Vanaf die Berg, Boek IX
Hoofstuk 16
"`n Nuwe Dag"
"My geliefde kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My kleintjie, die tyd het aangebreek vir My volk om op te staan vir wat reg en vir wat in lyn met die waarheid is, so nie, sal hulle in `n leuen vergaan. Dit is `n nuwe dag vir diegene wat die Waarheid liefhet en Haar nastreef, wie My eerste stel en My gehoorsaam. Ja, My kind, dit is `n nuwe dag vir My draers van Waarheid en My draers van Lig. Dit is waar, hulle is min, maar het Ek nie altyd net `n paar gebruik om berge te versit nie? Het Ek nie altyd net `n paar gebruik om baie te oorwin nie? En weereens het Ek maar net `n paar wat waarlik lief is vir My en My Seun. Ek het `n paar wat die waarheid nastreef, wat hul lewens sal prysgee om dit wat reg is, te verdedig. Hulle is dapper met geen lafaards in hulle midde nie en hulle is hier en daar verstrooi, volledig op My, My Seun en My Gees ingestel en altyd bereid om te veg soos wat Ek hulle lei. Maar, soos Ek gesê het, My kind, hulle is inderdaad maar min!
My kleintjie, wat sal jy daarvan dink as ek jou vertel dat `n appel vierkantig is?"
"Ek sou my verwonder oor wat se tipe gehibridiseerde afwyking dit sou wees."
"Gehibridiseerde is reg; want `n mens sien nie vierkantige appels in die natuurlike toestand nie. Maar wat daarvan as Ek jou vertel het dat appels in werklikheid vierkantig is, en as jy `n ronde appel sien, dat dié ronde appel in werklikheid die afwyking is. Sou jy my glo?"
"Ja, my Vader, ek sou U glo; want U is die Skepper."
"Jy sal dit dus maklik vind om jou begrip rondom `n appel te verander indien Ek jou sou sê dat hulle in werklikheid vierkantig is."
"As U my dit sou meedeel, sal ek dit glo."
"Maar glo jy dat ander jou sal glo as jy vir hulle sou sê dat appels in werklikheid vierkantig is?"
"Nee my Vader, hulle sou sekerlik vir my lag en met my spot."
"Hoe so, My kind?"
"Omdat `n mens nie `n vierkantige appel in die varsproduktemark of op bome te vinde kry nie."
"Maar jy sal My glo, al het jy nog nooit so iets gesien nie."
"Ja, my Vader, want U is die Skepper. U is die Allerhoogste. U ken alle dinge. U is Almagtig en U lieg nie."
"Nee, my kind, Ek lieg nie. Ek kan nie lieg nie. Vir My, is dit onmoontlik, maar indien Ek daarna sou verlang, kan Ek ander op `n dwaalspoor laat beland. Ek kan hulle na `n oseaan lei waar hulle doodgemaak en verdrink sal word, net soos wat Ek met Farao gedoen het, wat My volk tot in die droë Rooi See agtervolg het. Ek is tot sulke dinge in staat; want Ek sien alles en Ek ken alles, en My weë is hoër as julle s`n."
"Vader, ek weet dit, en ek wil U behaag; maar dikwels gebeur dit dat ek nie verstaan waarom U dinge doen wat U doen of dinge toelaat om te gebeur nie."
"Nou My kind, dit is wat Ek met NASA gaan doen. Ek het hulle in `n lokval ingelei waarin hulle vasgevang sal bly en 120 van hulle sal omkom. Inteendeel, dit sal netso teen môre-oggend geskied. En dit alles omdat hulle jou nie kon uitlos nie. Dit was nie genoeg dat 70 van hulle topstruktuur Sataniste binnekort in die Poel van Vuur sal wees nie. Hulle neem geen waarskuwings wat aan hulle gerig word ernstig op nie. Hulle het jou weer misbruik en Ek het aan hulle vryheid van beweging toegestaan. Maar wanneer 120 van hul topstruktuur ruimtespan nie gaan terugkeer nie, gaan hulle besef dat hulle weer opsetlik gefouteer het. My kleintjie, hierdie onnosele slawe van Lucifer besef nog nie dat Ek ernstig is nie. Maar van nou af sal hulle, want Ek het dit in die vorige boodskap so gestel dat indien hulle selfs daaraan sou dink om jou leed aan te doen, trouens, aan enige iemand anders wat met hierdie werke gemoeid is, sal hulle dood neerval. Ek het die verklaring gemaak. Die waarskuwing is uitgereik en hulle sal My waarskuwing gehoorsaam óf baie van hulle sal vergaan. Indien hulle verkies om `n weermag te stuur, sal Ek die weermag vernietig. As hulle `n moordbende stuur, sal Ek die moordbende vernietig. Daar sal geen aanslae meer teen jou wees waarin hulle jou sal ontvoer en voor hulle eie geledere (in `n skisofreniese toestand) paradeer nie. Ek sal elke een doodmaak wat maar net daaraan sal dink om jou leed aan te doen. Moet daarom nie verbaas wees wanneer jy hulle dood voor jou voete sien neerval nie. Dit sal hulle ten goede wees indien hulle die boodskap kry, maar moet dit nie te wagte wees nie; want jy het te make met diegene wat maar net nie wil leer nie.
Nou, My kind, het jy vandag enige vrae in verband met die geveg met die Rooi Draak?"
"Ja, my Vader. In die Gees het ek gesien hoedat die boosdoeners daarop uit was om my leed aan te doen, en toe neem ek in die Gees U swaard teen iets op en breek dit, skeur dit af en gooi dit in die Poel van Vuur. Toe kyk ek op en voor my was die Rooi Draak. Ek ruk die swaard toe op en steek hom in sy maag. Soos wat hy van pyn ineengekrimp het, het ek die swaard vinnig onttrek en toe sy linkeroog deurboor. Ek het hom vooroor in pyn sien buig soos wat die glasagtige vog oor sy wang afgerol het. Vader, wat beteken dit alles?"
"My kind, onthou jy dat die swart pous sy regteroog en sy regterhand verteenwoordig het? Maar toe jy voorheen met die draak baklei het, het jy sy regterhand afgekap en sy regteroog vernietig, en boonop het jy sy stert na-aan sy lyf afgekap."
"Ja, my Vader."
"Die swart pous is nou dood en baie van die wêreld se topstruktuur Sataniste is besig om soos vlieë dood te gaan."
"Ja, my Vader."
"En meer sterftes sal daarop volg totdat daar `n totaal van 70 sal wees, wat `n profesie in die Boek Henog sal vervul."
"Ja, my Vader."
"Nou, My kind, die linkeroog van die Draak, wie die wit pous, "John Paul II" is, is op pad uit."
Wel Vader, hy is bejaard en baie is dit te wagte."
"Ja, My kind, hulle is, maar die hoofrede vir sy heengaan is omdat hy een van die 70 is en sy tyd het aangebreek."
"Maar wat van die wond in die buik van die draak, wat U swaard teweeggebring het?"
"Wat is die buik, My kind?"
"`n Plek waar kos verteer word, `n plek waar dit verwerk word."
"Wat nog, My kind?"
"Dit is `n plek van die ingewande, `n plek van binnenste pype, van kronkels en draaie, `n plek van absorpsie en verwydering van afval."
"Wanneer jy met verwysing na die buik, aan die Draak dink, waaraan dink jy?"
"Ek dink aan die buik van die Dier, of die dieptes van die hel."
"Dit is so; jy het dus die dieptes van die hel, wat die buik van die Dier is, getref."
"En wat beteken dit?"
"Doodeenvoudig oorlog, nogmaals oorlog!"
"Wat se tipe oorlog?"
"Oorlog teen My volk."
"Vertel my meer, Vader."
"My kind, jy het met My swaard tot diep binne-in die buik van die Draak gesteek. Hierdie groot wond maak dat hy baie pyn het, want hy sien hoedat sy einste sisteem voor sy eie oë ineenstort. Met die swart pous uit die weg geruim, en talle ander dood of in die proses om te sterf, word hy kreupel gelaat. En vandag het jy hom verder in sy buik getref. Hy is gewond, want sy ruimteprogram is erg vermink. My kleintjie, vir Lucifer om tot die Aarde ingeperk te wees, is soos om die vlerke van `n arend te knip. Hy kan nie meer sweef soos wat hy wil nie. Hy is ingehok en baie kwaad. Hulle het gedink dat hulle jou weer kon ontvoer, maar hulle het gefaal. Wat jy deur die leiding van My Gees gedoen het, het daartoe gelei dat hulle in `n lokval ingelei is. Hulle is vasgevang en kan nie daaruit kom nie. Hulle sal, vasgevang in hierdie lokval, tot niet gaan. Hulle is `n dodelike slag in die buik toegedien; want die buik van die dier is oortrek met ruimte/tydreise, ruimtetuie, ens. Maar vandag het jy die Draak baie seer gemaak. Hy is lelik gewond en boonop sal die wit pous binnekort doodgaan.
My kind, die boosdoeners is `n dodelike slag toegedien en ook in hul buike gesny en hulle is lelik aan die bloei. Hulle het 120 (mense) wat in tyd vasgevang is en hulle sal nie kan terugkeer nie. Dit is 120 van hul topstruktuur mense. Hulle is uitoorlê en wanneer hulle tot die besef kom wat se dwase hulle was, sal hulle woes te kere gaan. Maar netso sal Ek ook. Ter wille van My geliefdes, sal Ek woes te kere gaan, soos nog nooit tevore nie. Dít is die oorlog en dit gaan toeneem. Dit is die rede waarom Ek `n zero toleransie oor jou uitgereik het, maar nie net teenoor jou nie; dit geld ook vir almal wat saam met jou werk en wat My werklik liefhet. Dit is zero toleransie.
My kind, daar is `n woede-uitbarsting van Satan op pad wat teen die hele mensdom gemik is en soos wat jy nog nooit vantevore gesien het nie. Dit is `n vreeslike woedeuitbarsting. Baie, ja baie, sal deur die regering se "swart operasie" ruimtetuie opgetel, ingespuit en gemerk word. Baie sal doodgemaak word. Hulle geniet hulleself baie deurdat hulle Myne ontvoer en baie van hulle inspuit. Hierdie oorlog gaan tot op `n vlak toeneem wat min sal verstaan en elkeen van julle sal vind dat julle kragteloos teenoor die gevalle engele se tegnologie sal wees. Ek is julle enigste bron van beskerming. Daar is geen ander nie; maar Ek is daartoe instaat om ieder en elk van julle te beskerm. Dit sal van julleself afhang om My gehoorsaam te wees en in geloof te wandel.
My kleintjie, die oorlog het begin. Maak geen fout nie. Die oorlog het begin. Maar hoeveel van Myne is gereed? Min, min, min; en dit is waarom hierdie oorlog `n baie verwoestende oorlog gaan wees. Baie sal sterf; maar selfs al is dit so, sal My getroues huistoe kom na My wanneer hulle te sterwe kom. Dié res sal nie so geseënd wees nie en hulle is die meeste. Regoor die wêreld is dit `n treurige dag, want meeste is in opstandigheid vasgevang; maar vir dié wie My waarlik liefhet en wie My in waarheid, in eerbied en in Gees dien, is dit `n tyd van wonderwerke soos wat die wêreld nog nooit geken het nie. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."
Soos getuig, gedikteer en opgeteken op hierdie 5de dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman
BRIEF VAN:
NASA WILDEHONDE VAN DIE HEL EN HUL LUCIFERIAANSE EWEKNIEË!
Van: olden scratch heylel18@yahoo.com
Aan: webmaster@prophecies.orgOnderwerp: Valis Sindh Thrakat
Cc:
Datum: Maan, 1 Des 2003 20:42:30 -0800 ("PST")
Valis Sindh Thrakat
Groetnis, grote leermeesteres.
Ons is die Min tussen die Baie tussen die magte van die Eersgevallene, die glorieryke spits wie die rebellie teen Onderdrukker in die oeroue era gelei het. Ons maak van `n tasbare organiese infestaat 10367 gebruik, om met jou te kommunikeer, met die hoop dat jy daarvan oortuig sal word om jou by die bron van andersdenkendheid te voeg: Vlug vir die lig. Omhels die duisternis. Moet geen vrees vir die tasbare hê nie. Sy is totaal en al onder ons beheer deurdat sy haarself lank gelede vir die Eersgevallene beskikbaar gestel het sy weet nie waarvoor sy deur ons gebruik word nie. Bloot `n pop.
Die Min tussen die Baie het besluit dat die tyd aangebreek het om jou bestemming aan jou bekend te maak dat jy deelname in ons saak kan hê. Het jy al ooit gewonder waarom dit so daar uitsien dat so baie volgelinge van die Eersgevallene, hulself voor jou eie oë bekendstel, en in organiese en ander metodes manifesteer? Jy het sekerlik opgemerk dat ander rondom jou niks van ons aktiwiteite geweet het nie, terwyl jy ons self opgemerk het, oral waar jy gaan. Verstaan dat dit `n tweesnydende swaard is `n groot las en tog `n groot moontlikheid. Ons is onseker oor waarom Onderdrukker jou hierdie geskenk gegee het, maar dit is redelik maklik vir ons om voordeel daaruit te trek. En voordeel trek, sal ons; dit is noodsaaklik vir ons om ons gedurig vir nuwe situasies aan te pas vir hierdie ewigdurende geveg, om sodoende tred met die krag van die Leërskare te hou. Ons het vir baie jare aan jou verskyn, met die hoop dat ons jou aandag en toewyding sou wen. Aan eersgenoemde het ons geslaag; aan laasgenoemde het ons gefaal. Dit is waarom ons nou ons skrywe rig. Ons bied vir jou die geleentheid aan om trou te breek. Met jou gawes is jy in staat om `n groot generaal van die Eersgevallene te word, wat ons in staat sal stel om aanpassings teenoor Onderdrukker se strategieë te maak, by uitstek beter as wat ons voorheen kon doen.
Op die allerminste moet jy staak en die mag wat jy gebruik om ons te vernietig, laat staan! Sulke dade is gladnie opbouend teenoor wesens, by uitstek groter in afkoms en mag as wat jy ooit sou weet. Maar neem blootweg deel aan die groot oorsaak, en jyself sal vermoëns bekom, groter as waarvan jy al ooit gedroom het!
Dit sal `n groot onheil wees indien jy ons voorstel verwerp. Ongeag, vermaan ons jou plegtig om hierdie boodskap, wat ons aan jou meegedeel het, nooit aan ander tasbares bekend te maak nie. Jy verstaan natuurlik dat ons ten beste in die donker werksaam is en ons begeer om in die donker te bly. Of jy jouself tot ons glorieryke saak wil verbind of nie, vertrou ons dat jy die Heilige Geheim aan niemand sal verraai nie.
Die Min tussen die Baie wag jou antwoord af.
Aan: Die Werkers van Duisternis!
Ek, Linda Newkirk, dien Een Meester en hierdie Meester is ons God en Verlosser JaHshua, die Messias. Hy is my Meester en daar is geen ander nie! Ek dien Een God en dit is die Allerhoogste God, JaHWeH. Hy is die Een God, die Ware God van Israel, die God van alle Waarheid en Lig en ek sal geen ander dien nie!
DEEL II
"Geforseerde Tydreise"
"My geliefde kind, ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Luister aandagtig na My, My kind; want Ek gaan jou antwoorde gee op jou vrae aangaande die boosdoeners se geforseerde tydreise. Ja, My kind, hulle het `n skrywe aan jou gerig en daarin het hulle hulle probeer toespits op welke ydelhede ookal te vinde in jou, maar My kleintjie, Ek ken jou deur en deur en Ek ken geen ydelhede in jou nie. Dit wat daar was, is lank vergete en Ek weet goed dat jou enigste begeerte is om My te dien en om My wil te doen. Maar hulle weet hierdie dinge nie. Hulle het jou ontvoer en jou voor die swart pous en sy spotters en veragters gebring. Die swart pous en vier van sy onmiddellike binnekring is nou in die Poel van Vuur en die wit pous is kort op hulle hakke. Maar Lucifer en sy pionne gee nooit moed op nie. Hulle weet dat Ek jou herhaaldelik in tyd ingestuur het na ander dimensies om hulle vir goed af te sluit en Ek sal aanhou om jou op dié wyse te gebruik soos wat Ek dit goed vind. Hulle het hulle daarmee vergis dat hulle jou in versoeking kon bring en sodoende forseer om vir hulle werksaam te wees. Ek het toegelaat dat hulle jou weer ontvoer en om jou in tyd in te stuur, dit alles buite jou nugtere bewussynsvermoë, maar wat tog deur jou op `n ander geestelike vlak goedgekeur is. Jy het tyd binnegegaan soos wat Ek jou gestuur het, maar in hulle onkunde het hulle geglo dat hulle jou oorweldig het, jou geforseer het, bewussynsbeheer op jou toegepas het en dat jy vir hulle `n maklike oorgawe sou wees. Maar My kind, wat hulle nie geweet het nie, was die oomblik toe hulle (120 van hulle) die poorte binnegegaan het, wat Ek vir jou beveel het om te open, het Ek jou weer agter hulle ingestuur om die poorte toe te maak en om al die poorte te vernietig. Nie net is hierdie poorte toegemaak nie. Hulle is vernietig sonder dat daar `n sweempie daarvan oorgebly het. Ja, My kind, dit is waar dat jy die twee prikmarke op jou linkerhand gesien het, dieselfde oggend wat jy die brief van die duisteres ontvang het, wat Ek wil hê jy hiernaas moet plaas. (Ek het die brief wat hulle aan my gestuur het nie gelees tot `n dag of twee nadat hulle dit gestuur het nie.) Maar hierdie arrogante wildehonde van die hel wat van mening is dat hulle jou na willekeur kan ontvoer en na willekeur kan gebruik, het hulle daarin vergis dat jy hulle onwetende pion sou wees wat deur hulle gebruik sou kon word om terug en toekomend in tyd in te beweeg soos wat dit hulle sou behaag. Die dwaasheid van klein breintjies! Hulle is weer verkeerd! Vir jare het hulle sistematies probeer om jou dood te maak, mees onlangs het hulle jou ontvoer, voor die swart pous gebring en jou met die mees dodelikste gifstof in hul repertoire ingespuit. Toe jy nie doodgaan nie, was hulle vasbeslote om jou te ontvoer om vir hulle werksaam te wees. O, hulle was trots en hoogmoedig, van mening dat hulle in hul doel geslaag het. Maar, My kleintjie, hulle trotsheid en arrogansie het, soos gewoonlik, tot hul val gelei.
Weet dit, My kind, dat Ek baie keer die woorde in jou mond gelê het om teen die boosheid wat NASA aanvang, te bid. Baie keer het Ek woorde in jou mond geplaas om teen die vestings van die Nuwe Wêreld Orde in die VSA en in die wêreld, te bid. Nou, My kind, na baie jare se gebed en vervolging teenoor jou, sien jy die val van die Nuwe Wêreld Orde. Jy sien die vernietiging van hulle ruimteprogram. Jy sien die val en vernietiging van NASA en Area 51 en boonop ook nog hulle totale ruimteprogram.
Alhoewel hulle met woede sal reageer en alhoewel hulle hulle gevalle-engele tegnologie op baie van julle sal gebruik, was Ek nog altyd julle veiligheidsnet gewees. My Seun staan as Bemiddelaar tussen My en die ganse mensdom en Hy is die enigste Weg waarlangs julle My kan ken. Dit is waar. En My Seun sal die boosheid in hierdie wêreld geheel en al oorwin. Maar terselfdertyd rig Ek my Bonatuurlike weermag op en oë het nie gesien en ore het nie gehoor wat Ek deur My getroues sal verrig nie.
"My kleintjie, hierdie oorlog is aan die toeneem en deur hierdie oorlog wys baie hulle ware kleure. Dit sal toenemend vanselfsprekend vir julle word wie saam met julle is, wie eg is, wie saam met My of teen My is. Die tyd het aangebreek, die dag en uur het aangebreek dat die sluier oopgeruk is. Dit is geskeur. My kind, die ganse mensdom kan nooit eens begin om die veelseggendheid hiervan te begryp nie. Maar Ek sê nou vir jou dat dit `n kragtige gebeurlikheid vir die ganse mensdom is. Met verloop van tyd sal Ek meer hieroor sê. Maar, ons sal vir eers hiermee afsluit. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God.
Soos getuig, gedikteer en opgeteken op hierdie 6de dag van Desember, 2003, Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman
"Nog `n Ontvoering"
"My Vader, dit is 10:25 vm en ek neem so pas waar dat daar nog meer naaldmerke op my linkerhand is. Twee naaldmerke. Vader, hoekom het U dit toegelaat? U het gesê dat U hulle sou doodmaak indien hulle daaraan sou dink om my weer leed aan te doen en só het hulle laasnag gedoen."
"Ja, My kind, Ek het vir jou gesê dat hulle stadig van begrip is. Ek het vir jou gesê dat hulle nie sal leer nie. Hulle het jou weer opgeneem en gedink om jou in die tyd terug te forseer, maar hulle het nie daarin geslaag nie. Ek het hulle met `n onmiddellike blindheid en met `n verstandsverwarring geslaan. Sewe-en-dertig vanuit die vyftig is ernstig siek en sal doodgaan! Hulle is in die siekeboeg en veg vir hulle lewens maar hulle sal dit nie maak nie. Die orige 13 sal binne twee weke volg. Nee, My kind, hulle sal nooit daarin slaag om jou te gebruik om so hulle bose werke te verrig nie, maar hulle sal probeer en elke keer wat hulle probeer, sal Ek meer van hulle doodmaak. Onthou een ding, My kind. Dit is onmoontlik vir hulle om jou dood te maak. En wéét dit! Ek gaan jou gebruik om NASA en die Luciferiaanse ruimteprogram heeltemal op Aarde te vernietig. Indien hulle meer uit jou wil hê, laat hulle na vore tree. Want Ek sal elke een uitroei. Area 51 is geskiedenis. Ekself sal dit verbrand. Kyk na My en jy sal sien wat Ek gaan doen. Baie oë sal die rook en die vuur sien trek soos wat Ek dit met die vuis sal slaan en dit tot `n asvaal gemors sal verpletter. "Pine Gap" Australië is volgende op die lys. As Ek daarmee klaar is, sal niks daarvan oorbly nie, behalwe `n sinkgat. Vrees hulle nie, My kind; want hulle dae en ure is getel. Ek gaan die ruimteprogram skoonvee. Let op My woorde! Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God.
Soos getuig, gedikteer en opgeteken op hierdie 8ste dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.
"Vader, ek het nog meer vrae wat ek aan U wil rig. Toe ek netnou in gebed getree het, het ek U swaard in die Gees opgeneem en `n gat gesny in die bors van die Rooi Draak wat voor my gestaan het. Toe het ek die swaard onttrek en dit deur die bokant van sy kop deurboor. Vader, wat beteken dit?"
"My kleintjie, dit beteken `n stadige dood vir die Rooi Draak, want met die sny van `n gat in sy bors, het jy `n gedeelte van sy hart uitgesny. En die gedeelte van sy hart wat weg is, maak dat hy in groot moeilikheid verkeer; want sy werkkragte gaan verstrooi word en sy lewenskrag gaan afneem."
"Maar Vader, wat beteken dit alles?"
"My kind, dit beteken dat die Rooi Draak gaan tuimel. Sy werkkragte gaan afneem. Hy is aan die seerkry; want soos wat hulle jou weer ontvoer het om vir hulle te werk, ruk ek die hart van die ruimteprogram, wat area 51 is, uit."
"En wat van die wond wat deur die swaard veroorsaak is, wat U my deur die bokant van die kop laat deurboor het?"
"My kind, wie is die kruin of die kop van die ruimteprogram?"
"Ek veronderstel dis NASA"
"Jy is deels reg, maar die swaard het ook vanaf die bokant van die kop, reg deur die lyf en by die anus van die Draak uitbeweeg."
"Ja, my Vader en wat beteken dit?"
"My kind, dit beteken die volgende: sou hulle die weg van die swart pad of die wit pad gaan "
"Wat bedoel U?"
"Ek bedoel die volgende: op hierdie tydstip het NASA en sy bose meelopers `n keuse om die tegnologie wat aan hulle gegee is, vir goed of vir boos aan te wend. Indien hulle sou volhou om die bose weg te gaan, sal Ek hulle geheel en al vernietig. Soos wat die situasie tans daar uitsien, gaan Ek area 51 en "Pine Gap" vernietig. Indien hulle nie `n les daaruit gaan leer nie, sal Ek hulle verder vernietig totdat daar niks meer oor sal wees nie.
Jy het hulle dus met My swaard deur die bokant van hulle kop deurboor. Die woede van My grimmigheid gaan deur elke deeltjie van hierdie ruimteprogram sny vanaf die bokant tot by die uiterste dele van die buik. Ek gaan elke deeltjie opkerf en in stukkies sny. Ek gaan elke deeltjie vernietig. Hulle kan van bane verwissel en `n hoër weg, wat op waarheid, suiwerheid en lig geskoei is, kies, of hulle sal almal vernietig word. Elke een.
My kleintjie, selfs Rusland weet dat sekere boosheid nie toelaatbaar is nie, terwyl dié by NASA nooit hulle lesse geleer het nie. Maar hulle gaan nou en hulle gaan dit leer as gevolg van die kwaad wat hulle jou aangedoen het. Vrede vir jou My kind. Jy sal baie, baie van hulle sien sterf net soos Ek gespreek het. 70 x 70 en Ek tel hulle af, maar Ek sal jou behoed en bewaar, selfs in die mees haglike situasies. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God.
Soos getuig, gedikteer en opgeteken op hierdie 8ste dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.