Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 17

 

"Kry julle geestelik reg vir die Nuwe dag"

 

 Deel 1

"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My Kleintjie, gedurende die afgelope dae het jy stormsterkte winde gesien. Jy het die temperature gesien wissel tussen warm en baie koud. In kort My Kind, het jy groot veranderings binne `n kwessie van `n paar dae gesien."

"Ja, my Vader, ek het dit gesien."

"My Kind, die hele wêreld is op die randjie van groot en stormagtige gebeurlikhede. Van dag tot dag sal almal geskok wees oor dit wat hulle sal sien. Die hele sisteem, soos wat julle dit ken, is besig om inmekaar te stort. Boosheid, wat onbeheersd en in die hoogste mate gefloreer het, gaan nou die grimmigheid van My oordeel ervaar. Hele regerings, wat slegs deur boosheid tot stand gekom het, gaan regoor die wêreld tot `n val kom. My Kind, min besef dat dit `n Nuwe Dag is vir My volk, maar Ek vertel jou weer, dit is `n "Nuwe Dag." Dit is `n Nuwe Dag vir die onderdruktes en die armes. Dit is `n Nuwe Dag vir die wat vervolg is.

Terwyl Ek in die verlede veel verdra het, sal Ek dieselfde dinge nou nie meer langer verdra nie . Ek sal nie langer halwe mates van My Geliefdes verdra nie, en Ek sal nie langer die belediging van die wat My werklik liefhet, verdra nie. My Kleintjie, min kan hulle voorstel wat Ek vir My volk, wat regoor die wêreld is, gaan doen. Ja, My Kind, min, want wat Ek op die punt is om vir Myne te doen, het die wêreld nog nie gesien nie.

My Kleintjie, het jy enige vrae oor die sogenaamde aardbewing in die Richmond, Virginia area, wat selfs Washington D.C. geaffekteer het? (Dit het plaasgevind op die 9de Desember, die dag nadat die boosdoeners my die laaste keer ontvoer en ingespuit het.)

"Ja, my Vader, ek het."

"En, jy weet dat Ek aan jou getoon het dat dit geen aardbewing was nie, maar `n baie groot ondergrondse ontploffing."

"Ja, my Vader, U het dit vir my gewys."

"En, My Kind, Ek het aan jou gewys dat `n baie groot ondergrondse basis, wat `n basis was vir die bose werking van `n skadu regering in Amerika, feitlik geheel en al uitgewis is."

"Ja, my Vader, U het aan my iets getoon wat soos `n ondergrondse stad, of `n basis gelyk het."

"Ja, My Kind, en dit is 67% weg, en 98% nie-operasioneel."

"Met ander woorde, Vader, hierdie basis is vernietig."

"Dit is."

"En baie het hulle lewens verloor."

"Ja, My Kind, duisende lewens is verloor, en sommige van hulle top militêre mense, en ander met hoogs geheime klarings, wat baie waardevol vir julle regering was."

"Vader, wat het hierdie vernietiging teweeggebring?"

"Ek het dit uitgevoer; want hierdie is die middelpunt van die regering, wat aanhoudend bevele uitgereik het om jou dood te maak. Dit is die middelpunt van die regering, waarvandaan bevele uitgegaan het om jou en ander te ontvoer, en om baie dood te maak wat My waarheid versprei. Die uitwissing van hierdie basis is My eerste stap om die Aarde te verlos van hierdie plaag van boosheid, wat daarop uit is om alles wat goed is, te vernietig. Maar, hoe dit ookal sy, Ek het nou eers begin. Ek het hulle gewaarsku oor wat Ek aan hulle sal doen vanweë hulle moordaanslae op jou en ander van My Geliefdes; Ek het hulle ook gewaarsku oor wat Ek aan hulle ruimteprogram sal doen omdat hulle jou herhaaldelik ontvoer het en jou ingespuit het met allerhande tipe dinge om jou te dwing om vir hulle te werk. O ja, My Kind, baie van hulle is nou in die Putte van die Hel en in die Poel van Vuur, en Ek het net begin. Onthou, My Kind, dat dit hulle is wat uitgegaan het om oorlog teen My te maak oor die waarhede wat aan jou gegee is. Dit is hulle wat jou oor en oor probeer doodmaak het omdat jy die waarheid vertel en omdat jy die lewe van George W. Bush gered het. Dit is hulle wat die aggressors is, en wat aanhou om die aggressors te wees. Nou op hierdie einste oomblik het hulle taakspanne in Amerika om jou en ander van My waarheidsdraers dood te maak; maar Ek sê aan jou, My Kind, dat Ek hulle wat hierdie spanne gestuur het, sal doodmaak en dan sal Ek die taakmag doodmaak. Die groot getalle sterftes wat Ek onder hierdie sataniese leiers en volgelinge gaan bring, sal binnekort te veel wees vir hulle om suksesvol te verdoesel. My Kind, Ek het dit voorheen gesê en Ek sê dit weer. "Jy sal deur die bloed van jou vyande loop. Vrees hulle nie! Maar, indien hulle enige verstand het, maar wat die meeste nie het nie, sal hulle `n bietjie vrees in hulle harte kry vir dit wat Ek aan hulle wat aanhou om bevele te gee om jou dood te maak, jou te agtervolg en jou lastig te val, gaan doen. My Kind, dit is `n nuwe dag vir My volk, en in My toorn gaan Ek hierdie boosheid totaal vernietig. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 11de dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.

 

 

Deel II

"Die booshede van die donker woud"

"Die pragtige nuwe woud"

"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My Kleintjie, sien jy die donker woud."

"Ja, my Vader, ek sien die donker woud, en dit is reg rondom my. Net waar ek gaan, sien ek `n donker woud. Daar is digte doringstruike met baie dorings, en daar is omtrent geen lig meer in hierdie woud nie. Terwyl ek deur hierdie woud loop, sien ek regs voor my `n donker deur, soortgelyk aan `n opening in `n myntonnel. Ek loop vooruit en betree die tonnel. Daarbinne vind ek `n klip om op te sit, wetende dat die duisternis besig is om nader te kruip. Fluisterend aan myself sê ek, "JaHshua is my Rots. JaHshua is my Redding. Hy is my Hoop."

En terwyl ek hierdie woorde sê, verskyn `n engel van groot lig voor my, en die hele tonnel begin verlig word. Die engel sê, "JaHWeH die Allerhoogste, het baie werk vir jou. Waarom is jy so treurig?" En terwyl die engel hierdie woorde spreek, steek daar `n wind op wat die deur toewaai, en ek begin baie koud te kry. Die engel neem `n tongspatel en druk my tong afwaarts, terwyl die engel in my keel afkyk. Terwyl dit gebeur, dra my visie my deur die toe deur van die tonnel, en uit in die donker woud in. Daar in die donker woud is `n heks wat voor `n pot staan wat oor `n warm vuur prut. Terwyl die heks die pot roer sê sy, "Dubbele, dubbele swoeg en moeilikheid. Ons sal aan Linda Newkirk smul vir aandete." Ek snak as die engel die tongspatel uit my mond verwyder. Wanneer die Gees van God my visie weereens deur die oop deur neem, sien ek alle tipe ongediertes soos seekoeie, tiers en slange. "Wat is dit alles," vra ek aan die engel? En die engel sê aan my, "Dit is hel op Aarde."

Nou, pleitend aan ons Vader in die Hemel, vra ek, "Maar Vader, waarom laat U my hierdie dinge op hierdie oomblik ervaar?"

"My Kleintjie, is daar nie `n ou gesegde wat lui dat die donkerste uur net voor dagbreek is nie?’"

"Ja, my Vader, die ou gesegde onthul dit."

"En, My Kleintjie, hierdie jaar was `n donker uur vir jou, waarin jy geweldige verraad gesien het. Jy het die slegste van tye gesien. Jy het gely onder moordaanslae. Jy was verskeie kere ontvoer, voor Lucifer en sy drake gebring, en jy is agtervolg; en onophoudelik is jy gemoker met militêre geheue beheer en met militêre wapens. Jy is agtervolg en vervolg, gehoon, beskinder, en in die rug gesteek deur sogenaamde vriende. Vyande het van baie kante teen jou opgestaan, en jou lewe het kort-kort aan `n draadjie gehang. En jy vra My, ‘Wat is die donker woud?’ My Kind, dit is die wêreld en dit is hel op Aarde."

"Ja, My Vader, U is korrek. Daar is min op hierdie Aarde wat nie `n mes sal neem en dit in die rug van `n ander sal steek nie. Vader, hierdie hele wêreld is ongetwyfeld tot die kern toe verrot. Van die heel ergstes is hulle wat sê dat hulle U liefhet. Hulle is gewoonlik die eerstes om die mes op te tel en `n ander in die rug te steek. Vader, ek word deur hierdie hele sisteem gewalg. Dan is daar die hekse en towenaars, die werkers van die duisternis, wat gedurig rondsluip om `n maaltyd van my te maak."

"O, ja, My Kind, hulle sluip rond, en met hulle wintersonstilstand wat op hande is, beplan hulle om `n maaltyd van jou te maak. My Kind, sien jy die heks wat die gifdrank in die pot roer?"

"Ja, my Vader."

"En wanneer jy (in die gees) uitgaan en haar swart gewaad oplig, wie se naam is op die agterkant van die hemp?"

"Dit is ‘Hillary Clinton’."

"Dit is so, My Kind. Ek wil hê dat jy die grot moet verlaat. Gaan uit in die koue in, tel die heks op en gooi haar in haar eie gifdrank."

"Ja, my Vader."

Toe druk ek hard teen die toe deur; want die koue wind is sterk, en wanneer ek dit doen, slaan die deur hard teen die muur. Voor my is die heks. Sy staan met haar rug na my toe, en sy dreunsing ("chant") tot die duiwel. Ek kom tot agter by haar, tel haar aan haar skoppende hakke op en gooi haar kop eerste in die kokende pot in. Al wat ek sien is klere en hope vet en olierigheid, wat nou op die oppervlak van die kokende pot dryf. Ek neem haar heksestaf, breek dit en gooi dit in die vuur. Na die oppervlakte toe dryf daar nou `n ring met twee harte wat saamgevoeg is. Op een hart is "Bill" en op die ander een is "Hill." Ek staan terug en skud my kop, "Ja," sê ek aan myself, "Bill het haar op die ("hill") hoogte gesit."

"Nou, My Kind, kyk rondom jou. Wat sien jy nou?"

"My Vader, ek sien dat die doringstruike opdroog en doodgaan. Dorings verdwyn voor my oë. Lig kom in die woud in, en as ek vorentoe kyk, sien ek ons Meester JaHshua, wat met ope arms na my toe aankom. Ek hardloop met ope arms deur die woud na Hom toe, maar ek voel iets slymerig en warm wat my aan my enkel gryp. Ek kyk om en sien dat dit die geraamte van Hill is wat uit die pot geklim het. Die geraamte het rooi, gloeiende oë en uit haar mond spreek `n demoon, "Linda Newkirk, jy is `n dooie vrou."

"Nie deur jou hande nie," sê ek, en ek buk af, gryp die geraamte, knoop dit en beveel dit binne-in die Poel van Vuur in. Wanneer ek dan langs ons Meester JaHshua staan, sê Hy vir my, "My Kind, die donker woud is vol boosheid."

"O, my Meester, dit is! En ek wil geen deel daarvan hê nie."

"Ja, My Kleintjie, Ek weet; maar van tyd tot tyd moet jy daarheen gaan om te veg."

"Ja, My Meester, maar ek hou gladnie daarvan nie."

"My Kleintjie, dit is bekend."

"My Meester, wat is dit omtrent Hillary Clinton?"

"Sy wil jou dood hê, en dit is nou al `n geruime tyd dat sy jou dood wil hê. Maar dit is Hillary Clinton se dae wat getel is, en hulle is min. Sy sal hierdie wêreld binnekort verlaat en baie lank voor jou. Sy het vir `n baie lang tyd boosheid, deur haar sataniese praktyke, teen jou bewerk; want sy en Bill haat jou waaragtig. En soos jy gehoor het, so ook die Bushe. Maar dit is nie wys om iemand te haat wat haar lewe gewaag het om `n ander se lewe te spaar nie, soos wat jy gedoen het deur te waarsku teen die moordkomplotte teen George W. Bush nie. My Kind, omdat jy dus jou lewe gewaag het om syne te spaar, en hy nou daarop uit is om jou dood te maak, sal hy binnekort sterf! My Kleintjie, jy gaan sien hoe baie van jou vyande binnekort die vurige poel gaan ontmoet, want ons Vader gaan nie langer hierdie volgehoue moordkomplotte en diaboliese planne duld nie. Dit is `n Nuwe Dag waarin die wraak van Ons Vader, teen hulle wat jou skade wil berokken, onmiddellik sal wees. Jy sal nie baie jare hoef te wag om dit te sien nie. Hierdie wraak sal vinnig en onmiddellik wees."

"My Meester en my God, ek het U so lief!" En ek val voor die voete van ons Meester JaHshua, terwyl ek bitterlik ween.

Hy kniel langs my en streel my hoof terwyl ek ween. Binne `n kort tydjie begin ek baie ontspanne en heeltemal tevrede te voel, soos `n klein kindjie wat snoesig in die bed gesit word. Soos wat ek saggies nestel om te rus, hoor ek ons Meester JaHshua aan my sê, "Jy sal in die gewyde Rivier swem,en jy sal groter dieptes bereik as voorheen; want die diepsinnigheid van Ons Vader se woorde roep uit na jou."

"En wanneer ek, soos `n baie jong kind, begin om in te sluimer, hoor ek myself spreek, "My Meester, ek is gereed." Skielik ontwaak ek, en ek bevind myself in `n lieflike woud. Deur hierdie woud is `n skoon pad, en die pad is goed verlig met `n groot lig van bo. Voor my is die pad vol lig en ook agter my. Die bome is pragtig en almal is baie hoog en vol groenigheid. Daar is nie doringstruike of dorings nie, geen onkruid of struike nie, net pragtige, hoë bome, met `n pragtige, skoon, helder en goed verligte pad. "O, my Meester, dit is so pragtig," roep ek uit. Wanneer ek tussen die bome inkyk, sien ek nou baie, baie engele. Hulle is almal in wit geklee, en hulle het oë van vuur. Almal het swaarde, en as ek na hulle kyk, voel ek so gelukkig. Ek hardloop met die paadjie langs terwyl ek lofprysinge aan ons Vader in die Hemel uitroep. "Heilig, heilig, heilig is Sy Naam! Heilig, heilig, heilig!" En soos wat ek sing, sing die engele en die bome, "Heilig, heilig, heilig is ons Vader in die Hemel!" En terwyl ons sing, begin `n vuur van wit lig in die woud, eers van agter af, en dan beweeg dit vorentoe om alles aan te raak. Die bome word verlig met wit vuur. Die engele, die pad, en ekself, is nou verlig met, en gloeiend met hierdie wit vuur. O, dit is `n wonderlike ding, en dit neem my asem skoon weg. Want binne hierdie lig is slegs skoonheid. Slegs vreugde en dit wat suiwer is. Ek sit op `n rots en diertjies van die woud kom na my toe. Daar is hase, eekhorinkies en voëls, en hulle kom na my toe, sommige van die voëls rus op my skouers, en ek voel so grootliks geseënd dat ek van vreugde begin te huil.

`n Haas kyk na my en hy sê, "Hoekom huil jy?"

En ek sê vir hom, "Ek huil trane van blydskap, en ek ween ook vir daardie in die donker woud. Ek ween vir daardie in die grotte en die holtes. Ek ween vir hulle wat slegs die doringstruike en dorings ken. Ek ween vir almal van hulle."

"Maar nou is `n tyd van vreugde," sê die haas.

Ek reik vorentoe, tel hom op en hou dig by my. Dan spring baie diere op my skoot en dit is so goed om hulle liefde te ervaar. "My vriende," sê ek, "julle het die donker woud geken. Julle weet hoe dit is." En hulle almal knik instemmend en sommige sê, "ja."

En wanneer ek na my voete kyk, sien ek daar `n klein eekhorinkie, en hy is gebroke en snikkend . "Die hele wêreld is geruïneer," sê hy. "Die woude is geruïneer. Die uitspansel is geruïneer, en die waters is geruïneer."

Ek reik af en tel hom op en sit hom op my skoot saam met die ander. "Dit is nie goed om alleen te huil nie," sê die haas aan die eekhorinkie.

"Nee, my dierbare vriend, dit is nie goed om alleen te huil nie." En ek vee die trane uit die oë van die eekhorinkie, terwyl ek hom naby my hart hou.

"Luister," sê ek aan die diere. "Hoor julle die hartklop van die Aarde. Dit klop nou baie stadig, en binnekort sal die Aarde, soos ons haar ken, sterf. Daar sal `n nuwe aarde verskyn. Soos ons nou `n nuwe en pragtige woud gesien het, so sal ons `n nuwe en pragtige Aarde sien, en daar sal nie meer donker woude wees nie. Julle sal nie meer bang wees nie; niemand sal julle eet nie. Niemand sal julle doodmaak nie; behalwe as hulle `n groot boete gaan betaal nie. Geliefdes, ons is nou `n deel van hierdie Nuwe Aarde. Dit is in julle en dit is in my, en die wet van die Nuwe Aarde is nou in werking vir hulle wat suiwer harte het. Sien julle? Maar sommige, Geliefdes, sommige van die suiweres het `n ooreenkoms met die Allerhoogste aangegaan om deur die hand van die boosdoeners te sterf. Hulle is die hoë, pragtige bome; maar moenie bekommerd wees nie; want ons sal hulle almal weer sien in die Nuwe Aarde. Hulle sal konings en koninginne en priesters van die Allerhoogste wees."

Die diere begin te spring en te skreeu, almal praat tegelyk en ek sê aan hulle almal, "Ons moet ons Vader in die Hemel bedank; want Hy bring ons in die Nuwe Aarde en haar wet in, terwyl die ou Aarde wegsterf." En ons kniel almal en in die stilte van die woud gee ons almal ons dankbetuiging aan ons Meester en God vir die ontsagwekkende seëninge in hierdie oorgangstyd.

Terwyl die klein diertjies een vir een uit my sig uit verdwyn, begin die woud ook te vervaag; en ek ontwaak aan die voete van ons Meester JaHshua. "O, my Meester, wat `n pragtige droom!"

"Maar My Kind, dit was geen droom nie. Die Nuwe Aarde is in hulle wie se harte suiwer is. Dit is die wat Suiwer van Hart is wat die Nuwe Aarde sal beërwe. Julle gaan nou julle erfdeel ontvang, nie baie jare van nou af nie, en die wet van die Nuwe Aarde is in werking vir al die wat Suiwer van Hart is, behalwe die wat martelaarskap verkies het. Selfs hulle sal nie die angel van die dood voel nie."

"O, my Meester, dit is so pragtig en ek weet nie eers wat dit beteken nie."

"My Kind, die wet van die Nuwe Aarde, die enkele wet wat in werking is, is die Wet van Liefde. Jy ken hierdie wet en dit is om jou Vader lief te hê met jou hele hart, met jou hele verstand, met jou hele siel en met al jou krag, en om ander lief te hê netsoos jy jouself liefhet."

"Ja, my Meester, ek ken dit."

"My Kleintjie, hulle wie se harte suiwer is, is vol liefde en geregtigheid. Hulle het die waarheid verkies en eer My as Verlosser. Hulle het Ons Vader eerste gestel en soek Sy wil in alle dinge. Maar, My Kleintjie, hulle ly verskriklik; want die hele wêreld haat hulle. Mense haat hulle en steek oor en oor `n mes in hulle rûe in. Maar hulle neem nie weerwraak nie. Hulle gaan net voort en spreek die waarheid so veel as wat hulle die waarheid ken. Maar, My Kind, soos wat daar aan jou vertel is, is dit `n Nuwe Dag. Die wet van die Nuwe Aarde is bruisend in die wat Suiwer van Hart is, en hierdie wet lui dat as enigeen die wat suiwer van hart is, enige leed aandoen, hulle sal sterf. Dit is die erfdeel van die wat Suiwer van Hart is, en hierdie erfdeel is nou.

My Kind, jy het die valses oor en oor gesien. Jy het hulle gesien wat sê dat hulle jou liefhet, en dan neem hulle messe op en steek jou in die rug. Jy het dit baie, baie kere gesien, en nou verwag jy hierdie tipe ding."

"Ek doen, my Meester; want die hele wêreld is `n donker woud."

"Ja my Kind, dit is, maar selfs nou is Ek besig om die wat Suiwer van Hart is tot nuwe vlakke te verhef, ‘Ja,’ My Kind, dit het te doen met skeuring van die sluier en met die vestiging van My Koninkryk op Aarde. Daarom My Kind, sal jy baie wêreldleiers en hoë profiel sataniste sien dood neerslaan, want hulle sal saamspan in hul pogings om jou oor en oor te vermoor. Maar jy sal slegs doen wat die Gees van God jou lei om te doen. Verstaan?"

"Ja, My Meester."

"Nou My Kind, daar sal meer oor hierdie spesifieke onderwerp aan jou gegee word en dit sal slegs wees vir die wat Suiwer van Hart is."

"Dankie, my Meester."

"Nou My Kind, jy wil een ding uitklaar."

"Ja, My Meester, dit is oor die "gevangeneming" van Saddam Hussein."

"En My Kleintjie, wat het Ons Vader jou vertel?"

"Hy het gesê dat dit `n weldeurdagte leuen is."

"Dit is so."

"Moenie glo wat jy sien nie; want alles is `n leuen."

"So, het hulle die regte Saddam Hussein."

"Hy is eg vir hulle en vir hulle doel; want hulle glo hulle eie leuens. Maar is hy die regte Saddam Hussein? Die antwoord is `nee;’ maar netsoos wat hulle met alles weggekom het, en netsoos hulle met die Patriot Wet weggekom het, sal hulle hierdie vals skelmstreek tot op die hoogste vlakke uitvoer. Maar sal die Arabiere gebluf word? Slegs vir `n kort tydjie. Sal die res van die wêreld gebluf word? Ja, vir `n lang tyd. En hiermee sal Ons stop vir vandag. Ek is jou God en Meester JaHshua, Erfgenaam van die Nuwe Aarde."

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 16de dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX