Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 19

 

Die volgende uittreksel was van die "Boodskap vir Jou" afdeling geneem, wat op Januarie 04, 2004, op hierdie webblad geplaas was. Baie van julle het hierdie waarskuwing gelees, maar julle het nog nie gelees wat daarop volg nie. Lees verder vir heelwat onthullende inligting.

 

"Naderende Komplot om `n Kernkragsentrale in die Staat New York, op te Blaas"

Januarie 04, 2004

Ons dierbare broers en susters, dit is met `n besinning van dringendheid dat ons vandag na julle toe kom! Gedurende die laaste twee weke of wat, het ons Vader in die Hemel vir my van die boosdoeners in hierdie land, se planne vertel om nog `n "911" te begin. Hy sê egter dat dit wat hulle hierdie keer beplan het, "911" na kinderspeletjies sal laat lyk het.

Terwyl ek vandag gebid het, het ek `n groot kernontploffing in die Noordoostelike deel van die VSA gesien. Terwyl ek gebid het vir meer insig aangaande hierdie kernontploffing, het ons Vader in die Hemel vir my `n visioen van `n kernkragsentrale naby aan `n rivier gegee, en ek het die woord "Catskill" gehoor. Vanuit hierdie bondige stukkie inligting kon ek aflei dat die kernkragsentrale in die staat New York moes wees maar ek was nie heeltemal seker nie. Ek het hierdie inligting vir Stew Webb aangestuur en hy het met inligting vorendag gekom wat moontlik na "Indian Point" kernkragsentrale in die New Yorkse staat gedui het. Alhoewel ek nie heeltemal seker is of dit die aanleg is nie, voel ek gemaklik deur te sê dat hierdie beplande aanval gemik is teen `n kernkragsentrale in die staat New York.

Met hierdie inligting het ek weer met ons Vader in gebed getree en Hy het my `n visioen gewys van Richard Cheney, wat na `n kaart gekyk en hierdie groot verwoesting beplan het. Langs hom het ek vir Donald Rumsfeld gesien. Ek het nie die Bushe gesien nie, maar dit is sekerlik te verstane dat hulle deeglik bewus is van wat aangaan. Ek het ons Vader in die Hemel gevra waarom hulle weer New York en New York stad geteiken het en Hy het vir my gesê dat hulle sulke verskriklike ekonomiese probleme in die gesig staar, daarom moet hulle die ekonomiese setel van hierdie land vernietig. Dit sal sekerlik die weg baan vir toenemende krygswet regoor Amerika en dit sal die weg baan om boonop nog meer buitelandse troepe na die strate van Amerika toe te bring. Dit sal ook dien om die mense van hierdie land blind te hou vir die ernstige ekonomiese plundering wat hulle in Amerika gepleeg het.

Hierdie is skrikwekkend en ons moet elkeen nou ernstig voor ons Meester en God in gebed tree en by Hom pleit om in te tree en hierdie knoeiery te stuit en hierdie boosdoeners na geregtigheid te oordeel.

 

Die volgende is `n besondere interessante droom wat na ons toe op 6 Januarie 2004, gestuur was.

Die droom sou op 5 Januarie 2004 aan Jackie gegee gewees het.

Aanmerkings: Hallo! Ek het drome gehad wat gebeure vooruit vertel vandat ek baie jonk was. Meestal kan ek nie twee en twee bymekaar sit nie, tot heelwat later. Ek het jou mees onlangse boodskap oor die kragsentrale gelees en besef dat verlede nag se droom beaam het wat jy gesien het. Die hoofboodskap was "2 bomme vir 2 broers". Hulle moes stroom-op van `n groot stad, wat deur riviere/kanale (soos Manhattan eiland) omring word, ontlont word. Van waar ek, bo in die berge, gekyk het, kon ek `n rivier sien maar ook `n meer. Die ander rede wat gemaak het dat ek aan jou skryf, was `n murasie wat ek op een van die stad se geboue gesien het. Dit was `n profiel van `n Mayan opperhoof met Quetzel vere, dus `n aansluiting met ‘Indian Point’ kragsentrale. Dankie dat jy ons ingelig hou. Bid asseblief vir almal van ons en my familie – wat nie eens oor enigiets hiervan wil dink nie!!

Naam: Jackie

 

Jackie,

Jy het baie waardevolle inligting verskaf deur hierdie droom met ons te deel. Ek het ook `n rivier wat met `n meer verbind was, gesien, en hieromtrent vir Stew Webb gevra dat hy hiervoor op die uitkyk moet wees. Ek het die berge gesien en die woord "Catskill", wat `n reeks berge in New York is, gehoor, maar vir eers het ek nie geweet watter kragsentrale hierin betrek kon wees nie. Maar hierdie hoeveelheid inligting was genoeg om te help in die soeke, na wat wil voorkom asof dit die regte aanleg is. "Twee bomme vir twee broers" is besonder interessant en ons weet dat daar twee broers is wat gewoond was daaraan om die presidentskap te steel en `n staatsgreep in hierdie land laat plaasvind het! Hierdie twee broers is natuurlik Jeb en George W. Bush! Die groot stad is vanselfsprekend New York stad! En, die Mayan opperhoof is `n pragtige leidraad in die identifisering van die plasing van hierdie bomme.

Geliefde, hou aantekeninge van al jou profetiese drome en deel hulle met ander; want jy mag help om rampspoede te voorkom en daardeur sal jy ook jou eie geloof versterk. Dankie dat jy hierdie begrip vir ons gegee het; want dit versterk en verhelder die waarheid aangaande hulle planne!

Met die oog op hierdie droom en met die oog op dit wat hieronder op die sesde Januarie gebeur het, word ek gelei om te glo dat hulle heel waarskynlik hulle terreuraanval op New York en in New York stad vir Januarie 06, 2004 beplan het. Maar net omdat hulle hierdie keer gefaal het, beteken nie dat hulle hulle planne uitgestel het nie. Inteendeel, hulle hergroepeer maar net en sal terug wees vir meer van dieselfde. Wat se skrikwekkende en haglike tye beleef ons tog nie en wat `n grote tragedie dat die massas nie eens weet wat aan die gang is nie!

Lees verder!

"Die Cheney-Bush Weerwraak na aanleiding van die bogenoemde waarskuwing!

Min het hiervan op die nuus te hore gekom!

Januarie 06, 2004

Vroeg gedurende die middag van die 6de Januarie, teen so om en by 1:00, het `n dierbare suster my vanaf `n ander staat geskakel om my te waarsku oor die feit dat `n chemiese aanleg, baie naby aan waar ons bly, ontplof het. Soos wat ek dit verstaan, het hierdie ontploffing by `n chemiese aanleg in Conway Arkansas, om en by 11:00 die oggend plaasgevind en ek sou nie daarvan geweet het nie, indien sy nie geskakel het nie. Nadat sy geskakel het, het ek `n buurman gebel wat vir my gesê het om op my hoede te wees, want die swaar chemiese wolk het reg op ons afgepeil. Ek het by die venster uitgekyk en onmiddellik hierdie swart, chemiese wolk gesien wat naastenby `n myl of so weg was. Dit was nie goed nie; want ons het vir die afgelope drie dae of so winde vanuit die Noorde ervaar, en hierdie Noordewinde het die wolk reg in ons rigting aangewaai.

Ek het onmiddellik in die Gees gebid! Spoedig het ek die wind heeltemal sien ophou en toe binne `n paar minute het `n sterk Westewind ingekom en die giftige wolk na die Ooste toe gewaai. Hierdie was die mees verstommende gebeurtenis en so `n pragtige wonderwerk van ons Vader in die Hemel! Ere aan Sy Apartgestelde Naam! Die chemikalieë wat vir ons bestem was, het ons toe nooit bereik nie! Ere aan Sy Naam!!!

Terwyl hierdie swart wolk ooswaarts begin beweeg het, het ek oor hierdie ontploffing in hierdie chemiese aanleg tot ons Vader in die Hemel gebid en ons Vader in die Hemel het my meegedeel dat hierdie ontploffing beplan was. Dit was `n goedbeplande voorval. Hy het toe openbaar dat hierdie ontploffing `n vergeldingsaanval was van die Bushe, Richard Cheney en sy opperste krygsheer, Donnie Rumsfeld in die Pentagon, en dit alles as gevolg van my skrywe insake ons Vader se waarskuwing en ontbloting van hulle planne om `n kernkragsentrale in New York op te blaas.

In my soeke na hul sataniese handtekening, het ek begin deurdat ek die numeriese waarde van die datum bepaal het. Die datum is 01-06-2004. Hierdie getalle, indien opeenvolgend bymekaargetel, someer na 13. 1+6+2+4=13. Soos u behoort te weet is 13 een van hulle gunsteling sataniese getalle en u moet teen hierdie tyd goed daarmee bekend wees dat numerologie en astrologie albei hewig in hulle sataniese planne figureer. (Ek dank Dawid Meyer van http://www.lasttrumpetministries.org wat so baie uitstekende nuusbriewe geskryf het oor okkultisme in die VSA regering en hoe om hulle sataniese simboliek te identifiseer!) Boonop, soos ek verstaan, het die ontploffing rondom 11:00 die oggend plaasgevind en elf is natuurlik nog een van hulle gunsteling getalle, want ons almal kan nog die gruwels onthou wat op 911 plaasgevind het.

Die aanval op hierdie chemiese aanleg is maar net nog een daad van beplande terreur teen Amerika en een wat hulle van stapel gestuur het, omdat hulle planne teen New York en New York stad ontbloot was. En omdat hulle ontstoke was omdat hulle nie in staat was om hulle planne uit te voer nie, het hulle `n chemiese aanleg naby aan ons uit pure weerwraak opgeblaas! Ja, hierdie is die gekaapte, sataniese regering van Amerika in aksie!

Hierdie chemiese wolk, wat reg vir ons huis bestem was, het nie hier uitgekom nie! Ere aan die Gewyde Naam van JaHWeH, die Allerhoogste God; want Hy is in staat om Sy eie te red. Twintig miljoen mense in New York stad leef nog, maar ongelukkig is verskeie in Arkansas beseer vanweë hierdie ontploffing. Die strafbaarheid vir hierdie misdaad kan teruggevoer word na die terroriste aan die hoof van hierdie regering. Hierdie is `n tragiese tyd vir die ganse wêreld, maar julle is gewaarsku dat dit veel erger gaan word!

Gaan op julle knieë en dank ons Meester en God dat Hy sover ingetree het en dat Hy die verwoesting wat hulle vir New York beplan het, gestuit het! Bid vir dié, wat in hierdie nodelose daad van sabotasie en verwoesting beseer is. Pleit dan by ons Vader in die Hemel om hierdie bose hordes, wat ons land en wat die hele wêreld wil vernietig, te oordeel. Geliefdes, raak ernstig met ons Meester en God en bly ernstig; want binnekort mag julle dalk `n Westewind benodig!

Ere aan die Gewyde Naam van ons Vader in die Hemel, JaHWeH, die Allerhoogste God; want Hy is ons Alles!

Linda

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX