Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 18

 

"Die Goeie en die Slegte van Kersfees"


"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My Kleintjie, sien jy My Seun wat in die pragtige woud op die bank sit?"

"Ja, my Vader, ek sien Hom."

"My Kleintjie, gaan en sit langs Hom."

"Ja, my Vader."

Ek gaan dus in die Gees en ons Meester JaHshua, wat op my wag, draai na my toe om my te groet. "Kom, My Kind, kom en sit langs My sodat Ek en jy kan voortgaan."

En terwyl ek so lig soos die wind voel, word ek deur die Gees van God na Hom toe getrek, en sulke vreugde vul my hart; want Hy is so pragtig. Hy is so vol liefde en barmhartigheid, en ek is so lief vir Hom. Ek val voor Sy voete op my aangesig neer en wil nie daarvandaan verskuif word nie; want dit is by Sy voete dat ek sulke vrede en vertroosting vind. Van dag tot dag smag ek net om naby Hom te wees, om Hom net in die verbygaan te aanskou, en dit is so pragtig en `n vreugde om by Sy voete te wees.

"My Kleintjie," sê Hy, "Kom hier. Kom sit langs My; want Ek het sleutels vir jou en geheime om te ontrafel."

Daarop staan ek op en kom sit langs Hom en skielik bevind ek my saam met Hom op `n slee wat deur twee rendiere getrek word. Ek voel `n bietjie bevange omtrent hierdie slee en hierdie rendiere, en Hy weet hoe ek voel. Maar voordat Hy `n woord kan sê, vra ek, "My Meester, waarom het U my op hierdie slee gesit met hierdie twee rendiere wat dit trek? U ken al die mites wat in hierdie seisoen ingesluip het. Dit het `n tyd van fantasie geword. Dit het `n tyd van die okkulte geword. Dit het `n tyd van handeldryf geword. My Meester, dit is veronderstel om U verjaarsdag te wees maar dit is nie; maar dit is `n tyd van wêreldse lokvalle en feeste, en meer en meer ligte en heidense bome. My Meester, dit is `n treurige tyd vir my, en terwyl ek U so liefhet en U geboortedag graag wil eer, kan ek egter nie hierdie wêreldse gebeurtenis eer nie."

"My Kind, Ek weet hoe jy voel en Ek weet waarom jy so voel; want in die voorafgaande jare het Ek jou die waarheid gewys oor wat genoem word Kersfees. En die waarheid is dat min My in elk geval gedurende hierdie gebeurtenis eer. Sommige sê dat hulle dit wel doen en dan noem hulle dit die gees van Kersfees, maar in werklikheid is dit die gees van die Wêreld wat hulle eer. En jy is reg My Kind, die datum is nie die datum wat Ek op die Aarde gebore is nie, maar `n okkultiese plaasvervanger. Desnieteenstaande My Kind, ten spyte van al die illusie, eer Ek die goeie wat gedurende hierdie tyd en ook gedurende enige ander dag van die jaar gedoen word. Maar die werklike Gees van die Messias, My Kind, is `n nederige hart en `n berouvolle gees. Dit is die werklike gees; want in hierdie gees kan almal geleer word en almal kan leer."

"Maar, my Meester, waarom laat U my op hierdie slee ry gedurende hierdie tyd?"

"My Kind, dit is om hierdie punt aan jou te maak; dat alles wat uit Kersfees voortvloei nie sleg is nie, maar daar is ook baie goed. Ek neem dus die goeie, My Kind, en Ek gebruik dit tot voordeel van My Volk. Verstaan?"

"Ja, my Meester."

"Maar terselfdertyd is Ek deeglik daarvan bewus dat hulle wat verkondig dat hulle My gedurende Kersfees eer, maar wat My gedurende die res van die jaar ignoreer, `n mors van tyd is. Want as iemand My nie die res van die jaar ken nie, dan ken Ek die een ook nie op hierdie een dag nie. Verstaan?"

"Ja, my Meester."

"Nou My Kind, het jy vrae oor die laaste visioen?"

"Ja, my Meester. Ek was in die grot en die engel het die tongspatel in my keel afgedruk. Toe sien ek deur die toe deur van die grot, en buitekant was Hillary Clinton met haar heksgebrousel. Ek vra U, my Meester, wat beteken dit?"

"My Kind, wat het gebeur onmiddellik nadat die engel die tongspatel in jou mond gesit het?"

"Ek het deur die toe deur gekyk en vir Hillary Clinton gesien wat besig was met haar heksery."

"My Kind, wat is haar heksery?"

"Sy wil my dood hê."

"Sy wil. Dit is so en sy wil jou al vir `n geruime tyd dood hê."

"Maar wat het dit te doen met die tongspatel?"

"My Kind, sy is onder hulle wat daarop uit is om jou stil te maak, en op enige manier moontlik. Ja, hierdie vrou is `n reeksmoordenaar, en hoe uiters slim van haar om nou op die gewapende magte komitee te dien. Hoe slim, wanneer sy nou bevele kan gee vir die gebruik van meer militêre wapens teen jou. Maar Ek het `n klein verrassing vir Hillary. Sy gaan die ontvanger wees van haar eie brousel. Sy gaan in haar eie brousel val en dit gaan haar lewe kos. Sy beoog om jou dood te maak; maar sy self gaan sterf, en wanneer hierdie tyd aanbreek, gaan Ek jou stuur om haar op te trek en in die Poel van Vuur te gooi.

Ja, My Kind, hierdie boosdoeners het miljoene dollars. Hulle het biljoene en hulle het reuse huise en menige wonings, en bediendes van elke soort, en hulle het netwerke van gesagstrukture, en in hulle agterkamers beklink hulle twyfelagtige transaksies om alle teenstand te vernietig. En dit is die manier waarop hulle almal werk. Dit gaan alles oor moord en oproer en gesag en intriges. Dit is wat hulle doen en hulle moor, moor en moor en kom weg met moord. Maar hulle is nou tussen die duiwel en die diep blou see; want hulle het baie gestuur om jou dood te maak en jy lewe. Hulle is uitoorlê en verskrik; want hulle grootbaas het jou ontvoer, opdrag gegee dat jy gedood moet word, en nou is hy dood in plaas van dat jy dood is. Hulle sien hulle makkers rondom hulle sterf en raak net meer vasberade om van jou ontslae te raak. Maar My Kind, wat gebeur is dat Ek van jou `n meulsteen maak vir hulle wat probeer om jou leed aan te doen. Alreeds is baie, baie van hulle dood. Baie is kranksinnig. Hulle wat jou ontvoer het, is siek en hulle sterf. Ja, My Kind, hulle het dit alles uitgewerk gehad. Hulle het dit vooraf beplan hoe hulle jou met `n slenterslag sou vang om vir hulle te werk, jou hulle slaaf te hou, jou op te gebruik en dan die werklike jy mettertyd dood te maak. Maar in die tussentyd sou hulle jou vervang het met `n gekloonde robot (masjienmens). Dit sou die einde van Linda Newkirk en die einde van White Buffalo Calf Woman gewees het. Maar My Kleintjie, hulle vergeet vir wie jy werk. Hulle verkies om die krag van Ons Vader in die Hemel te vergeet. Hy het dus nou na vore gekom, My Kleintjie, met groot wraak teen hulle. Twee ondergrondse basisse is nou tot niet. Hulle is geskiedenis. Maar Ons Vader in die Hemel gaan nou vir die slagaar van Lucifer. Hy gaan nou vir die totale vernietiging van Lucifer se ruimteprogram op hierdie Aarde en buitekant die Aarde. Die omvang hiervan, My Kleintjie, sal jy nie kan verstaan nie. Maar weet dit. Een en almal wat in kontak kom met enige faset van jou sogenaamde kloning, is geskiedenis. Malheid, kranksinnigheid, ongeneeslike, dodelike, skielike siektes en die dood sal hulle almal tref. Jy het `n verslag ontvang van baie wetenskaplikes van Livermore Nasionale Laboratoriums wat met kranksinnigheid getref is. Dit is waar. En waarom glo jy dat dit waar is?"

"My Meester, dit is vir hulle aandeel aan wat aan my en ander gedoen is."

"Dit is so. Dit is aan jou vertel deur Ons Vader in die Hemel, My Kind. Dit is alles so. `n Groot malheid het daarbinne plaasgevind, waarin baie geheel en al mal geraak het. Baie is dood deur sabotasie en moord. `n Hewige ontploffing het ook daarin plaasgevind. En dit is ondergrondse basis nommer twee, wat nou geskiedenis is. My Kleintjie, dit sal nou nie meer lank wees voordat almal die rook en vuur van Area 51 sal sien nie, en ander ondergrondse basisse sal volg. En wat hulle in die hoogste range van hierdie regering aanbetref, wat die gevangeneming en kloning van jou beveel het, bo en behalwe die swart pous, sal jy hulle openlik meer kranksinnig sien raak en jy sal hulle sien vergaan. Hulle is hoë profiel mense en Hillary Clinton is een van hulle. Dit is waarom haar dae uitloop en George H. W. Bush is nog een. Sy dae is omtrent al verby. Hy is geskiedenis en sy seun sal hom volg. Boonop is My oordeel swaar op die huis van Windsor. Jy sal binnekort hierdie bose ryk sien verkrummel aan sy nate. My Kleintjie, soos Ons Vader gesê het, ‘Dit is `n Nuwe Dag vir Sy Volk!’ En My Kind, jy weet dat dit waar is. Nou My Kind, jy het vrae oor die verseëling van die 144,000."

"Ja, my Meester."

"En jy weet, My Kind, dat dit nou 99% voltooi is en dit sal binne enkele kort dae heeltemal voltooi wees."

"Ja, my Meester en ek weet wat volgende gaan gebeur."

"Jy is reg, My Kind, en hierdie groot kern katastrofe staar die wêreld in die gesig."

My Meester, ek weet. Die Russe en Sjinese stuur missiele in Amerika in. Die doeanebeamptes vind hulle en verloor hulle werk."

"Dit is so My Kind, en dit is die geval voor enige inval of aanval. Die vyand kry hulle troepe en voorrade in posisie. Hierdie aanval op Amerika word op die hoogste vlak van hierdie regering deur die sataniste beplan. Vreemde troepe is alreeds oral in Amerika. Soos Ons Vader jou alreeds voorheen vertel het, word daar `n grootskaalse terroriste aanval op die infrastruktuur van Amerika beplan! Richard Cheney, Bush senior, Rumsfeld, en ander doen `n deeglike studie oor die aankomende terroriste aanvalle wat hulle beplan. Weet ook, My Kind, dat met die meeste van julle troepe buite Amerika, neem hulle aan dat julle die vreemde troepe wat van deur tot deur sal gaan om die Amerikaanse terroris andersdenkendes op te pik, sal verwelkom. Terwyl die wêreld en die Amerikaanse bevolking saamry met die sogenaamde Saddam Hussein oorwinning, en terwyl dit die nuusgebeure oorheers, is hulle besig om `n reeks veelvuldige terroriste aanvalle op Amerika te beplan. Soos wat julle wel deeglik van bewus is, het hulle al soveel vals alarms gemaak dat die Amerikaners dit gladnie meer glo nie. Wanneer hierdie aanvalle dus plaasvind, sal hulle sê, ‘ons het julle mos gesê!’ Hierdie missiele van Sjina en Rusland sal op teikens regoor Amerika afgevuur word. Dit is hulle plan om julle verder te verswak en om julle te terroriseer om meer regte af te staan, en om julle gereed te maak om deur kernwapens aangeval te word. Die teikens sluit in damme, brûe, kernkragstasies, spoorweë, ammunisie opslagplekke, nasionale parke, moltreine en hawens."

"Waarom nasionale parke?"

"My Kind, vir jare het hulle meer en meer van die nasionale parke vir hulle eie doeleindes toegeëien. Dit was om beheer te verkry oor meer en meer van hierdie parke, want dit is skuilplekke vir terroriste. En My Kind, soos Ons Vader jou vertel het, daar is alreeds baie honderde duisende vreemde troepe regoor Amerika. Honderde duisende en hulle is gereed om deur Bush gemobiliseer te word, net vir julle beskerming. Weet net, My Kind, dat die Bushe, die Cheneys en hulle eweknieë tans besig is met die beplanning van `n reeks terroriste aanvalle teen Amerika, met die uitsluitlike doel om die infrastruktuur van Amerika te vernietig."

"My Meester, wat kan gedoen word?"

"My Kind, as almal verootmoedig en bid, kan van dit vermy word. Alhoewel Ons Vader Sy kontrak met hierdie bose regering opgeskeur het, het Hy nie Sy kontrak met Sy Volk opgeskeur nie, en Hy sal ook nooit nie. Dus, soos wat jy al vele kere vertel is, My Kind. Verootmoedig. Verootmoedig en bid en die planne van die vyand kan afgewend word."

"O, my Meester, die boosheid hou nooit op nie."

"En dit sal ook nie, nie tot My wederkoms nie. Dan en eers dan sal almal die betekenis van die Nuwe Dag ken en verstaan."

"My Meester, wat se seëninge is opgesluit in die verseëling van die 144,000?"

"Hierdie verseëling kondig die aankoms van die Bonatuurlike Weermag aan. Hierdie verseëling beteken dat die 144,000 binnekort hulle bonatuurlike liggame sal ontvang. Hulle sal nie sterf nie. Hierdie verseëling beteken ook dat gevaarlike oorlog en vernietiging op hande is. Hierdie verseëling begin `n koers wat nie verander sal word nie. Dit is `n koers van verskriklike dood en verwoesting. Van nou af aan sal baie gebeurtenisse verander word deur die gebede van die regverdiges, maar die uiteinde bly steeds dieselfde. Dood, vernietiging, chaos regoor die wêreld. Maar onthou een ding, My Kleintjie. Dit is ook `n tyd waarin Ons Vader in die Hemel wonderwerke en seëninge sal uitgiet soos nog nooit tevore nie. Dit is `n tyd van groot verwagtinge vir My Volk; want waarlik, dit is die donker uur net voor dagbreek. Ek is jou Meester, My Kind, Ek is JaHWeH en Ek is die Verlosser van alle mensekinders. Ek is Jesus, ja JaHshua."

"My Meester, voordat U gaan, het ek een vraag. In die begin van hierdie boodskap het U aan my vertel dat U sleutels vir my het en ook geheime om te ontrafel. My Meester, Ek het gesien hoe U die geheime ontrafel het, maar wat bedoel U met die ‘sleutels?’"

"My Kind, Ek is die Sleutel tot redding vir al die mensekinders en van My af gaan baie sleutels voort na die Koninkryk van Ons Vader. Enigiemand wat hierdie sleutels wil ontvang, moet eers deur My gaan om by Ons Vader uit te kom. Verstaan?"

"Ja, my Meester."

"En jy het al lank gelede deur My gegaan om by Ons Vader uit te kom."

"Ja, my Meester."

"En so My Kind, het jy baie sleutels ontvang."

"Ja, my Meester."

"Maar die sleutels wat Ek aanvanklik genoem het, is alreeds vir jou gegee sonder jou bewuste denke, en hulle hang aan jou sy, maar jy is onbewus hiervan."

"Ja my Meester, ek sien hulle, en hulle is gebaai in en omgeef in pers lig. Wat is hierdie sleutels, my Meester?"

"My Kind, dit is die sleutels wat jy nodig gaan hê om My Volk deur die baie moeilike tyd te lei wat hulle nou in die gesig staar. Wanneer die tyd aanbreek, sal jy weet watter sleutel om te gebruik. Hierdie is kragtige sleutels wat die verborge en onbekende vir My Volk sal oopsluit. Verstaan?"

"Ja, my Meester."

"En hiermee sal Ons stop. Ek is jou Meester JaHshua, ja, Meester van die Aarde."

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 23ste dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.

 

 

Deel II

"Vader, oordeel hierdie boosheid!"

"My Geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. Luister na My, My Kind, wanneer Ek sê dat die hele wêreld op die randjie van `n katastrofe van ongekende afmetings staan."

"My Vader, Ek sien `n groot rooi area en dit is soos `n rooi ster met baie punte, of selfs `n rooi ontploffing. Ek staan nou binne-in hierdie rooi ster en ek is in `n woestyngebied. Die wind is baie sterk en sandkorreltjies moker my in die gesig. Die stukkies voel soos glas en hulle sny in my vel in. Dit is `n hewige storm en reg rondom my is hierdie rooi lig. Hierdie rooi lig brand my nie, maar dit lyk wel asof dit kan brand. Vorentoe sien ek twee Arabiere en elkeen baklei met `n swaard. Terwyl hulle baklei, doen een akrobatiese toertjies en draai en dans met sy swaard. Hy doen bollemakiesies, draai homself onderstebo en al in die rondte en land elke keer op sy voete, en elke keer sny hy `n diep wond in die ander Arabier, wat verbaas lyk en onverhoeds gevang word. Na `n rukkie draai die Arabier met die snywonde, wat gesny en gewond is, maar nie bebloed is nie, en stap weg, en verdwyn in die rooi lig. Die oorblywende Arabier sit, haal sy masker af, skeur sy militêre klere af, en op sy kop staan geskrywe, "CIA." Onder sy gevegsmondering dra hy `n pak klere. Hierdie CIA/vals Arabier neem `n fles en drink uit die fles, en op die fles is die woorde, "CIA/Arabiese front." Ek kyk hoe hierdie man uit die fles drink en toe hy opstaan om te loop, sien ek op sy rug die woorde, "Ek is `n Rumsfeld hoer. Moord en diefstal is my weg. Ek is `n moordenaar, `n leuenaar en dief. Al Qaeda is ek." Dan verdwyn hy in die rooi lig.

Terwyl ek nou op `n rots in die rooi lig sit, te midde van die sand wat waai, kniel ek en ek begin om uit te roep na ons Meester en God. "Onse Vader, ek is so skaam. Ek is so skaam om aan `n land soos hierdie te behoort. Ek is so skaam om deel te wees van enige land, wat wêreldwye terrorisme finansier en die blaam dan op onskuldige mense lê, alles om die wêreld te beheer en te regeer. My Vader, ek is skaam oor wat hierdie land geword het. Ek het liefde in my hart vir die mense, wat vir so lank bedrieg is deur leuenaars en konkelaars. Ek het liefde in my hart vir hulle, Vader, en ek smeek vir die redding van hulle almal. En terselfdertyd, Vader, smeek ek U om hulle in die CIA, die FBI en die leiers van hierdie land wat lieg, doodmaak en steel, alles vir mag en beheer, te straf. My Vader, ek weet dat Amerika onder U oordeel is, en dit behoort so te wees. Maar Vader, wat ek weet van U waarskuwings in die verlede rakende die VSA se bombardering van Bali, rakende die VSA se onlangse bombardering van Saudi Arabië en dit dan te laat lyk na Al Qaeda, en dit laat my siek voel. Vader, ek walg vir hierdie leuens. Ek walg vir al die doodmaak. Ek walg, Vader, en ek smeek U om hierdie boosheid te oordeel. Vader, dit moet geoordeel word; want dit eet en verslind die hele wêreld. Ek walg vir hulle wat lieg en steel en doodmaak en terselfdertyd sê dat hulle U dien en liefhet. Vader, hierdie wêreld is vol leuens. Dit is vol boosheid, en ek kan nie meer vra vir U barmhartigheid nie. Maar Vader; O Vader, ek vra vir die redding van die verlorenes. Ek smeek vir die verlossing van hierdie Arabiere. Ek pleit vir die verlossing van die Sjinese en die Japannese. Vader, help ons om hierdie volke te bereik met U woorde. Help ons, Vader, want die tyd loop uit. En help ons, Vader, om die inheemse Amerikaners, sowel as daardie van Indië, te bereik . Vader, hierdie is U woorde en slegs U kan hierdie deure open. Maar selfs terwyl ek U nou smeek om hierdie boosheid te oordeel, smeek ek U ook om die grootste getalle te red. Help ons om hulle te bereik, Vader."

"My Kleintjie, die waarheid van die vals en opgemaakte Al Qaeda aanvalle sal binnekort begin uitkom. Die hele wêreld gaan weet dat dit die VSA en niemand anders is wat die vals Al Qaeda aanvalle uitvoer nie. Dit is die VSA-regering en hulle Israeli en Engelse bondgenote, wat terreur regoor die wêreld skep. Hulle het rede daarvoor, nie die arm en onge-organiseerde Arabiere op wie hulle die blaam lê nie. Ek sal dit aan die hele wêreld ontbloot en binnekort sal die toorn van die wêreld teen die Bushe en Cheney en Rumsfeld draai. Die toorn van die wêreld sal teen die koningin draai, teen Sharon van Israel en die terroris bondgenote regoor die wêreld. Ja, My Kind, hulle beplan om die wêreld te verower en te regeer deur hulle Antichris en vals profeet, maar Ek sê vir jou, My Kind, hulle gaan teenspoed kry. Hulle is op pad na `n groot en verskriklike lokval. Want Ek wek vyande regoor die wêreld op, vyande teen hulle komplotte, vyande teen hulle skemas, wat deur hulle gaan sien en wat nie saam met hulle sal gaan nie. My Kleintjie, soos wat Ek jou al so baie kere vertel het, net soos wat hierdie bose stelsel oprys, gaan dit neerstort. Jy sal sien dat dit so is.

Ja, My Kind, die onlangse aardbewing in Iran was `n oorlogsverklaring. Dit was veroorsaak deur `n militêre wapen in die hande van die skurke wat Amerika regeer. Verseker is daar baie aardbewings regoor die wêreld, wat deur die naderende planeet veroorsaak word, maar hierdie een was mensgemaak. Dit was/is `n openlike oorlogsverklaring teen Iran, netsoos die bombardering van Riyadh `n openlike oorlogsverklaring teen Saudi Arabië was. Wat jy sien, My Kind, is die Nuwe Wêreld Orde plan van die VSA, Israel, Engeland en ander lande, en hierdie plan is om die hele wêreld te onderwerp deur beplande sameswerings van terreur. Die VSA is die terreur hoofstad van die hele wêreld. Die VSA het meer terreur geskep en uitgevoer deur koverte optredes van die CIA, die FBI en ander duistere agentskappe as die res van die wêreld gekombineer. Nou het die VSA saamgesweer met Israel, Engeland en ander, en dit is terreur op `n wêreldwye skaal. My Kind, dinge regoor die wêreld is van hier op die afdraande pad. Dit gaan eskaleer. Hierdie boosdoeners sal enige wapen wat hulle het, insluitende skalaar wapens en kernwapens gebruik om die hele wêreld te oorwin en te onderwerp. Die rooi lig wat jy in die woestyn gesien het, is `n skalaar (Vertaler: laser?) wapen. Voordat hulle gestuit sal word in hulle bod vir die Nuwe Wêreld Orde, sal hulle alle lewe doodmaak. Hulle het die kernarsenaalsleutels van die VSA gesteel en dit is nou in die hande van Rumsfeld en Cheney; en hulle sal dit gebruik soos dit hulle pas. Maak geen fout hieroor nie, dit is ‘Star Wars’ teen die hele wêreld; want meer en meer gaan hulle anti-gravitasie masjiene, en hulle ligpartikel strale wat doodmaak, gebruik. My Kind, hierdie terreur gaan uitbrei, en meer en meer lande gaan betrokke raak in hierdie terreuroorlog teen Amerika, teen Israel, teen Engeland. `n Bloedige wêreldoorlog, waarvan jy die omvang nie kan besef nie, is op pad. Weet dat dit op pad is, My Kleintjie. Dit brei uit. Want mal mans regeer die wêreld. Mal mans regeer die VSA. Mal mans is in beheer en malheid, meer en meer malheid sal jy sien. Daar is geen beperkings op hulle nie. Net Ek, en Ek alleen, kan `n einde bring aan hierdie boosheid. En Ek sê vir jou dat die verbygaan van hierdie planeet baie van dit sal vernietig. Maar dit sal hulle nie stop nie. Want uit die as van hierdie Wêreld Oorlog III, uit die as van vernietiging, sal hulle tweegesig swart voël verrys. Maar Ek sê nou vir jou dat hy nie `n maklike tyd gaan hê nie. Nee, My Kind, hy sal nie. Nieteenstaande, hy sal verrys."

"My Vader, ek weet dat U hierdie boosheid moet oordeel en ek smeek U om so te maak, of daar sal niks oorbly nie."

"My Kleintjie, 2004 sal `n jaar van hel op Aarde wees. Neem My woord daarvoor. Dit gaan `n helse jaar wees, wees dus almal gewaarsku. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 27ste dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.

 

 

Deel III

"`n Oorlog wat een nag aangehou het! En, Lucifer bedrieg hulle almal!"

"My Vader, O, my dierbare Vader in die Hemel. My ware siel roep uit na U toe vandag. My hart treur, my Vader, dit is asof my einste liggaam bloei van oorlog en meer en meer oorlog. Vader, wat het verlede nag gebeur? Van omtrent 1:00 voormiddag totdat ek opgestaan het om 7:40 hierdie oggend, was ek besig om in die gees te veg. Ek was 2:30-3:00 vm op om te bid, dan terug bed toe, met meer en meer oorloë. Vader, ek weet nie wat gebeur het nie, maar die oorlog was so groot en die boosheid so dig. Die bose planne van die vyand, wat hulle nou gekonsolideer het, is op baie vlakke vernietig, maar Vader, dit is nie al nie. Dit is slegs die begin van `n baie groot oorlog, en ek verstaan nie wat ek alles deurgemaak het nie, maar ek weet dat baie bose mense verlede nag vernietig is."

"My Kleintjie, jy is een van My magtige krygers op hierdie Aarde. Jy was vir baie jare in die voorste linies, en Ek het jou in hierdie geveg so geplaas sodat jy in die voorste linies kan wees solank as wat Ek jou op Aarde wil hê. My Kind, baie het verlede nag plaasgevind. Dit was beplan om `n nag te wees waarin baie van julle in sluipmoorde sou omkom. Maar instede dat baie van julle in sluipmoorde omgekom het, het baie van hulle gesterf. My Kind, hierdie bevele is deur Lucifer gegee, maar hy weet dat hy dit nie kan uitvoer nie; want Ek begeer dat sekeres van julle moet bly lewe, en solank julle My gehoorsaam en My eerste stel, sal julle lewe. En wat die groot aantal aanbetref wat verlede nag op onverklaarbare wyse deur My Hand gedood is, hulle was baie honderde, en hulle was almal betrokke in die aanhoudende moordaanslae op jou en ander van My Geliefdes, soos Stew Webb en Jeremy Floyd."

"Maar Vader, wat was verhoed? Wat was dit wat hulle verlede nag beplan het, wat ook die ondergrondse basisse behels het, en `n soort van tydkapsule, of iets dergeliks?"

"My Kind, weet net een ding. Hulle het `n skema ontwerp om meer gate in tyd in te blaas, en hulle toerusting en basis was totaal vernietig. Saam met dit het baie, baie mense gesterf. Hierdie projek behels basisse onder die grond, sowel as basisse onder die water, soos wat dit aan jou vertel is. En, ja, Pine Gap in Australië was betrokke! Maar hierdie projek, hierdie plan om hierdie massa vernietiging te skep, was gestop. Dit was gestuit. Hulle sal nie toegelaat word om meer gate in tyd in te blaas nie, en elke poging sal gepaard gaan met groot dood en vernietiging vir hulle."

"Vader, wie was al hierdie mense wat ek aanhou beveg het? Daar was so baie en ek weet dat baie van hulle gesterf het!"

"My Kind, hulle was dieselfde Luciferiane in hoëvlak posisies van mag regoor die wêreld, wat al vir `n lang tyd jou dood beveel het."

"Vader, het hierdie boosdoeners my gekloon?"

"Hulle het probeer, maar elkeen wat iets met hierdie kloning te doen gehad het, is kranksinnig, dood, of besig om te sterf. Dit is die vloek van Linda Newkirk/White Buffalo Calf Woman. Hulle het in hulle hande iets wat hulle almal tot kranksinnigheid, skielike dood, plae en bisarre omstandighede gaan verdoem. My Kind, hierdie einste ding wat hulle gedoen het, is so `n groot vloek op hulle dat baie, baie alreeds dood of totaal kranksinnig is. Hierdie ding wat hulle gedink het dat hulle aan jou gaan doen, gaan veroorsaak dat `n hele wetenskaplike gemeenskap uitgewis word. Dit gaan leiers uithaal wat kranksinnig gaan word, en/of wat voor die oë van die wêreld gaan sterf. Onthou My woorde in hierdie verband, My Kind. Hulle het vloeke van onbeskryflike omvang op hulle eie hoofde gebring, en hulle maai groot vernietiging. Nou My Kleintjie, Ek het vroeër `n visioen aan jou gegee waarin Ek jou deur `n baie donker deur gestuur het."

"Ja, my Vader, en ek het aan U gevra omtrent die dinge wat verlede nag plaasgevind het. En U het my deur `n baie donker deur gestuur. En ek het `n gang gesien met deure aan elke kant, en in elke kamer was `n leier van `n nasie. Toe sien ek vir Lucifer in elke kamer ingaan en hy het die leier in elke kamer bemagtig. Hy het elke leier aangeraak en aan elkeen vertel dat hy hom die Antichris sou maak. Ek het hom nie in elke kamer sien ingaan nie, slegs `n paar, maar ek het duidelik gesien hoe hy mag aan George W. Bush gee, en aan hom vertel dat hy die Antichris is. Dan aan Putin van Rusland, en dieselfde boodskap was aan Putin gegee. Dan aan Prins Charles, waar hy hom ook die Antichris gemaak het. Dan aan die leier van Sjina dieselfde, en aan die leier van Frankryk dieselfde. En ek weet dat daar meer was, maar terselfdertyd kan ek nie almal onthou nie."

"Ja, My Kind, daar was ander, en dit is nie so belangrik wie hulle almal was nie; maar wat belangrik is, is dat Lucifer baie bemagtig het om die Antichris te wees. Dit is wat belangrik is."

"Vader, soos U my voorheen vertel het, was die 144,000 verseël op die 27ste Desember, 2003. Tenminste, dit was die afhandeling van die verseëling."

"Dit is so."

"So, kort op die hakke hiervan, gee Lucifer aan baie die mag om die Antichris te wees?"

"Dit is so."

"Wat beteken dit, Vader?"

"Dit beteken chaos. Dit beteken groot vernietiging. Dit beteken verskriklike oorlog. Dit beteken verskriklike tye vir volke regoor die wêreld."

"Maar waarom het hulle probeer om nog `n gat in tyd in te blaas?"

"Om My bevele tersyde te stel. Om te doen soos hulle in elk geval wil, sonder inagneming van enige wette. Dit is waarom hulle meer ondergrondse fasiliteite verloor het, en nog meer sal verloor. Want Ek sal al hulle sogenaamde ‘tydmasjiene’ geheel en al vernietig."

"Wel, Vader, dit lyk asof die ‘partikel versneller’ in New York sal gaan."

"En gouer as wat meeste besef. Weet een ding, My Kind, soos wat hulle sisteem verrys, so stort dit in duie. Ek knip die vlerke van Lucifer en die gevallenes, en hulle brul van woede. En Ek sal `n sekere mate van verwoesting toelaat, want die mense is so boos, maar sekere dinge sal Ek nie toelaat nie, en hulle sal dit baie vinnig uitwerk. Ja My Kind, baie van hulle het verlede nag gesterf. Baie. Maar die wêreld sal nie van hierdie dinge bewus gemaak word nie. Onthou egter net dat hierdie dinge gebeur het. Maar hierdie is waarlik maar net die begin. Binnekort sal Ek `n aardbewing regdeur die Vatikaan stuur, en dit sal slegs die eerste fisiese teken wees dat Ek besig is om die magsbasis van Lucifer te vernietig. Weet een ding, My Kind. Ek sal nooit My Geliefdes verlaat of versaak nie, maar sal My werklike eie oor en oor gebruik om die planne van Lucifer heeltemal en totaal te vernietig. "

Soos getuig, gedikteer en afgeneem op hierdie 30ste dag van Desember, 2003,
Linda Newkirk, White Buffalo Calf Woman.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX