Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 20

 

"MOEDER VAN ALLE HOERE"


DEEL I

Openbaring 17:1,2,5,6,9:

1 EN een van die sewe Boodskappers met die sewe bekers het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,

2 met wie die konings van die Aarde verbaster het, en die bewoners van die Aarde het dronk geword van die wyn van haar verbastering.

5 en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: GEHEIMSINNIGHEID, DIE GROOT BABEL, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.

6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die Apartes en van die bloed van die getuies van JaHWèshua,

9 ... Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

[Boek van Herinnering, Vierde Druk]

Sy regte naam is Karol Woityla, maar feitlik almal ken hom as Pous Johannes Paulus II (Pope John Paul II). Wat baie min weet, is dat hierdie man voorheen `n chemikus was, maar nie jou doodgewone chemikus nie. Hy was `n chemikus wat sianied vervaardig het en dit dan aan die konsentrasiekamp in Auschwitz verkoop het, spesifiek daarop gemik om Judeërs en hul families daarmee te dood. `n Mens sou dink dat na afloop van die oorlog, daar na hierdie man gesoek sou word om hom ter dood te veroordeel vir die baie honderde duisende, indien nie miljoene, waarmee hy `n hand in die sterftes, in hierdie kamp alleen, gehad het. Maar histories het dit nie so daaruit gesien nie. Volgens openbare inligting is hierdie man, Karol Woityla, in 1946 deur die Katolieke kerk opgeneem en is gou daarna as priester in sy kerk benoem. In 1958 het hierdie Dr. "Death" van Auschwitz, die jongste biskop van Poland geword. En hy het vinnig gevorder om die pousdom oor te neem, toe die laaste pous na slegs 33 dae in diens, vermoor was.

Gedurende die afgelope paar dae het ek baie inligting ontvang in verband met die opkoms van Hitler, wat moontlik gemaak was deur die reuse ondersteuning van die Katolieke kerk en ek is innig dankbaar teenoor ons liewe vriend, wat so goedgunstiglik hierdie inligting aan ons voorsien het! Inteendeel, een van die artikels maak melding daarvan dat Pous Pius XII `n verdrag met Hitler onderteken het ten tye van sy kardinaalskap. Hierdie verdrag het `n bevelskrif van totale ooreenstemming aangedui en hierdie verdrag het waarskynlik beteken dat Hitler, solank as wat hy gelewe het, `n dienskneg vir die pous was.

In een foto van Pous Pius XII, hou hy twee vingers omhoog, wat veronderstel om sy aanspraak tot mag oor die sekulêre wêreld en die kerk, voor te stel. Wie het ons die afgelope jare ook hierdie twee vingers (die wysvinger tesame met die middelvinger) sien omhoog hou?

Vanuit hierdie navorsingswerk wat aan my gegee was, het ek ook gelees hoe Hitler en sy hele staf, insluitend die hele SS, almal Katolieke was! Is enige iemand nog verbaas hieroor? Die "valse Jode" en die Katolieke, Sataniste met verskillende name, wat daarop uit is om die hele mensdom te vernietig!

Met hierdie inligting in ag genome, wat geredelik op die Internet beskikbaar is, behoort niemand in die minste verbaas te wees om te hoor dat die pous vir `n Nuwe Internasionale Orde roep nie. Die volgende is `n uittreksel van sy toespraak soos geplaas op die Vatikaan se webblad op 1 Januarie 2004: "Meer en meer sien ons die noodsaaklikheid vir `n Nuwe Internasionale Orde, wat die vrug is van ondervinding en resultate wat in die laaste jare deur die organisasie van die Verenigde Nasies verkry is; `n Sisteem wat in staat sal wees om gepaste oplossings vir die huidige probleme te bied, gebaseer op EEN GEMEENSKAP se integrale ontwikkeling, op die samehorigheid tussen ryk en arm lande, op die verdeling van bronne en die buitengewone resultate van die wetenskaplike en tegniese vooruitgang."

Klink dit na iets vir u? Of net soos die Nuwe Wêreld Orde snert wat dit in werklikheid is? Vir diegene met onderskeidingsvermoë behoort daar egter geen twyfel te wees oor die standpunt van die Katolieke hiërargie in hulle opbouing van hierdie Nazi/Sataniese Nuwe Wêreld Orde nie! Vanuit die mond van die pous, het ons die bewyse in sy eie woorde!

Die vanselfsprekende doelwit van die Roomse Katolieke Kerk is `n Eenwêreld geloof, waaraan al die kerke gehoorsaam sal wees (ekumenisme). Vir honderde jare het hulle met hulle inkwisisie daarin gepoog om met die Protestante weg te doen. Die inkwisisie het nooit verdwyn nie. Dit het net ondergronds begin funksioneer. Deur hulle Jesuïete organisasie het die Katolieke Kerk elke hoofstroom godsdiens en elke faset van die regerings, wêreldwyd, geïnfiltreer. Hierdie ambisie om die wêreld te beheer en om alle mense deur `n Eenwêreld godsdiens te beheer kom inderdaad al van lankal af; maar dit kom nou tot rypwording!

Meer onlangs, veral sedert die dood van die swart pous op die 13de November 2003, het `n stroom hoëvlak lede van die Katolieke Kerk vanaf reg oor die wêreld, sowel as leiers van ander godsdienste, asook oningewyde mense, die Vatikaan binne gestroom. Die ambisie om die Eenwêreld godsdiens rondom die voorskrifte van die Roomse Katolieke Kerk te organiseer, is hoog! En soos wat ek verstaan, is baie vanuit sekulêre posisies reg oor die wêreld na die Vatikaan opgeroep om hulle bepaalde posisies in hierdie Eenwêreld godsdiens te ontvang!

 

SEDERT DIE DOOD VAN DIE SWART POUS

Volgens inligting wat ons vanaf die Vatikaan se webblad verkry het, is 11 November 2003, die laaste keer wat die swart pous `n boodskap aan die mense gestuur het. Sedert hy op die 12de November neergeslaan is en op die 13de November in die Poel van Vuur gewerp is, was daar nie `n enkele publieke uitspraak rakende sy dood in enige nuus reg oor die wêreld, sover dit vasgestel kan word nie! Sedert daardie tyd het die pous ook baie nuwe leiers in die Katolieke Kerk regoor die wêreld, ingeseën. Vroeëre inligting op die Vatikaan se webblad het getoon dat die pous onlangs 33 kardinale op een enkele dag genomineer het!

Soos ek dit verstaan is ses nuwe kardinale in die Vatikaan self op die 16de Desember aangestel, met een van elk van die volgende lande: Italië, Soedan, Japan, Spanje en twee van Frankryk. `n Mens wonder hieroor na of hierdie mees onlangse kardinale wat by die Vatikaan aangestel is, nie aangestel is om hulle wat ons Vader in die Hemel beloof het dat Hy hulle saam met die swart pous tot `n val sou bring, te vervang nie. Soos wat ek dit verstaan word kardinale lewenslank aangestel, en indien dit die geval is, vir wie het hierdie mees onlangse kardinale dan in die Vatikaan vervang?

Dit is interessant om daarop te let dat Pous Johannes Paulus II op die 12de November 2003 `n boodskap gelewer het wat gesentreer was rondom die dood van St. Francis van Assisi. Op die 13de Novemeber het die wit pous `n mis ter herdenking gevier aan die kardinale, die aartsbiskoppe en die biskoppe, wat in die laaste jaar gesterf het.

Met inagneming van ons Vader in die Hemel se woorde dat Hy die swart pous tot `n val gebring het en dat 69 ander daarna sou volg, gee ek die huidige inligting rondom die onlangse bekende sterfgevalle in die Katolieke Kerk weer. Ek weet nie of hierdie enige van die 69 verteenwoordig nie, maar ek gee dit deur vir julle kennisname.

Papal Nuncio Michael Courtney, 58, `n Ierse burger, het gesterf terwyl hy per motor in die suide van Burundi gereis het. Na wat berig word, was hy deur rebelle doodgeskiet. Hy was `n Vatikaanse Ambassadeur. Desember die 30ste, 2003.

Op Desember die 18de, 2003, het die Vatikaan die volgende as dood aangemeld:

Biskop Panlos Tzadua … Ethiopië

Biskop Joseph Anthony Ferrarario, Honolulu HI, VSA

Biskop Luiz Roberto Gomes de Arruza Guajara-Mirim Brasilië

Biskop Johannes Sudiarna Hadiwikarta, diSurabaya Indonesië

Biskop Augustine Eugene Hornyak, O.S.B.M. Esarca Apostolico (Jesuïet) Groot Brittanje

Biskop William Edward Power Kanada g. Aartsbiskop Fernando Vargas Ruizde Somocurcio, S.I. Arequipa Peru.

Op die 5de Januarie 2004 het Pous Johannes Paulus II aangekondig dat die "Meditasies van Johannes Paulus II", volgende Meimaand bekendgestel gaan word. Na wat berig word, is dit `n boek wat handel oor die pous se "diep, godsdienstige nabetragting". Hierdie selfde pous wat by twee geleenthede by die dood omgedraai het, sê dat die "Heilige Moeder" sy lewe gered het! Daar sal sekerlik geen rede vir hierdie man wees om eer aan God Almagtig te bewys nie, want hy is tog god van die Aarde!

Omdat die uur uitermate laat is, smeek ek `n ieder en elk van julle, wat lede van hierdie Katolieke Kerk kultus is, om julle onmiddellik van haar te onttrek. Ek pleit ook by julle dat julle van `n ieder en elk van hierdie "Maria" beeldjies, rosekrans krale en gebedsboekies, wat afkomstig is van of wat met hierdie kerk vereenselwig word, te breek. Ek hoop in alle erns dat julle julleself van `n ieder en elk van die "ingemaakte" gebede sal onttrek en dat julle voor ons Meester en God sal staan en sal afstand doen van `n ieder en elk van die ede aan hierdie kerk.

Ek het dit voorheen gestel en sal dit weer duidelik stel aan diegene wat dit die eerste keer misgeloop het. Die Katolieke Kerk is die hoofkwartier van Lucifer op Aarde. Dit was baie duidelik aan my gewys ten tyde toe die swart pous my ontvoer het en beveel het dat ek doodgemaak moet word!

Tans is daar meer as `n biljoen siele in gevangenskap in hierdie kerk. Meer as `n biljoen siele het ede aan hierdie kerk afgelê en meer as `n biljoen siele betaal eerbetoon en getrouheid aan Lucifer, wat die hoof van hierdie kerk is. Meer as `n biljoen siele is gevangenes van Luciferiaanse leerstellings en hulle weet dit nie! Ek bid dat u nie een van hulle is nie, maar indien u is, sluit ek die volgende gebed in ter wille van u vrymaking.

Lees hierdie gebed en bewaar dit in julle harte. Dit is nie nodig dat julle hierdie gebed woord vir woord herhaal nie, maar dat julle die basiese daarvan in julle harte bewaar. Roep uit die dieptes van julle harte na ons Meester en God! Bid met emosie en bedoel elke woord wat julle sê. Dan sal Hy julle aanhoor.

Dit sal aanvanklik vir jou vreemd wees as jy `n Katoliek is, aangesien jy daaraan gewoond was om gebede wat iemand anders geskryf het, na te lees of jy was daaraan gewoond om gebede uit boeke te bid wat baie jare gelede deur onbekende outeurs geskryf was. Dit het tyd geword dat jy leer hoe om uit jou hart te bid! Hier is hoe jy tot ons Meester en God moet bid sodat Hy jou kan aanhoor en jou gebede kan verhoor!

Ek staan in ooreenstemming met elkeen van julle wat van hierdie massa bewussynsbeheer wil vrykom, en ek bid nou vir julle bevryding en verlossing

 

 

‘N GEBED VAN BEVRYDING VAN KATOLISISME

"Vader in die Hemel, in die pragtige Naam van U dierbare Seun, ons Meester Jesus (JaHshua), Verlosser van die hele mensdom, nader ek U vandag met geboë knieë. Vader, O Vader, hoor hierdie hulpgeroep vanuit my hart, want ek het `n gruwelike fout begaan. Vader, sonder dat ek eens bewus was dat ek `n verbond met Lucifer aangegaan het, het ek so gedoen met my ooreenkomste met die Katolieke Kerk. Vanweë my eie onkunde, Vader, het ek myself in slawerny gebring deur die leerstellings van mense en geheime verbonde, met Lucifer homself en sy demone aan te gaan! Vader, deur hierdie optrede het ek myself onder beheer van Lucifer en sy demone gebring, wat geestelike boosheid in hoë plekke ingestel het, en hiervoor Vader, is ek ewiglik jammer.

Vader, ek wil graag doen wat reg is vir myself en vir my familie. Ek wil geen ander gode oor my hê nie, Vader. Ek wil slegs vir U hê, Vader, JaHWeH, die Allerhoogste God. En ek wil U Seun, ons Meester JaHshua, wat die Verlosser van die hele mensdom is, ken en `n persoonlike verhouding met Hom hê. Ek aanvaar Hom as my Verlosser Vader, aangesien daar geen ander is nie!

Vader, omdat ek afbeeldings van Maria of ander afbeeldings van dinge of mense in die Hemel, in my besit het, het ek `n afskuwelike fout begaan. U het ons beveel om geen afbeeldings van enigiets in die Hemel of op die Aarde te maak nie en hulle nie te vereer nie, en ek het dit nie gehoorsaam nie. Vergewe my hiervoor Vader. Moet dit nie teen my hou nie; want baie dinge het ek in onkunde gedoen.

Maar nou maak U my die gruwels van hierdie kerk, waarmee ek `n verbond aangegaan het, aan my bekend, Vader, en ek weet dat ek verkeerd opgetree het. Dit is waarom ek my skuld aan U bely! En dit is waarom ek by U pleit om enige juk, enige kettings, en enige donker boeie, wat die duiwel my opgelê het vanweë my eie ooreenkoms om hom te gehoorsaam en hom deur hierdie Katolieke Kerk te dien, van my af te breek.

Vader, ek wil geensins meer aan enige organisasie soos dié behoort nie en ek pleit by U om my van so `n organisasie te weerhou, so lank as wat ek lewe. Dit is waarom ek U vra, Vader, om my geheel en al van die leringe van hierdie kerk te verlos en om my vry te maak deur die pragtige gawe van verlossing, wat slegs deur U Seun gegee word.

Vader, vul my met U pragtige Gees en lei my op U Apartgestelde weë so lank as wat ek leef. En Vader, behoed my van onheil en verlos my van versoeking; want Vader, ek verlang daarna om U te behaag. Ek verlang daarna om U te gehoorsaam en lof aan U te bring. Vader ek loof U en ek dank U dat U my gebed aangehoor het! Apartgestel (Heilig) is U dierbare Naam! Amein!"

 

Lees hierdie gebed en bewaar dit in u hart. Bid dan in u eie woorde tot ons Meester en God met `n hartstogtelike begeerte vanuit u hart en bedoel elke woord wat u sê. Hy sal u aanhoor en Hy sal u verlos van die blindheid en doofheid, wat oor u gekom het vanweë u verbond met Lucifer. Moenie dit nie uitstel nie! U kan nie twee meesters dien nie! U kan nie Lucifer in die Katolieke kerk en ons Meester JaHshua en Vader in die Hemel tegelykertyd dien nie. Dit behoort u al in u wese te geskok het om tot die wete te kom dat die Katolieke Kerk se "god" op Aarde, naamlik die pous, `n reeksmoordenaar en `n NAZI is, maar hy roep nou in die openbaar uit vir `n wêreld sisteem wat die wêreld nog nie geken het nie! Word wakker en doen afstand van hierdie bose sisteem terwyl u nog kan! JaHshua is u enigste weg na verlossing! Hy het in die vlees gekom en Sy eie lewe opgeoffer sodat u en ek die lewe meer oorvloedig mag hê. Dit is u s`n om opgeëis te word! Vra nou daarvoor!

Linda

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX