Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 14

 

"Spotters en Veragters"

 

"My geliefde kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Wees `n monument vir My, `n pragtige skepping van liefde en waarheid. Alhoewel daar spotters en veragters is wat hulle koppe uitsteek en hul leuens vanaf die dakke verkondig, gee dit hulle nie krag nie. Alhoewel hulle vanuit baie fronte met klippe in hul hande regstaan, en alhoewel hulle daarna uitsien om jou en My werke deur jou te vernietig, sal hulle nie daarin slaag nie. Wees van een ding verseker, My kind: die Pamela Schufferts en die "Zeph Daniels’" van hierdie wêreld, wie weet om reg te doen en dit nie doen nie, sal nooit My Koninkryk erf nie. Alhoewel hulle daarop roem dat hulle lammers is, is hulle roofsugtige wolwe. Alhoewel hulle daarop roem dat hulle name in die Boek van die Lam geskryf staan, is dit juis hierdie einste een, wat haarself die meeste daarop beroem, wat nie daarin is nie, maar sy is en was nog altyd, vanaf `n baie vroeë ouderdom, `n dienares van Lucifer.

Ja, My kind, die demone wat in hierdie vrou werksaam is, uiter baie oortuigende stories, maar dit is waarby dit bly. Stories. Stories wat ontstaan uit die mond van `n leuenagtige, misleidende, manipulerende, geslepe dienares van Lucifer. Inderdaad is sy `n vreeshandelaar wat al ewig die mense waarsku oor die naderende planne van hulle wat haar self geprogrammeer het om juis so op te tree. Planne oor krygswet, planne oor die internering van Christene. Ja, My kind, die tyd is bestem vir dié dinge om plaas te vind, maar wees op jul hoede vir hulle, wie hierdie dinge hulle handtekening maak.

Ja, My kind, Pamela Schuffert is op pad na die Poel van Vuur en vroeër, ja baie vroeër as wat sy sou kon glo. En "Zeph", wat absolute leuens teenoor jou verkondig het, is nie vêr agter haar nie. Dit sou goed gewees het indien hy eers sy feite agtermekaar gekry het voordat hy jou op gevoellose wyse daarvan beskuldig en as `n valse profeet gebrandmerk het, maar omdat hy `n gebrek aan onderskeidingsvermoë het , het hy só opgetree, en dit tot sy eie ondergang.

My kleintjie, jy het die sogenaamde profete gesien kom en gaan. Baie het jou aangeval omdat Ek en My Seun jou oor en oor daarop gewys het dat reïnkarnasie nie net waar is nie, maar dat dit ook wet is. Want, almal sal maai wat hulle saai. Ek vergewe hulle vir wie Ek wil vergewe; maar wanneer daar nie vergifnis is nie, is daar geen barmhartigheid nie. Waar daar geen barmhartigheid is nie, is dit `n oog vir `n oog. Dít is die Wet.

Sal Pamela Schuffert en "Zeph Daniels" maai wat hulle gesaai het? Ja, My kind, dit sal hulle maai. Hulle sal elke stukkie daarvan maai. Want hulle het dit wat die waarheid is, as `n leuen gebrandmerk! Hulle het dit wat kosbaar in my oë is, verag! Hulle het My woord geneem en dit belaster! Hulle het die woorde van My Gees, soos aan jou deur My Seun gegee, as "leerstellings van demone en duiwels" bestempel. Ja, My kind, hulle het teen My gelaster. Hulle het teen My Gees gelaster waarvoor daar geen vergifnis is nie.

Die tyd is hier, My geliefde kind, dat Ek hulle in hulle boosheid sal toevou en hulle van die Aarde af sal verwyder, tensy hulle hul bekeer. Maar verwag dit nie, want hulle is hardnekkig, trots, hoogmoedig en godslasterlik. Want in hulle hoogmoed glo hulle dat hulle die wêreld `n baie groot guns bewys omdat hulle die waarheid as `n leuen afmaak, omdat hulle My en My Seun laster en omdat hulle jou `n valse profeet noem. Ja, hulle glo dit. Hulle glo hulle eie leuens want dit pas hulle en verhef hulle tot tydelike magsposisies. O, ja, hulle voel magtig, maar Ek sê vir jou My kind, dat hulle te syner tyd, wat binnekort sal wees, inderdaad nie meer so magtig sal voel nie. Want, My hamer van oordeel gaan beide van hulle tref, en al hulle mede-kriminele. Ja, My kind, wat hulle aan jou gedoen het, is krimineel. Ek sien alles en weet alles en sal hierdie ding vir eens en altyd afhandel. Diegene wat jou aanhoudend belaster en leuens en disinformasie oor jou verkondig, is almal bekend aan My. Ek ken elke persoon op elke boodskaplys (webruimte vir elektroniese boodskappe op Internet). Ja, Ek ken hulle almal en Ek ken diegene wat die bevele gee.

Het Pamela Schuffert haar beursie weggesteek om hierdie familie te gemanipuleer wat in liefde uitgereik het om haar van hulp te wees? Ek het dit aan jou deur My Gees gewys. Jy het dit gesien en dit is so; maar vir haar om as leuenaar, swendelaar en sataniese pion wat sy is, uitgevang te word, was nie vir haar aanvaarbaar nie. O, ja, My kind sy sou enige iets doen of sê om die wêreld te oortuig dat jy die leuenaar en sy die prooi is. My kind, onskuldige mense is deur hierdie vrou geviktimiseer, wie voorgee dat sy een van Myne is maar dit nie is nie. Ja, onskuldige mense wat niks verkeerd aan haar gedoen het nie. Keer op keer het hierdie leuenaar vanuit die hel My volk mislei en bedrieg met haar "christelike praatjies", maar Ek ken haar deur en deur. Ek is nie mislei nie, My kind. Niemand sal in Pamela Schuffert en haar medepligtiges se skoene wil staan vir die boosheid wat deur hulle aangevang is nie. Want gou, baie gou, My kind, sal Ek hulle volkome oordeel.

En My kind, jy weet dat as gevolg van dít wat jy met die Vatikaanse bekruipers en sluipmoordenaars, en selfs met Lucifer, die hoof van hulle, moes deurmaak, dat Ek My tyd afwag. En wanneer Ek besluit dat die tyd is geskik is, maak Ek heeltemal skoon. Jy het nog `n ander groep vyande wie dieselfde meester dien, die god van haat en bangmaakpraatjies, en van tweedrag; en Ek sal met hulle almal afreken. O, hulle is nou so selfvoldaan, waarlik van mening dat hulle geseëvier het in hulle aanslae teen jou; maar My kind, hierdie hoogmoed, hierdie edeldenkende hoogmoed, sal waarlik hulle val voorafgaan. Elke leuen wat hulle teenoor jou geuiter het, sal in `n hamer verander word en hierdie einste hamer van My oordeel sal hulle op elke terrein van hul lewens tref. En gou, baie gou, tensy hulle hul bekeer, sal hulle hulleself saam met al die leuenaars in die Poel van Vuur bevind.

My kleintjie, Ek veg jou stryd. Omdat hulle hulle eie leuens omhels en dit glo maak dit nie die leuens waar nie. Omdat hulle hulle eie leuens glo, is hulle groter dwase.

Wees opgeruimd, My kind, want net soos wat Ek die "president" van die Aarde verslaan het vir die skade wat hy jou aangedoen het, só sal Ek jou vyande verslaan. Ja, My kind, daar is dié wat sal sê dat hierdie twee jou broer en suster is, maar Ek sê vir jou, jou broer en suster is hulle wat My eerste plaas. Hulle het My en My Seun lief en hulle lieg nie. Alle leuenaars het hulle deel in die Poel van Vuur, tensy hulle hulself voor My reinig.

My kleintjie, deur jou het Ek baie van My verborgenhede van My Koninkryk geopenbaar, byna net soveel, indien nie meer as aan enige van My huidige profete nie. Ek het vir jou gesê dat jy een van die Sewe Donderslae is wat verborgenhede spreek, maar binnekort My kind, sal die Sewe Donderslae ophou om My verborgenhede te openbaar. My woorde wat deur jou gespreek is, het baie verlig, gehelp en geseën, maar nou My kind, is boosheid besig om op elke front toe te neem.

Diegene wat voorgee dat hulle vir My werk, word nou blootgestel vir wat hulle werklik is. Die ware word geskei van die valse, die waarheid van `n leuen, en slegs dié wie se harte skoon en suiwer is, sal die verskil ken. Ja, My kind, hulle sal aan die leuen bly vasklou, vas oortuig daarvan dat die leuen die volle waarheid is, en die leuen sal hulle vernietig. Met hulle leuenagtige verwaandheid en hulle giftige haat sal hulle almal vernietig word. Weet dit My kind, dat Ek saam met jou staan teen al die beskimpers, aanklaers, lasteraars, rugstekers en skinderbekke, wat kwaadwillige leuens agter jou rug staan en versprei. Ek is teen hulle en elkeen van hulle sal tot `n val kom. Maak geen fout hieroor nie, My kind. My oordele sal nie volgende maand of volgende jaar wees nie. Dit is nóú, en elkeen van hulle sal die grimmigheid van My woede voel.

Hiermee sal ons vir eers afsluit. Wees opgeruimd, My kind; want hoewel boosheid om elke draai teenoor jou sal toeneem, sal Ek jou nooit verlaat nie. Ek sal jou stryd veg totdat totale oorwinning behaal is. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op die 27ste dag van November, 2003,
Linda Newkirk

 

Ons Vader het opgesom wat hierdie twee aan my gedoen het, maar daar is meer en ek het ons Vader lank en indringend versoek om te weet wat ek aan elkeen van julle bekend moes maak. Wat my aanbetref, sou ek eerder wou gehad het dat ons Vader die hele aangeleentheid moes hanteer, soos wat Hy sekerlik sal doen. Maar dit is belangrik dat julle die waarheid hoor van dit wat plaasgevind het, sodat julle meer wysheid hieromtrent kan bekom! My ernstige bede is dat julle uit ander se hartseer sal kan leer sodat julle die verwoesting en skending gespaar kan bly van hulle wat soos wreedaardige wolwe in skaapsklere rondloop!

Dit is `n tragiese dag wanneer twee wat bely dat hulle profete van God is, wilde aantygings maak en daarop uit is om dit te diskrediteer wat waar en vanaf God is. My bede is dat almal `n les uit hierdie boosheid sal leer wat teenoor my en teenoor hierdie kosbare familie van Minnesota aangedoen is.

Rakende die growwe beledigings teenoor my, vir die openbaarmaking van ons Meester en God se woorde dat reïnkarnasie die waarheid is: Indien jy nie weet of iets waar of vals is nie, is dit raadsaam om tyd saam met ons Meester en God te spandeer, om te soek na waarheid, wysheid en begrip. Baie het my aangeval en probeer om my te vernietig omdat ons Meester en God aan my geopenbaar het dat reïnkarnasie waar is, maar tot hulle eie nadeel.

Hy het die waarheid van reïnkarnasie aan my geopenbaar nadat ek Sy aangesig vir baie maande gesoek het vir meer begrip rakende hierdie saak. Hy het drome, visioene en profesieë aan my gegee om sodoende aan my te toon dat reïnkarnasie die waarheid is. Maar hierdie einste openbaring van God het `n struikelblok vir baie geword wat daarop uit was om juis as gevolg hiervan, `n voorbeeld van my te maak! Maar op die ou end het die sogenaamde profete, wat daarop uit was om dit wat ons Meester en God gegee het, te vernietig, in groot moeilikheid by God beland! Verskeie van hulle skiet my gedagtes nou binne; want ek het gesien hoe ons Meester en God met hulle afgereken, deurdat Hy hulle totaal afgesny het vir hulle pogings om my as individu te vernietig vir dit wat waar is.

Die ware Pamela Schuffert

Ek is diep bedroef oor dit wat Pamela Schuffert aan `n kosbare familie in Minnesota gedoen het. Fred en Katy Sasse het hulle storie, wat Pamela Schuffert gehoop het nooit die lig sou sien nie, openbaar gemaak. Ek ondersteun hulle in hulle pogings om die waarheid te versprei oor wat hierdie leuenagtige en manipulerende vrou hulle aangedoen het. Baie mense ken die werke van Pamela Schuffert en haar "verslaggewing" rondom die Nuwe Wêreld Orde en oor die konsentrasiekampe in hierdie land. Maar min weet dat sy in `n satanistiese huis grootgeword het. Sy het by herhaling vermeld dat haar pa `n hoëvlak Satanis was met `n hoë militêre rang.

Ek is deeglik bewus daarvan dat die Sataniste klein dogtertjies, reeds vanaf hulle derde jaar seksueel misbruik, verkrag en stroop. Dit staan in die Talmud geskrywe! Ek is ook bewus daarvan dat baie van hierdie seksueel misbruikte kindertjies se verstandelike vermoëns afgestomp raak as gevolg van hierdie onbegryplike misbruike. Vanuit my eie sielkundige studies is ek daarvan bewus dat 95% van diegene wat meervoudige persoonlikhede het, as klein kindertjies seksueel misbruik was.

Ek weet nie wat Pamela se sielkundige probleme alles is nie! Slegs ons Meester en God weet alles, maar dit het tyd geword dat almal ernstig oor hierdie vrou se identiteit moet besin, wat diegene wat ons Meester en God dien, belieg, manipuleer en beskinder. Ek het ernstige bedenkinge oor enigiemand wat briewe na haar eie boodskapsbord skryf en dan van aliasse gebruik maak wat in hierdie geval niemand anders as Pamela Schuffert self is wat onder ander mense se name paradeer nie. My opregte dank aan Sherry wat hierdie IP adresse nagegaan het en wat hierdie inligting aan my gestuur het ter bevestiging dat Pamela Schuffert `n misleier en manipuleerder van die ergste graad is!

Dit is inderdaad `n tragiese dag om wakker te word en te sien dat die Christene geïnfiltreer is deur diegene, wat voorgee dat hulle profete is, tog is hulle roofsugtige wolwe wat die name van Christene vir obskure redes opskryf en hulle korrespondensie vir obskure redes en vir geheime bronne insamel. Wat my aanbetref, ek het genoeg gehad van die Pamela Schufferts en die "Zeph Daniels", genoeg om my `n hele leeftyd te duur.

Ons Eie wedervaringe met Pamela Schuffert

Persoonlik het ons ons eie wedervaringe met Pamela Schuffert meer as `n jaar en `n half gelede gehad, toe sy hier aangekom en voorgegee het dat sy `n profetes van God is. Daar is `n deel van hierdie vrou wat baie oortuigend "Christelik" voorkom en wat haar in staat stel om baie met hierdie Christelike persona te bluf. Toe al het ek my bedenkinge oor Pamela gehad toe sy inligting oor ander profete, wie ek geken het, uit my probeer trek het. Ek was baie huiwerig om enige inligting aan hierdie vrou te gee, maar sy was/is `n baie opdringerige vrou en einde ten laaste het ek die twee profete wat ek geken het, gevra of hulle sou omgee om met Pamela te praat. Nadat hierdie name vir haar gegee was en sy met hulle in verbinding getree het, het sy my tydens haar laaste gesprek oor reïnkarnasie gekonfronteer. Ek het haar meegedeel dat dit inderdaad die waarheid is! Oor die telefoon daardie nag, het sy die mees afskuwelike lag geuiter. Vier keer het ek haar meegedeel, "Pamela, ons moet bid" en elke keer het sy my geïgnoreer en aangegaan met haar afskuwelike gelag. Daar en dan het ek geweet dat iets nie pluis was met hierdie vrou nie.

Toe Katy van Minnesota aan my geskryf het dat Pamela Schuffert by hulle sou oorbly, het ek nie geweet of ek hulle oor my vermoedens moes waarsku en of ek maar `n "wag en sien" houding moes aanneem nie. Ek het nie geweet hoe goed Katy en haar man met vir Pamela geken het nie. Hulle het haar hoog aangeskryf en ek wou nie onenigheid bewerk nie. Ek is egter jammer dat ek hulle nie oor my vermoedens gewaarsku het nie. Maar nou, as gevolg van wat hierdie mense deurgemaak het en dit wat ek persoonlik deurgemaak het deur die boosheid van hierdie vrou, weet ek dat ek elkeen van julle moet waarsku teen Pamela Schuffert.

Pamela Schuffert is `n Spotter en `n Veragter!

Wat Pamela Schuffert aanbetref, het ons Vader in die Hemel `n waarskuwing aan haar gerig oor die boosheid wat sy teen my uitgespu het waarin sy ook elke woord van Hom bespot en gehoon het. Vanuit haar eie woorde is dit duidelik dat Pamela Schuffert `n bose, demoon-besete vrou is, wat haarself as `n verslaggeefster voordoen en wat daarop uit is om inligting, vir baie twyfelagtige redes en obskure bronne, in te samel. Ek is elke keer geskok en onthuts as ek oor die dinge nadink wat sy teenoor die familie in Minnesota gedoen en gesê het.

Ek publiseer ons Vader se waarskuwing aan haar en haar spottende aanmerkings, asook die brief van die familie van Minnesota. Dit is genoeg dat hierdie mense groot hartseer en pyn moes verduur as gevolg van Pamela Schuffert se stelery, maar daarby is hulle diep verneder, aangesien Pamela in die openbaar hierdie vredeliewende vrou, wat daarop uit was om haar van hulp te wees en in baie opsigte geseën het, beskinder het. Pamela het hierdie lieflike vrou in die openbaar afgemaak as iemand met `n grenslyn persoonlikheid met skisofrene gedrag en beweer dat sy in staat is om so `n diagnose te maak, aangesien sy al as `n hulpverpleegster gewerk het. Dit is krimineel gedrag en dit is `n gruwel voor die Almagtige God!

Waarom het Pamela so ver gegaan om vir Katy, haar man en vir my te vernietig? Omdat Katy vir Pamela Schuffert gekonfronteer het en haar meegedeel het dat `n profetes van God haar ingelig het dat haar beursie nie gesteel was nie, maar al die tyd tussen `n klomp goed in haar eie bakkie versteek was! Omdat hierdie vrou vir Pamela Schuffert met die waarheid gekonfronteer het, het Pamela herhaaldelik vir Katy se man gedurende werksure geskakel en hom meegedeel dat Katy ernstige sielkundige berading benodig. Pamela Schuffert het hom ook herhaaldelik geskakel en hom meegedeel dat Katy liefdesverhoudinge met ander mans wil aanknoop. Hierdie striemende aanvalle wat uit die mond van Pamela Schuffert kom, is woorde van duiwels en demone wat venynig uitgespu is om alles wat reg en waar is, te vernietig.

Ek het my tyd afgewag vir wanneer die Gees van God my die groen lig sou gee om oor Pamela Schuffert en "Zeph Daniels" te skryf en hulle vir die disinformasie deskundiges wat hulle in der waarheid is, te ontmasker, en hierdie tyd het nou aangebreek. U kan hierdie inligting neem en daarmee maak wat u wil, maar u sou verstandig wees om hulle te vermy soos die duister pes wat hulle in werklikheid is!

 

 

Die volgende waarskuwing kom van Pamela Schuffert se eie webblad!

 

<sny> …. WAARSKUWING

Neem asseblief kennis dat "persoonlike aanvalle", onwelvoeglike taalgebruik of skrywes wat nie in lyn met die doelwitte van hierdie webblad is nie, verwyder sal word.<sny>

Ja, dit is die ware Pamela Schuffert; wat `n boodskapsbord bedryf waarop sy ander kan beswadder maar waar hulle nooit `n kans gegun sal word om hulleself te verdedig nie! Juis hieroor sal Pamela Schuffert nooit dít, wat hierdie mense in Minnesota te sê gehad het, bekend maak nie. Sy sal nooit dít wat deur ander oor hierdie selfde onderwerp geskryf is, bekend maak wat nie strook met haar eie waansinnige gebabbel nie. Vanselfsprekend maak sy slegs die waarheid bekend solank sy dit kan manipuleer om sodoende na haar eie verdraaide behoeftes om te sien, net soos wat sy gedoen het met die waarskuwings aan haar wat deur ons Vader in die Hemel gegee is.

Toe ek Pamela Schuffert se webblad besoek het en die wilde beskuldigings teenoor my en die mense in Minnesota gelees het, het ek die regverdige woede van die Allerhoogste in my voel opvlam en Hy het die volgende brief aan haar gedikteer. Ek het hierdie brief na haar boodskapbord aangestuur wat sy weer vinnig afgehaal het, maar sy het dit weer later daarop laat verskyn, hierdie keer saam met leuens wat deur "Zeph Daniels" uitgestuur is, infame leuens wat sê dat ek doodsdreigemente teenoor hom gemaak het en vloeke op hom geplaas het. Dit is baie duidelik dat die twee kop in een mus is in hulle pogings om my swart te smeer en om valse aantygings teenoor my te maak om sodoende hul god, Lucifer, te behaag. Maar op die ou end seëvier die waarheid. Dit staan alleen en die boosdoeners hang hulleself op met hulle eie woorde. Ja, die ware bedoelings van die hart kom na vore en bring dit wat agter baie fronte weggesteek word, aan die lig, en dit is wat met Pamela Schuffert en "Zeph Daniels" gebeur het. Hulle is maar nog net twee in diens van Lucifer wat hulleself as skape voordoen, maar wat tog nog net twee wolwe in skaapsklere is!!!

ONS VADER SE WAARSKUWING AAN PAMELA SCHUFFERT

Hierdie boodskap is deur ons Vader in die Hemel aan Pamela gegee in antwoord op Pamela se aantygings dat ek onder andere `n leuenaar is. Daar is nog ander lasterlike dinge gesê!

So sê JaHWeH, die Allerhoogste God aan Pamela Schuffert. Ek sal op jou trap soos `n reus wat op `n vuurhoutjie trap, en met my woede sal Ek jou in die grond in verpoeier; want jy is `n spotter en `n honer en `n leuenagtige manipuleerder! Jy het teen my ware profeet opgestaan, en leuens en smerige stories teenoor haar uitgespu, en jy sal nie wen nie. Die president van hierdie wêreld is tans in die Poel van Vuur vir die boosheid wat hy aan My gesalfde gedoen het. Glo jy enigsins dat jy beter af is! Binne een maand sal Ek jou ook in die Poel van Vuur werp, indien jy jou nie bekeer nie. Daar is één, slegs één, onder julle twee wat lieg, en dit is jy! Ek sal geensins meer dit duld wat Ek in die verlede geduld het nie! Jy sal óf tot bekering moet kom, óf jy sal vergaan. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God!

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 21ste dag van November, 2003,
Linda Newkirk

 

 

Pamela Schuffert se spottende hoon!

(Ons Vader se woorde is in vet-druk!)

 

Re: "Dat die Monde van Leuenaars Gesnoer mag word:" Linda Newkirk

 Vry Nov 21 2003 3:51:47 pm

 

"So sê JaHWeH, die Allerhoogste God aan Pamela Schuffert. Ek sal op jou trap

soos `n reus wat op `n vuurhoutjie trap, en met my woede sal

Ek jou in die grond in verpoeier; want jy is `n spotter en `n honer en `n

leuenagtige manipuleerder! Jy het teen my ware profeet opgestaan...

[O, uh … Linda Newkirk, valse profetes, bedoel jy??? – PS]

 

en leuens en smerige stories teenoor haar uitgespu, en jy sal nie wen nie. Die president van hierdie wêreld is tans

in die Poel van Vuur vir die boosheid wat hy aan My gesalfde gedoen het.

 

[Jammer, Linda, maar Satan is NOG NIE in die poel van vuur gewerp nie! Gaan die BOEK VAN OPENBARING na! Hy swerf vandag nog soos `n brullende leeu op die aarde rond, opsoek na wie hy kan verslind. Jou eindtydse eskatologie is VER VERKEERD … soos wat alle "New Age" hekse se teologie verkeerd is.– PS]

Glo jy enigsins dat jy beter af is! Binne een maand sal Ek jou ook in die Poel van Vuur werp, indien jy jou nie bekeer nie.

 [Weer eens, jammer, "Liegende Linda", maar my NAAM IS IN DIE BOEK VAN DIE LEWE GESKRYF, en ek is `n wedergebore Christen vir ewig geregverdig voor die aangesig van die Lewende God wat ek deur die geloof in Jesus Christus dien. Daarom het ek GEEN DEEL in die poel van vuur nie! Kry jou teologie in orde!-PS]

 

 

Daar is één, slegs één, onder julle twee wat lieg, en dit is jy! Ek sal geensins meer dit duld wat Ek in die verlede geduld het nie! Jy sal óf tot bekering moet kom, óf jy sal vergaan. Ek is JaHWeH, die Allerhoogste God!

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 21ste dag van November, 2003, Linda Newkirk

 

Wat `n JAMMERLIKE voorbeeld van valse profesie van `n leuenagtige misleier, wat haar vals profesieë gebruik om die onbedagtes daarvan te oortuig dat REÏNKARNASIE EVANGELIESE WAARHEID IS …en haar "god" sê so! Die Bybel sê duidelik dat enige een wat bely om "in die naam van die Here" te spreek, MAAR wie later VERKEERD bevind word, GESTENIG MOET WORD! Ek sal wakker loop as ek JY was Linda!

-Pam Schuffert

~ ~ ~ ~ ~

 

 

Hierna volg `n brief aan Stew Webb vanaf Fred Sasse, en daaropvolgend, hulle weergawe van dit wat in hulle huis plaasgevind het met betrekking tot Pamela Schuffert!

 Van: Fred.Sasse@deluxe.com

 

Datum: Sat, 22 Nov 2003 17:12:23 – 0600

Aam: stewwebb@sierranv.net

Onderwerp: Misbruik en Gemanipuleer deur Pamela Schuffert

 

Geagte Stew,

Ek ken jou nie, maar ek het vanoggend met Linda Newkirk gepraat. Ek en my vrou is deur Pamela Schuffert "beroof". Sy het vir `n volle maand in ons huis vertoef. Ek wil graag ons kant van die saak, wat Pamela van haar webblad verwyder het, aan jou stel. Sy wil nie hê dat enige iemand kennis moet neem van die dinge wat sy aan ons gedoen het nie.

Gaan asseblief hierdie inligting deur. Dit mag dalk vir iemand anders van nut wees om nie deur hierdie vrou verguis te word nie. Jy mag dit op jou webblad met andere deel of andersins respekteer ek ook jou reg om dit nie te deel nie. Dit is `n ware en eerlike weergawe van hoe ons dit beleef het om een maand saam met Pamela Schuffert deur te bring.

FRED EN KATY SASSE SE ONTHULLINGS TEENOOR PAMELA SCHUFFERT!

Ons ontmoeting met Pamela Schuffert het begin toe my vrou haar webruimte besoek het, geld vir haar geskenk het en ook `n boek bestel en betaal het. Laat in Julie het ons `n telefoonoproep van Pam ontvang waarin sy sê dat sy in nood was omdat sy uit haar Bybelskool ontslaan was. Sy het die nommer op die tjek, wat my vrou aan haar gestuur het, gebruik om ons te skakel. Sy het gesê dat sy hierlangs sou verby gaan, ek herhaal, sy sou slegs hierlangs verby gaan. Op die ou end het Pam presies een maand by ons vertoef totdat ons dit eenvoudig net nie meer kon hou nie. Toe alles breekpunt bereik, het ek vir Pam gesê dat sy ons binne `n week moet verlaat. Sy het `n week en ook nog vier dae daarby gebly.

Hoe dit ook al sy, hier volg meer oor Pam se aankoms vanaf New York Staat. Sy het $200.00 vir brandstof gekort om tot by St. Paul uit te kom. Ons het die geld vir haar getelegrafeer. Sy het by ons aangekom en later daardie dag gesê dat haar beursie gesteel was. Ek het myself vanaf my werk na die huis gehaas om uit te vind wat gebeur het. Beide ek en my vrou het haar ten volle geglo, maar in my gees het ek geweet dat iets nie pluis was nie. Ons het voorgestel dat sy met die plaaslike vulstasie in verbinding moet tree omdat dit moontlik dáár verlê kon geraak het. Ek het selfs in die straat op en af beweeg opsoek na die verlore beursie, maar daar was niks in sig nie. Pam het gesê dat dit onmoontlik was; sy sou nooit haar beursie so onverwyld gelaat het nie. Die normale was maar om te dink dat dit `n diefstal was wat plaasgevind het, maar soos die tyd aangestap het, het ons onraad begin vermoed. Pam het nóú eers `n polisie verslag "uitgemaak". Is dit nie mosterd na die maal nie?

Ons het niks daarop gesê nie en Pam op haar woord geneem. Gedurende haar kuier het Pam baie min gedoen, indien enige iets ooit, om haar verlore bestuurslisensie, voertuig titelaktes en ander dokumente wat sy kortgekom het, weer in die hande te kry. Pam het haar baie vinnig tuis gemaak. Die manipulasie het aanvanklik stadig begin, maar geleidelik toegeneem totdat die punt bereik was dat "ek nie hiervandaan kan weggaan voordat daar aan my behoeftes voorsien is nie".

Ons is in die proses om `n weeskind van Indië aan te neem. Pam sou byvoorbeeld op my vrou skree oor wat se verkeerde besluit dit sou wees terwyl sy na die winkels op pad was vir goedere wat sy nodig gehad het (waarvoor ons natuurlik betaal het). My vrou was byna in `n ongeluk betrokke vanweë die uitbarstings. Sy het my toe ook in `n later stadium, toe ons haar vir ete uitgeneem het, uitgekryt. Sy het gereken dat ons dit nie moet doen nie; dat ons ons geld eerder moes aanwend vir die berging van kosvoorrade vir die naderende krygswet. My vrou was platgeslaan deur hierdie opdringerige baasspelerigheid, die houding van "ek weet wat God se wil vir julle is" wat sy aangeslaan het.

Die hele tyd het ons betaal vir dinge wat Pam nodig gehad het. Die totale rekening het meer as $2000.00 beloop. Pam sou op die laaste oomblik dinge op die toonbank opstapel en dan verwag dat my vrou daarvoor moes betaal. Ons tjekrekening was byna toegemaak; ons is selfs op die kredietburo se kontrolelys (Telecheck) vanweë die wyse waarop Pam my saggeaarde vrou gemanipuleer het.

Gedurende hierdie tyd het ek ook meer van Pam se etiese werksgedrag geleer. Soos sommige ekstreme oorlewings- en anti-regeringsmense, glo Pamela Schuffert nie daaraan om belasting aan die "IRS" te betaal nie (omdat sy van mening is dat die federale regering aborsies subsidieer.) Hoekom word ons verantwoordelik gehou om haar te ondersteun al is ons ook teen aborsie gekant, dit boonop met ONS (ek en my vrou) se geld, waarvoor ons rekenskap aan die IRS moet gee? Pam glo dus dat sy nie regtig `n alledaagse werk hoef te hê waarvan sy moet leef nie, omdat sy glo dat sy daardeur haar geloof sou verraai.

Ons het probeer reëlings tref dat Pam `n praatjie by ons lokale kerk lewer, maar die Pastoor het geweier. Hy het iets geweet wat ek teen daardie tyd nog nie geweet het nie. Ons het ook gehelp met die opstelling van `n TV diens opname by `n wonderlike genesing/aanbiddings/bevrydings evangeliebediening wat in die middestad van Minneapolis gesetel is. Hierdie evangeliebediening het, nadat hulle eers oor die beplande opname in gebed getree het, dit onmiddellik gekanselleer. Hierdie ander gelowiges en kerkleiers het iets opgemerk wat ek op daardie tydstip nog nie opgemerk het nie. Nou is alles egter glashelder vir my.

Die rede waarom ek Linda Newkirk se profesie glo is die volgende. Ek glo dat Pamela Schuffert haar beursie in haar bakkie weggesteek het om so lank as moontlik by ons te bly, om dit as verskoning voor te hou vir wat sy nodig gehad het en ook daardeur vir haar `n plek verseker het om tuis te gaan. Pamela Schuffert het ons doodluiters meegedeel dat sy ons nie kon verlaat voordat sy haar bestuurslisensie en ook die ander dokumente vervang het nie. Kan u glo dat dit ons verantwoordelikheid teenoor haar was? En wat daarvan dat haar besoek in `n maandlange jolige gespandeerdery verleng is wat veronderstel was om maar net `n paar dae te geduur het? Elkeen is natuurlik op sy of haar eie opinie geregtig.

Nadat ek met hierdie petalje vir drie maande moes saamleef, moes ek namens my vrou, wie se hart gebroke was (wie ook nou regtig berading nodig het vir die terugslag oor die aanneming van `n weeskind van Indië) na vore tree om die ware storie aan die lig te bring. Hierdie kind sal as `n Hindu grootgemaak word en sal `n verskriklike toekoms hê, tensy ons optree. Pam het geen sê daarin in dit wat so na aan ons harte en God s`n lê nie.

Ek moes hierdie storie aan die lig bring, al ontketen dit `n woedebui vanaf Pam se kant af. Indien jy in haar pad sou gaan staan, maak maar reg om platgestoot te word. Ek het gehoor dat sy daarop uit is om byna elke bekende evangeliese bediening te kritiseer behalwe dié van Dimitri Duduman (hy word universeel gerespekteer). Volgens Pam is ons nou die leuenaars. Ek weier om deur Pamela Schuffert geïntimideer te word. Sy skuld my vrou `n opregte verskoning wat sy tot vandag toe nog geweier het. Sy het doodeenvoudig gesê dat sy niks verkeerds gedoen het nie en dat my vrou sielsiek is!!!!

Fred Sasse

November 22, 2003

 

Geliefdes, dit is `n groot tragedie aangesien goedheid met boosheid beloon is! Hierdie einste voorval het al met ons gebeur, meer as wat ek omgee om te onthou, en hierdie is een van die mees pynlike dinge wat met iemand kan gebeur! Ek is spyt oor dit wat hierdie dierbare mense moes deurmaak, want ek ken die pyn en die leed wat daarmee saamgaan!

DIE LEUENS VAN ZEPH DANIELS!

Wat "Zeph Daniels" aanbetref, ken ek hom nie persoonlik nie, maar wat die boosheid van sy werke betref, kan ek met sekerheid sê dat ek hom op geestelike vlak ken. Net voor die Dankseggings-tydperk het iemand my gebel en gewaarsku oor die aanvalle wat op sy webblad teen my gemaak word. Ek was ook gewaarsku oor die aanvalle teen my op Pamela Schuffert se webblad. Ek het toe `n brief aan "Zeph Daniels" se administrateur gerig waarin ek my ontsteltenis teenoor hulle bekend gemaak het vir sy besluit om my aan te val oor die waarheid. Ek plaas hierdie brief hieronder; want "Zeph Daniels" het hierdie brief geneem en aan die wêreld verkondig dat ek doodsdreigemente teenoor hom gemaak het, en vloeke op hom geplaas het. Lees hierdie brief deur en soek asseblief die doodsdreigemente en vloeke.

Daar was ook `n brief op Pamela Schuffert se webblad, vermoedelik van "Zeph Daniels", waarin daar vermeld word hoedat ek doodsdreigemente en vloeke na sy boodskapsbord gestuur het! Ek het nog nooit iets na sy boodskapsbord gestuur nie. Hy het my ook nog nooit van `n "wagwoord" voorsien sodat ek deelname aan sy boodskapsbord kan hê nie en ek het in elk geval nog nooit `n begeerte gehad daartoe nie. Daar is beter dinge waarmee ek myself besig kan hou!

Zeph Daniels is `n volslae leuenaar! Hy is `n beskuldiger! Hy is `n saaier van tweedrag en het die woorde van ons Meester en God belaster. Tot vandag toe hou hy aan met sy leuens en sy valse profesieë. Wat ek van sy sogenaamde profesieë gelees het, is niks anders as fiksasie vanuit sy eie brein nie! Ek is ook daarvan bewus dat hy onlangs ons Vader se woorde van hoofstuk elf van Boek nege geneem het en gepoog het om sy eie interpretasies van die seëls en die perderuiters weer te gee en baie van sy interpretasies is verkeerd.

Een aand het ek iemand oor die telefoon meegedeel dat Zeph Daniels my daarvan beskuldig dat ek daarop uit is om geld te maak. Ek het hierdie persoon prontuit meegedeel dat ons nie eens inligting met betrekking tot donasies op ons webblad het nie. Sewe profetiese boeke word gratis weggegee en slegs twee moet bestel word soos wat ons Meester en God voorgeskryf het. Die vorige keer wat ons enige iemand om hulp gevra het, was omtrent vyf maande gelede toe ons ander gevra het om ons pragtige broers en susters, wat hierdie werke vertaal, te seën! (Laat dit bekend wees dat dit wat deur enige een gedoen word om hierdie werke te bevorder, op die aandrang van die Gees van God aangewese is en dat ons ewig dankbaar vir hierdie seëninge is! Nog nooit was "geld" ons rede om die woord van God te versprei nie, en dit sal ook nooit so wees nie!)

Die volgende dag, nadat ek hierdie woorde oor die telefoon gesê het, het Zeph Daniels beweer dat God hom aangesê het om sy inligting aangaande donasies stop te sit en dat hy nie meer sy twee boeke op sy webblad moet verkoop nie! Dit is duidelik dat sy beweegrede vir die beëindiging van sy verkope op sy webblad, vanaf dieselfde gesprek, wat ek net die vorige dag met iemand oor die telefoon gehad het, voortgespruit het. Hierdie man beskou die "ore" en die "oë" van die telefoon as die Gees van God! Sedert sy "diepsinnige" besluit om die verkope vanaf sy webblad stop te sit, het hy `n persoonlike vendetta begin teen ander wat donasies vra! Dit is die tipe volslae waansinnigheid van hierdie man wat beweer dat hy `n profeet van God is!

Hieronder volg die boodskap wat ek aan Zeph Daniels geskryf het, die einste boodskap waaroor hy gelieg en waaroor hy onwaarhede versprei het. Waar is die sogenaamde doodsdreigemente en die vloeke wat hy sê ek aan hom gestuur het?

 

 

Aan: Zeph Daniels van "The Zeph Report!"

Julle is die skape in wolfsgewaad! Venynig val jy my agter my rug aan aangaande iets wat jy as vals gebrandmerk het, waar dit inderdaad die waarheid is. Indien jy meer tyd sou spandeer om ons Meester en God te raadpleeg aangaande die betroubaarheid van reïnkarnasie, sou Hy aan jou getoon het dat dit die waarheid is, maar jy het dit nie gedoen nie. Jy het eerder verkies om my as `n valse profeet en `n Nuwe Era gelowige ("New Ager") te brandmerk omdat ek die verborgenhede van God bekend gemaak het. Jy het `n ware profeet van God as vals gebrandmerk! Jy het dit wat waar is, `n leuen genoem! Jy het boosheid gegee vir dit wat goed is en jy sal binnekort uitvind dat jy onder God se oordeel staan!

Wat Pamela Schuffert aanbetref, sou die ware Pamela Schuffert aan jou bekend gewees het indien jy die tyd sou gemaak het om die waarheid van die mense in Minnesota aan te hoor, of indien jy selfs met my in verbinding sou getree het oor wat ek weet van hierdie vrou! Maar jy het dit weereens nie gedoen nie! Dit is duidelik dat jou besluite alle windrigtings inslaan en indien jy jouself nie van hierdie boosheid bekeer nie, sal die warrelwind jou wegwaai!

Pamela Schuffert het minder as `n maand oor voordat die oordeel van God op haar gaan val. En, tensy jy jou gaan bekeer, sal God se grimmigheid oor jou kom! Maar natuurlik gaan dit jou nie aan nie. Waarom sal die woorde van `n "valse profeet" enige waarde vir jou hê?

JaHshua is ons/my lewe!

Linda Newkirk

Nou waar is die doodsdreigemente en die vloeke waarvan "Zeph Daniels" my blindelings beskuldig het????

 

Ek het een rede, slegs een rede om die waarheid aangaande dit wat plaasgevind het, bekend te maak en dit is om te verhoed dat julle in hierdie manupileerders se slaggate trap. Daar is `n grootskaalse en ongeëwenaarde infiltrasie in die Christelike kampe! Die einste VSA regering het `n organisasie, naamlik die Binnelandse Verbindings Dienste en hierdie einste organisasie neem tussen 40,000 en 200,000 disinformasie agente in diens. Stew Webb het hierdie inligting vir my gegee en ek dank hom dat hy dit vir my aangestuur het. Baie van hulle wat aan die BVD verbonde is, is gewone kriminele en indien hulle nie kriminele is ten tyde van hulle indiensneming nie, neem dit nie lank voordat hulle so word nie. Hulle word almal betaal om die wet te dwarsboom, leuens te versprei en diegene wat die waarheid verkondig, te beskinder! Elkeen van hierdie terroriste word jaarliks tussen $4,000 en $20,000 betaal om maar net voor hulle rekenaars te sit en diegene wat die waarheid bekend maak, te beswadder.

Laat dit bekend wees dat ek niks meer oor hierdie saak sal sê nie. Indien die boosdoeners in swerms sal opstyg om die waarhede wat ek weergegee het, aan te val, sal ek terugsit en geduldig op God Almagtig wag om hulle na Sy goeddunke te oordeel. Dit is `n nuwe dag en Hy het gesê dat Hy dit nie meer sal duld wat Hy in die verlede geduld het nie. Diegene wat niks anders het om te doen as om leuens te versprei en wat behae daarin skep om dit wat ons Meester en God ons gegee het, te diskrediteer, moet regmaak om die gevolge van Sy toorn in die gesig te staar!

"Vader, JaHWeH ons God, die tyd het aangebreek om Amerika skoon te vee!"

-- Linda

Ons dank aan Stew Webb en Barbara Hartwell vir hulle aanhoudende deursettingsvermoë om die waarheid bekend te maak!
                                    http://stewwebb.com/GovPlantPamSchuffertBarb.html               

                        http://members.shaw.ca/blackangel1/articles/babs/exposed%20ps.htm

 

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX