bose sisteem hulle nog kasty terwyl hulle op hulle aangesigte lê om die Dier te aanbid."

"O dierbare JaHshua en pragtige Hemelse Vader, hoe diep is ek nie gegrief nie!"

"Nou, My kind, moet jy verstaan dat Lucifer die skatkis van die Dier is. Hy kom vanuit die maag, vanuit die binneste van die Dier, en dan by sy bek uit."

"Maar Vader, dis voor my eie oë wat ek hom in verskillende persone sien verander het."

"Ja My kind, want hy is `n verkleurmannetjie. Hy verkies om homself op verskillende wyses voor te doen, en almal met `n slenterslag te vang. Hy is waarlik baie in een, en sy menige voorkomste dien om die grootste hoeveelheid mense te mislei."

"Hoekom het hy aan my gesê: ‘`n Pennie vir jou gedagtes?’"

"My kind, hy sou graag jou gees, jou gedagtes wou lees, maar hy kan nie, want jy is op jou voorkop verseël. Jy sal onthou dat die Gees van God jou `n tydjie gelede vertel het dat hierdie proses begin het, en dit is nou afgehandel. Die bose wesens begeer om jou gedagtes te lees, maar hulle kan nie."

"O my Vader, ek kan hierdie verseëling sien, en dit is `n pragtige geometriese ontwerp. Dis nou al `n geruime tyd dat ek mense oor hierdie verseëling hoor praat het, en ek het gelees van sekere profete wat andere verseël, maar ek is baie agterdogtig oor meeste van hierdie praatjies."

"En dis ook reg so. Uiters min op Aarde het die gesag om te verseël. My kind, jy is deur My self verseël. Moenie glo wat hierdie een sê of wat daardie een sê nie, maar kom direk na My toe. Baie het die leuen gekoop dat hulle verseël is terwyl hulle nie is nie. Noudat jy weet hoe hierdie verseëling lyk, sal jy ook in staat wees om dit op andere te sien. Maar Ek sê vir jou My kind, baie weinig is verseël. Bloed weinig. Nietemin, hierdie getalle groei, want die tyd het aangebreek."

"My Meester, hoekom staan daar op Lucifer se kis: ‘Skat van die Eeue.’?"

"O My kind, is dit dan nie selfverduidelikend nie? Want waarlik, deur die eeue heen is sy bose weë deur baie as kosbaar geag."

"My Meester, hoekom was hy so woedend toe ek die Gees van God op hom geblaas het?"

"My kind, die Gees binne jou maak hom kwaad want hy kan nie daarteen stry nie. Ja My kind, hy is vol skelmstreke. Moet nooit jou rug op hom draai nie, maar wees waaksaam. Sy bose demone het baie mense in besit geneem, en deur ander sal hy kom om te steel, dood te maak en te vernietig."

"Maar my Meester, U en U Vader sorg vir ons en U sal ons beskerm."

"Dit is so My kind, en hiermee is ons klaar vir vandag. Ek is JaHshua en alles word gegee in ooreenstemming met die wil van ons Hemelse Vader, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 20ste dag van April, 2002,
Linda Newkirk
.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX