Vanaf die Berg, Boek VIII

 

Hoofstuk 22

"Die Oorblywende Boekrolle"


Deel I

"Die Tweede Boekrol"

16 Maart 2003

"My geliefde kind, Ek is jou Meester, JaHshua, ja, Meester van die Aarde. Een met die Vader en mede-Skepper van Heelalle sonder einde. Geseënd is jy, My kleintjie, want jy dors na Geregtigheid. Geseënd is jy, want jy het ons Vader in die Hemele lief met `n diep en suiwere liefde, en jou liefde vir My is dieselfde. Geseënd is jy, My kind, want jy het die verlorenes lief, die siekes, die swakkes en die vol pyn, en as gevolg van hierdie liefde sal jy baie mense in menige nasies bedien. Hulle sal reageer op die liefde van God binne-in jou, en hulle sal vrygestel word van alle tipes van siektes en kettings van die bose.

My kleintjie, in hierdie dag bring Ek jou terug na die Rivier van Lewe om die diep riviere binne in die riviere te swem. Jy het die geheime gange gevind, en jy het tot by `n brug gekom wat hierdie wêreld afskei van die wêreld wat kom. My kind, jy staan op die afgrond tussen die twee wêrelde, en jy is op die punt om `n sprong te neem na die verborgene en die onbekende. Laat die getye jou voortdra en swem dan op die strand uit na `n nuwe dag."

"Ja, my Meester, ek duik nou in die waters, wat warm en aanloklik is, en hierdie waters is skitterend met die suiwer lig van God. Die golwe stoot my vinnig totdat ek uitgewas word op die sand, so glinsterend dat dit blyk asof die sand van diamante gemaak is met pêrels hier en daar, en daar staan ek op en neem `n paar treë verder op die strand om daar te sit en om hierdie skoonheid te aanskou.

Skielik word ek na `n kamer weggeneem waarvan die venster oop is en die gordyne wapper in die briesie. Ver onder my sien ek die strand waarvandaan ek nou net gekom het, en ek aanskou die golwe soos wat hulle inkom, vol van elke kleur van die reënboog. My hart klop van vreugde oor die skoonheid voor my, maar ek voel die teenwoordigheid aan van iemand saam met my in die kamer; ek draai om en sien `n man, wat geklee is in `n wit kleed met `n kappie op. Hy het `n baard en `n snor, die vriendelikste oë en hy beduie my om iets te neem uit `n geopende kissie. Met die eerste oogopslag het ek gevoel dat dit die Meester is en wonder of ek so voel soos die Apostels en die ander gevoel het wat Hom na Sy dood gesien en Hom toe nie herken het nie. Ek kan nie verseker sê dat dit Hy is nie, maar iets in my gees sê vir my dat dit so is. Ek bekyk sy voorkoms, maar Hy lig nie Sy oë van die inhoud van die kissie nie; waarbinne ek verskeie boekrolle sien wat almal baie netjies opgevou is. Terwyl ek na die inhoud van die kissie kyk, wink Hy my om `n boekrol te neem, maar voordat ek na die kissie kan uitreik om `n boekrol te neem, het `n boekrol alreeds in die lug opgestyg. Ek reik uit om die boekrol te neem, en soos wat ek daaraan raak, ontplof `n flits van lig reg voor my oë. Ek is tydelik verblind deur hierdie lig en wanneer ek weer kan sien, is hierdie man weg en ek word gelos met `n boekrol in my hand; en hierdie boekrol is so warm dat ek dit skaars kan vashou. Soos wat ek met die boekrol staan, rol golf na golf van lig deur my en na elke golf voel ek `n oorweldigende gewaarwording van onbeskryflike krag. Herhalend kom hierdie golwe op my neer, en ek begin oor my hele liggaam swak te voel. Dit blyk vir `n sekonde asof ek flou gaan word of wegdryf in een of ander soort van droom; want visioene op visioene rol voor my verby, en dit lyk vir my asof ek veg om in hierdie sfeer te bly en om nie in `n ander in te gaan nie.

Dan onthou ek die Meester se woorde oor die afgrond, en ek laat gaan alle bevreesdheid en begin om hierdie visioene te volg. Skielik voel ek `n groot skok in die gees, soos `n groot ontploffing wat hier naby plaasgevind het, en dit voel asof allerhande soorte negatiewe dinge hier om my aangaan. Ek kyk en sien bande van duisternis reg rondom my, en ek voel my weg deur hierdie donker bande deur uit te reik en hulle uit die pad te druk.

Ek kyk deur `n venster uit wat dieselfde is as die een in die kamer waaruit ek netnou gekom het. Die venster is oop en die gordyn wapper in die bries. Selfs die gordyne het dieselfde patrone, maar dit is nie skoonheid wat ek sien nie, maar ontploffings en buite is daar baie soldate en brandende geboue, vuur en rook. Binne in hierdie vuur en rook is daar soldate wat lyk asof hulle Amerikaners is en hulle is besig om te veg. Ek sien een van die soldate skarrel tot agter `n uitgebrande motor. Hy praat met `n ander soldaat wat vir vlieënde skrapnel wegkruip en hy sê; "Ons glorie het verwelk. Dit het in die vuur geval en nou brand dit."

Ek sit dit en dophou en trane wel op in my oë. Ek kyk na my hande en hulle bewe. Deur die trane en deur die rook is ek skaars in staat om te sien. Ek breek in diep snikke uit en soos wat ek huil, voel ek die teenwoordigheid van iemand wat deur die venster of deur die muur kom. Ek voel die teenwoordigheid van lig en vryf my oë om die trane uit te vee, en voor my sien ek die pragtigste engel. Sy het die lieflikste goue hare. En pragtig geklee in wit. Sy straal absolute suiwer liefde uit. "Sien jy wat ek vir jou gebring het?" sê sy. Ek kyk na `n skinkbord voor my, op die skinkbord is `n klein boek van ongeveer 3" by 3" (75mm by 75mm) in vierkant.

"Ja, sê ek, ek sien".

"Neem die boek en maak dit oop; want daarbinne is `n baie belangrike boodskap vir jou."

Ek neem die klein boekie en maak dit met `n klapgeluid oop. Binne-in is `n klein sakkie, en in die sakkie is `n kleinerige eier. Ek weet dat die eier `n juweel is, en ek sien `n klein knippie wat dit toehou. Ek knip hierdie knippie los, en skielik bevind ek myself onder die mooiste waterval van gloeiende kristalagtige water. Die waterval vorm die mooiste poel van sprankelende akwamaryn water en van die top van die water kom daar vuur. Ek hoor die Gees van God sê; "Bad in die vuur." Ek voel hoe hierdie vuur elke been van my liggaam penetreer, elke senuwee, elke sening, elke orgaan, elke stukkie vleis, elke stukkie vel en my hare, elke lid. Soos wat ek in hierdie vuur staan, hoor ek die vuur dreun en knetter. Dit is so `n pragtige ondervinding; want dit is `n brullende vuur wat nie brand nie, maar wat verfris. O, ek wil hierdie vuur nie graag verlaat nie, want dit is so wonderlik. Ja, ek kan aanvoel dat ek binnekort gevra sal word om dit te verlaat. Dan hoor ek die pragtige Gees van God wat sê; "Nee, nie nou al nie. Eerstens moet jy ondertoe reik om die sleutel te kry." Ek kyk af na my voete en ek sien `n glinsterende sleutel. Dit is baie groot, en verseker so groot as wat ek lank is. Ek buk af om die sleutel op te tel en vind dat dit so lig soos `n veertjie is. Ek hou hom regop voor my en sien dat die sleutel langer is as ek. "My lieflike Meester JaHshua, wat moet ek met hierdie sleutel doen?"

"Bring dit nader aan jou en hou dit teen jou hart. Dit sal in jou ingesmelt word deur die vuur, en hierdie sleutel sal `n permanente deel van jou samestelling wees."

Ek neem die sleutel en hou dit teen my bors en omarm dit. Skielik is daar `n groot ontploffing van lig en ek vlieg deur die lug soos `n brandende vuurpyl. Ek weet nie waarheen ek op pad is nie, maar ek is nie in die minste bekommerd daaroor nie, want ek is vasgevang in hierdie pragtige vuur en voel volkome vry, volkome vol van die liefde en vreugde van God, vol van Sy skoonheid en vrede en sonder enige bekommernis in die hele wêreld. Ek begin gou te besef dat die vuur my teruggedra het na die pragtige strand, en ek bevind myself sittende op die strand, en voel so `n begeerte om op te spring en te juig en lofprysinge uit te roep teenoor God. Ek staan op en spring en skree, baie soos `n kangaroo, maar met elke sprong gaan ek hoër en hoër totdat ek weereens in die lug rondswewe. Ek sweef oor die glimmende oseaan en soos wat ek swewe, sê die Gees van God; "Dit is tyd".

"Dit is tyd vir wat?" vra ek. Dit is tyd vir jou om te weet wie jy is."

Skielik tuimel ek terug na die aarde soos `n vallende voël en ek vra, "Sê vir my wat U bedoel".

"My kleintjie,"spreek Hy, "Onthou jy toe Ek jou vertel het dat Ek dit in die boekrolle aan jou bekend sal maak wie jy is."

"Ja, my Meester, en ek is bevrees om dit te sien."

"Ek weet jy is, en dit was nog nie die tyd nie; maar vandag het jy die sleutel ontvang."

"Wat beteken dit, my Meester?"

"My kind, dit beteken dat die sleutel aan jou gegee is wat die geheimenisse sal ontsluit van wie jy is. Want sommiges wag al lankal op jou."

"O, my Meester, ek verkies om dit nie neer te skryf nie, want ek is nou bevrees."

"My kleintjie, wat is daar om te vrees?."

"Ek vrees vir dit wat U wil sê. Ek vrees dit wat hierdie geheime sleutel sal openbaar maak; want my Meester, ek voel soos die geringste van al die geringes, `n sondaar, my Meester, wat slegs deur U liefde en barmhartigheid uit alles gehaal is."

"My kleintjie, Het jy geweet dat jy gekies is, selfs vóór die grondlegging van die fondamente van die wêreld? Het jy nie geweet dat selfs voor jou geboorte, jy die duisternis geken het waarin jy sou grootword nie? Jy het die beproewinge geken wat jy moes trotseer, en jy het geweet dat Ek nie sou toelaat dat jy in die duisternis sou vergaan nie. Al daardie dinge het jy geweet en jy het ook geweet van jou rol in die vereniging van al die volke van al die nasies."

"Ek? Het ek dit geweet?" Maar my Meester, ek verstaan nie wat U daar sê nie. Ek is slegs `n huisvrou, iemand wat `n afgeslote lewe lei. Maar U sê hierdie dinge, my Meester, ek het `n vrees. Hoe kan dit wees? O, my Meester, ek verstaan dit nie."

"Nee, My kind, jy verstaan dit nie nou nie, maar baie binnekort sal jy verstaan dat dit wat Ek jou vertel het, baie waar is en nou is dit die tyd van hierdie mededeling van die salwing aan jou vir hierdie werk."

"O, my Meester, my grootste begeerte is om die wil van God te doen, maar O, my Meester, wees asseblief geduldig met my. Want ek bly in gebreke by die verstaan daarvan. Help my, Lieflike Meester, want hierdie woorde is baie moeilik om te verteer."

"My kind, jy hoef dit nie nou te verteer nie, maar die volle vertering sal geleidelik gebeur soos wat jy sien dat dit wat Ek sê, die waarheid is."

"My Meester, wat U my getoon het, is pragtig; maar my hart pyn oor dit wat U my getoon het oor die Amerikaanse vlag."

"My kind, Amerika sal verseker val, maar Ek sal My Geliefdes nooit verlaat nie. Ek sal die armes nie sonder hoop los nie. Ek sal hulle nie sonder wonderwerke los nie. Daarom My kleintjie, sal Ek jou en jou man onder hierdie mense instuur en julle sal groot en magtige wonderwerke doen."

"O, my Meester, die boosdoeners sal nie daarvan hou nie."

"Nee, hulle hou nie daarvan nie. Die bose een weet wie jy is en dit is hoekom hy vir baie jare probeer het om jou dood te maak."

"O, my Meester, met angs en ontsteltenis ontvang ek wat U sê."

"Omdat jy ontvang, neem `n tree vorentoe en ontvang die môres wat op hande is."

So spring ek van die brug af en sink in `n stof, wat dik is, soos poeding, maar lig en vurig.

"Sit My kind, want dit wat is, sal deel wees van jou waar jy ookal gaan."

"Wat is dit, my Meester."

"Dit is die salwing van dit wat is en dit wat nog gaan kom. Hiermee My kleintjie, sal ons stop vir vandag. Ek is JaHshua, en alles is gegee in ooreenstemming met die wil van ons Vader in die Hemel, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op die 16de dag van Maart 2003,
Linda Newkirk.

Deel II

`n Boodskap van Ons Meester JaHshua

"YS EN VUUR"

15 April 2003

"My dierbare kind, Ek is jou Meester Jesus, ja JaHshua, die ware Erfgenaam en Meester oor die Aarde. My kleintjie, op hierdie dag het Ek jou teruggebring na die top van My Berg en soos wat jy langs My staan en ver na benede kyk, kan jy die gerammel hoor. Jy kan die rook sien?"

"Ja, my Meester, ek hoor die gerammel en ek sien die rook."

"My kind, kom en staan voor My en as Ek voor jou kniel, skryf dit wat jy sien."

Terwyl ek in die pragtige oë van ons Meester kyk, sien ek trane langs Sy wange afloop, en ek begin `n gevoel van diepe hartseer ervaar gevolg deur gevoelens van koue regoor my liggaam. Terwyl ek rondkyk, sien ek sneeu oor hierdie warm vallei val, en oor die sneeu sien ek `n plaat ys en oor die ys beweeg baie gepantserde tenks en personeeldraers. Die geknars van die wiele oor die ys is baie hard en nou neem ek die hand van die Meester en ons loop uit in die vallei daaronder, en ons volg die spore van die tenks, sommige tye loop ons en ander tye gly ons deur die lug. Ons gaan oor `n stroompie en ek wonder of dit die Kisonspruit is wat Elijah oorgesteek het gedurende die dae toe hy agter die Baälpriesters aan was. Steeds vorder ons oor die ys en verby ander spruitjies totdat ons by `n koppie kom wat met droë gras oortrek is. Ons Meester buk, tel `n paar halmpies droë gras op en `n paar korreltjies sand, en Hy plaas een halmpie tussen Sy tande. Ek hou die grasspruitjie dop, en ek hoor `n klapgeluid en ons Meester neem beide dele van die grassprietjies en plaas albei dele in Sy regterhand. Een deel is ongeveer 1/3 die lengte van die hele sprietjie en die oorblywende deel is ongeveer 2/3 van die totale lengte. Terwyl Hy met Sy linkerhand na die twee stukkies gras wys, sê ons Meester JaHshua, "Kies een". Ek reik uit en wys na die kleinste stukkie gras en Hy sê; "Neem dit en lees dit." Dan neem hy die oorblywende stukkie en plaas dit in `n sakkie op Sy wit kleed.

Ek hou die stukkie gras in my hand, en ek word van `n klein vuurtjie gewaar. Dit is `n vlammetjie in my regterhand, en wat begin het as `n klein vuurtjie, begin skielik te groei na buitensporige afmetings totdat ek getuie is van `n siedende, wit ligvuur. Hierdie vuur verorber my, die omgewing rondom my en begin om die hele een kant van die koppie te verlig. Hierdie pragtige wit vuur is vol van liefde, skoonheid, vrede en die Krag van God. En soos wat dit uitbrei, beweeg dit deur die vallei, verby die stroompies en dit smelt die ys. Dit smelt die sneeu en die tenks word in hul spore gestop. Soldate begin om uit die voertuie te kom, en onder die krag van hierdie vuur, val hulle op die grond, neergeslaan deur die krag van hierdie vuur. Ek sien hierdie vuur maak as`t ware `n rivier en hierdie rivier is op pad na die slagveld. Hierdie vuur is verskriklik en verander alles in sy pad. Ek staan terug en kan my oë nie glo nie. Toe ek omdraai, sien ek dat die Meester besig is om die moue van Sy wit mantel op te rol. Hy kyk na my en wink vir my om langs hom te kom sit. Hy kniel langs my en sê; "Weet jy hoe laat dit is?"

"My Meester, die nag is hier en dit is verseker al verby middernag."

"My kleintjie, die horlosie is besig om te slaan; want `n nuwe dag is op hande en dit is tyd om aan die werk te kom."

"My Meester, wat bedoel U. Het ek dan nie gewerk nie?"

"My kind, jy het gewerk; maar nou is die tyd daar vir `n dieper stap. Nou is die tyd van My krag wat in jou moet stap."

"My Meester, asseblief, vertel my meer van hierdie stap."

"My kind, onthou jy die grassprietjie wat Ek in twee gebyt het en jou die keuse gegee het van die langer of die korter sprietjie?"

"Ja, my Meester."

"En jy het die kleiner een van die twee gekies."

"Ja, my Meester."

"En omdat jy die kleinste gekies het, sal Ek jou die groter een gee; maar as jy die groter een gekies het, sou Ek jou net die kleiner een gegee het."

"O, my Meester, my hart bewe. My eie gees bewe; want ek was bang ek doen die verkeerde ding. Ek het gevrees dat ek die verkeerde keuse gaan maak, en ek is so vol ootmoed deur dit wat U gesê het, en ek voel totaal onwaardig,"

"My kleintjie, Ek sien jou trane. Ek ken jou hartseer. Ek ondersoek jou hart daagliks en vind geen skuld in jou nie. Dit is waarom ek jou gekies het vir hierdie vuurlopie en dit is om dieselfde rede dat Ek by baie verby gegaan het. My kleintjie, jy verheug jou om die wil van die Vader te doen, en jy het groot vervolging deurstaan as gevolg van jou liefde vir Hom, vir My en vir jou naaste. Omdat die boosdoeners jou nie kan kontroleer nie, was hulle daarop uit om jou dood te maak deur elektroniese wapens. Maar luister, My kind, soos wat Ek jou trane afvee, weet dit; elke traan, elke emosie, elke gedagte, elke gebed wat jy voor My gebring het, en voor ons Vader terwille van ander, was nie verniet nie; en selfs nou dra baie, baie die vrugte daarvan.

My kind, dit is `n nuwe dag en die boosdoeners gaan bewe in hulle skoene as gevolg van die krag wat Ek in jou woorde gaan lê. Dit is tyd vir die groot oordeel teen hulle wat jou en baie van My geliefdes vervolg het en waarlikwaar, jy sal hulle sien omdop soos vlieë.

O ja, hulle juig oor hulle ‘maklike oorwinning’ in Irak, maar Ek vertel jou, My kind, dat hierdie nie `n oorwinning is nie, maar `n leuen! En, wanneer hulle dit die minste verwag, sal `n koalisie van Irakeërs en Arabiere van ander lande opstaan en jy sal `n uiterste bloedbad sien. Ja My kind, die ‘vals Jode’, die einstes wat Lucifer aanbid, is aan die stuur van hierdie oorlogskip! Moet nie deur hulle mislei word nie; want hierdie selfde "Jode" haat die ware Judeërs, en beplan weereens om hulle almal uit te wis. Hierdie Wêreldoorlog III is opgestel om die Antichris en valse profeet na vore te bring wat uit Israel sal regeer. Almal wat applous aan hierdie oorlog gee, gee applous aan die Antichris regime. Almal wat in hierdie oorlog uitsien met `n wellus vir bloed en nog meer bloed, is aan die kant van Lucifer, of hulle dit nou wil weet of nie. Maar die wyses sal nie hierdie Luciferiaanse oorlog steun nie; want dit is `n oorlog vir die totale beheer van die wêreld."

Daarom waarsku Ek Myne om uit hierdie Luciferiaanse sisteem te kom. Hou op om daaraan deel te neem. Want julle word deur Lucifer met `n ring aan julle neuse gelei, en wanneer die "merk" ingestel sal word, sal julle daaraan deelneem. Daarom, net soos die massas nou mislei word, sal hulle dan ook mislei word."

" O, my Meester, wat is hierdie sneeu wat in ys verander, en wat vernietig word deur U gewyde vure?"

"My kind, hierdie sneeu en ys verteenwoordig die harte van die oorlogsugtiges, Want een en almal wat skree; "Oorlog, oorlog en dood, dood," in so `n ding soos hierdie Iraki oorlog, is `n koelbloedige persoon, en slegs die hitte van My gewyde vure kan hierdie oorlogsmasjien geestelik verander. Daarom, My kind, wek Ek My Bonatuurlike Weermag op, en hulle sal onder My vuurkrag vooruit gaan en nou en dan sal Ek hulle gebruik om hierdie koelbloedige oorlogsmasjinerie te verwoes."

"O, my Meester, hoe, hoe my Meester?"

"My kind, hierdie magtige salwing is op jou, eers as `n klein briesie, daarna as `n magtige gewyde vuur. Want Ek het jou lank dopgehou. Ek het jou gesnoei en jou grootgemaak en jou gereedgemaak vir hierdie taak wat nou voorhande is. Die twee oorblywende boekrolle sal binnekort oopgemaak word en dan, My kind, sal jy weet wie jy is."

"O, my Meester, met vrees en bewing, ontvang ek wat U sê en ek wag op U pragtige woorde."

"En hiermee sal ons stop vir vandag. Ek is JaHshua, en alles is gegee volgens die Een God, JaHWeH, die Allerhoogste."

Soos getuig, gedikteer, en opgeneem op die 15de dag van April, 2003,
Linda Newkirk.

 

Deel III

Die Derde Boekrol

2 Mei 2003

"My geliefde kind, Ek is jou Meester JaHshua, ja, Meester van die Aarde en ook Erfgenaam daarvan. My kind, ons kom nou by die derde boekrol, en inligting sal nou deurkom vir baie wat al so lank daarop gewag het om dit te hoor. My kleintjie, Ek en jou Vader het jou deur so baie gevegte gedra. Jy was deur baie gevegte, en jy het deur baie vure geloop. Jy het baie sluipmoordaanvalle oorleef en jy het voortdurende marteling en vervolging deur militêre wapens van die VSA regering en die Nuwe Wêreld Orde deurstaan. Die boosdoeners was vir `n lang tyd daarop uit om jou dood te maak, en as dit nie vir My hand op jou was nie, en die hand van die Vader in die Hemel nie, sou jy sekerlik lankal omgekom het. Maar jy is nog steeds hier op die Aardse sfeer as gevolg van die liefde van God, en in menige geval het jou werk nou eers begin. My kleintjie, die wêreld is uit jou uitgeslaan, en jy het nou by die punt gekom waar jy die ware rede sal herken vir jou bestaan. Op hierdie tydstip herken jy die enigste rede vir jou rol hier op aarde en jy het vrede met daardie rede. My kleintjie, nou is jy gereed. Ja, My kind, die pad waarop jy gereedstaan om op te gaan is `n ongekarteerde rigting vir jou. Maar, weet dit, My kind, Ek is die Kaptein van jou skip, en Ek sal jou dra waar Ek wil, sodat jy die Wil van die Vader kan doen.

My kind, Ek het vir jou die derde boekrol gebring, en jy weet van sommige dinge wat daarin is, omdat Ek dieselfde dinge vir ongeveer `n jaar aan jou bekend gemaak het. Jy het die twaalf valke gesien, en jy het meer as een geleentheid met die ‘Grandfather of Three Feathers’ gepraat. Jy het die perd saam met ‘Grandfather of Three Feathers’ gery, en hy het jou `n wit pels gebring, en dit om jou skouers geplaas. Jy het saam met hom op die wit buffel gery, en hy het jou na die top van sy Aparte Berg geneem.

My kind, Ek is die ‘Grandfather of Three Feathers’ en jy, My kleintjie, is die enigste een wat die wit buffel saam met My sal ry. Daar is niemand anders nie, en vele het baie lank gewag vir hierdie openbaring."

"My Meester, vir meer as `n jaar het U my hierdie dinge vertel, en vir meer as `n jaar het ek probeer om hierdie kennis vir myself weg te steek; want ek kon nie `n houvas daarop kry nie. `n Gevoel van so `n vrees en onsekerheid sou my aangryp, en ek het probeer om myself te verberg vir hierdie openbaring. Selfs die vorige somer toe U my hierdie dinge vertel het, en aan my prentjies in die wolke gegee om my te laat sien, kon ek nie sien en glo nie, aangesien die gedagte te verskriklik was. O, My Meester, ek het gesoek om myself vir hierdie openbaring te verberg, en ek was nader en nader aan U getrek, verlangende na U perfekte Wil. Verlangende na U as rigtingwyser in alle dinge, maar ek het ook geweet wat tevoorskyn gaan kom in hierdie boekrolle, want U het dit vir my vertel."

"My kleintjie, jy het maar net nog een boekrol oor na hierdie een, maar in hierdie boekrol is dit wat so baie belangrik is. Sien jy die engel voor jou, wat die skinkbord het met die boekrol daarop?"

"Ja, my Meester."

"Neem die boekrol en eet dit."

"Ja, My Meester."

Ek kyk voor my en daar is `n pragtige engel met goue hare, wat geklee is in wit en hierdie engel gloei met `n pragtige skitterende lig. Voor haar is `n skinkbord en op die skinkbord is `n boekrol wat opgerol is en vasgebind is met `n lint. Ek neem die boekrol, wat brand met `n helder vuur, en as ek dit aanraak, begin my hand te brand van hierdie vuur, maar die vuur brand my nie fisies nie. Ek neem die boekrol en voel soos `n vuureter, want ek maak my mond wyd oop en voer die vuur in my mond, en soos wat die rol afgaan, voel ek dat ek soos `n ballon uitsit. Skielik voel ek `n groot ontploffing en sien myself te midde van `n groot vuur. In die vuur hou ek krampagtig vas aan hierdie rol, want ek word vorentoe gedryf met `n groot krag.

Te midde van die vuur, word ek deur `n geopende deur gedra tot binne-in `n kamer. Voor my is ons Meester, JaHshua en Hy sit by `n klein tafeltjie. Soos wat ek voor Hom tot stilstand kom, buig ek vooroor en soen Sy voete, want ek het hom so lief, en ek kan nie help om te ween nie. Want elke dag van my lewe mis ek hom so! My trane bad Sy voete en vra om vergifnis om weer huilende na Hom te kom. Hy raak my hoof aan, en streel my hare en my verdriet smelt weg. Hy wink vir my om op te staan, en Hy droog my trane af.

"My kind, sit." En ek sit oorkant Hom by `n klein tafeltjie. "My kind, jy het die rol opgeëet en dit het jou bemagtig, maar jy hou nog steeds daaraan vas; omdat dit nog nie heeltemal oop is nie. My kleintjie, open die rol en skryf wat jy sien."

"My Meester, ek maak die lint los en die rol maak voor my oop." Skielik sien ek `n baie groot wit buffel. Dit lyk na `n meganiese buffel met `n deur wat oop is aan die kant. My Meester, U is daar met my en U sê; "Sien jy die oop deur binne in die buffel? Gaan deur die deur."

Ek kruip toe deur die oop deur, en ek sien dat ek `n donker nag binnegegaan het, en Amerikaanse Inboorlinge vergader rondom `n vuur. Hulle stuur `n pyp tussen hulle rond en ek staan maar en kyk.

"My Meester, ek weet nie hoekom hulle aanhou om die pyp rond te stuur nie, want dit is vir U wat hulle moet rondstuur, en nie die pyp nie.

Ek sit nou op `n rots met die teleskoop voor my oë en ek kyk ver verby hulle in die verte in. Ek sien Amerikaanse inboorlingkinders wat met wit kindertjies speel, en rondom hulle is Asiatiese en swart kinders. Daar is vrede en almal is gelukkig.

"Daar is geen nodigheid vir `n vredespyp nie; want U, My Meester, is die vrede van die wêreld. Ek voel die skoonheid en die wonderlikheid aan van `n tydperk wat naby is, wanneer rasse nie mense gaan verdeel nie, maar liefde in hulle harte sal oorheers, en almal verenig sal word deur U, My Meester. Die liefde van die Almagtige sal almal verenig en daar sal nie vooroordeel wees nie. Daar sal nie meer oorlog wees nie. O, My Meester, hoe verlang ek na daardie dag."

"My kind, dit is die boodskap van ‘White Buffalo Calf Woman’."

"My Meester, dit is die tyd om die vyandigheid te begrawe. Dit is tyd om die verskille te begrawe en om saam te kom as een volk in die liefde van die Almagtige, en onder die rigting en krag, die liefde en leiding van ons Meester JaHshua. Want my pragtige Een, U is die redder van die ganse mensdom. Daar is geen ander nie. U is die ‘Grandfather of Three Feathers’. Daar is geen ander nie."

"My kind, dit is die boodskap van die derde boekrol. Jy is "White Buffalo Calf Woman". Baie sal lag en baie sal spot hieroor, My kind, maar daar is niemand anders as jy nie. Niemand anders sal kom nie. Ek het jou grootgemaak. Ek het jou uitgekerf, en Ek het jou gereedgemaak vir hierdie werk. My kleintjie, Ek weet dit is baie om te verteer. Dit is baie om te hanteer; want jy verstaan nie hierdie reis in ongekarteerde waters nie, maar Ek verstaan dit. Daarom, vertrou in My en my Seun, Ek sal deure oopmaak wat geen mens kan toemaak nie. Ek sal deure toemaak wat geen mens kan oopmaak nie. Die tyd is nou, en jou kraglopie is op die punt om te begin; want Ek sal jou gebruik om My volk in liefde te verenig. My kind, Ek is die redder van die wêreld, daar is niemand anders nie."

"My Meester, ek weet."

"En hiermee, my kind, sal ons stop vir vandag. Ek is JaHshua, ja die Meester, die Almagtige en Verlosser van die mensdom. En alles is verseker gegee in ooreenstemming met die wil van JaHWeH, die Allerhoogste.

Soos getuig, gedikteer, en opgeneem op die 2de dag van Mei, 2003,
Linda Newkirk

 

Deel IV

Die Laaste Boekrol

Donker Donderweer is aan die Kom

"My dierbare kind, Ek is jou Meester JaHshua, ja, Meester van die Aarde en die enigste Verlosser van die mensdom. My kind, sien jy die pragtige waterval soos wat dit oor die rotse kartel en `n kristalhelder poel daar benede maak? Sien die son soos wat dit in die helder water glinster, en hoor jy die geluide van baie singende voëls soos wat hulle kom om te drink en te speel."

"Ja, my Meester, ek sien dit alles en ek hoor die baie geluide."

"Maar, My kleintjie, jy weet nie hoekom Ek dit aan jou toon nie."

"Nee, my meester, ek weet nie."

"My kleintjie, het jy die sprokie van die skilpad en die haas gehoor?"

"Ja, my Meester, en die skilpad vorder baie stadiger as die haas, maar hy het nog steeds sy bestemming bereik!"

"En op sy tyd, My kind, na aanleiding van sy tydsraamwerk."

"Tensy natuurlik, as dit getref word deur `n voortsnellende motor."

"En My kleintjie, dit is `n baie goeie punt om te noem; want hierdie hele scenario het betrekking op hierdie plek en tyd.

"My kleintjie, die hele Aarde is besoedel, en hoe dikwels vind jy `n helder stroompie, `n poel van helder, suiwer drinkwater?"

"O, my Meester, as dit te vinde is, weet ek nie waar dit is nie."

"Dit is My punt, My kleintjie. Die hele Aarde is besoedel. Die lug is besoedel. Mense is besoedel, en die Aarde op sigself is hier en daar sterwende. My kind, hierdie dinge is nie verborge nie, maar baie dra daarvan kennis."

"Ja my Meester, baie dra kennis, maar die meeste skyn kragteloos te wees om te weet wat gedoen moet word."

"My kind, solank bose entiteite hierdie Aarde kontroleer, sal hierdie situasie nooit reggestel kan word nie, want duisternis teel duisternis. Haat teel haat. Oorlog teel oorlog. Opstandigheid teel opstandigheid. En alles wat van die duisternis is, vernietig hulleself met tyd; want sonder die Lig van God sal alles vergaan."

"Maar my Meester, U weet dat hierdie probleem van die Aarde nooit onder die huidige wêreldsisteem reggemaak sal word nie."

"Ja, My kind, en om `n wêreldse spreekwoord te gebruik, ...’daar gaan `n regime verandering wees, gouer as wat die meeste verwag’!"

"My Meester U bedoel wanneer die boosdoeners in die dieptes van die hel geslinger gaan word."

"Dit is presies wat Ek bedoel."

"Maar my Meester, selfs voor dit, is daar nog baie boosheid wat moet kom."

"My kleintjie, dit is so; en baie wat liefde verklaar vir My en die Vader van alles, sal wegval. Dit gebeur alreeds. En waarlik, My kleintjie, die wêreld het nog niks gesien nie, nie in terme van vernietiging en verwoesting nie."

"O, my Meester, my hart is bekommerd oor dit wat kom, want die brutale arrogansie van hierdie boosdoeners oorskry alle beskrywings en grense,"

"My kind, maak twee plus drie miskien twee?"

"Nee, My Meester."

"Weet dit dan; aan `n rasionele brein maak boosheid geen sin nie. Want dit voed op hartseer. Dit voed op misdaad. Dit voed op opstandigheid. Dit het haat en afstootlikheid lief, en dit floreer op angs. Aan hulle wat dus die waarheid liefhet, wat regverdig lewe, sal boosheid nooit sin maak nie. Want regverdigheid lewe na gelang van waarheid en orde, en onregverdigheid teer op verwoesting en chaos. Daarom, My kind, kan hulle wat My en My Vader liefhet, nooit in hierdie sisteem inpas nie. Hulle word daaruit gegooi, soos `n sentrifugeerder verfyn en uitgooi, en sal hulle nooit daarbinne saamgepers word nie. Hulle sal nooit inpas nie en baie verstaan nie, hulle kort insig waarom hulle nêrens inpas nie.

Ek sê aan hulle wat nêrens in `n bose sisteem inpas nie: Juig, want daar is `n perfekte plan vir jou. Daar is `n perfekte plan vir jou binne My Wil, binne die Wil van Ons Vader. Trek nader na My en leef regverdig. Die reinigingsvure sal jou vorm gee, en jou giet en jou gereed maak om verder in geregtigheid te vorder. Moet nie die beproewinge vervloek nie. Moet nie kla oor jou probleme nie; maar omhels alles met liefde en danksegging. Want almal wat teenoor My en Ons Vader liefde betuig, se opregtheid sal getoets word.

Baie sal wegval, baie sal die merk neem; want dit is makliker vir hulle, en minder probleme om die merk te neem as om die geloof te behou. Let op My woorde dat almal, Ek sê almal, elke een wat bely dat hy `n Christen is, wat sy liefde aan My en ons Vader erken, beproef en getoets sal word, en deur groot beproewing en toetse, sal hierdie liefde uitgewys word as eg en sal groei in intensititeit. Of dit sal ontplof as `n klein bol rook en sal verdwyn in die wind. Almal, Ek bedoel elkeen sal deur hierdie vure van suiwering gaan, en nie een sal gespaar word nie!"

My kleintjie, dit is waarom so baie, baie, baie, doodeenvoudig langs die pad sal wegval as gevolg van die vroeë wegraping geloof. Wanneer moeilikheid, groot moeilikheid in hulle huise begin inkom, sal hulle geestelik heeltemal in stukke spat en hulle sal My vervloek. Hulle sal hulle kerke vervloek en die leraars daarbinne, want hulle het `n baie groot leuen geglo. In plaas van om `n geestelike fondament te bou wat gebaseer is op die waarheid, op liefde vir My en Ons Vader, het hulle hulle huise gebou op dryfsand. My kleintjie, die tyd van afrekening is op hande. Want wat julle in die terroriste wet en die twee daaropvolgende oorloë gesien het, is niks in vergelyking met wat wag vir Amerika en vir die wêreld nie."

"My Meester, hoe pas die skilpad en die haas dus hier in?"

"My kleintjie, wat is die beste versekerde weg – die een wat vinnig volbring word, of die een wat stadig en sorgvuldig gebou is, reël op reël, voorskrif op voorskrif?"

"O, my Meester, dit is die een wat stadig gebou is, soos die Profeet Jesaja ons vertel het. Reël op reël, voorskrif op voorskrif!"

"My kind, wanneer hierdie gevaarvolle tye dus slaan, dan sal hulle wat sonder `n fondament is, wat sonder `n ware geestelike aansluiting met My en met Ons Vader is, weggevee word. Daarom sê Ek dus aan julle, wat julleself alleen bevind, en wat worstel voor My en Ons Vader: Juig!, want dit is beter om alleen te wees en te swem, as om saam met baie te wees op die Titanic. Want Ek vertel jou nou, dat baie, baie kerke in diep donker waters is, en hulle is op die punt om te sink. Wanneer hierdie kerke in hierdie diep en donker waters insink, hoeveel sal in staat wees om goed genoeg na My toe terug te swem? Vir hulle wat hierdie kerke bygewoon het, wat hierdie leuens en misleiding opgeslurp het, sal ook die oordeel opslurp wat vir hulle wag. Hulle wat hierdie kerke gedra het, sal ook hulle oordeel dra. Daarom, wees gewaarsku! Gaan uit hulle uit en verkry `n sterk fondament, of gaan voort en slurp hulle leuens op, en ly die finale oordele saam met hulle. Is Ek gelukkig met hierdie hol seremonies en louwarm aanbiedinge? Waarlikwaar, Ek sal hulle uit My Mond uitbraak! Want waarlik, dit is by verre beter om warm of koud te wees."

"O, my Meester, ek was in die laaste tyd slegs in twee kerke, die eerste was vol van hierdie ‘vreemde vuur’, die ‘pre-verdrukking wegraping’ en die leringe van mense, en die tweede, alhoewel hulle hard probeer het, ook vol van die wegrapingsdoktrine en die leerstellings van mense. Maar toe die tweede prediker probeer om hierdie "vreemde vuur" op te roep om iemand in die gees neer te slaan, het dit nie gewerk nie. Lofprysinge aan die Een God, die Allerhoogste en aan Sy kosbare Seun, ons Meester en God."

"My kleintjie, jy het korrek waargeneem. My hand is op hierdie man; want sy hart is na My toe; maar die leerstellings van mense is baie moeilik om af te staan wanneer dit eers eenmaal omarm is. En jy is korrek oor die "vreemde vuur"; want dit is vir `n seisoen verseël."

"O, my Meester, dit is so aangrypend. Dit is so pragtig, en ek dank U en prys U, en, Ons pragtige Vader in die Hemel."

"En My kind, dit bring Ons by die vierde boekrol. Gaan uit en tel dit op."

"My Meester, ek is hier langs die rol, dit is so groot en dit is gedeeltelik oopgemaak. Ek raak daaraan en dit rol oop voor my oë, soos `n groot kombers van glansende wit vuur. Ek stap binne in die rol in en sink, asof ek in `n wêreld van `n donserige, katoensuiker (spookasem) is. Ek worstel en plons rond in die middel van `n vloeibare stof, maar dit is `n vurige wit lig en dit maak my baie veerkragtig. Ek spring op en reik hoog, baie hoog na die toppe van die berge, en ek sweef soos `n voël deur die lug. "O, my Meester, dit is die mees vreugdevolle ervaring." Ek kom by `n pragtige rots in `n weiveld en kniel daarlangs, en pluk `n pragtige blom wat soos `n madeliefie lyk maar met die geur van kanferfoelie. Ek adem hierdie heerlike geur op, maak my oë toe en hoor die geluid van baie waters wat tesame kartel. Met my toe oë wéét ek dat ons pragtige Meester, JaHshua langs my is en ek maak hulle oop en daar is Hy. "O, my pragtige Meester, dit is so goed om U te sien." Ek gee Hom groot druk en wil Hom nie loslaat nie, want ek het Hom so gemis. Teensinnig los ek Sy nek en gaan sit langs Hom op die grond van hierdie pragtige weiveld. "My Meester, waar is ons?"

"My kind, jy is in die hemel"

"In die Hemel?"

"Ja, dit is waar jy is."

"O, my Meester, laat ek bly … Maar nee, my Meester, dit sal nie reg wees nie; want so baie is verlore en my siel ween vir hulle. My hart ween vir hulle. Want die oes is groot en die werkers is min, en as hulle nie na U toe kom nie, my Meester, sal hulle vir `n baie lang tyd in duisternis op eindig."

"Dit is so, My kind. My kleintjie, weet jy wat plaas Ek om jou nek?"

"Nee, my Meester. Dit is soos `n lang serp, maar dit is nie `n serp nie. Dit herinner my aan iets wat deur priesters gedra word, want dit is reguit en nouerig, met fraiings aan elke kant; maar dit is sag en donserig, net soos die substansie wat ek vroeër beskryf het".

"Voel dit, My kind."

"Ja Vader, dit is werklik soos katoen en so vertroostend, en slegs deur daaraan te voel, kan ek vir `n oomblik wegsluimer. Terwyl ek hierdie woorde uitspreek, word ek baie slaperig, en skielik bevind ek my op bo-op `n baie groot gepunte bergpiek. Die wind waai verwoed en slaan my klere teen my lyf vas. Skielik word ek vervoer na `n ‘tee-pee’ (Indiaanse hut), daaronder aan die voet van die berg, en dan deur die mure van die ‘tee-pee’. Voor my is `n man wat slaap. Ek hoor die woorde, ‘donker donder’ en ek skud aan die man en probeer om hom wakker te maak, maar hy slaap voort. Ek maak `n deur oop en beweeg in sy drome in, en ek sê aan hom; "Word wakker, want die verskriklikste plae is op die mensdom die hele wêreld oor. Die sprinkane gaan kom en jou oeste afvreet en verwoes, en as dit nie die sprinkane is nie, sal die hael en die droogte dit doen. Word wakker, want die donker donder is besig om te kom, en as jy nie wakker word nie en terugkeer na die ware Verlosser, ons Meester, JaHshua nie, sal jy vergaan. Jou gode kan jou nie red nie. Jou bose geeste kan jou nie red nie. Jou kruie en konkoksies kan jou nie red nie. Slegs JaHshua kan jou red! Word wakker. Gee aandag. Want die dood en sterftes is op pad. Dit sal jou verteer en daar is geen hoop nie, behalwe deur JaHshua, want Hy, Hy alleen is die ‘Grandfather of Three Feathers’, en Hy kom terug. Luister na my. Jou mense sal vernietig word. Hulle sal sterf van pessiektes. Hulle sal sterf van honger. Hierdie donker donder sal die hele wêreld verteer. JaHshua is die Lig van hierdie donker wêreld. Hy is die Redder van jou volk. Daar is geen ander nie."

"En hiermee stap ek uit die deur van sy droomwêreld uit. Dan maak ek hierdie deur toe, en gaan uit deur die muur van die ‘tee-pee’ en terug na die top van die gewyde, windverwaaide berg. Op die top van hierdie berg is ons Meester, JaHshua, die ‘Grandfather of Three Feathers’, en hy beduie my om Hom te volg. Ons verlaat die berg, en ek volg Hom op `n baie nou bergpaadjie. Na `n rukkie kom ons by `n doodlooppunt in hierdie paadjie, en aan die einde van hierdie paadjie is daar `n baie groot, pragtige engel.

Die engel val op haar knieë neer voor die Meester en begin te huil. "O, my Meester, hulle het geval. Die pragtiges het geval en ek is bevrees hulle sal nie meer opstaan nie."

Ek staan doodstil en behou my teenwoordigheid van gees. Want ek is self so vol bekommernisse dat ek nie eers weet wat sy bedoel nie, maar my hart sink weg en ek weet dat dit sleg gaan wees.

Ons Meester JaHshua draai na My toe en Sy oë is vol vuur. "My kleintjie, dit is `n baie laat uur en die pad gaan baie hard word. Die pad gaan baie taai word en jy sal die mantel nodig hê wat Ek aan jou gegee het." Want baie van die pragtige siele, hulle wat My en die Vader baie liefhet; My kind, hulle is besig om te val. Hier en daar val hulle in die strikke van Lucifer. Hulle word mislei deur boosdoeners soos die Bush families. Hulle val vir die gevlei en die verlokking van die vyand. My kleintjie, hulle is die pragtiges en nou is hulle verblind!"

"O, my Meester, ek is so jammer, o my Meester, as dit tog maar nie so was nie!"

"Maar My kind, dit is so, en hierin lê die verknorsing. Hierin lê die verwarring. My kleintjie, baie van die pragtiges sal val, en, O, hoe ween die engele. Want sommiges sal nooit herstel nie; maar die meeste sal terugkom. My kleintjie, sommige van hulle is groot bome. Hulle het baie goeie dinge gedoen en hulle was aankondigers van waarheid en vryheid."

"O, my Meester, my siel is diep geraak."

"My kind, dit is om hulle te suiwer en om hulle skoon te maak; maar sommiges sal dit nie uit die moeras maak nie. Dit is hoekom die engele so ween."

"O, my Meester, help ons almal; want dit is so `n brose pad. Dit is lewensgevaarlik, en as U nie met U liefde gaan intree nie, sal baie, baie nog val. O, my Meester, ek is so jammer."

"My kind, een van die redes waarom ek die Bushe aan bewind geplaas het, is om die harte van My volk te toets. Die kerke is vol van die blindes wat die blindes lei. Hulle geestelike onderskeidingsvermoë skiet heeltemal tekort en hulle glo wat hulle oë sien. George W. Bush is `n groot struikelblok en Ek het hom daar geplaas om `n groot struikelblok te wees. Ek het hom daar geplaas om die Amerikaanse volk te toets."

"My Meester, ek kan dit sien en ek weet dat U hom daar geplaas het, maar die blinde Christene glo dat U hom daar geplaas het omdat hy `n Christen is."

"My kleintjie, hy is `n idooldienaar (afgodsaanbidder). Hy is `n aanbidder van idole. Hy dien vir Lucifer en die waarheid is nie in hom nie. Hy is `n dronkaard, `n trotse en hooghartige man. Hy is vol boosheid en opstandigheid, en hy en sy vader mik daarna om die wêreld te regeer! Maar dit sal nie so wees nie; want beide sal binnekort hulle grafte ontmoet, en Barbara Bush sal nie ver agter wees nie. Verstaan jy dit?"

"Ja, my Meester."

"My kind, dit is terugbetaaltyd vir die Bushfamilies en alhoewel hulle vir lank met groot boosheid weggekom het, sal hierdie bose heerskappy binnekort tot `n einde kom. Ek het hulle baie barmhartig betoon en Ek het George W. se lewe verleng, verby die beplande sluipmoord aanval en sameswering vroeër vanjaar. Maar hy sal nie die volgende aanval oorleef nie. En dit, My kind, sal die begin wees van My oordeel oor die bose Huis van Bush. Let op My woord, My kind, dit sal gebeur wanneer baie dit die minste sal verwag. Hiermee sal ons vir vandag stop en daarmee voltooi ons Boek VIII. Ek is JaHshua, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God.

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op die 8ste dag van Mei, 2003,
Linda Newkirk.

 

En so is dit ons dierbare Broers en Susters.

Vir `n lang tyd het ek niks geweet van "White Buffalo Calf Woman" nie en as ek ooit iets van haar gelees het, kon ek dit nie onthou nie. Selfs toe ons Meester JaHshua my van hierdie dinge begin vertel het, kon ek myself nie sover bring om te gaan lees oor hierdie vrou nie, maar in die laat somer het ek finaal na die Internet gegaan, en `n paar artikels gelees van "White Buffalo Calf Woman". As julle meer wil verstaan van "White Buffalo Calf Woman", kan julle vir julleself gaan lees. Want buiten dit wat die Meester aan my geopenbaar het, weet ek niks meer nie.

Ons Meester en Skepper is die Groot "EK IS". Hy is die Skepper van die Hemele sonder einde. Hy is die Skepper en die Formeerder van die hemele, en aan Hom al die lofprysinge en glorie vir ewig en ewig !!"

Julle suster, deur ons pragtige Meester, JaHshua,
Linda.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX