Vanaf die Berg, Boek IX

 

Hoofstuk 21

 

Die Waarskuwings van ons Meester en God kom binnekort tot `n einde!

 

1. `n Waarskuwing aan die Regerende Liggaam van die VSA

"My dierbare Vader, ek kom vandag na U toe met spesifieke vrae. Vader, U weet dat ek twee dae gelede `n visioen ontvang het van `n dierbare broer in ons Meester, en dat dit in hierdie visioen wil voorkom asof daar rook en vuur by die voordeur van die kongresgebou van die VSA uitkom. Vader, ek soek U raad in hierdie verband, want dit wil vir my voorkom asof hierdie regerende liggaam in groot gevaar verkeer."

"Wat aan jou gestuur was en wat jy vermoed het, is korrek, My Kind. Jy weet goed dat Ek op die 24ste November 2003 My kontrak met die eiewyse regering van die VSA opgeskeur het. En as gevolg hiervan, My Kind, behalwe as hulle berou toon oor hulle boosheid en na My toe terugkeer, na die God van Israel, JaHWeH, die Allerhoogste toe, sal Ek hierdie regerende liggaam dadelik vernietig."

"Maar, Vader, U sal dit nie self doen nie."

"Nee My Kind, maar Ek sal Lucifer toelaat om daarteen te gaan en om dit te vernietig, want die hele regerende liggaam is korrup. Daar is nie een wat nie gekoop en verkoop is nie, en as gevolg hiervan, is daar nie een wat vertrou kan word om te doen wat reg is nie. Want wanneer die geld vloei, slurp hulle dit op. En waar die geld vloei, volg hulle almal.

Ja My Kind, George W. Bush is met groot boosheid besete en hy dans met Lucifer. Hy het die opposisie teen hom in die kongres gesien, opposisie teen hom en teen sy planne, en Lucifer het die gedagte daar geplaas. Die voorneme is daar en George W. Bush en sy mede-anargiste sal suksesvol wees, behalwe as hierdie regerende liggaam in groot mate berou toon en wegdraai van boosheid. Want Ek self sal dit toelaat.

My Kleintjie, regoor Amerika sal julle as `n nasie egter op `n groot wyse berou moet toon en na My toe moet terugkeer, My sedewette eer, of dit is verby met julle as `n nasie. Vir lank het Ek met julle gepleit, maar My dae van pleit is vinnig besig om tot `n einde te kom.

Ek herhaal Myself. Wat aan jou gestuur is deur hierdie visioen is waar! En dít en erger sal gebeur indien hulle wat in beheer is, nie berou toon, terugkeer na My en My gebooie eer nie."

"Vader, dit is verskriklik."

"Dit is, My Kind, en `n mens sou gedink het dat hulle hul les geleer het uit die antraks (miltsiekte) episode deur die Bush`e en hulle mede- misdaadskurke. Maar hulle het niks geleer nie. In plaas daarvan, het hierdie einste hoere die "Patriot Act" aan George W. Bush en sy medeskurke in misdaad op `n skinkbord aangebied. Hulle het daarvoor gestem, maar dit nooit gelees nie. En selfs terwyl die tralies rondom hulle toegemaak het, het hulle die "Patriot Act" toegejuig. Noudat hulle egter in `n gewapende fort werk en elke woord word op hulle telefone gemonitor, voel hulle nou enigsins veiliger? Nee My Kind, glad nie, want hulle het julle grondwetlike regte aan mal manne weggegee. Hulle het julle regering aan anargiste weg geteken. En soos nog nooit tevore in die geskiedenis van hierdie land nie, het hulle aan `n leier onbeperkte mag gegee om `n ander land binne te val vir olie, en om voort te gaan om sulke aanvalle teen ander lande uit te voer, op grond van `n bevlieging.

O, wat `n slim oorlog, hierdie oorlog teen terreur; maar het Ek julle nie in die boek van Levitikus vertel dat Ek terreur oor enige nasie sal bring, wanneer hierdie nasie boos begin word nie? Ek self het dus hierdie terreur aan hierdie nasie toebedeel, en julle as `n nasie, sal óf berou toon en bekeer, óf vergaan. En dit geld vir die regerende liggaam van hierdie nasie! Hierdie gekoopte en betaalde hoere sal hulle lewens met omsigtigheid in oënskou moet neem, hulle lewens geestelik skoonmaak en na My toe terugkeer, of hulle sal binnekort sonder `n werk wees, en julle as Amerikaners, sal nie meer bekommerd hoef te wees oor `n regering wat julle aan die Satan verkoop het nie. Hiermee sal Ons nou eers stop. Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 21ste dag van Januarie, 2004,
Linda Newkirk - White Buffalo Calf Woman.

Die volgende is `n visioen wat deur `n dierbare broer aan my gestuur is. Lees dit en treur, want die bostaande waarskuwing van ons Meester en God is gegee as verdere openbaring van hierdie broer se visioen. Nie baie dae na hierdie broer se visioen nie, het die Bush`e en hulle kamerade die sogenaamde ricine-paniek (tipe gif) in die Senaat ingestuur. Hulle het selfs sommige daarvan na die Wit Huis gestuur! En sonder om hulle identiteit eers te probeer verbloem, het hulle vermeld dat "Gevalle Engel" hierdie gif gestuur het.

Ons moet daarvan kennis neem dat die plasing van die "ricine-gif" in die Senaat se pos op dieselfde tyd plaasgevind het toe hierdie regerende liggaam gedreig het om die "Patriot Act" te wysig of daarmee weg te doen. Hierdie einste regerende liggaam was eerstens deur die Bush’e en hulle mede-skurke met antraks gedreig, om seker te maak dat hulle ongesiens vir die Patriot Act sou stem, en noudat hulle daarmee wil wegdoen, word hulle met ricine skrikgemaak! Prokureur-Generaal Ashcroft het openlik gemeld dat George W. Bush die besluite van die Huis en Senaat sal veto, indien hulle veranderings aan die Patriot Act wil aanbring wat hom nie aanstaan nie!

 

A se Visioen

"JaHWeH het aan my `n visioen gegee op die oggend van die 17de Januarie. Dit was `n baie kort visioen, maar selfs dit beteken vir my baie, want dit voel baie soos Vader se stem in my ore alhoewel ek Hom nederig elke dag vra om my te wys. Ek het dit gesien net nadat ek die Woord in die oggend bestudeer het, en het weer daarna gaan slaap, en toe ek weer wakker word, wys Vader vir my die volgende:

Ek sien `n gebou wat lyk asof dit `n Romeinse-dak struktuur het en wat twee pilare langs die kante het. Die dubbele deure van die gebou staan oop en swart rook kom daaruit en beweeg regs van die gebou in die lug in op. Aanvanklik het ek nie verstaan wat hierdie gebou was nie. Ek het gedink dat dit iets met ons regstruktuur hier in Suid Afrika te doen gehad het, maar toe sien ek `n stuk van Mark S. Watson se webtuiste en ek herken toe die gebou wat ek in die visioen gesien het. Dit was die AMERIKAANSE SENAAT wat vernietig is! En my swaer het bevestig dat hy dieselfde gedagte gehad het toe ek hom van die visioen vertel het, maar hy het stilgebly om my nie te verwar nie."

En Dierbares, dit kan baie maklik iewers in die toekoms gebeur. Wanneer hierdie regerende liggaam wakker word, indien ooit, en besluit om teen die Nuwe Wêreldorde se planne te gaan, kan hulle baie maklik verwoes word! Jare gelede het ek vir Saddam Hussein gesien hoe hy kettings neem en dit om die Kongres van die VSA draai en dit onderstebo ruk. Ek glo nie dat Hussein werklik regte kettings sal neem om die Senaat en die Huis van die VSA om te trek nie, maar laat ons vir `n oomblik na die feite kyk!

Teen hierdie tyd is die meeste skerpsinnige mense daarvan bewus dat die 911 tragedie lank voor die tyd bekend was en dat dit georkestreer was deur hulle wat in die hoogste vlakke van hierdie regering sit, tesame met die Israeli Mossad, ander vals Jode in die VSA, en die Engelse Koningshuis. Wanneer ons die ketting van gebeure volg wat ontstaan het as gevolg van hierdie tragedie, kan ons presies sien waarom hierdie geboue in New York City opgeblaas was. Met hierdie tragedie is ons konstitusionele regte weggeneem deur middel van die ‘Patriot Act.’ Die Kongres, soos vroeër gemeld, en soos almal weet, het nooit hierdie wetgewing gelees nie, maar in elk geval daarvoor gestem, want aan hulle was antraks gestuur totdat hulle in `n vreestoestand verkeer het en op hierdie wyse beheer en gemanipuleer is. Omdat hierdie geboue veronderstel was om deur Arabiese terroriste vernietig te word, het die Bush`e en hulle valse Joodse meelopers, sowel as die Britse Koningshuis, hulle voor die hand liggende redes gehad om oorlog met die Arabiere te maak, om die wêreld se olievoorraad oor te neem, ontslae te raak van die vyande van Israel en om te begin om Israel voor te berei vir die heerskappy van die Antichris.

Jy moet toegee dat hul planne vir `n rukkie so glad soos `n horlosie gewerk het. Toe het mense stadigaan begin wakker word en het begin om die verrotting en die vullis te ruik. Maar selfs al is dit so, wat is aan enigiets gedoen? Die 911 ondersoek het tot dusver in die grond geduik! En noudat die mense regoor Amerika die ‘Patriot Act’ herroep wil hê, is die Bush`e en hulle valse Joodse meelopers goed voorberei om Amerika met `n kernbom te slaan, voordat hulle dit sal opgee.

"Hoe sal Saddam Hussein dus enige kettings om hierdie regerende liggaam plaas om dit om te gooi? Dink daaroor na! Net die feit dat die regerende liggaam van die VSA vir President Bush ongeëwenaarde mag gegee het om `n land aan te val en oorlog te maak, slegs gebaseer op `n vermoede, sonder enige provokasie, is waansinnig! Maar dit is wat hulle gedoen het, toe hulle hom die reg gegee het om Irak en ander lande aan te val, soos wat hy dit goeddink. Hierdie einste besluit om oorlog te maak teen miljoene en miljoene mense, alles gebaseer op rou meedoënlose aggressie en hebsug, is dieselfde tipe ding wat groot oorloë in die verlede ontketen het. Gaan hierdie einste besluit lei tot die ontbinding van die Kongres van die VSA?

As ons hierdie laaste visioen ontleed wat ons Meester en God aan my gegee het, sien ons dat dit baie maklik kan gebeur! Hoe sal dit gebeur? Ek sal nie weet nie, maar die Senaat is alreeds twee keer gedurende die afgelope jare aangeval. Beide kere deur die Bush`e en hulle valse Joodse- en Koninklike eweknieë! Moet nie dink dit nie kan gebeur nie! Die anargiste sal enigiets doen om die mag te verkry en hulle sal enigiets doen om mag te behou. En omdat hulle gekoopte en betaalde hoere is, sal ons Vader in die hemel dit dalk toelaat!"

 

2. Ek sluit die monde van My profete

My geliefde Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja, JaHWeH die Allerhoogste God. Ja My Kind, dit is `n onstuimige tyd regoor die wêreld. Groot en afgryslike veranderinge is op hande en die massas slaap voort. Die blindes is blinder, die dowes is dower en die verwardes is nog meer verward. Maar hulle wat My werklik liefhet, en My eerste stel, sal die uur en die dag weet! Hulle weet dat My oordeel op die aarde is en dat hierdie einste oordeel soos `n swart wolk aangedruis kom oor die hele aarde. Die wyses sien. Hulle weet en hulle verstaan; maar die onkundiges slaap voort.

Ja My Kind, selfs terwyl jy daaraan dink, is die dae van My waarskuwings aan `n dwalende mensdom byna verby. Soos wat jy wel deeglik bewus is, My Kind, is daar min waarskuwings wat uit die monde van enige van My profete uitgespreek word. Ja My Kind, daar is `n bietjie hier en `n paar daar, maar in geheel gesien, is die aantal min en die waarskuwings word al hoe minder. Want Ek sluit die monde van My profete, en hulle wie se monde Ek nie gesluit het nie, het Ek afgesny. Want soos Ek jou in die verlede vertel het, het Ek My profete tot so `n mate skoongemaak, dat daar maar net `n paar oor is. Maar vir diegene wat Ek laat oorbly het, is die dae van waarskuwing al byna op `n einde."

"En Vader, dit maak my so hartseer, want binnekort gaan biljoene sterf en hulle sal nooit weet wat hulle getref het nie."

"Hulle sal nie; maar die regverdiges onder hulle hoef nie te vrees nie. Dit is die verlorenes en die opstandiges, wat die grootste aantal is, wat in angs en duisternis geslinger gaan word."

"Maar Vader, U weet dat ons probeer het om die volk te bereik. Ek is net jammer dat daar nie meer mense na vore gekom het om te help met die vertalings van hierdie werke nie. En tog Vader, in die paar oorblywende maande wat ons nog het, kan U nog steeds hierdie vertalers voorsien, maar dit hang net van U af."

"Ja My Kind, baie sal die Hemelse belonings mis wat hulle kon gehad het, want toe hulle die geleentheid gesien het om te help, het hulle nie. Hierdie profesieë is My teenswoordige woorde aan My volk. Dit is vol wysheid, seëninge en waarskuwings aan My volk; maar bitter min oor die wêreld sal dit herken."

"Vader, dit is laat, maar U kan nog steeds baie deure oopmaak vir U woorde om uit te gaan, maar aan die einde is dit U wat besluit."

"En om deure oop te maak, sal Ek, selfs in die midde van onwaarskynlike plekke, want ek ken jou voortdurende gebede vir die redding van die grootste aantal siele en dit sal nie onbeantwoord gelaat word nie!"

"My Kind, net in hierdie afgelope jaar, het die baie waarskuwings aan jou die lewens van ontelbare miljoene gered. Ek het aan jou die woord gegee en jy en ander het gehelp om dit uit te kry. Baie min besef watter impak sulke waarskuwings op wêreldgebeure het. Die gebede van die regverdiges het vele katastrofes gestop. Maar nou My Kind, is die tyd van waarskuwings vinnig besig om tot `n einde te kom. Binnekort sal Ek ophou om in die openbaar te waarsku oor hierdie komende katastrofes, want dit is my oordeel en Ek laat toe dat dit oor die wêreld kom. As jy jou herinner, My Kind, het Ek in die verlede Radio uitsendings oopgemaak waarop jy kon praat om My waarskuwings deur te gee, maar nou maak Ek hierdie deure stelselmatig toe. My Kind, Ek doen dit, want Ek hou op om `n opstandige volk te waarsku. Hulle wat gewaarsku wou word, is gewaarsku; maar Ek hou op om `n trotse, `n opstandige en `n halsstarrige volk te waarsku. Net soos wat ek Jeremia se mond na `n rukkie gesluit het, en net soos wat Ek Esegiël se mond na `n rukkie gesluit het, sal Ek binnekort jou mond sluit om nie meer waarskuwings aan hierdie volk te gee nie. En as jy jou mond oopmaak teenoor enigeen, dan is dit omdat Ek dit oopgemaak het. "

"Ja My Kind, Ek het nog `n paar profesieë om te gee, en hierdie sal alles, of `n gedeelte van Boek 10 beslaan en Ek het profesieë vir sekere van My volk wat verstrooi is, en Ek sal dit aan jou gee. Maar wat die opstandige volk van hierdie land aan betref, wat My woorde nie wil hoor nie, hulle sal dit nie hoor nie. En vir die Kerke wat My waarskuwings bespot en gesmaad het, hulle sal dit nie ontvang nie.

Maar vir hulle wat wil hoor, sê Ek net een sinnetjie; ‘Dit is laat, baie laat, en nie net is die tyd om die Ark te bou, verby nie, maar binnekort sal tyd aanbreek om binne te gaan.’ Met dit My Kind, sal ons stop vir nou. Ek is jou Vader in die Hemel, ja, JaHWeH, die Allerhoogste.

Soos getuig, gedikteer, en opgeneem op die 29ste van Januarie, 2004.
Linda Newkirk - White Buffalo Calf Woman.

 

 

3. Die tyd is besig om uit te loop

My dierbare Kind, Ek is jou Vader in die Hemel, ja JaHWeH, die Allerhoogste God. My Kleintjie, soos wat jy vandag sit en terwyl jy die horlosie hoor tik, moet jy een ding weet: Die tyd is besig om uit te loop vir hierdie aarde soos wat julle haar ken. Ek het gewaarsku en Ek het gewaarsku en Ek het gewaarsku; en terwyl baie meer ingelig is, het min hulle na My toe gekeer. Baie min het hulle bekeer! Regoor die wêreld het min hulle bekeer! En nog minder glo dat die wêreld soos wat julle haar ken, op die punt staan om verwoes te word. Ja My Kleintjie, die aarde is besig om vorentoe en agtertoe te waggel soos `n dronk man. Baie sien die vervulling van Jesaja, Hoofstuk 24 en hulle weet nie eers dat hierdie woord vervul word nie.

Sal dit gestop word? My Kind, die tyd van die waarskuwings is besig om vinnig tot `n einde te kom. Die Sataniste is besig om in hulle ondergrondse gate in te kruip, want hulle glo dat hulle hierdie katastrofes ongedeerd gaan oorleef, maar baie gaan bitterlik misgis word. Baie sal vergaan in hulle gate. Ja My Kind, hulle is seker dat die oorgrote meerderheid van julle sal sterf en dat hulle die aarde gaan beërwe. En hulle is korrek in een opsig. Die grootste hoeveelheid van julle gáán sterf; maar hulle erfenis gaan van korte duur wees."

"Vader, hulle het `n skema met die Groot Piramide, waar hulle probeer om die virusse uit `n baie groot kristal skoon te maak, om die aarde sodoende in `n ander tydlyn te plaas en om Planeet X se katastrofe dan so te vermy."

"My Kleintjie, jy weet dat Ek alles hiervan af weet. Dit is dieselfdes wat weereens aan die werk is. Dieselfdes wat God wil speel. Maar het hulle enigiemand gevind?"

"Nie waarvan ek weet nie."

"Nee My Kind, want so iemand moet `n spesifieke genetiese kode hê om in staat te wees om hierdie korrupsie in die kristal te verander, en hulle het nie hierdie persoon nie. Dit is een rede waarom hulle wou gehad het dat jy vir hulle moes werk, en dit is `n ander rede dat hulle gewerk het om jou te kloon en mal geword en gesterf het in groot getalle. My Kind, hierdie kode is in jou/julle genetiese samestelling en jy/julle sal nie teruggaan na Egipte (verwys na slawerny 3500 jaar gelede: vertaler) toe nie. Jy/julle sal nie in hierdie Piramide werk nie, en jy/julle sal nie die Nuwe Wêreldorde se agenda dien nie."

"NEE My Vader, ek sal nie, want ek begeer U wil en slegs U wil en op geen manier wil ek teruggaan na toe Egipte nie. Laat die Nuwe Wêreldorde mense daarheen gaan. Vader, hulle wil dus God speel en hulle raak desperaat?"

"Hulle raak, want hulle verlang meer tyd vir hulle eie bose agenda, maar hierdie bedeling kom tot `n einde, of hulle daarvan gaan hou of nie. En watter wêreldse koninkryk hulle sal hê, sal kortstondig wees. Maak geen fout daaromtrent nie"

"Vader, hierdie planeet is dus baie naby en dit sal binnekort die aarde laat omkantel?"

"My Kind, die aarde waggel soos `n dronk man, en dan word dit onderstebo gedraai."

"Hoe lank Vader?"

"My Kleintjie, as Ek die massas vertel ‘ses weke’, sal hulle dit glo? As Ek sê; ‘ses maande’, sal hulle dit glo? As Ek sê ‘`n jaar’, sal hulle dit glo? Die meeste wil weet wanneer, sodat hulle kan weet hoe lank nog voordat die oordeel slaan. Maar hulle het geen planne om hulleself te bekeer nie. My Kind, dit maak nie saak of dit ses maande, een jaar, of ses jaar is nie. Wat saak maak, is die geestelike toestand van `n mens se hart, en as iemand nie in geregtigheid wil lewe en My wil gehoorsaam nie, is al die wysheid en al die kennis in die wêreld irrelevant. My Kind, Ek het genoeg daarvan gehad om `n bose en `n dwalende mensdom regoor die wêreld te waarsku. My dae van waarskuwing aan hulle kom tot `n end. En daarna My Kind, sal die groot oordele volg. Hierdie ketting van oordele is in werking geplaas en sal nie gestop word alvorens My Seun terugkeer nie."

"Vader, wat was dit wat hierdie oordele in werking gestel het en beteken dat ons nie sal terugkeer nie?"

"Die oopmaak van die vyfde seël."

"Dit het dan hierdie oordele in werking gestel en ons beweeg nou binne-in."

"Ja my kind, julle gaan nou eers die verskriklike tye binne. Julle as `n nasie en julle as `n wêreld het nog niks gesien nie."

"Vader, U het dus die mense gewaarsku, en hulle wat sou luister, het min of meer geluister."

"Dit is so."

"Vader, dit is hartseer."

"Dit is My Kind, maar terselfdertyd is dit `n Nuwe Dag vir My Getroues. Dit is `n Nuwe Dag van magtige wonderwerke en pragtige geestelike seëninge. Dit is nie `n tyd van wêreldse of hebsug nie, maar `n tyd van eenvoudige geloof en diepe geestelikheid; en deur al die barensweë gaan Ek hulle wat oorbly, skoonmaak."

"My Kind, terwyl Ek Boek 9 dus voltooi, laat almal weet dat die aarde nou alreeds op vele maniere opbreek. Hierdie is `n baie siek planeet en Ek sal nie meer langer verdra wat Ek hier sien nie. Laat almal aanvaar en bekeer terwyl hulle kan, of sterf in hulle opstandigheid. Die lyn is getrek en daar sal geen terugkeer wees nie."

"U weet Vader! U het soveel kere ingegryp en U het die boses oor en oor gestop en ek glo werklik dat baie dink dat U weer gaan ingryp en hierdie planeet stop."

"Laat hulle glo wat hulle wil. Die wyses sal op My waarskuwings let. Ek is jou Vader in die Hemel, ja, JaHWeH, die Allerhoogste God."

Soos getuig, gedikteer en opgeneem op hierdie 31ste dag van Januarie, 2004,
Linda Newkirk - White Buffalo Calf Woman.

My hart se begeerte is dat elkeen van julle die woorde van hierdie Boek baie ernstig sal opneem, en dat julle julle lewens effektief sal verander, sodat julle die Reguit en Nou Paadjie kan loop! Ons het so min tyd oor! – Linda.

Afrikaans     BOEK I     BOEK II     BOEK III     BOEK IV     BOEK VII     BOEK VIII     BOEK IX